Boland (Nov) Primary Schools

Page 1

NOVEMBER 2013

GRATIS

Adele Murray

Branch Manager - Paarl Stationery IT Supplies Office Furniture

Tel: 021 872 4425 Specialised Filing Catering & Hygiene Scholastic Supplies

Tel: 021 872 3880 2 Lifestyle

4 Health

awsum@tiemedia.co.za 5 Financial

LAERSKOOL

www.awsum.co.za

Fax: 086 574 7219

NEWS

BOLAND

S

7 AWSUM Kombuis

NUUS

FREE

PRIMARY SCHOOL

8 Op die

Spyskaart

9 Schools

19 Motors

83 Skole se skolenuus, reggekies Die eerste AWSUM koerant is in Mei-maand in die Boland streek bekendgestel met 9 laerskole en 7 hoërskole, minwetend dat die koerant binne 7 maande in nóg 3 streke bekendgestel sou word, naamlik Helderberg, Suid-Kaap en Noordelike Voorstede. Slegs 6 maande later is 83 skole reeds deel van die AWSUM koerant wat se naam alles sê: ons som die BESTE skolenuus op en bring dit tot op jou voorstoep. Iemand het die eerste uitgawe `n “vars bries in die advertensie-wêreld” genoem, omdat dié bries oor hoe en waar om te adverteer oor die hele Wes-Kaap begin waai het. “Ons het koppe bymekaar gesit oor hoe ons ons skoolprodukte gaan uitbou en skole blootstelling in die omgewing te gee en dis toe dat AWSUM gebore is. Daar is met groot opgewondenheid weggespring en ons hoop dat elkeen wat nou met `n AWSUM in sy hand sit, die passie vir ons gemeenskap deel.” Die koerant, wat meer neig na `n koerant-tydskrif, het oor die 7 maande ontwikkel van net `n skole-

blad, na `n koerant wat nuus en brokkies het vir die hele familie. Die AWSUM Kombuis bied `n lekker resep vir ma en sussie om te maak, terwyl die seuns graag die sanggroep van die maand se onderhoud lees in “Op die AWSUM Tracks”. Die koerant-afdelings sluit in Lifestyle, Health, Beauty and Wellness, Financial asook Entertainment. Die nuwe Trends gedeelte fokus op motors, eiendom en wat in jou omgewing die moeite werd is vir jou shopping basket. Vinnig-vinnig het ons besef dat daar ouma’s oral oor is wat ook graag die koerant wil lees en het dit vir hulle moontlik gemaak deur die koerant aanlyn beskikbaar te stel by www.awsum.co.za. Graag wil ons vir ons 210 000 maandelikse lesers dankie sê vir julle positiewe terugvoer en ondersteuning en wens aan elkeen `n geseënde feesvakansie toe. Groete, Die AWSUM-span

!

M U S AW


NEWS

NUUS

2 NOVEMBER 2013

Kry mekaar by die pomp Proviant restaurant in Paarl is soos sy naam, ‘n geliefde, sosiale familie restaurant met ‘n diverse uitgebreide spyskaart. Daar is ‘n kroeg wat tot laat in die aand oop bly, vars en ingelegde produkte te koop by die Deli. Selfs ‘n speel-area vir die kinders met ‘n springkasteel, klimraam en diere. Proviant is sowaar ‘n familie restaurant waar elkeen sy lus kan tem. Hierdie lieflike familie restaurant is geleë in die hoofstraat van die Paarl, daar by die groot pomp, soos hy bekend staan. Die spyskaart is ingekleur met plattelandse geure, asook ‘n volmaakte gourmet spyskaart vir die ‘stadsjapies’. Jy word aangeraai om jou kinders saam te bring, want daar is naweke ‘n voltydse oppasser by die speel-area, diere om die kinders besig te hou, en ook ‘n kunstenaar wat die kinders se gesigte kan verf op versoek tydens kinderpartytjies. Vir die ouer klomp is die vol voorsiende kroeg met groot televisieskerms daar waar die manne Saterdae sport kan geniet, terwyl dié wat nie die sport geniet nie lekker langs die kroeg op die leerbanke rustig kan gesels of tydskrif lees.

Proviant se buite-area is veral gesogd vir funksies. Hulle spyskaart is aanpasbaar om aan elke kliënt se behoeftes te voldoen. Daar is ook ‘n groot “bauma” waar ‘n groot vuur gemaak word, terwyl jy rustig om die “kampvuur” jou ete en glasie wyn geniet. Sondag buffet, teen ‘n baie billike prys, kan geniet word terwyl jy rustig sit en luister na die musiek wat gemaak word deur ‘n plaaslike musikant. Indien jy nie wil sit en eet nie, of dalk ietsie soek om eerder later te eet, loer in by die deli vir varsgebakte pasteie, brode, gemmerbier of ietsie vir die soettand. Proviant skep die plattelandse gevoel, met boerekos wat nog gemaak is soos in die ou dae. Hier kan jy ontspan saam met jou gesin in die skaduwee van die mooie Paarlberg en jou tyd geniet saam met ‘n spesiale groep mense en as jy gelukkig is kom verras Elvis jou dalk net wanneer jy dit nie verwag nie –vra Riaan, die eienaar (hy ken hom goed)…

Besigheidsure: Maandag – Saterdae: 08:00 – laat Sondag: 08:00 – 17:00

Verwydering van stompe

Geen beskadiging van grasperke

Plaas saagsels as kompos terug

Poena Malherbe Tel: 021 862 4575 Sel: 083 460 2329 E-pos: poena@xsinet.co.za


NEWS

NUUS

NOVEMBER 2013 3

Franschoek Village Market Waar om te gaan? Wat om te doen op hierdie heerlike somersdae? Wat van Franschoek Village Market op `n Saterdagoggend? Die mark is oop van vroeg op Saterdae op die gronde van die NG Kerk onder die akkerbome. Hier is iets van als om te geniet by die verskillende stalletjies. Begin dalk met `n lekker ontbyt met vars brood en vars gedrukte vrugtesap wat by van die tafels voorsien word voordat jy jou pad deur die mengelmoes van verskaffers werk. Hoede, handgemaakte juweliersware, leer bande, somersklere, handgemaakte-armbande, klere, serpe, ornamente, glas kunswerke, skilderye en vele meer.

Luister na die heerlike musiek van plaaslike musikante en geniet die mooi natuurskoon wat jou omring. Eg Suid-Afrikaanse produkte is aan die orde van die dag. Doen die moeite en ry deur vir `n baie aangename Saterdag mark-ervaring. Die Franschoek Village Mark is oop van 09h00-14h00 op Saterdae. Indien u `n stalletjie wil bespreek, skakel gerus vir Janita by 072 337 6789 of kontak haar by janitaeigelaar@gmail.com.

Neem by teetyd `n breuk by die tafels en geniet heerlike koffie en terte of drink `n heerlike Jacks Bier van `n plaaslike verskaffer .

