Die Pos 22 Desember 2017

Page 1

Goeie nuus:

Slegte nuus:

5

8

REËN, HEERLIKE REËN 22 Desember 2017

R6.00

IN VLAMME GEHUL

Wat is dan nou ’n groter Kersgeskenk vir Bosvelders as reën? Hier teen die einde van 2017 het goeie reën oor groot dele van die Bosveld uitgesak. Chélani en Shamoné Oosthuizen, ’n driejarige tweeling van die Alma-distrik, maak egter reg vir nóg reën voordat Kersvader kom. Foto: Herman Steyn

GROOT STORIES

3

WENNERS

4

SLEGTE NUUS

7


Bladsy 2

www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST 22 Desember, 2017

Groot stories Verlede jaar se groot nuus in die Waterberg was die politieke winde van verandering wat veral oor Mookgophong en Modimolle gewaai het met dié dat ou politieke vyande die strydbyle begrawe en begin saamstaan het om die ANC-beheerde rade uit die kussings te lig. Vanjaar was munisipale nuus wéér bykans regdeur die jaar die hoofdis op die nuusspyskaart. Dienslewering en bewerings van korrupsie is, helaas, steeds inwoners se grootste kopseer.

Vergiftiging, ’n aardskudding en plakkers Altesame nege kinders van die Bela-Belatownship word vroeg in Februarie hospitaal toe gehaas nadat hulle tekens van vergiftiging toon. Die kinders word in die Warmbad-hospitaal opgeneem en daar word later bevind dat hulle blykbaar pitte van ’n nabygeleë boom geëet en toe siek geword het. Die pitte word as kasterbone, wat van die kasterolieboom kom, geïdentifiseer. • Suid-Afrikaners wend hul grootoog na sosiale media toe ’n ligte aardskudding in April die suide van Afrika laat bewe. Volgens opnames was die trilling die naskokke van ’n 6.3-sterkte aardbewing in Botswana. Die skuddings is ook in Zimbabwe, Mosambiek en in Suid-Afrika so wyd as Bloemfontein gevoel. • Die gort is gaar toe daar in Augustus aangekondig word dat die departement van minerale bronne toestemming aan die Australiese myngroep Sylvania verleen het om voort te gaan met sy planne vir oopgroefmyne op die plaas Volspruit digby die bewaringsgebied Nylsvley. Terwyl natuurbewustes voorspel dat dit ’n tragedie vir die omgewing inhou, hou die myngroep egter vol dat hulle werk skep en dat daar boonop ’n wanpersepsie by inwoners

bestaan oor die moontlike negatiewe impak wat die myn op die omgewing sal hê. • Die vet is in Oktober in die vuur toe ’n klein groep plakkers van die EFF oornag besluit om strukture te begin opslaan om plakkershuisies in ’n goedontwikkelde woonbuurt op Bela-Bela op te rig. Sello Moswoeu, EFF-raadslid, wat glo die plakkery gereël het, word sowat vier weke later van betreding aangekla en voor die hof gedaag. Die saak word uitgestel na vroeg in Januarie. Die beoogde plakkery vestig egter die aandag op bewerings van beweerde ongerymdhede met grondtransaksies op die dorp en word in só ’n ernstige lig beskou dat die DA vra dat dit in die parlement ondersoek word. • Hengelaars en swemmers word in Oktober gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle voete natmaak in die Donkerpoortdam buite Modimolle nadat krokodille in dié gewilde swemdam opgemerk word. • Die Pos wy ons hele koerant van 3 November aan die Swart Maandag-optogte wat landwyd gehou word om protes aan te teken teen plaasmoorde en –aanvalle in Suid-Afrika. Verskeie optogte word landwyd gehou. In Die Pos se lesersgebied word

daar meestal saam gebid tydens dié optogte. Dit stuit egter nie die polisie om landwyd op te tree teen mense wat hulle meen die wet oortree het deur by die reëlings van dié optogte betrokke te raak nie. Pieter Wagner (70), ’n eiendomsagent van Bela-Bela, is een van die mense wat in die hof moet verskyn oor die Swart Maandag-optogte. Die saak word egter nooit op die hofrol geplaas nie en word “onbepaald” uitgestel. • Die burgemeester van Bela-Bela, Jeremia Ngobeni, onthul boonop aan Die Pos dat sy handtekening glo vervals is op ’n koopaansoek van R80 miljoen vir ’n stuk grond buite die dorp. Teen die einde van die jaar is daar sover bekend nog geen klagtes by die polisie oor dié beweerde bedrog

ingedien nie. • Die nuus dat die speaker van die Modimolle-munisipaliteit, Johann Abrie, in November onverwags uit sy pos bedank, stuur in November skokgolwe deur die gemeenskap. Abrie sê in ’n verklaring aan Die Pos elke keer wanneer hy vrae vra oor ongerymdhede by die munisipaliteit, word hy gedreig dat hy as speaker verwyder sal word. “Moet my nie meer dreig nie; ek loop sommer self. Ek sal aanbly as gewone raadslid en my stem vandaar af dik maak,” kondig hy aan. Dingaan Motshwene word as nuwe speaker van die Modimolle-Mookgophongmunisipaliteit ingelyf. Herculus Louw word tot hoofsweep in Motshwene se plek verkies.

A

Bela-Bela is in Februarie behoorlik aan die brand nadat oproerige betogers geboue en die privaat voertuig van die dorp se burgemeester, Jeremia Ngobeni, aan die brand steek. Die oproer spruit uit ontevredenheid met die Bela-Bela-munisipaliteit. Die 11jarige Karabo Khumalo van Bela-Bela sterf tydens die oproer toe hy in die spervuur tussen die polisie en betogers beland.


DIE POS/THE POST

www.diepos.co.za

Groot stories A

Die jaarlikse Kranskopfees op Modimolle het nou al naam gemaak as die “Reënfees”. Inwoners spot al dat dié fees in die Donkerpoortdam se opvanggebied gehou moet word, “want dan sal ’n mens seker wees die dam word vol!” Vanjaar was weer geen uitsondering nie en die hemelsluise het goed oopgetrek tydens die fees, maar oudergewoonte het dit glad nie feesgangers se geesdrif gedemp nie.

B

Die bouwerk aan Mookgophong se hoofstraat bring groot kopsere vir motorryers en sake-eienaars op dié dorp. Terwyl die hoofstraat bykans heeltemal omgedolwe is, moet die druk Paasverkeer op pad na Moria buite Polokwane met ompaaie herlei word. Teen September berig Die Pos dat die werk stilstaan nadat die padwerkers begin staak. Die bouwerk is teen die einde van die jaar voltooi.

C

Die Pos wy ons hele koerant van 3 November aan die Swart Maandag-optogte wat landwyd gehou word om protes aan te teken teen plaasmoorde en –aanvalle in Suid-Afrika. Verskeie optogte word landwyd gehou. Op die foto bid mense by die Settlers/Codrington afrit op die N1-snelweg.

ONS HOOR... Hulle wat die Christusfees nie in die hart het nie, soek dit tevergeefs toegedraai in geskenkpapier onder die feesboom. — Roy L Smith ********** Met die Christusfees is mense so sentimenteel dat hulle amper optree soos wat God hulle bedoel het om te wees. — Edgar A Guest ********** Die plek wat die skaapwagters gekry het, was ’n plek waar drome waar geword het. — GK Chesterton

’n Kritiese, onafhanklike en ondersoekende pers is die lewensbloed van enige demokrasie — Nelson Mandela ’n Joernalis is ’n kermkous, ’n sensureerder, ’n raadgewer, ’n regent van konings, ’n opleier van nasies. Vier vyandige koerante moet meer gevrees word as ’n duisend bajonette. — Napoleon Bonaparte Vryheid van spraak is ’n bespotting as dit net beteken dat ons die vryheid het om aangename dinge te sê — hoofartikel, San Antonio Light, 1991

22 Desember, 2017

Bladsy 3


Bladsy 4

www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST 22 Desember, 2017

Wenners Johan (Fatman) Brümmer is ongetwyfeld die Bosveld se grootste wenner van die jaar. Dié musiekonderwyser van Bela-Bela word landwyd bekend ná sy deelname aan die gewilde program The Voice SA. Dan was daar ook ’n hele paar mylpaalverjaarsdae wat inwoners gevier het.

