Willie Nel Portfolio: Waterberg Leefstyl 2019

Page 1

Leefstyl WA T E R B E R G

NOVEMBER 2019

anders GRATIS/FREE


SKAKEL DIE MIDDELMAN UIT!

KONTAK ONS DIREK VIR MEDEDINGENDE PRYSE

Emmies Verkoeling Edms Bpk is vir die afgelope 30 jaar in die verkoelingsbedryf.

Vervaardigers van Koelkamers & Vrieskamers Installation of Airconditioning

Ons hoofproduk is die vervaardiging van chromadek-panele wat aangewend word vir die bou en installering van koel- en vrieskamers asook vir groot pakstore vir byvoorbeeld: aartappels, lemoene, sagte vrugte en ontgroeningskamers asook abattoirs. Ons vervaardig en installeer ook panele vir die bou van kantore en kamers vir bakkerye vir fermentasiedoeleindes (gisting) asook oprigting van woonhuise.

Tel: 014 736 6918/19/20 | Fax: 086 511 5490 | Cell: 081 732 1325 Roodepoort Plot 62. P.O. Box / Posbus 427, Bela-Bela 0480 Reg. No: 2014/005296/07. VAT Reg. No: 4920115831

Emmies Verkoeling

www.emmies.co.za

nonnie@emmies.co.za admin@emmies.co.za

2 November 2019 — WATERBERG LEEFSTYL/LIFESTYLE


Leefstyl WA T E R B E R G

anders KREATIWITEIT KRAAI KONING

GRATIS/FREE Voorblad: Willie Nel

8

“Creativity is more than just being different. Anybody can plan weird; that’s easy. What’s hard is to be as simple as Bach. Making the simple, awesomely simple, that’s creativity.” – Charles Mingus Dié aanhaling van die bekende Amerikaanse komponis en musikant Charles Mingus beskryf die eenvoud in kreatiwiteit só treffend. Sommige mense lyk asof hulle dit so moeiteloos regkry om kreatief te wees. In dié uitgawe van Die Pos se gewilde Leefstyl-bylae het Die Pos se verslaggewer, Marietjie Steenkamp, by ’n paar sulke kreatiewe Bosvelders gaan inloer. Jan Duvenhage se pragtige Africa’s Eden Gastehuis is ’n oase vir die kreatiewe gees. Duvenhage sien die moontlikheid in enige stuk afvalmateriaal en omskep dit in ornamente en ligte waaroor die gaste nie kan ophou praat nie. Elke lig vertel sy eie verhaal — van ou blikke tot trekkerligte. Dan het Die Pos ook by die kreatiewe plaashuis van Rudolph en Carien Botha van die Crecy-omgewing op die Springbokvlakte gaan kuier. Stylvolle, moderne eenvoud is die wagwoord van dié pragtige gesinshuis. Die vooren náfoto’s van hierdie huisbouprojek maak enigiemand lus vir die reuk van nat sement en die drome van “huis”. En in die somer kry al wat ’n Suid-Afrikaner is mos troukoors. Diegene wat trouklokkies hoor lui, kan gerus saam kyk na die pragfoto’s van Bennie en Johanné Genis se trouefees. Dié jong egpaar se bruilofsfees is by die pragtige Mooiplaas buite Modimolle gehou. En wéér is dit die musikant Mingus se woorde wat by ’n mens opkom: Eenvoud. Verruklik. Kreatief.

IN HIERDIE UITGAWE: Laat daar ‘lig’ wees Moderne plaas-’flair’ Perfekte Bosveld-troue Skud daardie beursie

6 8 12 5

KONTAK ENIGE VAN ONS BEMARKERS INDIEN JY SOU BELANGSTEL OM IN DIE VOLGENDE UITGAWE TE ADVERT EER

WATERBERG LEEFSTYL-SPAN Beriggewing: Marietjie Steenkamp Bemarking en advertensies: Lesley Barnard 072 795 1989. lesleydiepos@gmail.com Petro Greeff 082 421 4429 diepospetrogreeff@gmail.com Maria Oberholzer 082 558 7184 dieposmaria@gmail.com Ontwerp en uitleg: Willie Nel Drukwerk: Northern Media Group Polokwane

12

NOVEMBER 2019

DISCLAIMER: Waterberg Leefstyl is created and distributed by Die Pos/ The Post, 7 Minnaar Street, P.O. Box 16, Bela-Bela 0480, Tel: (014) 736-2723, Fax: (014) 736-3428. This publication is free and not for sale. The reproduction, broadcast or storing in a retrieval system without written permission of any material published in Waterberg Aftree is forbidden and expressly reserved to Upfront Events Two (Pty) Ltd, under section 12(7) of the South African Copyright Act, 1978 and any amendment thereof.

