9 minute read

Appels en pere om op trots te wees

Ondanks die uitwerking van die ergste droogte oor meer as honderd jaar tussen 2015 en 2018 in die Wes-Kaap, verwag die Suid-Afrikaanse appel- en peerbedryf om te midde van gunstige reëntoestande in 2020/21 weer gesond te wees.

Jan Greyling

MEDEWERKER

Die spreekwoord lui dat ‘n vergelyking van appels met pere onwenslik is, want sake wat nie regtig vergelykbaar is nie, kan nie vergelyk word nie. Tog is veerkragtigheid ‘n gemene deler tussen Suid-Afrika se appels en pere.

Die huidige geslag produsente het, soos baie van hul ouers en grootouers, vasgebyt en die steil bult van die groot droogte oorkom deur te fokus en met die genadewater van Bo.

Appels en pere is deel van die groente- en vrugtebedryf wat met ‘n reële groei van 9% in reële bruto inkomste op ‘n jaargrondslag in die derde kwartaal van 2021 ‘n pronkerige landboubedryf is.

Veral die Britte, Europeërs, die Midde-Ooste en die VerreOoste se vrugteliefhebbers geniet die room van die Suid-Afrikaanse kernvrugte-oes. Volgens Hortgro, Suid-Afrika se sagtevrugtebedryfsorganisasie, lei terugslae vir Italiaanse peerboere tans tot heelwat navrae vir die lewering van Suid-Afrikaanse pere aan Europa en Brittanje.

Terwyl Suid-Afrikaanse appels sedert 2015 na China uitgevoer word, gaan pere ook vanjaar vir die eerste keer die Chinese se monde laat water. Die peer-protokol is teen die einde van 2021 tussen die twee lande onderteken. Volgens die Wes-Kaapse minister van landbou, dr Ivan Meyer, word pakhuisregistrasies en verifikasies nou gefinaliseer, voordat uitvoer begin.

Uitvoeruitdagings Die minister sê koördineringvergaderings word weekliks met vrugte-uitvoerders, Transnet se beplanningshoofkanoor vir haweterminale, terminaalbestuurders en verskepers gehou.

“Sodoende bestuur ons skerp toenames in die oes van vrugte en verpakking. Die plan sluit beter gebruik van nagskofpersoneel en doeltreffender kommunikasie en sinchronisasie tussen agentskappe en die hawe se logistieke ketting in. Die sukses hiermee blyk uit die rekord getal vraghouers van 19 268 wat in die week wat op 13 Februarie geëindig het hanteer is.”

Later in Februarie het hoë windspoed oponthoude by vraghouerterminale veroorsaak. Indien die weer verbeter sou die aantal vraghouers na verwagting verhoog het, het dr Meyer aan Groente & Vrugte gesê.

Die Suid-Afrikaanse appel- en peerbedryf voorsien tans 42 756 werksgeleenthede – seisoenale arbeid word omgeskakel na ‘n ekwivalent van 12 maande. “Gegrond op ekonomiese ontleding het appel-aanplantings oor die afgelope jaar met 2,8% toegeneem tot sowat 26 000 ha. Dit sal bydra tot ‘n verwagte groei van sowat 16,3% in ton per hektaar oor die volgende tien jaar, hoofsaaklik weens hoër plantdighteid, skadunetverbouing en die verbruikersvraag na tweekleur-appels.”

Tabel 1. BFAP appel-uitvoer.

KERN-VRUGTE

Karton ekwivelent (kg) 2019 2020 2021

3 jaar gemiddeld

2022skatting Skatting vs 2021 Appels 12,5 33.87 36,71 38.44 38.44 47.47 +2.73 +6% Pere 12,5 17.09 16.82 17.42 17.42 19.83 +1.47 +8% Totaal 50.96 53.53 63.1 55,86 67.30 + 4.2 +7%

Bron: https://www.freshplaza.com/article/9391053/south-africa-industry-set-for-a-promising-pome-fruit-2022-harvest/

Gunstige klimaat Hortgro sê welkome reën saam met genoeg koue-eenhede het meegebring dat produsente gedurende die winter van 2021 deurlopend kon besproei. Die gunstige klimaat vir kernvrugteverbouing het tot einde Augustus 2021 voortgeduur en saam met goeie vrugset die verwagting vir goeie oeste en vruggehalte versterk.

“Koeler temperature in die lentemaande en hoë temperature in die vroegsomer het egter die vruggrootte negatief geraak, maar nie gunstige verwagtinge vir vruggehalte en goeie opbrengste gedemp nie.”

Geskatte opbrengs Samevattend vergelyk die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) se senior analis: tuinbou, Kandas Cloete, die uitvoervolumes van 12,5 kg kartonne appels en pere van die afgelope drie seisoene én 2022 se verwagtinge in Tabel 1.

Pere Volgens Hortgro het die verskillende peerboom-variëteite in die land in die afgelope jaar 12 913 ha beslaan. Dit is ‘n toename van 5% van die 2016-seisoen af – die eerste jaar van die knellende doogte. Weens goeie vruggehalte én uitpakpersentasies is die verwagte toename in peervolumes sowat 8% meer as in die vorige seisoen.

Die bedryf verwag dat peerproduksie na verwagting stadiger as appels sal bly toeneem, met ‘n verwagte groei van 12,6% meer pere teen 2030, relatief tot die tydperk van 2018-2020. Hier moet in ag geneem word dat die droogte volumes in dié tydperk negatief beïnvloed het.