Watter dorp is die mooiste? Drie dorpe in Limpopo —Tzaneen, Modimolle en Bela-Bela — word as semifinaliste in ’n bekende televisieprogram se Dorp van die Jaar-kompetisie aangewys. Inwoners van Modimolle en Bela-Bela toon egter gemengde reaksie oor dié “eer” wat hulle te beurt geval

het omdat albei die dorpe die afgelope klompie jare behoorlik deur diensleweringsprobleme geteister word. Mosselbaai in die WesKaap word uiteindelik as Dorp van die Jaar gekroon.

A

Johan (Fatman) Brümmer is vanjaar letterlik ’n gróót wenner. Dié musiekonderwyser van Bela-Bela steel in Februarie harte met sy stem en persoonlikheid tydens die gewilde televisiereeks The Voice SA en dring deur na die finale ronde waar hy vyfde eindig. Hy slaan ook ’n groot platekontrak los. By hom op die foto is die bekende sangers en beoordelaars van die reeks Karen Zoid en Kahn Morbee. Foto: M-Net

B

Die VLU-Soetdoringstreek hou in Maart hul 16de konferensie op Mokopane. Ina Joubert van die Warmbad-tak word as toplid van die jaar aangewys. Op die foto is Lilian Weber (links) en Aletta Havenga (regs) wat die trofee vir lid van die jaar aan Ina Joubert (middel) oorhandig het. Joubert is reeds 56 jaar lid van die VLU.

Huis Tekna, ’n tehuis vir mishandelde en verwaarloosde kinders op BelaBela, vier in September hul 20ste verjaardag. Helen Moima, Melenie Nel en Naomi Moima, was al drie daar toe die tehuis op 1 September 1997 tot stand gekom het en werk al drie steeds by Huis Tekna.

C


DIE POS/THE POST

www.diepos.co.za

ONS HOOR... Ons probleem is dat ons met die Christusfees opnuut die vrede soek waarvan die Christusverhaal vertel, maar dat ons nie die Vredevors in ons lewe soek nie. — Adison Leitch ********** Al word Christus duisend maal in Betlehem gebore, maar nie in jou nie, bly jy verlore. — Angelus Silesius ********** Om die Christusfees te herken deur al die geskenkpapier heen, word elke jaar moeiliker. — EB White ********** Die geboorte van Christus is die sonsopkoms van die Bybel. — Henry van Dyke ********** Daar is liefde met die Christusfees omdat die Christusfees uit liefde gebore is. Laat elkeen van ons hierdie gees van liefde lewend hou en God verheerlik. — Josepha Emms ********** Dis soms goed om soos kinders te word, en daar is nie ’n beter tyd om dit te doen as die Christusfees nie, toe die magtige Stigter daarvan self ’n kind was. — Charles Dickens. ********** What do you get if you cross Father Christmas with a detective? Santa Clues. ********** Twinkle Twinkle chocolate bar, Santa drives a rusty car, press the starter press the choke. Off he goes in a cloud of smoke. ********** One time Father Christmas lost his underpants. That’s how he got the name Saint Knickerless! ********** What’s a hairdressers’s favourite Christmas song? Oh comb all ye faithful. ********** What’s the favourite Christmas song of a talkative princess in a tower? Silent knight. ********** There is no ideal Christmas; only the one Christmas you decide to make as a reflection of your values, desires, affections, traditions. — Bill McKibben, author, Hundred Dollar Holiday: The Case For a More Joyful Christmas ********** What do you call people who are afraid of Santa Claus? Claustrophobic. ********** Christmas waves a magic wand over this world, and behold, everything is softer and more beautiful. — Norman Vincent Peale ********** Somehow, not only for Christmas, but all the long year through, the joy that you give to others, is the joy that comes back to you. And the more you spend in blessing, the poor and lonely and sad, the more of your heart’s possessing, returns to you glad. — John Greenleaf Whittier ********** Blessed is the season which engages the whole world in a conspiracy of love. — Hamilton Wright Mabi ********** It was always said of him, that he knew how to keep Christmas well, if any man alive possessed the knowledge. May that be truly said of us, and all of us! And so, as Tiny Tim observed “God bless us, every one”! — Charles Dickens ********** Christmas, children, is not a date. It is a state of mind. — Mary Ellen Chase ********** Perhaps the best Yuletide decoration is being wreathed in smiles. — Unknown ********** If there is no joyous way to give a festive gift, give love away. **********

22 Desember, 2017

Bladsy 5

Goeie nuus In ’n droogtegeteisterde land soos Suid-Afrika is reën altyd goeie nuus. Die Pos het weer vanjaar herhaaldelik ervaar hoe nuus oor reën inwoners se gemoed oornag kan lig.

Roltrappe, geldsake en waterverligting

A

Die jaar begin met baie welkome reën oor groot dele van die Waterberg. Lester Nel van Bela-Bela se kleinkinders, Christiaan Mulder (10) en Tailor (5) en Wernich (7) Kotzé, speel te heerlik in Bela-Bela se strate ná ’n lekker bui vroeg in die jaar.

Daar is goeie nuus vir die Bosveld Mall op Bela-Bela waar bouwerk die laaste klompie jare groot ongerief vir huurders en besoekers veroorsaak het. Die bouwerk aan die langverwagte roltrappe na die boonste verdieping van die sentrum skop in Maart af. • Die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit kondig in Julie vir die eerste keer in ’n lang tyd goeie nuus oor hul geldsake aan: Dié munisipaliteit het wanbetalers begin vasvat en hul

skuldinvordering van 58% na 76% opgestoot. Met die ekstra geld beoog hulle om die astronomiese Eskom-skuld wat hulle van die vorige bedeling geërf het, vinniger af te betaal. • ’n Nuwe waterdruktoring word in Julie op Modimolle in gebruik geneem. Die druktoring, wat ’n volle 25 m hoog staan en 500 megaliter water kan berg, is in die Drie Hekke-omgewing opgerig en behoort verligting te bring vir dié dorp se voortslepende waterkrisis.

B

Met dié dat die water in die Kaapse krane so te sê opgedroog het, is die droogte hier teen die middel van die jaar op almal se lippe. Talle inwoners van die Bosveld glimlag van oor tot oor toe die eerste somerreën vroeg in Oktober oor groot dele van die land uitsak. Die Pos plaas in Oktober dié foto van ’n groep uitgelate seuns van Hoërskool Warmbad op ons voorblad. Wanneer jy beweer dat ’n persoon hopeloos is, klap jy die deur in God se gesig toe. — Charles Allen As jy nooit hoop nie, sal jy nooit ontdek wat anderkant jou hoop lê nie. — Clemens van Alexandrië As dit nie vir hoop was nie, het ons gebroke harte gehad. — Thomas Fuller Die woord wat God op elke mens se voorkop geskryf het, is hoop. — Richard Jeffries Almal het gawes ontvang. Wat egter skaars is, is die moed om dit te volg na die onbekende plek waarheen dit lei. — Erica Jong Gebruik die talente wat jy het. Die bome sal baie stil wees as net die voëls wat die beste kon sing sou sing. — Henry van Dyke


Bladsy 6

www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST 22 Desember, 2017

Goeie nuus A

B

Verskeie instansies neem aan die begin van die jaar hande om die Donkerpoortdam op Modimolle se kapasiteit te verhoog. Sowat vyf megaliter grond word uit die dam geskep sodat die dam meer water kan hou wanneer dit vol word.

Almal juig toe die hemelsluise in Januarie en Februarie behoorlik oopgedraai word oor groot dele van die Waterberg. Dié foto is einde Januarie by die Melkrivierbrug naby Zondagsloop in die Vaalwater-omgewing geneem.

Holy Humor: There is the story of a pastor who got up one Sunday and announced to his congregation: “I have good

news and bad news. The good news is, we have enough money to pay for our new building programme. The bad news is, it’s still out there in your pockets.”