Die Pos Koerant

Web: diepos.co.za

WATERBERG LEEFSTYL/LIFESTYLE — November 2019 3


SLAAP in die Bosveld C

asamento Lodge is op 'n privaat plaas net 10 km buite Modimolle geleë. Die lodge bied gerieflike verblyf wat ideaal is vir gesinne, paartjies of groepe. Die eenhede het gemaklike dubbelbeddens, koninginbeddens en privaat badkamers. Elke eenheid het 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe. Die lodge het 'n swembad en daar is konferensiegeriewe vir spanbou, troues, en ander sosiale byeenkomste.

Geriewe Aktiwiteite op Perseel Braaiplek Voëlkyk Konferensiegeriewe Kombuisgeriewe Swem Plek vir 20 afgevaardiges Malaria-vrye streek Wildkyk DSTV Kenmerke Skoonmaak dienste op versoek Aktiwiteite naby Perdry Afrikaans Swembad Fietsry/Bergfietsroetes Braaiplek Gaste sitkamer Wildkyk Konferensiegeriewe Persoonlike kluis Swem Swembad Selfsorg Voëlkyk Veilige Parkering Konferensie geriewe Wildritte Vygeboomspoort Plaas Modimolle, 0510 Net langs die R33

GPS: S24oo46.446', E28 25.674

spreking

maak n be

pher

Jolandi Cam

10km tussen Bela-Bela en Modimolle

Casamento Weddings www.casamentoweddings.co.za

3 071 004 0

85

casamento@vodamail.co.za

Aesthetics & Slimming

Botox + Fillers PDO Threading Non-surgical facelifts Microneedling Chemical Peels Medi-Lean Genetic testing ®

Dr. Nicola Havemann

014 736 2298

Ouderdom affekteer ons liggame; insluitend gehoor. Onbehandelde gehoorverlies kan lei tot kognitiewe agteruitgang.

Dinsdae by Dr. R Coertze & Dr. N Havemann Chris Hani str 29

29 Chris Hani Road, Bela-Bela between Milady’s and Van Heerden

Gehoortoetse en gehoorapparate in die gerief van jou eie huis

Ek is tot jou diens... 083 307 3615 Bela-Bela | Modimolle

4 November 2019 — WATERBERG LEEFSTYL/LIFESTYLE

" gratis konsultasie"


I N KOP I E S

WANNEER DIE KOOPGOGGA BYT Met die opwinding van Kersfees in die lug kan ’n mens nie altyd anders as om die winkels te bestorm nie. Hier is ’n paar vakansie-winskopies wat jou beursie nie te seer sal maak nie...

Voyager vêrkyker (Game) Thingamajig sosatiemaker (Crazy Store)

R39.98

R199.00

Mega Chill swembadkoelhouer (West Pack Lifestyle)

R179.90

Magneto LED lantern (Pick n Pay)

R219.00

Milex ‘Antarctic’ lugverkoeler (Game)

R399.00 Thingamajig ‘Build a Straw’ (Crazy Store)

KETLA mini-ketelbraaier Dimensies: 40x36x57cm (Game)

R249.00

GoPro Hero 7 aksie-kamera (Cape Union Mart)

R29.99

R3,499

Produkte geadverteer is onderhewig aan beskikbaarheid en verwant aan prysverandering. Sperdatums van onderskeie promosies soos bo aangedui is van toepassing (kontak handelaar). Handelaars behou die reg voor t.o.v. enige prys- en produkveranderinge. E & OE.