30 November Mark vanaf 09h00 – 20h00 13 Desember Aandmark vanaf 18h00 – 21h00 14 Desember Kersmark vanaf 09h00 – 17h00 15 Desember Kersmark vanf 11h00 – 17h00 16 Desember Kersmark vanaf 09h00 – 17h00

Maak `n nota!

Die Wingerd is a lovely relaxing restaurant, a true Winelands hospitality experience. A perfect venue to kick back after a hard days work or to bring the family and kids for a fun lled day. Have a mouth watering feast of our a La carte menu for you to delight, as well as delicious gourmet pizzas, and a ba unique barrel menu that will make you come back for more. All of this is complemented by our extensive wine list that will satisfy every palate.

Die Wingerd restaurant at Protea Hotel Stellenbosch, Techno Avenue, Techno Park. Tel +27 (0)21 880 9559 or e-mail: wingerd@phstellenbosch.com website: www.phstellenbosch.com

die

wingerd

kos wyn kuier


NEWS

NUUS

4 NOVEMBER 2013

Croup

50% Afslag op alle

rame & sonbrille Tel: 021 863 3154 Fax: 021 863 0983

Shop 60, Paarl Mall

(Terwyl voorraad hou)

PO Box 3085, Paarl, 7620

Vakansie pret! Die Desember vakansie is op ons! Hier is ’n paar flink idees om die tyd uit te koop met jou kind(ers) deur opwindende en stimulerende aktiwiteite.

Speel “Vuurpyl en Planete” - sny ’n eenvoudige vuurpyl vorm uit swart papier. Plak die buitelyne op die lens van ’n flits. Knip sirkels uit verskillende helderkleurige papier en plak dit teen die muur. Sit die lig af en die flits Jaag resies met twee watteballetjies deur dit aan en vlieg met die vuurpyl na verskillende vorentoe te blaas met leë shampoo-bottels. planete. Steek klein plastiek insekte of diertjies weg in ’n groot bol klei. Haal dit met ’n tweezer uit en gooi dit binne-in ’n houertjie met ’n opening wat net groot genoeg is.

Speel “Sink die Boot” - gooi ’n leë roomysbak (of groter) vol met water. Plaas ’n kleiner plastiekbakkie daarin om te dryf. Kyk hoe vinnig julle die boot kan sink deur muntstukke van ’n afstand daarin te gooi.

Laat die kinders resies jaag op die gras (of die strand) deur verskillende diere (padda, Vir meer idees, besoek gerus die volgende webtuistes: http://therapyfunzone. haas, olifant, pikkewyn) na te boots. com/, http://www.school-ot.com/ http:// Ballon-tennis of toutrek kompetisies is handsonaswegrow. uitstekend vir skouerstabiliteit! Geniet dit!!! Hou ’n kombers tussen twee mense vas en Larisa Visser laat ’n beer daarop lê. Swaai die kombers op Arbeidsterapeut en of om die beer in die lug te bons en weer Pret en Leer Opvoedkundige te vang, of sit self op ’n kombers en laat jou Sentrum maat jou daarop rondtrek.

Croup is an infection of the larynx (voice box) and trachea (windpipe). The usual cause of croup is a viral infection. Croup is common in young children between the ages of one and three years and becomes uncommon after the age of six years. The usual symptoms of croup is a cough, which is usually harsh and barking. This croupy cough is due to inflammation and swelling of the vocal cords in the larynx. The infection causes inflammation on the inside lining of the breathing tube. This can cause narrowing of the breathing tube which causes noisy breathing (stridor). Breathing may become difficult if the narrowing becomes worse. Other symptoms include a runny nose, hoarseness, sore throat, fever, feeling unwell, being off food, and general aches and pains. The symptoms are often worse at night. Symptoms usually peak after 1-3 days, and then improve. The main concern is if severe narrowing of the breathing tube develops. If this occurs then breathing can become difficult. About 1 in 10 children with croup are admitted to hospital for observation. Try to be calm and reassuring. A small child may become distressed and crying can make things worse. Sit the child upright on your lap if their breathing is noisy or difficult.

Dr. A.C. van Lierop Give medicine to lower the temperature. Lightly dress the child if the room is not cold and give the child lots of cool drinks. Steam used to be commonly advised as a treatment. However, there is little evidence that this does any good. Steroid medicines can also help to reduce inflammation. A single dose often eases symptoms within a few hours. Inhaled adrenaline is sometimes used in hospital for children with moderate or severe difficulty with breathing. DO NOT give cough medicines, which contain ingredients that can make a child drowsy. This will not help a child who may need extra effort to breathe. Antibiotics are not usually prescribed as a virus normally causes croup. Always consult a doctor if you have any concerns about your child. Most children with croup have mild symptoms and soon get better. However, a minority need hospital care.


NEWS

NUUS

NOVEMBER 2013 5

Wat jy nie van korttermynversekering geweet het nie Dikwels is daar ‘n persepsie dat korttermynversekering net nog geld is wat in die water gegooi word, want sodra jy wil eis, kry jy nie terug wat jy verwag het nie. Maar in die meeste gevalle lê die probleem by ‘n kliënt wat nie voldoende ingelig was oor die dekking wat hy uitgeneem het nie. Hier is ‘n paar riglyne om te verseker dat jy die beste uit jou korttermynversekering kry: • Verseker eers jou groot bates bv. jou huis, huisinhoud en motor. Hierdie items sal heel moontlik te duur wees om self te vervang sou dit beskadig of verwoes word. Hierna volg kleiner bates

soos selfone en skootrekenaars en laastens, gerieflikheidsitems soos sonbrille. • Jou huis, inhoud en persoonlike besittings moet verseker word teen hul huidige vervangingswaarde, oftewel die prys daarvan indien jy dit vandag moet vervang. Mens dink maklik dat jy nie veel besit nie, tot jy die waarde van elke stukkie klere, breekware en meubels bymekaar tel. Wat op die oog af na nie veel lyk nie, is in der waarheid ‘n aardige bedrag. • Indien jou polis vereis dat jou woning oor ‘n alarm moet beskik, maak seker dat dit ten alle tye geaktiveer is wanneer jy nie tuis is nie. Sou daar ingebreek word en die alarm was nie geaktiveer nie, is die kanse

Elmar Venter Ian Cloete adv Mike Lochner

B.s.i Brokers FSP LISENSIE NR./LICENCE NO.:25771 Goedgekeurde Finansiële Diensverskaffer

Korttermyn Versekering Makelaar Shortterm Insurance Broker Tel: (021) 864 3684 Bainstraat 9A Wellington 7655

goed dat jou eis nie betaal sal word nie. ‘n Versekeraar mag aandring op ‘n verslag vanaf die sekuriteitsfirma as bewys dat die alarm wel geaktiveer was. • Met die hoeveelheid oproer in die land is dit belangrik dat jou polis SASRIA insluit. SASRIA is spesiale dekking wat skade weens oproer, stakings en openbare onrus dek. Alhoewel die meeste versekeraars dit outomaties byvoeg op persoonlike polisse, is dit nie altyd die geval by besigheidsversekering nie. • Kontroleer dat die gereelde bestuurder van jou voertuig korrek aangedui word. Die meeste versekeraars het streng reëls rakende jong bestuurders of dié wie