C

Dit was ’n groot skok vir die BelaBela-gemeenskap toe die Bela-Bela SuperSpar op Saterdag, 23 September, in die vroeë oggendure afgebrand het. Die personeel is veral diep hierdeur geraak, maar SuperSpar se bestuur het dit goedgedink om hulle vir die res van die jaar op verskillende plekke in die omgewing gemeenskapswerk te laat doen as deel van die “I am Spar”-projek. Op die foto is van die personeel by die Warmbad Rusoord, ’n tuiste vir bejaardes, toe hulle in November daar gehelp het.

Holy Humor: A minister parked his car in a noparking zone in a large city because he was short of time and couldn’t find a space with a meter. Then he put a note under the windshield wiper that read: “I have circled the block 10 times. If I don’t park here, I’ll miss my appointment. Forgive us our trespasses.” When he returned, he found a citation from a police officer along with this note: “I’ve circled this block for 10 years. If I don’t give you a ticket I’ll lose my job. Lead us not into temptation.”


DIE POS/THE POST

www.diepos.co.za

22 Desember, 2017

Bladsy 7

Slegte nuus ’n Koerant is ’n weerspieëling van wat in ’n samelewing aangaan, word baie keer gesê. Slegte nuus waaroor inwoners die afgelope jaar in Die Pos gelees het, sluit nuus in oor stropers, Suid-Afrika se toenemende plakkerskrisis en die nuus dat die gewilde Bela-Bela SuperSpar oornag bykans tot op die grond afbrand.

Die Pos berig in Junie oor die skrikwekkende toename in die sinkhuise in ’n oop stuk veld langs die stortingsterrein op Modimolle. Dit volg ongeag ’n tussentydse hofbevel wat in Februarie aan die Modimolle-munisipaliteit toegestaan word wat beveel dat die grondbesetters dié deel moet ontruim. Marlene van Staden, burgemeester, sê volgens wet is slegs die munisipale bestuur by magte om die polisie te versoek om namens die munisipaliteit op te tree en die plakkers te verwyder.

Agteruitgang by skool en droogte Twee personeellede van die Emoya Big Cat Sanctury buite Vaalwater vertroos mekaar nadat hulle op die oorblyfsels van twee van die leeus wat uit haglike omstandighede uit sirkusse in Suid-Amerika gered is, afkom. Die leeus, wat tydens ’n reusehervestigingsprojek Suid-Afrika toe gebring is, is waarskynlik vir hul velle, pote en sterte gestroop. Nóg leeus word deur die loop van die jaar op verskeie ander plekke in die land vergiftig of byna vergiftig. What is Christmas? It is tenderness for the past, courage for the present, hope for the future. It is a fervent wish that every cup may overflow with blessings rich and eternal, and that every path may lead to peace. — Agnes M. Pharo

Die Pos berig in Mei oor die haglike toestand waarin die plaasdiere van die eens trotse Settlers Agricultural High School hulle bevind. Skokkende foto’s van sukkelende diere en leë voerbakke word aan Die Pos gestuur. Volgens die skool is daar ’n nypende geldtekort, asook ’n tekort aan kennis. Die toestand van die diere word toegeskryf aan die feit dat die Limpopo-departement

van onderwys nie die skool se voormanpos vul nie. • Die gewilde jaarlikse Bosveldmyl-swembyeenkoms, wat in April by die Bootklub by Fish Eagle Bay buite Bela-Bela sou plaasvind, word vanjaar weens die lae damvlak afgestel. Dit sou die 20ste keer wees dat dié gewilde byeenkoms aangebied word. Die organiseerders is vol hoop dat die geleentheid weer in 2018 sal plaasvind.

Peace on earth will come to stay, when we live Christmas every day. — Helen Steiner Rice


Bladsy 8

www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST 22 Desember, 2017

Slegte nuus

A

Vier kwajongens wat glo skelm wou rook is volgens die polisie die oorsaak daarvan dat die ou polisiekantien, ’n gebou wat agter die polisiekantore op Modimolle staan, in Augustus in die slag bly nadat dit aan die brand raak. Die drie seuns en ’n meisie tussen die ouderdomme 11-13 jaar word ná die petalje van brandstigting aangekla.

Inwoners van Bela-Bela is in sak en as nadat een van die gewildste supermarkte op die dorp, Bela-Bela SuperSpar, in September heeltemal in ’n brand verwoes word. Talle inwoners daag deur die loop van die nag by die perseel op om te kom help, maar moet magteloos toekyk hoe die brandweer se toerusting eers probleme gee, en daarna dat daar geen water of drukking in die dorp se krane is nie.

ADVERTEER

NEEM KENNIS

DIE POS SE KANTORE SLUIT OP VRYDAG, 15 DESEMBER 2017 EN HEROPEN WEER OP MAANDAG, 8 JANUARIE 2018. HIERDIE IS DIE LAASTE UITGAWE (22 DESEMBER 2017) VIR DIE JAAR.


DIE POS/THE POST

diepos.linmedia.co.za

22 Desember, 2017

Bladsy 9

Kerstyd laat ons weer die mooi onthou “Eer aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het.” (Luk. 2:14) Hierdie vers laat baie van ons terugdink aan ’n Kersfees lank gelede. Toe kinders met blink oë vol verwagting om ’n Kersboom vol liggies gewag het. “Stille Nag”, “Herders op die ope velde” en ander liedere moes eers gesing word. Dit is ook die tyd vir kerse aansteek en rooi poinsettia-blomme. Soms is die Kersverhaal opgevoer deur die kinders nadat daar eers onenigheid was oor wie die rol van Maria, Josef of die engele sou vertolk. Niemand wou die rol van die skape of die donkies hê nie. Die engel se vlerke was van selofaanpapier waaraan daar vir weke gewerk is. Die verhaal het weer nuwe betekenis gekry. Daarna het Kersvader opgedaag met die geskenke. Die opgewondenheid en vreugde op die kindergesiggies gaan nie ongemerk verby nie. Kerstyd herinner ons ook aan die saamkuier met nefies en niggies, swem en baljaar en boorde vol vrugte en ryp, rooi waatlemoene. Dan is daar nog die huis wat ryklik versier was met kreukelpapierlinte, ’n groot klok en ’n ster. Alles het baie vrolik gelyk en ’n feestelike atmosfeer geskep. Vir sommige was dit ’n laaste Kersfees saam met geliefdes. Ander onthou dit as ’n kampeerplek langs die see of in die bos. Vir baie was dit ’n familiefees en kuier onder groot bome op die plaas, waatlemoen eet en in die plaasdam swem. Dit was vir sommige weer ’n wit Kersfees in ’n vreemde land, maar vir sekere boere is dit weer strooptyd. Kersfees is vir almal, selfs vir dié wat nog nie verstaan nie. Kersfees gaan oor eerlikheid, liefde en eenvoud, oor samesyn en gee met ’n opregte hart. Vir sommige is daar hartseer herinneringe en vir ander weer vreugdevolle oomblikke. Ons moet seker maak dat die Een wie se verjaardag ons vier, in die binnekant van ons feesvieringe staan. Hou Kersfees eenvoudig en vol liefde. Die vraag word onwillekeurig gevra of Kersfees gaan oor die geboorte van Christus, of menslike behoeftes? Daar is tog ’n versugting dat almal terugdraai na die ware betekenis van Kersfees en elkeen ’n ware Christusfees sal ervaar. Mag Die Pos se lesers in dié tyd die ware betekenis en vreugde van Kersfees ervaar. Ons sien mekaar weer op Maandag, 8 Januarie 2018, wanneer ons ons voordeure oopgooi.

Pos-prestasies Die jaar 2017 was ’n geseënde een vir Die Pos. Ons vier ons 35ste verjaardag en word luisterryk tydens ’n spoggeleentheid in Johannesburg deur die ATKV met ’n gesogte Mediaveertjietoekenning as beste dorpskoerant in die land vereer.

Ronel van Jaarsveld word in Februarie tydens Die Pos se jaarlikse opleidingseminaar beloon as skrywer van die nuusstorie van die jaar vir die vorige jaar. Ronel se deeglike beriggewing oor die destydse groot onluste op Modimolle, het aan haar dié prys besorg.