Vanjaar het die oes van pere reeds voor einde Januarie 2022 begin en was in Februarie volstoom. Sekere variëteite word tot April geoes.

In die Wes-Kaap was die gemiddelde bydrae wat pere sedert 2013 tot uitvoer uit Suid-Afrika gemaak het, meer as 88% van die totale uitvoerwaarde.

Sedert 2017 was die jaarlikse gemiddelde uitvoer-peeroes uit die Wes-Kaap se waarde 9% hoër, ondanks die uitmergelende droogte. In 2020 het die waarde van uitgevoerde pere tot

NA BLADSY 32

Appels en pere om op trots te wees

VAN BLADSY 31

sowat R3,1 miljard toegeneem. Ondanks ‘n volume-afname van 14% in die 2020 Bon Chretien-oes, weens stingel-ent- verruwing en haelskade in dele van die Langkloof, het die peerobrengs destyds steeds met sowat 2% toegeneem.

In 2019 het die land 17,09 miljoen kartonne pere van 12,5 kg uitgevoer. Dié syfer het in 2020 tot 16,36 gedaal en in 2021 weer tot 17,42 miljoen kartonne toegeneem, met 19,83 miljoen uitvoerkartonne wat in 2022 verwag word.

Appels Dr Meyer sê appels uit die Wes-Kaap is jaarliks gemiddeld sowat 85% van die land se appeluitvoer. Die waarde van SuidAfrika se jaarlikse appeluitvoer het, ondanks die droogte, sedert 2012 met sowat 13% toegeneem. Oor die afgelope vyf jaar was die groei 7%, ondersteun deur die swakker rand.

Na afloop van die uitermatig droë jare het die nasionale waarde van appeluitvoer in 2020 met 24% tot R6,6 miljard toegeneem teenoor 2019 se uitvoer. In 2019 is 33,87 miljoen kartonne appels van 12,5 kg uitgevoer, vergeleke met 36,71 miljoen kartonne in 2020 en 44,73 miljoen in 2021.

Kernvrugte ekonomie “Volgens die bedryf word Suid-Afrika se appeluitvoer se waarde op R7,3 miljard beraam, met ‘n gemiddelde jaarlikse toename van 18%. Die waarde van peeruitvoer was in 2020 R3,6 miljard, met ‘n toename van sowat 13% per jaar,” sê dr Meyer.

Cloete sê voorrade in die noordelike halfrond speel ‘n rol in die potensiaal van prysverdienste. “Ons kyk gewoonlik na Februarie se syfers omdat dit ‘n aanduiding is van die volumes wat in voorraad is in die EU en in die VSA teen die tyd wat SA begin uitvoer. Teen druktyd was net die eerste elf maande se syfers beskikbaar en die historiese verhouding tussen Januarie en Februarie se syfers is vir ‘n skatting op 2022 se verwagtinge gebruik.”

Sy beaam dat wanneer volumes hoog is, laer pryse gewoonlik in dollar-terme realiseer. Verder bepaal die wisselkoers hoe die verdienste teenoor die vorige jaar sal wees. “In hierdie stadium kan ons moontlik staatmaak op ‘n 5-7% jaar-op-jaar verswakking van die rand teenoor die dollar,” sê Cloete.

Internasionale appelvoorrade is met +2,9% effens hoër, op ‘n jaargrondslag. “Gegewe die volume wat in die EU en VSA geproduseer word, beteken daardie 2,9% bykans 170 000 ton meer, wat meer as ‘n kwart van SA se totale uitvoer in ‘n jaar is,” sê sy.

Uitvoerverdienste op appels kan dus heel moontlik tot ‘n mate onder druk kom.

KE R N F U N K S IE S

Ÿ B e v o r d e r a k t i e f d i e a g r o -e k o n o m i e s e e n o m g e w i n g s v e r a n t w o o r d e l i k e k un sm i s, - e n a g lim e - pr akt yke;

O N S STA A N V IR D IE B ES K E R MI NG VA N D I E V O L H OUB A R E G EB R UIK VA N K UN SM IS

F ert a sa en s y l e de i s v e r bi nd tot d i e bevor de r i ng v a n v olhoubar e gr ondv rugba a r he i d e n v e r beter de pl a ntv oe di ng.

F E RTA S A , G E S E RT IF IS E E RDE G E LOOF WA A R DIG HE ID

Ÿ O n t w i k k e l ' n p o s i t i e w e p u b l i e k e b e w u s t h e i d e n a a nva a r d in g v a n di e behoef t e a a n k u n s m is , b io - kunsmi s en l a n d b o u k a l k - g e b r u i k i n v oe d se l p r o d u k s ie ;

Ÿ Ver b e t e r die b e d r y fsomgewi ng w a a r b i n n e s y s a m e s t e l l e n d e n ywe r h e de fu n k s i oneer i n ' n g e es v a n v r y e o n d e r nemi ng en b i llik e h a nd e l;

Ÿ A s s im i l e e r, v o e g wa ar de t oe t ot e n v e r s p r e i k u n s m i s , b i o -k u n s m i s e n l a n d b o u k a l k v er wa n t e in lig tin g ;

Ÿ Vo or si e n ' n g e s p r e ksf or um vi r s y led e e n a n d e r p a r t ye oor al l e a sp e kt e wa t v e r b a nd hou met k u n s m i s , b i o - k u n s m i s e n l a n d b o u k a l k v e r s p r e i d i n g , a g r o n o m i e s e a d v i e s e n p r o du kk wa lite it.