082 821 9885 082 456 0157 082 440 2774

Paarl Francois Theart Service Manager

Petro Theart Parts Manager

Tel

021 872 5280

Fax

021 872 5281

e-mail

gwmserviceboland@telkomsa.net

www.gwm.co.za Cnr Lady Grey & Jan van Riebeek Paarl 7645

021 870 1669 MAANDAG TOT VRYDAG OUDERDOMME 0-5 JAAR

Normandiestr 2, Sentraal Paarl Ons bied: Etes, vermaak, goeie toesig, onderig en sosialisering. Gekwalifiseerde, liefdevolle personeel met Noodhulp vlak 1. Kontak Dalene

vir minder as twee jaar hul bestuurslisensie besit. Let ook veral op die bybetalings dan van toepassing. Met al dié en vele meer om in gedagte te hou, is dit nie verbasend dat die meeste mense skrikkerig is vir korttermynversekering nie. Dit is hier waar ‘n makelaar soos LVC vir jou gemoedsrus kan gee. Ons strewe daarna om elke kliënt persoonlik by te staan en eenvoudige, maklik verstaanbare oplossings te bied. Kontak ons gerus vir ‘n gratis kwotasie of om meer inligting van ons wye reeks produkte te bekom. Cindy Visser


NEWS

NUUS

6 NOVEMBER 2013

Aklein boksies kry sonder dat almal s’n die bankbalans buig. Dink bietjie buite die lmal weet ‘n geskenk in ‘n klein boksie maak ‘n vrou se hart bly. Vanjaar kan almal

boks en kyk wat Viljoen Juweliers voorstel vir die kerskouse van Willem Woester se gesin. Ma, die matriarg, word bederf met iets delikaat en duur – ‘n paar klassieke diamante-en pêreloorkrabbers. Haar twee vriendinne met wie sy lag, lief en leed deel, kry elk ‘n bederf. Om Anneri se nek hang sy pêrels en Dorinda s‘n word versier deur ‘n leerbandjie met ‘n blom. Pa, wat altyd laat is omdat hy gewoonlik verdwaal, kry ‘n Tissot Titanuim T-Touch horlosie. Kompleet met ‘n raakskerm (touch screen) en bykomende funksies soos ‘n hoogtemeter, barometer en kompas. Boet Willem spandeer Kerstyd in die vreemde en sal sy byderwetse Skagen horlosie kry as hy terug is op woeste bodem. Sy meisie, ‘n aan-en-af skoolkys sedert hoërskooldae, spandeer Kersaand by die Woesters. Ma, het namens broer Willem, vir haar ‘n Carrol Boyes teepot gekry. Daarmee saam Camilletee om die gedagtes te bedaar oor die mooie Mediterreense meisies wat daagliks behendig en wulps met wighakke op kleisteenstrate verby Willem loop. Sus, met die Idols-ambisie, dra na Kersdag die leerband van ‘n byderwetse Fossil horlosie om haar arm. Die jongste boet hou van water, wiele en wenspanne. Jammer Stormers. Pa doen sy belofte gestand na sy rekordtyd by die jaarlikse swemgala. Sy boksiebederf is ‘n waterdigte sporthorlosie van Casio. Fabiaan, wat die spul in vrede laat wroeg, hou van iets etnies maar glansryk. ‘n Carol Boyes koekbord wat selfs platgevalde koeke eksoties laat lyk, pas haar perfek. Viljoen Juweliers is vol blink planne vir almal wat jou jaar spesiaal maak.

Viljoen Juweliers Worcester • Hoogstraat 68, Worcester • Webtuiste www.viljoenjewel.com Epos shop@viljoenjewel.com •Telefoon nommer 023 347 0682 • Facebook, Viljoen Juweliers Worcester

NOBUNTHU

CATERING SERVICES

Jarome 082 976 0088 nobunthu@gmail.com

Corporate Functions Gourmet Platters Weddings Year-end Functions Spitbraai’s

Now open on Sundays Piece by Piece Mosaics - Paarl "Where you find peace through mosaic" for Mosaic Classes, Gifts and Products Contact Duarita for more information @ 0825915789 or email duarita.wolmarans69@gmail.com I stock all the mosaic products you might need at reasonable prices and are open after hours from Mo - Thu 16:30 - 19:00 (Fri & Sat on appointment) 3 St John Avenue,Northern Paarl

COMPUTER INK

We refill your printer cartridge from R40 –R80 black and colour while you wait *** We sell: New compatible,new Original Ink & laser cartridges, *** We Buy Empty Cartridges R5-R40 *** Extra 10% discount on presentation of this ad

Tel: 021 863 3951 Fax: 021 863 2607 Cel: 082 774 4098 gerd@oaktreelodge.co.za Gerd

32 Main Road, Behind Oak Tree Lodge, Opposite KWV

Ma, ek word geboelie Die internet gons deesdae van videos waar kinders mekaar slaan en boelie en jongmense wat nie die druk kan hanteer nie, se lewens word verwoes en tot selfmoord gepleeg. Wat staan ons te doen? Om hierdie redes is dit dringend noodsaaklik om na die volgende tekens dat jou kind geboelie word, op te let: • Geskeurde klere • Vermindering in eetlus • Wil nie skool bywoon nie en buierigheid • Onverklaarbare beserings As slagoffer: • Meld onmiddellik enige boelie-gedrag aan teenoor ‘n volwassene wat jy vertrou. • Dit mag nooit net geignoreer word nie want dit sal net erger word • Probeer die boelie vermy totdat daar aandag aan die saak gegee is • Probeer verstaan dat boelies oor die algemeen baie probleme van hul eie het en meestal met ‘n swak selfbeeld sukkel. Wanneer jou kind (of selfs jy) geboelie word: • Hou alle bewyse • Probeer eers skik met die ouers van die boelies • Indien dit nie help nie, lê ‘n klag by die polisie. • Privaatspeurders kan van hulp wees Voorkoming: • Dit begin van jongs af wanneer kinders begin om op die internet te werk. Hulle moet die regte internetgedrag geleer word en ook gewys word op die gevare. • Boodskap aan die boelies: • Om te boelie dui daarop dat jy probleme het wat jou ernstig gaan knou in die toekoms. Dink aan die redes hoekom jy boelie en vra vir hulp. • Dit is nooit te laat nie.