Die Pos ontvang in Mei tydens ’n glansgeleentheid in Johannesburg die ATKVMediaveertjie as beste gemeenskapskoerant. Dit is die tweede keer dat Die Pos dié toekenning wen. Op die foto is Keina Swart, redakteur, met die toekenning.

Ronel van Jaarsveld, Die Pos se verslaggewer op Modimolle, word in Junie tydens die jaarlikse Forum for Community Journalism (FCJ) se toekenningsaand in Centurion met ’n derde plek in die hardenuus-afdeling bekroon. Onthou: gedeelde vreugde is dubbele vreugde. — Johann Wolfgang von Goethe

Willie Nel, Die Pos se hoofuitlegkunstenaar, word tydens Die Pos se jaarlikse opleidingseminaar as die besgeklede personeellid gekroon. Die tema van die dag was sport/leef gesond.

Christie Steyn, ’n onderwyser van Laerskool Alma, val in Julie by Die Pos se span in. Sy behartig nuusdekking in die Vaalwater-omgewing.

Baie maal word vreugde oor die hoof gesien omdat dit gratis is. — Anoniem Vreugde is die onfeilbare teken van God se teenwoordigheid in jou lewe. — Leon Bloy Die teenoorgestelde van vreugde is nie hartseer nie, maar ongeloof. — Leslie Weatherhead

KONTAK DIE POS BELA-BELA (Hoofkantoor): (014) 736 2723 FAKS: (014) 736 3428. ADV: 082 558 7184 MODIMOLLE: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAKS: (014) 717 2191 MOOKGOPHONG: 078 628 9639

COPYRIGHT

VAALWATER: 083 299 8172 ADVERTENSIES: diepos@icon.co.za dieposmaria@gmail.com lesleydiepos@gmail.com diepospetrogreeff@gmail.com NUUS: dieposnuus@icon.co.za WEBTUISTE: diepos.linmedia.co.za

Izobel van der Walt, ’n oud-Nylie, val op 1 Maart by Die Pos se Modimolle-kantoor in waar sy voortaan administratiewe werk sal verrig.

Anneline du Preez begin in September by Die Pos se Bela-Bela-kantoor werk waar sy voortaan ons rekeninge-afdeling sal bestuur.

The reproduction or broadcast without written permission of any material published in Die Pos/The Post and its supplements is forbidden and expressly reserved to Upfront Events Two (PTY) Ltd, under section 12(7) of the Copyright Act, 1978 and any amendment thereof. Die Pos/The Post is typographically prepared, published and distributed by Upfront Events Two (PTY) Ltd and is printed by Caxton Printers, 14 Wright Street, Industria, Johannesburg. Die Pos/The Post: 7 Minnaar Street, Tel: (014) 736 2723, Fax: (014) 736 3428, PO Box 16, Warmbaths. E-mail: diepos@icon.co.za. Editor: Keina Swart.


Bladsy 10

www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST 22 Desember, 2017

Die vet is in die vuur “Raak rustig en haal diep asem,” is die raad wat Die Pos baie keer vir mense gee — en raad wat lesers so af en toe ook vir óns gee! Dienslewering en die politiek is vermoedelik steeds dié twee sake wat mense blitsvinnig op hul perdjie het. Ongelukkig is dit die vyfde agtereenvolgende jaar dat die vet meestal net oor een kwessie in die vuur is in die Waterberge: munisipaliteite.

Behuisingsnood, rioolprobleme, kragheffings en Eskom-skuld ’n Groot grondherrie breek in Januarie op Modimolle uit nadat die EFF en die ANC begin om onregmatig erwe op ’n oop stuk munisipale grond langs die R101-pad op Modimolle uit te deel. Sowat 700 mense drom by die reservoir langs Phagameng saam omdat hul name glo op ’n lys geplaas is om elk ’n stuk grond van 10 m x10 m te bekom. Die DA win regshulp in omdat dié proses volgens hulle onwettig is en daar nie eens munisipale dienste op die betrokke stuk grond is nie. • Die Bela-Bela-munisipaliteit het vanjaar sy inwoners witwarm oor die dorp se munisipale kragheffings wat eers verhoog, toe afgeskaf en toe weer op ’n ander manier verhoog word. Nie eens die burgemeester, Jeremia Ngobeni, kan aan Die Pos verduidelik hóé die dorp se kragheffings nou eintlik uitgewerk, of behoort uitgewerk te word, nie. Dit, tesame met die munisipaliteit se weiering om die uitslag van ’n baie belangrike forensiese ouditverslag aan die publiek bekend te maak, lei tot groot ontevredenheid en grootskeepse optogte

onder inwoners. Die inhoud van die verslag word uiteindelik in April bekendgemaak en wys talle onreëlmatighede in die Bela-Belamunisipaliteit uit. • Vanjaar was nie Modimolle se jaar nie. Hoewel inwoners uiters hoopvol was nadat die dorp vir die eerste keer ooit ’n DAbeheerde munisipaliteit en burgemeester gekry het, word dié dorp geteister deur waterprobleme. Jare se versuim om onderhoud te doen deur die vorige bedeling, asook die knellende droogte, kry die skuld daarvoor dat inwoners by meer as een geleentheid vir dae sonder water moet klaarkom. • ’n Uiters onwelriekende rioolprobleem op Bospoort buite Bela-Bela haal ’n paar keer die koerant. Inwoners kla oor mangate wat oorloop, dreine wat verstop is en ’n vreeslike stank wat kort-kort oor die omgewing hang. Die Bela-Belamunisipaliteit laat weet Die Pos dat hulle aan die probleem werk. Inwoners kla ook oor die toestand van die dorp se begraafplaas, asook die verwaarlosing van

’n munisipale eiendom in Blinkblaarstraat op die dorp. • Die plakkerskamp-sage net buite Bela-Bela op die Alma-pad kry maar net nie einde nie. In Mei berig Die Pos op ons voorblad dat die plakkers geen aks skuif nie, inteendeel, daar kom by die dag meer sinkstrukture by. Dit volg ondanks ’n hooggeregshofbevel dat die plakkers hervestig en verwyder moet word. AfriForum, wat in ’n stadium by die saak betrokke geraak het, lig Die Pos ook in dat hulle van die saak onttrek het weens ’n gebrek aan fondse. • Inwoners van Modimolle, Mookgophong en Vaalwater verneem in Mei met skok dat Eskom moontlik dié drie dorpe se krag kan sny weens agterstallige munisipale skuld. Volgens die DA-beheerde raad doen hulle alles in hul vermoë om met Eskom te onderhandel om dié skuld, wat hulle van die vorige ANC-beheerde raad geërf het, in paaiemente af te betaal. Die munisipaliteit gaan ’n afbetalingsooreenkoms met Eskom aan en teen die einde van die jaar betaal hulle ’n groot deel van die skuld af.

