3 minute read

Kalsium se sleutelrol in gewaskwaliteit

Kalsium (Ca) bevorder koolgewasse (brassicas) se groei en stoorkwaliteit en gee ‘n langer raklewe.

DIE BELANGRIKHEID VAN kalsium in die verbouing van koolgewasse word dikwels onderskat. Kalsium is een van die hoofelemente in plante se selwande. Dié element speel ’n belangrike rol tydens seldeling, goeie wortelontwikkeling, beskerming van gewasse teen swam-infeksies deurdat dit ’n fisiese blokkasie teen die swam vorm dra tot grondvrugbaarheid en plantvoeding by, verhoog die plant se weerstand teen biotiese en abiotiese stremming en verleng groente en vrugte se stoorkwaliteit en raklewe. Kalsium is een van die elemente in ’n bemestingsprogram wat baie belangrik is vir groentekwaliteit. Dit werk ook besonder goed saam met boor om plantsterkte te verbeter en sodoende die plant teen afwykings te beskerm, soos groeipuntbrand, hol stamme of interne verbruining. Groente-bemestingsprogramme is deel van NexusAG se leuse van “Customised Crop Solutions”. Die doel van die programme is om groente se opbrengs te verbeter. Kalsiumtekorte kan nekrotiese letsels veroorsaak en blaarvorming belemmer, wat tot groot verliese kan lei weens vrugte van swakker kwaliteit. Gewasse in die brassica-familie, waaronder kool, blomkool en brokkoli, vind veral baat by die tydige toediening van kalsium. Ongelukkig word kalsium-toediening tydens die groei- seisoen dikwels agterweë gelaat. Die effek van kalsiumtekorte word eers sigbaar as die misvormde of oormatige donkergroen blare en swak stamme sigbaar is, of as plante vroeg bloeisels en botsels afgooi. Ander aanduidings van kalsiumtekorte sluit gebrande blaarpunte, verbruining, klouagtige blaarvervorming en glasigheid, veral by blomkool, in. Dit is die direkte resultaat van te min kalsium in die selwande. Die hoofrede waarom kalsium nie tydig toegedien word as deel van die bemestingsprogram nie, is die algemene wanindruk dat die plant se totale kalsiumbehoefte in die groeiseisoen met die toedienings van kalk en gips verkry word. Kalsium is egter nie só mobiel in plante soos stikstof en kalium nie. Kalsium beweeg net in die xileem, en daarvolgens slegs opwaarts in die plant, en word dus nie ge-hermobiliseer na ontwikkelende weefsel nie. Wanneer ‘n plant vinnig groei of stremmingstoestande beleef, kan vrugte en jong blare nie voldoende kalsium kry nie. Gewoonlik bevat die meeste grondtipes genoeg kalsium, maar wanneer die plant, om watter rede ookal, te min kalsium opneem begin dit tekortsimptome toon. Stremmingstoestande wat tot kalsiumtekorte lei sluit in warm, droë weer, sterk wind of hoë humiditeit. Braktoestande en hoë toedienings van stikstof en kalium kan ook die opname van kalsium beperk. Ander faktore wat kalsium-opname kan verlaag, is sanderige grond, aluminium- of natriumryke grond en groot vrugladings wat hoë hoeveelhede stikstof of kalium bevat. In brokkoli is die kalsiumtekort dikwels op die jong blaarpunte sigbaar. Nekrotiese letsels versprei van die blaarpunte af na die stam en vrug. In blomkool en kool vertoon die tekort op soortgelyke wyse as by brokkoli, maar wanneer die kalsiumtekort in die vroeë ontwikkelingstadium voorkom, sal geen vrugte of koppe ontwikkel nie. Kalsiumtekort in blomkool laat die selweefsel van die blare kwyn en die simptoom staan bekend as glasigheid. Kalsium moet gevolglik deur die seisoen beskikbaar wees om vrugkwaliteit te verseker. NexNUTRI beskik oor ’n verskeidenheid bemestingsprodukte om te verseker dat die tegniese span pasmaat-bemestingsprogramme kan opstel om aan die spesifieke gewas se voedingsbehoeftes te voldoen. Die tegnici benut onder meer organiese, half-organiese, water-oplosbare en korrelprodukte. Meer onlangs word die korrelprodukte ook geformuleer saam met mikrofyn kalk- en gipskorrels. Die vloeibare kalk- en gipsprodukte word aangewend om vinnige grondregstellings in seisoen te kan doen en kalsium-blaarvoedings word gerig op die jong blare en vrugte se tydelike kalsiumtekorte. NexusAG beskik oor ’n volledige reeks kalk- en gipsprodukte vir gebruik tydens grondregstellings, asook produkte vir gewasse se kalsium-behoeftes gedurende die produksiesei- soen, waaronder: • mikrofyn kalk- en gipskorrels, • vloeibare kalk- en gipsbronne, • wateroplosbare kalsium-enkelprodukte en -mengsels, en • kalsiumblaarvoedings in verskeie formulerings.

Kontak 'n NexusAG Croplife-geakkrediteerde gewasadviseur vir meer inligting. Skakel 021 860 8040 of besoek www.nexusag.net.

BESKERM EN VERSEKER OPTIMALE OESTE MET PASGEMAAKTE GEWASBESTUURSPROGRAMME WAT VOEDING EN GEWASBESKERMING KOMBINEER, VIR VOLHOUBARE VOEDSELPRODUKSIE.

Die belangrikheid van kalsium in gewas-verbouing word dikwels onderskat. Dié element verrig ‘n belangrike rol om gewaskwaliteit te verseker, en vorm dus deel van NexusAG se omva ende gewasbestuursprogramme.

Kalsiumteko e kan nekrotiese letsels veroorsaak en blaarvorming belemmer, wat tot groot verliese kan lei. Stresfaktore soos warm, droë weer, sterk wind of hoë humiditeit en braktoestande, beperk die opname van kalsium deur die plant. NexusAG beskik oor ‘n volledige reeks kalk- en gipsprodukte vir gebruik tydens grondregstellings, asook produkte om gewasse se kalsium-behoe es gedurende die produksieseisoen aan te spreek. Hierdie reeks bestaan uit:

mikrofyn kalk- en gipskorrels, vloeibare kalk- en gipsbronne, water-oplosbare kalsium-enkelprodukte en -mengsels kalsium-blaarvoedings in verskeie formulasies. KONTAK GERUS U NAASTE CROPLIFE GEAKKREDITEERDE GEWASADVISEUR VIR PASGEMAAKTE ADVIES.