Moedersdag 2018

Page 1





VLU-tak sit verjaardagtee voor

Esther Ebersohn, Passie Anderson, Marinda Slabbert, Marie Kemp, Rita Ras en Elsa du Plessis is van die Nylstroomtaklede wat behulpsaam was by die verjaarsdagtee.

Die Nylstroomtak van die Vroue Landbouunie het op Maandag 23 April ’n verjaarsdagtee by die Waterberg Ouetehuis aangebied vir almal wat in April verjaar het. Minnie van Vuuren het hulle verwelkom en Passie Anderson het aan dié wat verjaar ’n skouerruikertjie gegee. Billy van Rooyen het ’n gepaste demonstrasie oor die Lig in jou lewe gegee. Sanet Diamond het liedere op die klavier gespeel en almal het hartlik saamgesing. Sarel Breitenbach van die beheerraad wat die gesellighede reël, was ook teenwoordig saam met Anna Venter wat vanjaar haar 102de verjaarsdag gevier het, asook Hennie Swart wat binnekort sy 100ste verjaarsdag vier. Albei geniet nog goeie gesondheid. Dit was vir almal wat deel was ’n voorreg om dié verjaarsdagtee aan hulle te kon bied. Sarel Breitenbach, wat op die beheerraad dien, Anna Venter (102) en agter Hennie Swart (99) tydens die verjaarsdagtee wat die VLU Nylstroomtak by die Waterberg Ouetehuis gehou het.

Die Pos/The Post subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don't live up to the Code, within 20 days of the date of publication of the material, please contact the Press Ombud at 011 484 3612 or website: www.presscouncil.org.za


Dienssentrum se kospotte kook

A X Andries Heyde Andries vanvan derder Heyde Die Warmbad-dienssentrum in Van der Merwestraat in Bela-Bela het verlede jaar byna sy deure weens geldelike probleme gesluit, maar danksy ’n inspuiting op dié gebied is die kospotte darem weer vol. Die sentrum behoort aan die NG Kerksinode. Die bestuur het op Woensdag 25 April ’n geleentheid vir belangstellendes aangebied waartydens bejaardes vermaak is en hulle ’n gebalanseerde bord kos geniet het — alles teen ’n baie billike prys. Wilna Walmsley, voorsitter van die sentrum se bestuurskomitee, het gesê die sentrum bedien elke Woensdagoggend ’n ete aan veral hulpbehoewendes en bejaardes. Jongmense is deesdae ook welkom, het sy gesê. Die sentrum is ’n niewinsgewende organisasie. Ledegeld word van die sowat 60 huidige lede gevorder om vir die kos en vermaak voorsiening te maak, het sy gesê. Kosie Kotze en sy vrou, Marlene, plaaslik bekend as die Kosie en Marlene-sangroep in Bela-Bela, het die besoekers verlede Woensdag met sang vermaak, waarna ’n

Die Warmbad-dienssentrum voorsien weekliks ’n gebalanseerde bord kos aan bejaardes en hulpbehoewendes. Op die foto is Marlene Kotze (musikant), Wilna Walmsley (dienssentrumvoorsitter) en Kosie Kotze (musikant) tydens die laaste byeenkoms.

volkspele- en lyndansvertoning aangebied is. Walmsley het gesê die vermaak vind net een keer per maand by die sentrum plaas, maar etes word elke Woensdag voorgesit. “Die NG Kerk het gevra ons moet ons dienste uitbrei. Ons beoog beradingsessies en huishoudelike hulp vir afgetredenes in die omgewing vanuit die sentrum,” het Walmsley gesê. “Ons grootste behoefte is dat meer mense die sentrum weekliks sal besoek om die potte aan die kook te hou.” * Dienssentrumlede betaal R45 per ete. Daar word voorsiening gemaak vir hulpbehoewendes en hulle betaal slegs R25 ledegeld per jaar om elke Woensdag ’n gratis bord smaaklike kos te ontvang. In ruil daarvoor moet hulle by die sentrum help en verskeie take verrig, het Walmsley gesê.

B

Hierdie Moedersdag is Chantal Robbertse van Vaalwater se eerste met haar seuntjie, George. Hy is op 21 September 2017 in die Eugene Marais-hospitaal in Pretoria gebore. Sy sussie, Anrea, is twee jaar oud. Robbertse het aan Die Pos gesê sy wens soms sy het vier arms gehad om albei gelyk te kon optel. Moedersdag word vanjaar landwyd op Sondag 13 Mei gevier.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.