2 minute read

Maak ekstra wins met sitrus deur optimale bemesting

Optimale bemesting deur die besproeiingstelsel verbeter opbrengste by sitrus en ander permanente gewasse drasties.

DEUR 'N OPTIMALE bemestingsprogram te volg wat N, P, K, Ca, S en mikro-elemente gebruik kan sitrus en ander gewasse se opbrengste drasties verhoog word. Tans behaal sitrus wat uitgevoer word uitstekende pryse in die buiteland. Indien produsente die huidige situasie tot hul voordeel wil gebruik is dit krities om ‘n optimale en geba- lanseerde bemestingsprogram te gebruik. Die koste vir die pes- en plaagbeheer is dieselfde vir ‘n swak of goeie oes. Produsente moet seker maak dat ‘n bekwame persoon met die regte kwalifikasie en ondervinding as adviseur of konsultant gebruik word. Die tydstip in ‘n sitrusboom se fisiologiese ontwikkeling waarop die bemestingstowwe toegedien word kan die doeltreffendheid daarvan en dus ook die opbrengs beïnvloed. Die toedieningstye van verskillende bemestingstowwe is krities en stikstof en kalium moet byvoorbeeld op verskillende stadiums toegedien word. Produsente moet mengsels vermy wat al die makro- en mikro-elemente gelyktydig toedien. Stikstoftoedienings moet volgens ‘n sekere tydsbepalende fisiologiese proses van die boom geskied.

Bemesting deur die besproeiingstelsel:

• Produsente kan self bemesting meng deur gebruik te maak van ‘n A, B en C tenkstelsel vir verskillende bemes tingstowwe. Produsente gebruik enkelvoudige bemes- tingstowwe wat ook aansienlik goedkoper is as mengsels wat vooraf gemeng word. • Bemesting deur die besproeiingstelsel of sproeibemesting word meer doeltreffend en akkuraat toegedien indien die besproeiingstelsel korrek ontwerp is. • Deur sproeibemesting toe te pas word die bemesting dus in die wortelkonsentrasiegebied toegedien. • Die grootste voordeel is dat al die verskillende voedings elemente optimaal en in korrekte klein hoeveelhede toege dien word.

Kalsium en oes-resultate

Kalsium speel ‘n belangrike rol by selmetabolisme, selstruk- tuur en selsterkte. Dit is baie belangrik by selgroei en selverdeling en is aktief in selmembrane. Optimale kalsiumvlakke verbeter ook vrugte se rakleeftyd en interne kwaliteit. Bemestingaanbevelings moet gebaseer wees op grond- en blaaranalises wat jaarliks geneem word vanaf Februarie tot Junie. Nutrichem het reeds ‘n unieke databasis saamgestel vir blaarmonsters wat elke 6 weke geneem word deur die hele jaar by hoë potensiaal sagte sitruskultivars soos byvoorbeeld Novas en Nadorcotts. Kontak: Adriaan Badenhorst - 082 850 2166, Dr Hennie Swart - 082 579 1892 of Yolande Claassen - 082 928 8588 vir navrae. Nutrichem voorsien tans bemestingsprogramme aan verskeie produsente wat saam ongeveer 25 miljoen kartonne sitrus per jaar uitvoer na die buiteland.

Nadorcotts met 'n gemiddelde opbrengs van 90 ton per hektaar. Voorbeeld van sproeibemestingstelsel waar produsent bemesting self meng.