NEWS

NUUS

7 NOVEMBER 2013

Have a perfect picnic this upcoming holiday There’s nothing quite as fun as a picnic in the sun. Food always seems to taste so good when eaten outdoors. This month the AWSUM Kombuis shares some top tips to make your picnic perfect and have some brilliant recipe ideas too. Mini quiches

Cowboy Chicken

Fritatta al fresco

Instead of making one large quiche, use lots of small pastry moulds instead. You can add any extras you like to the filling - such as bacon, ham, feta cheese, sweet peppers, spinach, tomatoes, etc.

Cook up some cowboy chicken drumsticks and when they are cool pack them in your picnic. This is such a quick easy dish and children love picking up chicken legs in their hands and not having to bother with knives and forks.

Quick and easy to prepare in advance and so delicious to enjoy on a picnic.

Ingredients: Chicken drumsticks, thighs or wings (depending on preference and price) 2 lemons 2 or more cloves of garlic, crushed Black pepper and mixed herbs (optional)

Ingredients: 30ml/2tbsp vegetable oil 1 onion, sliced 2 courgettes, finely sliced 6 British Lion eggs 75g/3oz Cheddar cheese, grated

Put as many chicken drumsticks (thighs or wings) in an ovenproof dish as you need. Squeeze a couple of lemons over them and squash several cloves of garlic (one per person is a good guide but depends on your taste).

Heat the oil in a frying pan, add onions and fry for 2 minutes until soft. Add courgettes and fry for 4 minutes until golden.

Ingredients: • 1 pack of ready-made pastry (or make your own) • 4 free range eggs • milk or cream • fillings (optional) : Line an oven proof dish, it doesn’t matter what shape, with the pastry.In a measuring jug break 4 free range eggs and make up to the 280ml/ half pint mark with milk (full fat) or cream. Add a bit of pepper and some mixed herbs and pour into the pastry lined dish. Grate some cheese (strong cheddar works best) on top of the mixture. Bake in medium hot oven (190 C/gas mark 5) for about 30-45 minutes - until the egg mixture has set and risen. Variations: Once you have made a success of this, you can start adding things to the quiche that you like: bits of cooked bacon, ham, feta cheese, sweet peppers, sweetcorn, broccoli, fresh herbs, spinach, tomatoes ...but it’s just as nice plain. For a crisper pastry base, prick the pastry all over with a fork and pre-cook for 10-15 minutes (blind - with no filling) before removing from the oven and adding the fillings. Then return to the oven to finish cooking.

Season with pepper and mixed herbs. Marinate in the fridge for a couple of hours. When you’re ready, pop them in a 180 C/Gas 4 oven and cook for around 40 mins... or until the chicken is cooked through. Serve with potato wedges, rice or baked beans and your favourite vegetables.

Preparation time: 5 mins Cooking time: 10 mins Serves: 4

Beat eggs with salt and freshly ground black pepper. Pour eggs into the pan; cook, stirring until egg has lightly set. Shake pan to level surface; cook for 1 minute. Sprinkle over cheese and cook under hot grill for 2 minutes until golden brown and bubbling. Serve warm in wedges sprinkled with basil leaves, if liked.


NEWS

NUUS

8 NOVEMBER 2013 Your December deals!

OPPI SPYSKAART See what specials to grab in your area!

Cut this out and keep it safe

PAARL PAARL

PAARL

Proviant

Bella Belota (T&C’s apply)

Mon:

Smoked chicken OR Beef wrap @ R29 Chicken OR Beef burger @ R29 Tues: Battered Hake & Chips @ R49 Vaalie- Pap Boerewors & Smoor @ R29 Wed: 300g Sirloin & sauce @ R100 250g Fillet & sauce @ R100 Thurs: 600g Ribs & chips @ R69 400g Ribs & chips @ R49 1kg Ribs & chips @ 109 Includes a glass of Red/ White Hill & Dale or 330ml Draught

Lunch time sushi: Less 50% from Monday – Saturday 11h30-17h00 Monday: All burgers -50%, All pastas = R45 Tuesday: All Sushi less 30 % Wednesday: Kids eat FREE. All Sushi less 30% Thursday: All Sushi less 30% Friday: All Sushi platters 30% less Saturday: Kids eat free. All Sushi less 30% Sunday: All Sushi 50% less, All pizzas = R55

For the little ones: Mon-Thurs: Ribs & chips @ R40 Chicken or Beef Hamburger with Chips @ R30. Includes a milk shake

Cayote | 082 894 5380 Monday: Tuesday: Wednesday: Thursday:

All day breakfast @ R20 Kids 12 years and younger eat free from 11:00am Burger Special - 2 Mega Beef / Chicken Burgers for the price of 1 125g Calamari & 200g Sirloin Steak & Castle @ R80

EJ’s Sports Pub & Grill | 021 872 8965 Tuesdays: R28 Burgers: Beef, rib or chicken, chips & sauce Wednesdays: Large fire pizza R56 Nachos R38 Thursdays: R38 Chicken schnitzel, sauce & chips Crumbed pork chop, mash Fridays: R50 - 300g SUPER Rump or 350g T/Bone Steak, pap/mash & sauce

Gecko Lounge | 021 872 6010 Monday: Chicken Shnitzel - R42.95 Tuesday: Sirlion + sauce, 200g - R69.95 300g - R79.95 Wednesday: Burgers - R39.95 Thursdays: Ribs & Calamari - R79.95 Ribs&Wings - R 79.95 Saturdays: Sushi 50% off Sushi Platter 25% off All Week breakfast special - R22.95

Noop | 021 863 3925 Open Monday –Saturday 11:00 am till late 127 Main Road Paarl

WELLINGTON Mariaan se Koffiehuis | 021 873 4857 • •

Koek en koffie/tee: R25.00 Pensioenarisse: Woensdae koek en koffie/tee: R18.00 Kontak Mariaan vir pryslyste van gebak en platters

WORCESTER Ocean Basket | 023 342 0787 (T&C’s apply) Only at Worcester Enjoy a free Platter for 1 after 6 visits to Ocean Basket Worcester.


NEWS

Hoër Meisieskool Paarl Graad 3 & 4 uitstappie

NUUS

NOVEMBER 2013 9 HMS stap vir kanker

Vrydag, 8 November, was die graad 3 & 4 klasse saam op ‘n heerlike uitstappie. Hulle het met ‘n luukse bus Kaapstad toe gery en in die Tuine al die eende, duiwe en eekhorings vetgevoer. Thereafter they went to watch a very interesting show about our solar system at the Planetarium. Afterwards they went for a brief visit in the museum before we got back on the bus again.

Gr6. leerders met die maanverkenningsvoertuie (Moon rovers) wat hulle gebou het.

HMS se Kankerstap het op Dinsdag 29 Okt plaasgevind. Baie dankie aan elke dogter, boetie, mamma, pappa, ouma of oupa wat Dinsdag aan die Kankerstap deelgeneem het! Thank you to all the sponsors who sponsored our prizes! Mila Steenkamp (Graad 2) het Honours (85%) gekry vir haar dans roetines. Sy stap weg met die hoogste punte in haar klas. Baie geluk, Mila.