• Trokke wat op Mookgophong oornag is ’n groot probleem vir sake-eienaars en inwoners van die dorp. Die Pos tel op Dinsdagaand, 20 Junie, altesame 41 trokke in Thabo Mbekistraat. Volgens inwoners ry die trokke die paaie en sypaadjies stukkend. Volgens Arrie Opperman, verkeershoof op Mookgophong, is daar nie ’n wet wat bepaal dat trokke nie in dorpstrate mag oornag nie. • Die hekke van die ModimolleMookgophong-munisipaliteit is in Oktober vir bykans ’n week toe weens protesaksies deur van sy werknemers. Die stakende werkers gooi emmers riool in die gange van die munisipale gebou op Modimolle en dring onder meer daarop aan dat hulle nuwe uniforms wil hê. • Sowat 200 ontstelde lede van die munisipale werkersunie (Samwu) sluit in Oktober die burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, hoofsweep en munisipale bestuurder vir langer as drie uur in die munisipale gebou op Mookgophong toe. Die werkers dring daarop aan dat hul posvlakke verhoog word. Marlene van Staden, burgemeester, sê egter in reaksie sy is nie by magte om dié veranderings te maak nie. • Gemoedere loop hoog op Bela-Bela ná klagtes dat die polisie in November (kort ná die landwye protesoptrede tydens Swart Maandag) nie reageer op ’n noodoproep op ’n plaas op Droogekloof buite Bela-Bela nie. Die eienaars op die plaas ervaar ’n nagmerrieondervinding nadat hul honde vergiftig word en inbrekers probeer om by hul huis in te kom. Die DA beskou die bewerings teen die polisie in so ’n ernstige lig dat vrae in die parlement gevra word oor die hoeveelheid polisievoertuie, mannekrag en doeltreffendheid van die Bela-Bela-polisie. • Inwoners van Bela-Bela — wat reeds nie baie positief is oor die doeltreffendheid van die dorp se munisipaliteit nie — slaan hul hande in ongeloof saam toe dié munisipaliteit in November ’n reuseflater erken dat die munisipaliteit verkeerde rekeningbesonderhede aan verbruikers uitgestuur het. David Rabololo, munisipale woordvoerder, sê aan Die Pos die munisipaliteit se diensverskaffer, genaamd Munsoft, behartig landwyd 43 munisipaliteite se rekeninge en het glo die verkeerde munisipaliteit se bankbesonderherde op Bela-Bela-inwoners se rekeningstate geplaas. Die Pos verneem heelwat inwoners het reeds geld vir basiese dienste verkeerdelik in ’n ander munisipaliteit se rekening inbetaal en dit moet nou alles verhaal word.


DIE POS/THE POST

www.diepos.co.za

22 Desember, 2017

Bladsy 11

Ernstige misdaad Swart Maandag is hoofnuus in Suid-Afrika en haal selfs die wêreldnuus. Hoewel die protesaksie in reaksie teen plaasaanvalle begin het, dui duisende Suid-Afrikaners aan dat hulle op dié dag hul afkeur wys teen álle vorme van geweldsmisdaad. Inwoners van die Waterberg steier vanjaar onder die golf van misdaad. En teen die einde van die jaar lyk dit asof dit net toeneem.

A

Inwoners van Mookgophong is geskok ná die wrede moord in Februarie op Pats Truter (79). Haar bure ontdek haar lyk in haar motorhuis in Mossielaan, Gholfpark (’n veiligheidsoord op die dorp). Truter se tuinier word ’n dag ná die moord aangekeer met van haar juweliersware, haar selfoon en motorsleutels in sy besit.

C

B

Sakkie Bloem (36), ’n beroepsjagter van Modimolle, word in April helder oordag in sy huis op die dorp deur drie booswigte oorval en in die bors gewond. Die mans vlug met Bloem se voertuig terwyl hy bebloed na ’n buurman strompel. ’n Reusesoektog na die booswigte lei daartoe dat die voertuig en een verdagte opgespoor word.

Sterk mense maak net soveel foute as swak mense. Die verskil is net: sterk mense erken hulle foute, leer daaruit en vergeet dan daarvan. Dit is hoe hulle sterk word. — Richard J. Needham Leer uit ander se foute. Jy gaan nie lank genoeg leef om self al die foute te maak nie. —Martin Vanbee

D

Verskeie huise op Vaalwater word in Augustus tydens ’n vlaag misdaad geteiken. In een van die voorvalle word Riana van Heerden en haar seun, Jan Terblanche, in hul huis deur drie mans aangeval. Terblanche word met ’n skroewedraaier aangeval toe hy sy ma probeer beskerm. Hy word in die gesig beseer en moet steke kry.

Die boeregemeenskap en Bosvelders is met afgryse vervul ná die gru-moord op Piet (68) en Tilla (66) van Zyl van die plaas Kalkpoort in die Immerpan-omgewing naby Roedtan. Die egpaar word na wat verneem word wreed gemartel en geskiet.


Bladsy 12

www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST 22 Desember, 2017

Ernstige misdaad Moorde, aanvalle en nog meer wreedheid Die jaar skop af met die slegte nuus dat ’n boer van Modimolle deur drie boewe oorval word terwyl hy in ’n mielieland werk. Theuns Duvenhage (55) word met ’n piksteel geslaan en vasgebind waarna die drie mans kontant en gewere buit en op die vlug slaan. ’n Reusesoektog word van stapel gestuur, maar die aanvallers kom weg. • John Ramalho (84), ’n bejaarde van Roodekuil buite Bela-Bela, word einde Januarie op sy hoewe deur rowers aangeval en aangerand. Die boewe slaan ook twee klein hondjies wat in sy huis is, dood. Dit is die tweede voorval binne ’n maand nadat Gerhard Louw, Ramalho se buurman, net ’n ruk vroeër deur twee rowers in sy slaapkamer oorval is. Die rowers rig ’n vuurwapen op Louw, maar die wapen vuur gelukkig nie af nie, waarop die rowers hulself uit die voete maak. • Daniel Killian Jacobs (62) word vroeg in Februarie by die Leeupoort-vakansiedorp buite Bela-Bela aangeval en vermoor. Volgens die polisie sien sy vrou, Emmerentia, die oggend om 03:00 die rowers buite die huis raak. Hulle slaan ’n venster met ’n baksteen oop, skiet vir Jacobs dood en plunder die huis terwyl sy vrou haarself in ’n badkamer toesluit. • Ryno Janse van Rensburg (39) word op Valentynsdag vanjaar dood op ’n hoewe in

die Roodekuil-omgewing buite Bela-Bela aangetref. Hy is vermoedelik op die hoewe aangeval en volgens die polisie met ’n stomp voorwerp oor die kop geslaan. Sy bakkie se sleutel, die huissleutel, kontant, ’n besigheidskaart en sy selfoon word vermis. • Die instandhoudingsbestuurder by Settlers Agricultural High School se vrou word in Februarie wreed verkrag toe haar man nie tuis is nie. Die inbrekers gee vir haar ’n boodskap wat lui dat haar man die omgewing dadelik moet verlaat. Johan Engelbrecht en sy vrou, Bonita, gee toestemming dat Die Pos hul name mag publiseer. Niemand word aangekeer nie. • ’n Boer van die Roedtan-omgewing word in ’n kritieke toestand in ’n hospitaal in Polokwane opgeneem nadat huisrowers hom in die bors skiet. Sam Liversage (68) en sy vrou, Meisie, van die plaas Klipgat, word in Mei wakker van ’n geluid in die huis. Hy gaan stel ondersoek in en kom op drie aanvallers in sy huis af. Een van hulle wag hom in en skiet hom in die bors. • Martin Neal van Droogekloof buite BelaBela word in Julie in sy huis by die Jackalberry Private Game Lodge aangeval, beroof en vasgebind. Vier gewapende mans is vermoedelik by die voorval betrokke. • Twee vroue van Modimolle het in Oktober ’n noue ontkoming toe twee mans

A

Pattie Peterson (73) van Bela-Bela word in September tydens ’n plaasaanval by TNT Trading op die pad tussen Bela-Bela en Modimolle doodgeskiet en haar man, Cecil (83), in die kakebeen gewond. ’n Reusesoektog word na die verdagtes geloods nadat hulle na die berge om die plaas vlug. Sowat twee weke later word vier mans naby Hammanskraal in verband met die moord aangekeer. Cecil sterf sowat ses weke later in die hospitaal aan sy beserings.

ongenooid op ’n plaas in die Jasperomgewing opdaag en geld eis. Christine Vermaak (79) en haar huishulp, Fransina Makai, is alleen tuis toe die mans opdaag. Hulle bind vir Makai eers in ’n stoor vas voordat hulle met haar na die huis stap. Vermaak kan egter daarin slaag om hulp te ontbied en talle mense jaag na die plaas. Die booswigte vlug egter en kom weg. • Joseph Chabalala (39), ’n veiligheidswag, word in Oktober deur gewapende rowers doodgeskiet nadat hy sien hoe hulle oor ’n gastehuis op Modimolle se muur klim. Hy is op patrollie toe hy die vyf mans oor die muur van die Sleep ’n Go-gastehuis in Thabo Mbekistraat sien klim. Hy sterf op die toneel. Hy laat sy vrou, Ester, en kinders Lebo (17) en Surprise (11) agter. • Twee inbrekers breek in Oktober by ’n woonhuis op Mookgophong in en rand ’n student met ’n wielsleutel (wheel spanner) aan. Volgens Riana Potgieter het die inbrekers die agterdeur van die huis oopgebreek om in te kom. ’n Struweling ontstaan tussen hulle en haar seun, Pieter, en hy word in die proses met die wielsleutel bygedam. Die boewe vlug toe haar man, Jurgens, ’n waarskuwingskoot afvuur. • Johan Prinsloo (78) word in November op die plaas Leeuwdoorns buite Settlers aangeval en met ’n vleismes in die rug en hand gesteek. Hy word langs sy bakkie aangeval toe hy voor die huis stilhou. Hy kan vir sy vrou om hulp skree. ’n Reusesoektog word van stapel gestuur en die vermeende aanvaller word aangekeer.