WATERBERG LEEFSTYL/LIFESTYLE — November 2019 5


LAAT DAAR ‘LIG’ WEES in die mooie Eden Foto’s en beriggewing: Marietjie Steenkamp

6 November 2019 — WATERBERG LEEFSTYL/LIFESTYLE


Die idees kom meestal sommer so terloops oor sy pad. Hy beplan dit nie noodwendig nie en sy ligte kry altyd iewers ’n lêplek in die gastehuis. NOG VOORDAT ’N MENS BY DIE PRAGTIGE AFRICA’S EDEN GASTEHUIS IN MOOKGOPHONG INSTAP, TREF DIE KUNSTIGE SKEPPINGS VAN JAN DUVENHAGE JOU. Hy is ’n man wat die moontlikheid in enige stuk afvalmaterial sien en dit dan in ’n ornament of interessante lig omskep. Duvenhage het in die stad aan die Oos-Rand grootgeword en sy skoolloopbaan by Brakpan Hoër Tegnies voltooi. “Ek het daar iets van alles geleer — plaatmetaalwerk, houtwerk, elektrisiteit, asook sweis en -ystersmidwerk,” vertel hy. Hy het ná skool in die poskantoor in Jeppestraat in Johannesburg gaan werk en later diamante en muntstukke vanaf Johannesburg na die lughawe vervoer. Nadat hy sy vrou, Santie, op ’n toe-oogafspraak ontmoet het, het hy sak en pak na die destydse Naboomspruit verhuis. Hulle is in 1983 getroud en hy het by die Buffalo-myn in die omgewing gaan werk. Later het hy ’n loodgietersonderneming bedryf en ook bouwerk gedoen. Sy eerste bouprojek was Grootvalley Gastehuis buite Mookgophong. Die egpaar het in 2004 ’n huis op die hoek van 8ste Laan en Sewendestraat in die dorp gekoop. Hulle het aan die bank se deur gaan klop en aanvanklik net twee kamers as gastekamers omskep en ingerig. Vandag is Africa’s Eden ’n volwaardige gastehuis met ’n unieke en kunssinnige karakter. Duvenhage vertel dat hy so vyf jaar gelede besef het dat hy ’n liefde vir ligte het. Hy sien iets en dan kry hy ’n idee wat om daarmee te doen. Die resultaat is 40 unieke en interessante ligte wat om die gastehuis hang. Die idees kom meestal sommer so terloops oor sy pad. Hy beplan dit nie noodwendig altyd nie en sy ligte kry altyd iewers ’n lêplek in die gastehuis. Nie een lig lyk dieselfde nie en elkeen het ’n eie verhaal. Soos die lig wat van afvalhout gemaak en met kant afgerond is. Ou blikke en ’n kandelaar van yster is weer as materiaal vir ’n ander lig gebruik. En ’n trekkerlig uit vervloë dae pryk nou op die klavier in die gastehuis terwyl ’n vragmotorveer as voetstuk vir ’n ander lig dien. Om elke hoek en draai in dié gastehuis loer skeppings uit “niks” vir ’n mens. As’t ware ’n Eden van kuns en kreatiwiteit. LS

Keerblad: Jan Duvenhage by een van sy unieke ligte. Foto’s bo, regs en onder: Wat die meeste mense dalk beskou as rommel dien as inspirasie vir Jan se volgende meesterstuk - van ou blikke, vragmotorveers tot ’n trekkerlig uit vervloë dae word skeppend aangewend.

WATERBERG LEEFSTYL/LIFESTYLE — November 2019 7


Hiérdié spoghuis van Rudolph en Carien Botha van Mookgophong is modern en prakties.

PLAASHUIS met moderne

Foto’s en beriggewing: Marietjie Steenkamp

8 November — WATERBERG LEEFSTYL/LIFESTYLE


Foto’s links: Stylvol en modern. Bo: Carien, Ruh, Mia en Willem ewe knus op die sitkamerbank. DIE RUKKERIGE WIND WAAI OOR DIE SPRINGBOKVLAKTE. DAAR IS ORAL WARRELWINDE WAT SPEELS DIE DROË BLARE IN DIE LUG WAAI EN DAN WEER GROND TOE LAAT FLADDER. Rudolph en Carien Botha is bekende boere in die Crecy-omgewing en met ons aankoms wag Carien en haar kroos ons in met tipiese boeregasvryheid. Die Bothas spits hulle toe op beesboerdery, maar plant ook suiker- en mungbone. Laasgenoemde is ’n nuwe peulgewas in die omgewing. Rudolph het ook ’n aanleg vir die verwerking en verpakking van bone en springmielies vir voedselskemas. Rudolph het ’n graad in BCom Finansiële Rekeningkunde en Carien is ’n gekwalifiseerde prokureur.