Laerskool La Rochelle Santamkinderkunskompetisie

Leerders van die Laer Meisieskool La Rochelle het deelgeneem aan die die Santamkinderkunskompetisie en hulle werk is gekies vir die elektroniese uitstalling. Op die foto is: Voor v.l.n.r: Mev. E. Theunissen, Zini Gordon, Cleo Solomon, Luhle Mandla, Lara Whatney en Erin van der Berg. Agter v.l.n.r.: Mev. N. Albertyn, Logan Cavernelis en mev. A. Blom.

Olivia Musiekblyspel

Die personeel en leerders het ‘n baie suksesvolle en uitstekende produksie in Augustus op die planke gebring. Die musiekblyspel, Olivia, het reeds in die tweede kwartaal begin en al die swoeg en die sweet was beslis die moeite werd en het staande ovasies sowel as positiewe terugvoer ontvang.

Unisa praktiese eksamen

Freda Barnard gala

Hierdie musiekleerders het almal baie goed gevaar in hul onderskeie Unisa praktiese eksamen wat in Augustus afgelê is. Agter v.l.n.r.: Leanka Lombard (Klavier Gr 1 – Lof), Shannon Benjamin (Klavier Gr 3 - Lof), Aaliyah Essop (Fluit Gr 1 - Lof), Magdaleen Olivier (Klavier Gr 2 - 87%). Middel v.l.n.r.: Gretschen Williams (Klavier Voorgraad 1 - Lof), Joli Becker (Klavier Gr 2 – Eervolle Vermelding), Angie du Plessis (Klavier Gr 2 – Eervolle Vermelding). Voor v.l.n.r.: Gabrielle Witbooi (Blokfluit Voorgraad 1 - Lof) en Grace Witbooi (Klavier Gr 1 - Lof)

Melissa Sampson participated in the Freda Barnard qualifying gala which took place in Oudtshoorn last weekend (1-2 Nov.) where she qualified for level 2, which will take place in Oudtshoorn next year (20-23 March).

Opvoedkundige uitstappie

Leerders het elke jaar die voorreg om op ‘n opvoedkundige uitstappie te gaan. Dit is natuurlik ‘n geleentheid waarna almal uitsien. Hierdie jaar was die Gr.4-leerders by die Planetarium en die Kompanje-Tuine.

Grade 3 Excellence award

La Rochelle Girl’s Primary School received an award for Grade 3 Excellence in Mathematics and Grade 6 Overall Excellence for 2012 from the Western Cape Education Department.


NEWS

NUUS

10 NOVEMBER 2013

Kultuurpresteerders vir 2013

Caitlynn Steenkamp (Junior kultuurdogter), Tianca de Waal deel die trofee met Lizaan Raath (Senior kultuurdogters), Liam Roux (Senior kultuurseun).

Die Laerskool Noord-Eind se sportpresteerders vir 2013

Laerskool Noord-Eind Ons hoofleiers vir 2014

Brandon Cocklin (Onderhoofseun), Nola de Jongh (Hoofdogter), Pierre Lambrechts (Hoofseun). Ons onderhoofdogter is Micke Potgieter (inlas).

Dux-leerder

Tienerzone Op 3 November het Lizaan Raath van die Laerskool Noord-Eind aan die finale rondte van Tienerzone se ‘Solis vir Christus-sangkompetisie’ deelgeneem. 24 skole regoor die land het deelgeneem aan die kompetisie. Lizaan het tweede gekom en so ook ‘n CD-kontrak gewen.

Lara Mouton (Senior sportdogter), Mari Bester (Junior sportdogter), Werner Strauss (Senior sportseun), Ruaan Hartzenberg (Junior sportseun).

Laerskool Noord-Eind se Dux-leerder vir 2013 is Werner Strauss.


NEWS

Laerskool Courtrai Tygerberg NLK Atletiekbyeenkoms

NUUS

NOVEMBER 2013 11 Spelolimpiade

Suné Erasmus (Gr. 3) het in die Kaapse Wynland Distrik ‘n 1ste plek behaal in die Spelolimpiade (Afrikaans).

Dean Jansen (Gr. 4) won the Spelling Olympiad (English) in die Cape Winelands District.

Simon de Waal het Saterdag, 26 Oktober sy pers gordel verwerf, tydens ‘n GojuKai gradering.

The Gr. 5E Natural Science class that Mrs Susan van Niekerk teaches did an experiment on the properties of soil. In the photo are Jason Erasmus, Jared Truter and Evan Cupido.

Laerskool Courtrai het aan die Tygerberg NLK Atletiekbyeenkoms deelgeneem. Hulle het algeheel 2de gekom in die spankompetisie, waaraan 12 skole deelgeneem het.

Annual General Meeting

Ma- en Dogtertee

On Wednesday 30 October, Courtrai held their annual general meeting. After the meeting the teachers and parents were treated to a “Thank You Function” organised by the Gr. 3 parents. The Gr. 6 learners served the guests.

Die nuwe klubhuis

Laerskool Courtrai hou jaarliks ‘n Ma- en Dogtertee. Die Gr. 7-dogters kry die geleentheid om ‘n teetafel vir hul gaste te versier. Op die foto is Mev. Tersia Smit (ouma), Lize-Mari Slabber en Mev. Mareza Slabber (ma en onderwyseres).

Nasionale Onderwysersdag Die Gr. 4A1-klas van mev. Emmeline van Lill het ‘n advertensie oor Black Cat grondboontjiebotter opgevoer tydens die skoolkonsert. Dit het hul geïnspireer om hul gunsteling broodjies met die grondboontjiebotter in die klas te maak.

Die Courtraiers is opgewonde oor die vordering van die nuwe klubhuis. Die kontrakteurs beoog om die projek teen Februarie 2014 te voltooi. On Thursday 31 October the builders were working in the rain to lay the concrete slab poured from a crane. All the children got a chance to observe them.

Op 4 Oktober (Nasionale Onderwysersdag) is Courtrai se personeel bederf met ‘n handof nekmasering. Op die foto is Juffrou Franzette Hämman (Gr. R-onderwyseres) en mnr. Roelf le Roux (adjunkhoof ).


NEWS

NUUS

12 NOVEMBER 2013

Laerskool Paarl Gimnasium

Skakelraad 2014

Die volgende leerders van Laerskool Gimnasium is 2014 se nuwe skakelraadslede: Avlnr: Marco van Rhyn, Daniël-Briers Louw (dagbestuur), Cor Jansen van Vuuren (onder-hoofseun), Joshua Kirsten (hoofseun), Chané van Zyl (hoofdogter), Nelia Kotzé (onder-hoofdogter), Carli Potgieter (dagbestuur), Kayla Kirsten. Vvlnr: Johan van Rhyn, Jandré Burger, Delarey Nel, Matthew Venn, Megan Venn, Neena Bakkes, Joané Rossouw, Annelie du Toit.

