7 minute read

Swart swaan-gebeure knel SA se vrugtebedryf

Die afgelope meer as 24 maande se bekommernis en tasbare inkomsteverliese in die Suid-Afrikaanse vrugtewaardeketting word toenemend groter. Die hoofbydraers is die voortslepende gevolge van makro-gebeure, waaroor weinig tot geen beheer uitgeoefen kan word nie. Uitdagings in Suid-Afrika se hawens is egter nie die enigste stok in die wiel nie.

Jan Greyling

MEDEWERKER

Dit is veral die sosio-ekonomies-logistiese struikelblokke wat die waardeketting in die bedryf negatief raak. Aanvanklik was die Covid 19-pandemie en die wêreldwye inperkings die sondebok. Tans is die uitwerking van Rusland se inval in Oekraïne op noodsaaklike grondstowwe, brandstof en wêreldinflasie geensins gunstig vir die bedryf nie - veral in Europa en die VSA.

Pere

Einde April het Freshplaza berig dat Suid-Afrika tot en met Week 16 altesaam 8,6 miljoen kartonne van 12,5 kg plaaslike pere uitgevoer het – ’n toename van sowat 1% vir die jaar tot datum.

Tot op daardie tydstip het Suid-Afrika 29% meer pere as in die vorige seisoen na Europa gestuur – ’n direkte uitvloeisel van die uitermatige uitdagings met uitvoer na Rusland, waar die peerbedryf met 48% gekrimp het. Verkope binne Afrika het met 45% toegeneem.

Dr Kandas Cloete is ’n senior ontleder oor tuinbou, verbonde aan die Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP).

Foto verskaf

Normaalweg neem Rusland baie van Suid-Afrika se klein Williams Bon Chretien (BC)-pere en klas 2-vrugte. Vanjaar het baie hiervan egter in Europa beland, waar oorvoorsiening pryse negatief geraak het.

Dit is veral die verlies aan die Russiese mark vir Packhampere wat ’n gevoelige slag is, met die derde agtereenvolgende goeie oes. En dit, terwyl dit moeilik bly om die Klas 2-Packhams elders te verhandel.

Teen begin Mei was standaard vragskepe met Suid-Afrikaanse vrugte, wat pere insluit, onderweg na St Petersburg se hawe.

Uitdagings begin hier

Volgens dr Kandas Cloete, senior ontleder van tuinbou by die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) “sit Suid-Afrika, aldus die Wêreldbank, boonop met vier van die vyf swakste vraghouerterminale in die wêreld.” Die bank het internasionaal navorsing gedoen oor 351 vraghouerhawens.

Dr Cloete fokus op statistiese ontledings en tendense in die kommoditeit van tafeldruiwe, sitrus, bloubessies, avokado’s, wyn, kern- en steenvrugvrugte en neute. “Ons verskaf inligting sodat rolspelers strategiese besluite kan neem. Ons ontwikkel insigte wat deur die regering (beleid), bedryfsorganisasies (onder meer SATI, Hortgro en CGA) en privaatkliënte gebruik word.”

Volgens dr Cloete vier koste-intensiewe vertragings in die skeepvaartbedryf tans hoogty. “Windward berig dat 20% van die wêreld se vraghouerskepe teen einde April in oponthoude in hawens vasgesit het. ‘n Kwart hiervan is skepe wat by of in Chinese hawens ‘gestrand’ is.”

Daar is toenemend vraghouerskepe wat van koers verander om Shanghai – waar volskaalse inperkings geld – te vermy. “Dit lei tot groter vertragings met vraghantering by ander hawens, soos Ningbo-Zhoushan. Sommige rederye kanselleer hul aandoening by hawens wat oorspronklik geskeduleer was, selfs met vrag aanboord vir daardie bestemmings. Dikwels word ’n vaartplan na ’n reeks hawens toe summier gekanselleer.

“Inperkings in China het ‘n hewige invloed op die bottelnekke buite dié land se hawens. Die Maritime AI-platform beaam dat die getal vragskepe wat op 19 April 2022 buite Chinese hawens op toelating gewag het, 195% meer was as in Februarie vanjaar.”

Onbetroubaarheid en logistieke koste

Dr Cloete sê die gevolg hiervan is dat betroubare ooreenkomste vir geskeduleerde aflewerings van uitvoer vir skeepsvragmaatskappye bykans onmoontlik word. In Januarie 2022 het

NA BLADSY 34

seeds | science | service

Boro

• Good tolerance to leaf spot • Excellent summer cultivar • Smooth shoulder with a medium leaf attachment • Suitable for the pre-packing, fresh and bunching markets

Manzu

• Ready to harvest after 80 to 100 days • Smooth beets with good internal and external colour • Suitable for pre-packing, fresh and processing markets • Good tolerance to Rhizomania

Berlin*

• Productive and uniform Berlicum type carrot • Large, bulky and cylindrical • Strong, healthy leaves with good

Alternaria tolerance • Highly adaptable variety

Natuna

• Very uniform, cylindrical carrot • Good tolerance to Alternaria • High yield potential • Suitable for the 1, 3 and 5 kg packaging market

Swart swaan-gebeure knel SA se vrugtebedryf

VAN BLADSY 33

skedulebetroubaarheid tot ‘n rekordlaagtepunt van 30,9% gedaal. Dit word sedert 2011 gemeet. Lees meer hieroor by: https://www.freshplaza.com/article/9407864/schedule-reliability-drops-to-record-low-in-january-2022/ .