Believe me, this is true... This is true, even if you are not superstitious, agnostic, or otherwise faith impaired: • Give people more than they expect and do it cheerfully. • Marry a man or woman you love to talk to. As you get older, their conversational skills will be as important as any other. • Don’t believe all you hear, spend all you have or sleep all you want. • When you say, “I love you,” mean it. • When you say, “I’m sorry,” look the person in the eye. • Be engaged at least six months or longer before you get married. • Believe in love at first sight. • Never laugh at anyone’s dreams. People who don’t have dreams don’t have much. • Love deeply and passionately. You might get hurt but it’s the only way to live life completely. • In disagreements, fight fairly. No name calling. • Don’t judge people by their relatives. • Talk slowly but think quickly. • When someone asks you a question you don’t want to answer, smile and ask: “Why do you want to know?” • Remember that great love and great achievements involve great risk. • Say “bless you” when you hear someone sneeze. • Don’t let a little dispute injure a great friendship. — Author unknown


DIE POS/THE POST

www.diepos.co.za

22 Desember, 2017

Bladsy 13

Hulle sterf Die Pos se personeel is vanjaar besonder diep getref deur die dood van Deoné Botha, ’n geliefde werknemer wat 27 jaar lank die koerant se geldsake behartig het. Ons groet ook, saam met ons lesers, ’n hele paar mense wat diep spore in die gemeenskap en in mense se harte getrap het. Ons gedagtes is ook by hul geliefdes. Dit is besonder opvallend, hoeveel mense vanjaar hul eie lewens beëindig het.

Ons harte is seer en ons dink aan hulle Antjie Meyer (86), ’n voormalige onderwyser van Laerskool Eugène N. Marais op Mookgophong, sterf in Januarie aan kanker. • Chris de Wet (51), gewilde Afrikaanse onderwyser by Waterberg Academy op Vaalwater, sterf in Februarie terwyl hy rustig in sy tuin by sy huis op die skoolterrein sit. Hy het vermoedelik ’n hartaanval gehad. • Adri Grové, nog ’n onderwyser van Vaalwater, sterf in Februarie aan kanker. Grové het bykans 40 jaar skoolgehou en was die laaste jare van haar lewe ’n onderwyser by Laerskool Vaalwater. Sy is in 2016 met borskanker gediagnoseer. • Melissa Henn (26) van Modimolle sterf ook in Februarie ná ’n jarelange gesondheidstryd. Sy is reeds as baba met ’n niersiekte gediagnoseer. Sy word oorleef deur haar ouers Lammie en Daleen Henn en twee susters, Lindi Branford en Liezl Brits en hul gesinne. • Vera Becker (51), ’n finansiële beampte by Numeri Rekenmeesters op Bela-Bela, sterf in April onverwags by haar huis op die dorp. Sy was vir ’n ruk voor haar dood sieklik nadat ’n gewas in haar keel ontdek is. Sy laat vier kinders, ’n broer en suster en haar ma agter. • Jan Jooste (78) van Bela-Bela sterf in April aan ’n hartaanval in sy huis op Bela-Bela. Jooste was jare lank ’n elektrisiën op die dorp. • Elaine Stoltz (58) van Bela-Bela sterf in April in ’n hospitaal in Sabie in Mpumalanga aan lewerkanker. Sy het lank by die Klein-Kariba-vakansieoord buite Bela-Bela gewerk. Stoltz is ’n oud-Warrie. • Wim Booyse (71) van Modimolle sterf onverwags in April aan ’n hartaanval. Hy het jare lank buite die dorp geboer en was ’n oudleerder van Laerskool Heuningfontein en Hoërskool Hans Strijdom. • Pieter Engelbrecht (79) van Bela-Bela sterf in Mei in ’n fratsongeluk toe die trekker waarop hy ry, omslaan en bo-op hom beland. Die ongeluk gebeur op die plaas Zimbi Lodge in die Nooitgedacht-omgewing. Engelbrecht was jare lank ’n bekende gesig op die paaie omdat hy so ’n ywerige langpaddrawwer was en aan verskeie padwedlope deelgeneem het. • Daniël Jansen van Vuuren (88) van BelaBela sterf in Mei by sy huis op die dorp. Hy het op sy dag lank by die Towombalandbounavorsingstasie op die dorp gewerk en was veral bekend as eienaar van die destydse Van Vuuren’s fietswinkel op die dorp. • Kabous Odendaal (21) van Bela-Bela sterf

in Mei in ’n motorfietsongeluk in Pretoria. Odendaal is op Bela-Bela gebore en het op die dorp skoolgegaan. Hy het ná skool by onder meer restaurante en koffiewinkels op die dorp gewerk en aflewerings gedoen. • Arie van Rheede (56) van Modimolle sterf in Junie aan ’n hartaanval. Hy het die hoekkafee in Boshoffstraat op die dorp besit. Hy laat sy vrou, Tersia, en drie seuns, asook ’n grootmaakseun, agter. • Johan Jacobs (80), ’n jarelange inwoner van Modimolle, sterf in Junie ná ’n lang siekbed. Hy het jare lank by die NTK op die dorp as landboukundige gewerk en ook ’n groot rol by die Nylstroom-rolbalklub gespeel. Hy laat sy vrou Ans en vyf kinders agter. • André Britz, ’n plaasbestuurder van Modimolle, en Jan Nkomo, ’n plaaswerker, sterf in Junie in ’n gruwelike ongeluk reg voor Una Pizza buite Modimolle nadat ’n vragmotor hulle bakkie verbrysel. Nog ’n werker, Armand Shiranda, word ernstig beseer. Al drie mans het op die plaas Forever Wood buite die dorp gewerk. • Francois van der Walt (67) wat vir jare lank op Roedtan gewoon en skoolgehou het, sterf in Junie aan pankreaskanker. Hy is ’n oudskoolhoof van Laerskool Byzonderheid op Roedtan. • Rina van Heerden (88), ’n afgetrede onderwyser van Bela-Bela, sterf in Julie in

die Warmbad Rusoord. Sy het op Lehau skoolgehou en later ook by Laerskool Warmbad. • Die vader van die Afrika-aartappel in pilvorm en bekende scio-praktisyn op Modimolle, dr. Koos Botha (74), sterf in Julie aan ’n hartaanval. • James Pringle (43), ’n geliefde boer van die Springbokvlakte, sterf in Julie nadat hy sy eie lewe neem. Pringle het voor sy dood behandeling teen depressie ondergaan. Hy word oorleef deur sy vrou, Gerda, en dogtertjies Chloé (8) en Amy (6). • Kobus Naudé, wat 25 jaar lank ’n manshaarkappersalon in die hoofstraat op Modimolle bedryf het, neem ook sy eie lewe in Julie. • Anet Eksteen (47), ’n werknemer van Century 21/2020 Eiendomme op Bela-Bela sterf in Augustus nadat sy vermoedelik ’n hartaanval by die maatskappy se kantoor by die Bela-Bela Waterfront kry. Paramedici word ontbied, maar kan nie haar lewe red nie. • Dolf de Wit (72), oudbankbestuurder van Bela-Bela en Modimolle, sterf in Augustus ná ’n stryd teen nierkanker. Hy het in 1990 as Volkskas-

bankbestuurder op die destydse Warmbad begin werk en is daarna na die Nylstroomtak oorgeplaas. • Rupert Wells (66) van Bela-Bela sterf ook in Augustus aan kanker. Wells het vroeër ’n eiendomsagentskap op die Sonskyndorp bestuur. • Jaco Engelbrecht (48), bekende wildboer van die Waterberg, sterf in Augustus nadat ook hy sy eie lewe neem. Hy was veral in die Mookgophong-omgewing bekend. Hy het met ’n verskeidenheid wild op sy plaas Zwartkloof buite Mookgophong geboer en was veral bekend as njalaboer. • Edgar Wulff (66) van Mookgophong sterf in Augustus in ’n motorongeluk op die ou Modimolle-Mookgophong-pad. Hy was lank by die Buffalo-floorsparmyn buite die dorp betrokke. • ’n Jarelange inwoner van Modimolle, Nick Searle (63), sterf in September onverwags nadat hy griep opdoen en daarna ’n hartaanval kry. Searle het die onderneming DMS Elektries en Verkoeling bedryf.