Die gesin het aanvanklik in die ou plaashuis van Rudolph se ouers gewoon en toe besluit om die huis te restoureer om aan hul behoeftes te voldoen. “Ons wou aanvanklik net die plaashuis verander het. Hier was net sulke klein venstertjies, maar toe ons dit groter wou uitbreek, het ons ontdek dat die mure onstabiel is en ons moes uiteindelik die hele huis platstoot en voor begin,” het Carien vertel. Hulle woon nou bykans drie jaar in die nuwe huis. Hulle het vir ’n jaar eers by Carien se ouers gebly en hul meubels gestoor. Hulle het sommer self die planne opgetrek van die 700 m² huis. Die dak is baie hoog met pragtige balke en reusemetaalligte. Die sitkamer, eetkamer en kombuis is ’n groot oopplanvertrek met verskillende hoekies om te kuier.

Bo: Die plaashuis soos dit eens gelyk het. Die Bothas wou aanvanklik die huis hier-en-daar verander maar weens struktuurprobleme is daar besluit om die gebou plat te stoot en oor te bou. Regs: Die nuwe huis in al sy glorie.

WATERBERG LEEFSTYL/LIFESTYLE — November 2019 9


eslou

Installeer:

• Volvloermatte • Alle tipe blinders • Gelamineerde hout Matte & Blinders • Carpets & Blinds • Plaaslike kwotasies (gratis)

Installeer alle blinders & matte

SKYLIGHTS

NEXT GENERATION ENERGY SYSTEMS

ENERGY FR FREE OM THE SUN Contact us for free quotations 63 Joe Slovo Street, Modimolle (next to Kleuter Akademie)

Linky & Theo Tel: 014 717 2505 weslou@telkomsa.net

10 November 2019 — WATERBERG LEEFSTYL/LIFESTYLE

Linky & Theo Tel: 014 717 2505 weslou@telkomsa.net


Carien is ’n minimalis en hou van moderne elemente wat hier en daar met sentimentele oudhede afgewissel word. Op een van die tafeltjies is Rudolph se beuel wat hy in die skoolorkes gespeel het en in die rakke in die kombuis pryk breekgoed van haar ouma. Voor die groot spieël staan ’n ou kerkbankie uit toeka se dae. Die kinders se slaapkamers is kleurvol en prettig en elkeen se unieke persoonlikheid is in die muurpapier en meubels te vind. Mia is die oudste en haar kamer is geskik vir ’n prinses met kleurvolle vlinderpapier teen die muur en ’n hemelbed — alles in skakerings van pienk. Willem is die avonturier en teen sy muur is ’n wêreldkaart en selfs ’n tent. Ruh is die jongste en ’n besige seuntjie. In sy kamer is daar ’n versameling rygoed wat wissel van vragmotors tot ’n treinstel. Die badkamers is modern en het ’n industriële voorkoms met koperkrane en ’n koperwasbak in die gastetoilet. Die hoofslaapkamer is groot en oop en kyk uit op die tuin. Op die vraag aan Carien watter winkel haar gunsteling is om dekor by te koop, het sy laggend geantwoord: “Waar daar ’n uitverkoBo: Mia en Willem ping is!” Sy en Mia neem ook skilderklasse en in haar in die leefkamer. huis hang van die twee se kunswerke. Carien Links: ’n Kamer hou baie van onthaal en die plaashuis leen vir ’n prinses! hom daartoe om gaste tuis en welkom te laat Van skoenlapvoel. per-muurpapier Nadat ons lekker gekuier het, drink ons tot slaapplek vir heerlike koffie met tuisgebakte koekies voor poppe. ons die vrolike familie groet. LS

Regs-bo: Oos-wes, tuis bes! Willem se kamer is gerieflik ingerig met oorgenoeg stoorplek vir speelgoed. Hierdie oulike ‘huisbed’ is selfs afgerond met ’n bo-verdieping.

Links: Klein Ruh is die jongste van die drie kinders en wat is nou beter as jou eie handgemaakte padskraper om in te slaap?