Die werklikheid oor die getal vragskepe wat wag om af te laai en onbetroubaarheid van skeepsrederye om geskeduleerde hawebesoeke na te kom, vergroot die risiko vir die tydige beskikbaarheid van vraghouerskepe en verkoelde vraghouers, sê dr Cloete.

Sy herinner daaraan dat die landbou met die aanbreek van die Covid 19-pandemie, in Maart 2020, in die meeste wêrelddele as ‘n noodsaaklike bedryf geklassifiseer was. “Die impak van Covid 19 op die vrugtebedryf was oor die algemeen minimaal. Die inperkingsmaatreëls eis egter verseker sy tol.”

Hawens wat toemaak weens positiewe toetse of sekere markte wat minder koopkrag het of weens die pandemie toegemaak was of is, het die algemene vraag na sekere produkte geraak. Dit het uiteenlopende gevolge vir verskillende vrugtesoorte.

Tafeldruiwe

“In ’n inflasionêre sakeklimaat dra deurlopende stygings in arbeidskoste en die stygings in infrastruktuurkoste by tot druk op bedryfsvolhoubaarheid. So ook grootskaalse, noodsaaklike beleggings in infrastruktuur, soos die vernuwing van wingerde om internasionaal mededingend te bly,” sê AJ Griesel, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf (SATI), in die bedryf se April-nuusbrief.

Dr Cloete wys daarop dat die sitrusbedryf aanvanklik ‘n groot opswaai in vraag ervaar het, weens die soeke na gesonder leefstylprodukte. “Saam met die verswakking van die Rand destyds het dit die bedryf bevoordeel.”

Volgens Griesel is daar egter, weens verskeie werklikhede, kommer oor die tafeldruifbedryf se volhoubaarheid. “Ons is afhanklik van wêreldklas-infrastruktuur, wat betroubare elektrisiteitsvoorsiening, goeie padnetwerke en doetreffende, werkende skeephawens insluit. Dit is logistieke boustene wat noodsaaklik is vir volhoubaarheid.”

Hy sê SATI is deurlopend in gesprek met Transnet om, op verskeie forums, te verseker dat Kaapstad se hawe op die sakelys bly. “Wagtydperke wat in hierdie seisoen beleef is kan nie weer bekostig word nie. Dit raak die gehalte van druiwe direk. Wat internasionale ontwrigting van verskeping betref kan ons weinig daaraan doen.”

Dr Cloete sê weens uitdagings met sekere markte en haakplekke in die logistieke ketting, was daar by tye meer produk in die plaaslike mark aangebied. Plaaslik was verskeie gevestigde markte se normale afsetpunte ook soms ingeperk, wat plaaslike pryse onder druk plaas.

Kosteimplikasies en verliese

Sy voeg by dat verskepingskoste die afgelope twee jaar só drasties gestyg het dat die lewensvatbaarheid van uitvoer in verskillende varsvrugbedrywe in gedrang kom. “Plaaslik het die koopkrag van Suid-Afrikaners ‘n knou gekry met die pandemie. Dit word deur die rekordvlakke van werkloosheid, volgens Statistiek SA, beaam.”

Dr Cloete sê rolspelers is dit eens dat stiptelike aflewering krities is en deur invoerders vereis word. “Die heersende waardeketting-uitdagings maak dit baie moeilik vir produsente en uitvoerders om produkte betyds af te lewer. Dit kan langtermynverhoudings benadeel en beteken dat rakspasie in gedrang kom.”

Waar dit voorkom asof koste vir verliese uit vertragings binne en buite hawens, ongeag die oorsaak daarvan en gevolglike skade, op die produsent se rekening beland, sê dr Cloete die BFAP verstaan dat elke rolspeler in die ketting bloot die verhandeling fasiliteer, maar nooit eienaarskap van die produk neem alvorens dit die finale koper daarvan bereik nie.

Indien nataligheid deur ‘n rolspeler in die ketting bewys kan word, kan die verantwoordelikheid afgeskuif word, waar dit vooraf ooreengekom is. As ’n voorbeeld herinner sy daaraan dat CIF (cost, insurance, freight) die produkprys vorm, soos afgelewer in die hawe van bestemming. “Hieruit is daar versekering betaalbaar vir skade gely, terwyl produkte op die see is. Daar kan ook ‘n eis ingestel word teen die skeepshuis indien nataligheid aan hul kant bewys kan word.”

Wat die dienskoste van die uitvoeragent vir die produsent betref, word gewoonlik ooreengekom op ‘n persentasie kommissie, gemeet op die prysvlak vry aan boord (FOB – free on board) of afgelewer in hawe (DIP – delivered in port).

Toekomsverwagting

Dr Cloete glo produsente moet, saam met die rolspelers in die uitvoerketting, deeglik besin oor watter vrugte, volgens klas en telling, winsgewind uitgevoer kan word en dan dienooreenkomstig produksie-, pak- en bemarkingsprogramme beplan en beding.

Oor die langtermyn moet PPP’s (privaat-openbare vennootskappe) gesluit word oor die opgradering, instandhouding en bestuur van infstrastruktuur wat noodsaaklik is vir die uitvoer van vars vrugte. Dr Cloete sê BFAP stel die beste moontlike insigte en vooruitskouings aan kliënte beskikbaar – met alle moontlike inligting tot hul beskikking en die ontledings daarvan. “Ons glo die landbousektor kan net tot sy volle reg in groei, handel, werkskepping en voedselsekerheid kom wanneer besluitnemers in die openbare en privaatsektor oor die beste moontlike insigte beskik.”