Bladsy 14

www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST 22 Desember, 2017

Hulle sterf A

Annelize Fourie (63), ’n geliefde inwoner van BelaBela, sterf in Januarie ná ’n moedige stryd teen kanker. Annelize was getroud met John Fourie, eienaar van die PNA-tak op die dorp, waar sy ook gewerk het.

B

Deoné Botha (47), wat 27 jaar lank Die Pos se geldsake behartig het, sterf in Maart onverwags aan ’n hartaanval. Sy was ten tyde van haar dood die personeellid wat nog die langste by Die Pos gewerk het. Sy word oorleef deur haar man, Andries, haar ma, Wilna Cronjé, broer Juan en drie kinders, Zené, Anrich en Eon.

C Dawid Derks (72), wat jare lank ’n prokureurspraktyk op Bela-Bela gehad het, sterf op die eerste dag van die Nuwejaar aan natuurlike oorsake. Hy het die laaste ruk in die Warmbad Rusoord tuisgegaan. Derks laat drie kinders agter. Sy vrou, Elsabie, is in 2008 oorlede.

Ons dink aan hulle • Fanie de Klerk (73) jarelange inwoner en bekende sake-eienaar van Bela-Bela, sterf in September nadat hy twee groot hartoperasies binne 12 uur ondergaan. De Klerk het jare lank die onderneming Radio Elektriek op Bela-Bela gehad. • Ao. Barend (Bok) de Klerk (51) van die polisie op Vaalwater sterf in September aan ’n hartaanval. Hy het onder meer op Modimolle, Tuinplaas en tot met sy dood op Vaalwater gewerk. • Margaret Hattingh (78) van Bela-Bela sterf in Oktober by die Warmbad Rusoord. Sy het aan alzheimersiekte gely. Hattingh word veral onthou vir haar betrokkenheid by die Bela-Bela-gebedswag, die Vroue Landbou-unie, die Warmbad Dienssentrum en haar werk by die Metodiste Kerk op die dorp. • Thys Redelinghuys (72), ’n voormalige rekenmeester en boer van Bela-Bela, sterf in Oktober in die St. Vincent’shospitaal ná ’n lang stryd teen kanker. Hy was in sy 35 jaar op die dorp onder meer die eienaar van die ou Browns Hotel, die White House Hotel en het die destydse Tobeskuierplek op die dorp bestuur. • Jeanette Swanevelder (71) van Vaalwater sterf in Oktober nadat sy malaria opdoen. Volgens haar familie was sy

nie voor haar siekte in ’n erkende malariagebied nie. • Koos Strydom (87) van Bela-Bela sterf in Oktober in die Kloof-hospitaal in Pretoria aan orgaanversaking. Hy was ’n gereelde rolbalspeler by die Warmbadrolbalklub. • Jeanette Luüs (70) van BelaBela sterf in Oktober aan kanker. Sy het in die Mabulaomgewing grootgeword en was in Laerskool en Hoërskool Warmbad. • Stephen Nel snr. (69) van Bela-Bela sterf in Oktober by sy huis op die Roodepoorthoewes nadat hy in April met kanker van die slukderm gediagnoseer word. Hy en sy vrou, Estelle, het sowat 17 jaar op Bela-Bela gewoon waar hulle saam Estelle Nel Taxidermy bedryf het. • Floris van Vreden (86) van Bela-Bela sterf in Oktober in die Warmbad Rusoord, waar hy die afgelope jaar in die versorgingseenheid was. Hy en sy vrou, Annatjie, was vanjaar 64 jaar getroud. • Nico Vos (67), ’n plaasbestuurder van die Dorset/ Melkrivier-omgewing buite Vaalwater sterf in November in ’n helikopterongeluk. Die ongeluk gebeur in die Clocolan-omgewing in die Vrystaat. Die vlieënier, Stephan Ferreira (37), sterf ook in die ongeluk.

E Mario Breedt (32) wat op Bela-Bela grootgeword en skoolgegaan het, neem in September sy eie lewe. Dit is sover bekend die agtste inwoner vanuit Die Pos se lesersgebied wat binne twee maande aan selfdood sterf. Breedt het voor sy dood by MTN in die Bela Mall op die dorp gewerk. I am not alone at all, I thought. I was never alone at all. And that, of course, is the message of Christmas. We are never alone. Not when the night is darkest, the wind coldest, the word seemingly most indifferent. For this is still the time God chooses. — Taylor Caldwell


DIE POS/THE POST

www.diepos.co.za

22 Desember, 2017

Bladsy 15

Hulle sterf Jannie van Aswegen (50) se onverwagse dood skok inwoners van Bela-Bela in Augustus. Van Aswegen, die pa van twee dogters, was ’n bekende boukontrakteur met diep wortels op Bela-Bela. Hy is die sesde inwoner van Die Pos se lesersgebied wat binne ’n kwessie van twee maande sy eie lewe neem.

Kobus Vermaak (63), bekende Vaalwaterinwoner en eienaar van Kobus Vermaak Elektries, sterf in Februarie in Pretoria nadat hy vroeër met motorneuronsiekte (MS) gediagnoseer is. Hy word oorleef deur sy vrou, Dalene en dogters Marlene (burgemeester van die Modimolle--Mookgophong-munisipaliteit), Christie, en Adri en twee kleinseuns. Op die foto is hy saam met sy vrou, Dalene.

Rugbylegende Neels (Borrie) Bornman (71) sterf in Januarie in die St. Vincent’s-hospitaal op Bela-Bela weens hartprobleme. Bornman het vir jare ’n groot rol in die onderwys en op die rugbyveld gespeel. Hy was op sy dag onder meer sekretaris van die Transvaalse Hoërskole Rugbyunie.

Johan Huisamen (52), ’n voormalige polisiekaptein van Bela-Bela, sterf in Maart aan ’n hartaanval. Huisamen, ’n oud-Hansie, het in sy jonger dae in sport uitgeblink en onder meer Springbokkleure in judo gehad.

Past. Frans du Plessis (83) van Bela-Bela sterf in Mei tydens ’n hartprosedure in ’n Pretoriase hospitaal. Hy het veral diep spore in Limpopo-sending getrap. Hy word oorleef deur sy vrou, Sybil, en twee dogters (Bea Emslie van Bela-Bela en Ansie Jordaan van Springbok) en ’n seun, Francois du Plessis van Bela-Bela.

Tiaan Oosthuizen (54), sakeman van Bela-Bela, sterf in Julie tydens ’n skietongeluk toe sy haelgeweer per ongeluk afgaan terwyl hy deur ’n draad klim.


Bladsy 16

www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST 22 Desember, 2017

Nuut in die Bosveld Daar is niks nuuts onder die son nie, lui die spreekwoord. Maar hier in die Waterberg het ons die afgelope jaar ’n hele klompie nuwelinge raakgeloop.