Laerskool Paarl Gimnasium spog met 3 tweelinge op hul Skakelraad vir 2014. Joshua en Kayla Kirsten, Marco en Johan van Rhyn en Megan en Matthew Venn.

Illustra

Ons jaarlikse skoolkoerant het weer sy verskyning gemaak. Dit is propvol interessante skryfstukke en foto’s van ons leerders. Hier is ‘n paar leerders in graad 2 wat lekker buite sit en lees.

‘n Paar brawe Gimmies durf die Oranjerivier aan in die Septembervakansie.

Prysuitdeling

Hierdie toekenning word oorhandig deur Corlia Douglas, verteenwoordiger van OSB, aan Gina-Mari Steyn. Sy ontvang ‘n geldprys en medalje van OSB, sowel as die Badenhorst-Eiendomme Trofee vir uitstaande prestasie. Sy’t die hoogste gemiddelde persentasie in al die leerareas, met ‘n gemiddelde prestasie van 92,15%.

Chrisli Hamman en Louis Schreuder

Franco Smit

Sportdogter van die jaar –spansport Chrisli Hamman ontvang hierdie toekenning: o.13A Hokkie o.13A Netbal (kaptein) o.13 Wes-Kaap Netbal o.13 Wes-Kaap tweede plek tydens Nasionale week o.13 Hokkie Streekspan

Sportseun van die jaar –spansport Franco Smit ontvang hierdie toekenning: o.13A Rugby o.13A Hokkie (kaptein) o.13A Krieket o.13A Tennis – no.1 Boland Tennis Boland-Sentraal Hokkie

Uitsonderlike prestasie van die jaar: Individu (Links) Gimnastiek: Logan Lawrence Level 10: SA Kampioenskappe Afrika Spele Olimpiese stroom. Span verower goue medalje by Jarmien Olimpiese Spele. Eerste keer dat ‘n laerskool dogter so op hierdie vlak presteer.

Boland Skolehokkie (Regs) Zaskia van Zyl is aangewys as die beste meisie hokkie speler in die Boland (Laerskool) tydens die 2013 Nasionale kampioenskappe. Sy is geëer vir haar spel, leierskap en positiewe gesindheid. Sy is ook genomineer vir laerskool sportvrou van die jaar.

Nina Cuyler Spesiale Kultuurtoekenning Nina Cuyler word aangewys as kategoriewenner in die afdelings Monoloog en Tweespraak; asook beste individuele prestasie in die Woordkuns-afdeling.


NEWS

Paarl Boys’ Primary

NUUS

NOVEMBER 2013 13

Courtrai Aflos Atletiekbyeenkoms

Christmas market Gr 3 A & E The grade 3 classes each have a Christmas Market on a separate Friday in November. This gives our boys the opportunity to show their entrepreneurial skills. Each boy brings something to sell, either something nice to eat or something that can be used as a gift. They also learn how to work with money and are able to find out all about profit and loss. Learning new things can be such fun!

Musikante-in-wordingkonsert Rudi Willemse, Jacques de Villiers, Luke van Schoor en Reuben Layman Op Donderdag, 7 November, het Klein Boishaai se atlete met groot opgewondenheid gereed gemaak vir Courtrai se jaarlikse aflos atletiekbyeenkoms te Brugstraat. Hierdie byeenkoms is opwindend vir ons leerders omdat daar geen individuele items op die dag plaasvind nie, maar slegs aflosse wat ‘n noue band tussen die atlete smee so vroeg in die seisoen. Van die 9 items waaraan seuns kan deelneem, is PSS die rekordhouers van 5 van die items, asook die gemengde aflos saam met HMS. Ons seuns het hul beste gelewer en podiumposisies gekry in 6 van die 9 items, maar die rekords bly onaangeraak. Klein Boishaai is veral trots op ons o.10 aflosspan, wat bestaan uit Jacques de Villiers, Luke van Schoor, Reuben Layman en Rudi Willemse, wat ‘n eerste plek behaal het in hul item. Ons sien uit daarna om volgende jaar aan hierdie item deel te neem by Courtrai se nuwe baan!

Prysuitdeling Die prysuitdeling het op 30 Oktober plaasgevind. Tydens hierdie formele funksie, het Ryk Neethling die seuns se sertifikate oorhandig. All the boys from grade 4-7 got recognition for their achievements in academic, sport and culture events. Nikolai Coetzee was chosen as headboy for 2014 and Jacques Botma as deputy-headboy for 2014. Henricus Basson het die prys ontvang vir Dux-leerder.

Herman Roux en MC Prins speel op hulle kitare. On 24 October 2013 the music pupils of Paarl Boys’ Primary had the opportunity to show how they have progressed musically during the year. Al 72 seuns, wat musiek by die skool neem, het deelgeneem. Die gehoor is vermaak met klavier, blokfluit, kitaar en tromitems. The evening finished off with all the boys playing 3 songs on percussion instruments.

Ma-en-seun etiketdag 2013

Nikolai Coetzee en Jacques Botma as hoofleiers Ryk Neethling hands over the Henricus Basson is gekies as die vir 2014. certificate to Frederik Olivier, Dux-leerder. headboy of 2013.

Biblioteekdag Ons Ma-en-Seun-Etiketdag is gehou op 6 November. ‘n Groot hoogtepunt waar al die gr. 4 seuns hulle ma’s as hul metgesel bederf met ‘n viergang ete. They went through lots of training before the day to make this special event happe. They went to Marc’s Restaurant for training in basic manners, laying tables, when to serve what, difference between different cutlery and crockery. During the event, they served their mothers and even took her for a waltz. Hulle is goed toegerus met alle vaardighede hoe ‘n ware heer teenoor sy metgesel moet optree.


NEWS

NUUS

14 NOVEMBER 2013

Laerskool WA Joubert

Erkenningsaand

Leerlingleiers vir 2014 Die volgende leerlinge is op WA Joubert se Leerlingraad vir 2014 verkies. William Beck, Andrea Engelbecht, Elizca Bence (Hoofleier), Ané de Kock (onder-hoofleier), Danielle Olivier en Dedrei Wessels.

Kara Janse van Rensburg – Hoofmeisie van 2013 - het die Skoolhooftoekenning ontvang omdat sy as leerder van WA Joubert deur haar optrede en die manier hoe sy haarself gehandhaaf het, die skool se naam gedurende die jaar tot eer gestrek het. Sy ontvang ook die trofee vir Sportmanskap (dogters).

WAJ hou revue

Dewald Venter het op sportgebied goed gevaar en ontvang die volgende trofeë: Sportman van die jaar, Sportmanskap (seuns), Rugby o/13: beste agterspeler, o/13-Rugbyspeler van die jaar, Hokkie (seuns) – Beste speler.