WATERBERG LEEFSTYL/LIFESTYLE — November 2019 11


’n tikkie Foto’s: Charné Kingwill (Bahama Burgundy) Beriggewing: Marietjie Steenkamp

in die Bosveld

Bennie en Johanné Genis tydens ’n fotosessie.

12 November 2019 — WATERBERG LEEFSTYL/LIFESTYLE


Johanné Genis op haar heel mooiste. DIE SJARMANTE BENNIE GENIS EN SY VROU, JOHANNÉ, WAG MY OPGEWONDE EN BLINKOOG IN OM OOR HUL MOOISTE DAG TE GESELS. Hulle ken mekaar al jare, maar het eers in 2014, toe hulle albei by die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus gestudeer het, ’n paartjie geword. “Ek het haar eintlik al raakgesien toe ons in die CVO-skool in Potties was en toe het ek al geweet sy is ’n spesiale meisie,” het Bennie met ’n baie breë glimlag vertel. Sy was ’n nooi Venter en het grafiese ontwerp gestudeer en hy is ’n meganiese ingenieur. Bennie het in 2011 by Hoërskool Hans Strijdom gematrikuleer

“Die dag was perfek en selfs mooier as die prentjie wat ek in my kop gehad het.”

Hierdie pragtige macramé kunswerke is deur ouma Helené Krantz gevleg en oral op die troue vertoon. Die blomme was ’n kombinasie van rose en pampasgras. Johanné en Desiree Erasmus het gesorg vir die res van die dag se dekor.

Die groot makietie was op 20 Julie vanjaar. Dit was ’n heerlike wintersdag by die pragtige Mooiplaas buite Modimolle. Johanné beskryf haar smaak en tema van die troue as “soho chic” en die dekor en blomme se kleurpalet was in skakerings van herfs. Die strooimeisies se rokke was pistaccio-groen, mosterdgeel, ligpienk, roesbruin, olyfgroen en donkerblou. Die dekor het Johanné en haar ma, Desiree Erasmus, gemaak en haar ouma, Helené Krantz, het al die macramékunswerke gevleg. Die blomme was ’n kombinasie van onder meer rose en pampasgras, wat deeadae ’n groot gunsteling vir troudekor is. Haar ruiker het wit orgidieë en wit antiriums met lang stele pampas bevat.

WATERBERG LEEFSTYL/LIFESTYLE — November 2019 13


Op hul gelukkigste — Bennie en Johanné het nie toegelaat dat die senuwees hul spesiale dag versuur nie.

Die gasteboek was ’n Bybel waarin elke gas ’n teksvers as boodskap vir die bruidspaar kon onderstreep.

Die tafels is elegant gedek met ’n kombinasie van glas, koper, brons en keramiek. ’n Spyskaart, wat die heerlike “boerekos” beklemtoon wat voorgesit is, het alles netjies afgerond.

Die tafels was donkerhout met net lopers wat tot op die grond gehang het. Op die tafels was daar ’n kombinasie van glas, koper, brons en keramiek. Desiree het ook haar dogter se uitsonderlike trourokke gemaak. Die “partytjierok” is deur Desiree, Helené en Johanné se skoonma, Charlotte Genis, met die hand geborduur. Op die rok was Johanné se gunsteling goggatjies geborduur en Bennie het vir haar miskruier-

oorbelle laat maak om op haar spesiale dag te dra. Desiree het ook die bruids- en blommemeisies se rokke gemaak. Die blommemeisies het “pom-pom” tossels in hulle hare gedra en sagte pienk rokkies. Die gasteboek was ’n Bybel waarin elke gas ’n teksvers as boodskap vir die bruidspaar kon onderstreep. Bennie en Johanné het op hul beurt aan elk van die 185 gaste ’n persoonlike brief geskryf om dankie te sê en dit het dan ook as ’n “geskenkie” in die vorm van ’n boekmerk gedien. Die kos was “boerekos” met wildspastei en beestong en ’n “doughnut stack” vir die troukoek. “Die dag was perfek en selfs mooier as die prentjie wat ek in my kop gehad het,” het Johanné gesê. LS

Die bruids- en blommemeisies asook die strooijonkers se uitrustings is selektief ontwerp om perfek by die tema van Johanné en Bennie Genis se troudag te pas.

14 November 2019 — WATERBERG LEEFSTYL/LIFESTYLE


WATERBERG LEEFSTYL/LIFESTYLE — November 2019 15



Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.