Dux Leerling Anike Mostert – Onder-hoofmeisie van 2013 - is tydens die jaarlikse Erkenningsaand as die Dux-leerder, met ‘n gemiddelde persentasie van 92%, aangewys. Sy ontvang ook die volgende trofeë: Hoogste persentasie in Afrikaans, Tweetaligheid, Sosiale Wetenskappe, Natuurwetenskap, Wiskunde, Tegnologie en EBW. Saam met haar op die foto is Kara Janse van Rensburg wat die trofee vir Engels asook die Secundus trofee (tweede beste gemiddelde % in gr 7) ontvang het en JC Bence wat die tweede hoogste persentasie in Sosiale Wetenskappe behaal het.

Jana Pretorius (gr 7) het gedurende die aand die volgende toekennings ontvang: Sportdogter van die jaar, WAJ no 1 in tennis, Hokkie (dogter) – beste speelster en sy ontvang ook haar Junior Springboktoekenning vir Laerskole in Landsdiens. Sy is ook gekies om die WesKaap tydens die Nasionale Landsdienskamp in Gauteng te verteenwoordig.


NEWS

Laerskool Worcester - Noord

NUUS

NOVEMBER 2013 15

Kleur-Atletiekbyeenkoms

WNPS het weereens ‘n baie opwindende en geslaagde atletiekbyeenkoms gehad. Daar het verkeie rekords in die slag gebly en talle goeie vertonings is deur ons leerders gelewer. Een van die vele hoogtepunte was om drie van ons SA medaljewenners van 2013 in een wedloop te sien deelneem. Hulle was Francois Jacobs, Hilda du Toit en Anlé Loubser. Baie geluk aan die groenspan wat die dag se atletiek gewen het en die geelspan wat weggestap het met die sangbeker. Regs: Rekordhouers van die dag Agter: V.l.n.r: Anlé Loubser, Francois Jacobs, Hans Klüsmann,Rober-Andrew Adshade, Hilda du Toit. Middel: V.l.n.r : Karl Klüsmann, André Theron, Johané le Roux, Hugo Mostert, Lizelle Opperman. Voor: V.l.n.r: Danél Viljoen, De Wet Mostert, Elzé Barry.

Ballet

Animal Walk ten bate van Boland Animal Society:

Krieket Baie geluk aan Eduard Klüsmann (gr.5) wat in die 0.11 Feedem krieketspan opgeneem is om aan die interprovinsiale kriekettoernooi vanaf 8-13 Desember te gaan deelneem.

Drie van ons Noordjies het deelgeneem aan die Erika Rabie Balletskool se eksamen in die Ceccheti Klassieke Balletmetode. Dit is ‘n internasionaal-erkende balletmetode wat geaffilieerd is aan die ISTD. Hulle het uitstekend gevaar en behaal die volgende prestasies. • Danielle du Toit (gr. 2)-Gr. 1 goud onderskeiding (92%). • Mieke du Toit ( gr.1)- “Primary” goud onderskeiding (85 %). • Zané Hanzen (gr.1)- “Primary” goud onderskeiding (85 %).

Baie geluk aan Alida van der Merwe (gr.6) wat opgeneem is in die 0.13 Boland dogters krieketspan wat gaan deelneem aan die Windhoek Bank NSSU toernooi in Windhoek, Namibië. Dit vind plaas vanaf 1-6 Desember.

Dié leerders het ook op 2 November by ‘n honeurs “prestige” prysuitdeling in die Kaap gaan deelneem. By hierdie geleentheid is hul vereer met toekennings vir hul uitsonderlike prestasies.

Karate Baie geluk aan Dylan de Kock (gr. 6 ) en Nicholas Beukes (gr. 4) wat hul Boland Kleure vir karate verwerf het.

Kristen Boshoff (gr.2) het deelgeneem aan die landwye finale rondte te Stellenbosh. Sy behaal ‘n algehele 2 de plek in Suid-Afrika en ontvang ook ‘n klomp pryse. Baie geluk met die puik prestasie!

WNPS is vreeslik trots op Lu-Mari Lötter, Magdel van Zyl, Mari Loots, Mia Joubert, Inge Fourie en Ané Brink (almal gr. 7 leerders) wat eie inisiatief geneem het om ‘n “Animal Walk” in die hoofstraat van Worcester op 26 Oktober te reël. Hierdie fondsinsamelingsprojek is geloots om fondse ten bate van Boland Animal Society in te samel. Daar was altesaam 130 inskrywings met donasies! Die burgemeester, Meneer Basil Kivedo was ‘n eregas. Van die pryse was ‘n Samsung selfoon en ‘n I-Pot. Deur hierdie projek is ons leerders baie verreik, emosioneel en intellektueel. By Worcester -Noord groei ons Noordjies in hulle skool, in hulle self en ook in hulle gemeenskap. Student onderwyser presteer Mnr. Louis Carstens wat tans sy internskap by WNPS doen is aangewys as Boland 0.19 rugbyspeler van die jaar. Ons is baie trots op ons oud-leerder en “nuwe” meneer.


NEWS

NUUS

16 NOVEMBER 2013

Worcester Voorbereiding Skool Graad 3 uitstappie na Kaapstad

Graad 3 Oudtshoorn toer

Ons besoek die Akwarium, Planetarium en sluit af met ‘n heerlikke bootrit in die Waterfront.

Twee brawe meisies waag dit op die kameel se rug.

Naseeg Titus is eerste om te kyk of hy vir volstruis aan sy nek kan bestuur.

Voor die ingang van die Kango grotte

`n Smaaklikke, kleurvolle krokkodil se bek nou toeklap.

Trotse 0/8 A en 0/8 B Krieketspanne was onoorwonne gedurende 2013.

hap

indien

‘n Voorsmakie van ons Konsert: Die wêreld is ons oester. 26 en 27 November.


NEWS

Laerskool Hugenote

NUUS

NOVEMBER 2013 17

Cami-Wiskundekompetisie

Ons Cami-span het teen 230 leerlinge van ander skole deelgeneem en hierdie jaar weereens uitstekend gevaar. Ons het op ons uitslae van verlede jaar verbeter en het 4x eerste, 4x2de en 4x3de plekke verwerf. Medalje wenners 9010: Nicholaas Smit (1A2) 3de Jacobus Smit (3A1) 2de Suné Kuhn (3A1) Kyle van Schoor (4A2) 2de Hanlie Visser (5A1) 3de Margaux-Marise Lategan (6A2) 2de Charlise Schultz (6A2) 3de Suzaan Janse van Vuuren (7A1) 2de

Trofee wenners 9012: Roosje Grobbelaar (3A2) Louise Meyer (4A1) Talitha Janse van Vuuren (5A1) Dhadatanagone Ganoknara (7E)

Krieket: JJ Lambrechts het in die September-vakansie aan die Feedem Pitseng T20 toernooi vir Boland deelgeneem. Hy het 15 paaltjies vir 48 lopies in 6 wedstryde geneem. Hy is ook aangewys as bowler van die toernooi en is verkies vir die o/14 Wes-Kaapspan wat in Indië gaan deelneem in 2014.

Jukskei: Die volgende leerlinge is verkies om die Boland by die SA Junior Jukskei Kampioenskappe te Kroonstad op 2-7 Desember 2013 te gaan verteenwoordig: Meisies o/13A: Nicola Janeke, Wanja du Toit Seuns o/16: Marco de Beer Seuns o/13A: Vince-Lee Louw

Ruiterkuns: Alicia Stemmet het by die jaarlikse SANESA erkenningaand vir ruiterkuns die volgende pryse gewen: Beste Laerskool Ruiter SANESA Nasionale Byeenkoms Johannesburg 2013; Beste Ruiter SANESA Nasionale Byeenkoms Johannesburg 2013 en Beste Dressage Ruiter SANESA 2013. Izelle Stemmet het die volgende toekennings ontvang: Goue medalje vir Ruiterkuns – Beste ruiter vlak 0; Goue medalje vir Dressage – Beste ruiter vlak 0 en Silwer medalje vir Skouspring – Beste ruiter 40cm. Ons skool het die SANROCHE Wisseltrofee – SANESA SKOLE LIGA – Beste Laerskoolgroep B.

Rox Tennis: Suzaan en Talitha Janse van Vuuren en Nina van der Merwe het aan die Rox-meesters toernooi deelgeneem. Om te kwalifiseer vir die Rox meesters moes jy 3 Roxtoernooie die jaar gespeel het. Hulle kies dan ook net die 8 beste dogters in ‘n afdeling om aan die Meesterstoernooi deel te neem. Talitha was derde gekeur in die o/11-afdeling en het uiteindelik ‘n silwer medalje gewen. Suzaan het die o/13-afdeling gewen.

Grootskooldag: Hugenote het hul jaarlikse Grootskooldag gehou waar die klas van 2014 verwelkom is.


NEWS

NUUS

18 NOVEMBER 2013

Laerskool Hugo Rust

Ons leerders presteer

Skoolhoofde Trofee Suné Slabbert Skoolhoofde Trofee Movie Night Met ‘n “popcorn“-reuk in die lug, heerlike burgers en tjips, glimmende bandjies, ‘n lang. rooi mat, asook ‘n GROOT skerm vol slakkies, was ons eerste “Movie night” ‘n reuse sukses.

Boland Skole Sportbanket Tydens die Jaarlikse Boland Skole Sportbanket is twee van ons leerders vereer. Hanro-Daniël vd Merwe is aangewys as Boland Laerskole se beste hokkiespeler, terwyl Kristie Truter die toekenning ontvang as die mees veelsydige sportdogter in die Boland.

Sportman en -vrou van 2013 Hanro-Daniël van der Merwe en Kristie Truter is Hugo Rust se Sportman en –vrou van 2013.

Musiek V.l.n.r Jeanie Laubscher en Carlé Human wen die Cecile Coetzee Trofee vir die hoogste punt in Musiek

Hugo Rust opvoeders het gees!

Kultuurtrofee V.l.n.r Kayla Kuhn, Mia Williams en Grethe Retief wen die Kultuurtrofee vir Uitstaande Prestasie op Kultuurgebied.

Ontvang 2014 Graad 1’s

Hugo Rust leerderraad en hoofleiers vir 2014

Baie geluk aan die nuutverkose leerderraad van Hugo Rust en die Leerderleiers van 2014. V.l.n.r Hoofseun Charl Swanepoel, Onderhoofdogter Jana Steyn, Onderhoofseun Franko van Zyl en voor Hoofdogter Jeanie Botha.

Hugo Rust was baie opgewonde om al die nuwe gesiggies te ontmoet wat deel gaan raak van die Hugo Rust familie in 2014. Die Gronslagfase juffrouens het heerlik met hulle gespeel terwyl mnr. Johann Bruwer die mamma’s en pappa’s besig gehou het met alle nodigie inligting in die saal. Na ‘n lekker dag is elkeen huistoe met ‘n geskenkboksie. Ons sien uit om julle deel te hê van die Hugo Rust familie.

Nuwe he ke wolle is in lgare en !


NEWS

NUUS

NOVEMBER 2013 19

Pasop daar is `n sss...slaggat Sowat 60 km van elke 100 km van die land se padnetwerk van meer as 550 000km is beskadig of het slaggate en sowat een uit elke 12 dodelike padongelukke (8,02%) in Suid-Afrika is aan die swak toestand van die paaie toe te skryf. Gedurende Desember is die land se paaie weer vol met duisend vakansiegangers, maar vir Suid-Afrikaners is daar een s-woord wat ons humeurvlakke toets… en dis SLAGGATE. Ons deel met julle raad wat julle te doen staan indien julle die s-woord tref. Ek het `n slaggat getref, wat nou? • Motoriste wat ’n slaggat tref moet dadelik ’n bandehandelaar besoek om die balans en sporing te laat nagaan. • Dit is ook belangrik dat hulle ’n visuele inspeksie van die onderkant van die voertuig doen om enige bykomende skade vas te stel. As dit nie gou gedoen word nie, kan dit uitermatige bandslytasie en hoër brandstofverbruik tot gevolg hê. • Wanneer die kar in `n rigting trek na jy `n slaggat getref het, dui dit op die wielbalansering wat uit is. Dit moet reggestel word oor dit op die langtermyn nadelige gevolge vir jou motor kan inhou. • Die belangrikste natuurlik is om slaggate heeltemal te vermy. Hoe kan ons slaggate vermy? • Moenie teenaan die kar voor jou ry nie. Jy gaan vinniger kan reageer as jy `n afstand voor jou het om die slaggat raak te sien. • Dis `n mite dat mens oor `n slaggat kan “vlieg” as jy vinnig oor hom ry, daarom ry stadiger. • Kyk uit vir poele, omdat dit partykeer soos `n poel lyk, maar eintlik `n slaggat kan wees.

As jy die slaggat tref, onthou die volgende: • Hou die stuurwiel styf vas, sodat jy beheer oor die kar het. • Moenie rem terwyl jy die slaggat tref nie, dit kan die skade vererger. Los jou rem die oomblik as jy die slaggat tref. Veilig reis!


NEWS

NUUS

20 NOVEMBER 2013

Die Wingerd is a lovely relaxing restaurant, a true Winelands hospitality experience. A perfect venue to kick back after a hard days work or to bring the family and kids for a fun lled day. Have a mouth watering feast of our a La carte menu for you to delight, as well as delicious gourmet pizzas, and a ba unique barrel menu that will make you come back for more. All of this is complemented by our extensive wine list that will satisfy every palate.

Die Wingerd restaurant at Protea Hotel Stellenbosch, Techno Avenue, Techno Park. Tel +27 (0)21 880 9559 or e-mail: wingerd@phstellenbosch.com website: www.phstellenbosch.com

die

wingerd

kos wyn kuier

eeeeeeeee jee eeeeeeeee ee eee AWSUM 2014 Super Rugby skedulee eeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee eeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee eeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee eeeeeeeeeeeeeeeeeeeee


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.