’n Nuwe VLU-tak en ’n nuwe naam ’n Nuwe Vroue Landbou-unietak word in April op Bela-Bela gestig. Die tak staan bekend as die Sonskyntak en vergader elke derde Donderdag van die maand. Marietjie de la Porte is die nuwe voorsitter en Kotie Wagner die visevoorsitter. • Hoewel daar mense is wat gehoop het vir ’n welluidende naam soos Kranskop vir die nuwe gekombineerde munisipaliteit van Mookgophong en Modimolle (wat sedert verlede jaar se verkiesing as die LIM368munisipaliteit bekendgestaan het), kondig dié nuwe munisipaliteit in Julie hul (effens saai) nuwe naam aan: Die Modimolle-Mookgophong-munisipalisteit.

B

A Ds. Ernest Voigt en sy vrou, Bianca, is die nuwe leraarspaar van die Gereformeerde Kerk Vaalwater. Hy volg vir ds. Albert Berg op wat uit die amp bedank het.

Did you know?

Dit is in verandering dat dinge betekenis kry. — Heraclitus Om te verbeter en om te verander is twee verskillende dinge. — Duitse spreekwoord Lt.kol. Kiba Kekana begin die nuwe jaar as stasiebevelvoerder van die polisie op Mookgophong. Kekana neem die leisels oor by sy voorganger, lt.kol. Jan Koekemoer. Volgens Kekana is misdaadvoorkoming in en om Mookgophong sy grootste fokuspunt.

• In the 1400’s a law was set forth in England that a man was allowed to beat his wife with a stick no thicker than his thumb. Hence we have “the rule of thumb”. • Many years ago in Scotland , a new game was invented. It was ruled “Gentlemen Only...Ladies Forbidden”... .and thus, the word GOLF entered into the English language. • The first couple to be shown in bed together on prime time TV

was Fred and Wilma Flintstone. • Every day more money is printed for Monopoly than the US Treasury. • Men can read smaller print than women can; women can hear better. • Coca-Cola was originally green. • It is impossible to lick your elbow. • The State with the highest percentage of people who walk to work is Alaska. • The percentage of Africa that is wilderness is 28%. • The percentage of North America that is wilderness is 38%. • The average number of people airborne over the US in any given hour: 61 000. • Intelligent people have more zinc and copper in their hair. • The first novel ever written on a typewriter, Tom Sawyer. • The San Francisco cable cars are the only mobile National Monuments. — Source: The Internet Time was with most of us, when Christmas day, encircling all our limited world like a magic ring, left nothing out for us to miss or seek; bound together all our home enjoyments, affections, and hopes; grouped everything and everyone round the Christmas fire, and make the little picture shining in our bright young eyes, complete. — Charles Dickens ********** Why does Scrooge love Rudolph the Red-Nosed Reindeer? Because every buck is dear to him. **********


DIE POS/THE POST

www.diepos.co.za

22 Desember, 2017

Bladsy 17

Net in die Bosveld Wat vertel jy my nou? is ’n vraag wat ’n mens gereeld hoor as jy in die Bosveld woon. Hier is slange, reusegroente en, wel, krimpvarkies.

A

B

Marulani-wildsplaas buite Bela-Bela is die enigste geregistreerde krimpvarkie-rehabilitasiesentrum in Limpopo en het vanjaar talle klein krimpvarkies by die sentrum verwelkom. Krimvarkies is ’n bedreigde spesie en mense benodig permitte om hulle aan te hou. Hier word een van die krimpvarkies by die sentrum met ’n bottel gevoer.

C Ons Afrikaners is maar hoofsaaklik ’n langasemvolkie. Spraaksaam in die politiek. Langdradig by die feesgeleentheid. Tydsaam by die begrafnisdiens. En langasem in die kerk. — Gert Kotzé, Die Transvaler, 1983 In Afrika gebeur dinge soms agterstevoor. Soos dat die son eers moes ondergaan oor die vasteland voordat hy opgekom het, en nie andersom nie. — Mathews Phosa Om oor Afrika te vlieg is ’n topografie van landmeterskap wat aan die mistieke grens — die oog kan nooit lank genoeg rek — Breyten Breytenbach

Thomas Hanekom van Modimolle hou die yslike groot patat van 6 kg vas wat sommer so vanself in hul tuin in Springbokstraat opgekom het.

This vehicle runs on oats and grass While driving in Pennsylvania, a family caught up to an Amish carriage. The owner of the carriage obviously had a sense of humour, because attached to

the back of the carriage was a hand printed sign... “Energy efficient vehicle: Runs on oats and grass. Caution: Do not step in exhaust.”

Inwoners van Modimolle kry die skok van hul lewens toe daar ’n luislang van 3,5 m tussen die grafte by die dorp se begraafplaas rondseil. Die hulp van slangvanger Theunis Victor word ingeroep om dié glibberige kalant te kom verwyder.


Bladsy 18

www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST 22 Desember, 2017

Só vier hierdie lesers Kersfees X Andries vanHeyde der Heyde Andries van der

Bellinda Coetzer

Kersfees is ’n tyd waarin mense baie keer mooi herinneringe versamel. Die Pos het twee Bela-Bela-inwoners uitgevra oor hoe hulle Kersfees vier. Amanda Jansen van Vuuren, skoolhoof van Jinnah Park Primary School op Bela-Bela, sê daar is nie vir haar iets soos die spesiaalste Kersfees nie, want elke Kersfees is ’n spesiale Christusfees. “Ek begin met my kleintyd: Gerda (my kleinsus) het dit haar missie gemaak — met papier en ’n skêr toegerus. Alles wat sy gesien het, moes as ’n Kersgeskenk dien. Alles waarop sy haar hande kon lê, is toegedraai om as geskenke onder die boom te plaas.” Volgens Van Vuuren was die tafels altyd in groen en rooi opgetooi — oondskottels, borde, bakke vol kos en die oorskiet is die volgende dag as padkos gebruik. “Soos die jare aangestap het, is grootouers se sitplekke deur toffiekouers en neusgrawers ingeneem. Kersfees is altyd met ’n Kersdiens ingelei. Dit is waar ons ons krag vandaan kry. Daarom word Kersfees nie aan geskenke gemeet nie, maar aan herinneringe wat ons nooit sal vergeet nie.” Bellinda Coetzer, eienaar van Bellasolve en Kre8tive kids, Bela-Bela, het vertel: “Kersfees

is vir ons ’n spesiale stilstaan-tyd. Die jaar is so besig en ons hardloop soms by mekaar verby.” Volgens Coetzer staan hulle tydens Kersfees vir ’n oomblik stil om mekaar in die oë te kyk. “Die kinders kruip op ons skote en ons gesels om ’n kampvuur oor die jaar wat verby is en die jaar wat vir ons wink. Dit is ook vir ons ’n gee-tyd. Ons soek spesiaal geskenke uit en draai dit toe en sit dit onder die boom. “Die kinders se afwagtende gesiggies, skaterlaggies en dankbare armpies om ons nekke, is al wat ons nodig het om dit die moeite werd te maak. Kersfees is vir ons gesin ’n Christusfees. As die geskenke oopgemaak is en die kinders se opgewondenheid bedaar, maak ons tyd om as gesin die ware betekenis van Kersfees in ons harte vas te maak,” het sy gesê. “Ons gesels saam oor wat tydens Kersfees gebeur het en wat dit vir elkeen van ons beteken vir vandag, maar ook vir die jaar wat kom. Kersfees is ’n droomtyd. Die jaar is amper verby en daar is ’n paar dinge wat ons wil vergeet en ander wat ons in ons skatkis van herinneringe wegpak. “Dan haal ons die onvervulde drome uit en kyk watter ons dan in die nuwe jaar kan aanpak. Kersfees is ’n tyd van liefde, gee, vergewe, vergeet en droom. Dit is drukkie-tyd, liefde-tyd en motiveringtyd.”

Amanda Jansen van Vuuren

ONS HOOR... Bless us Lord, this Christmas, with quietness of mind; teach us to be patient and always to be kind. — Helen Steiner Rice ********** Christmas is not a time nor a season, but a state of mind. To cherish peace and goodwill, to be plenteous in mercy, is to have the real spirit of Christmas. — Calvin Coolidge ********** A Christmas candle is a lovely thing; it makes no noise at all, but softly gives itself away; while quite unselfish, it grows small. — Eva K. Logue ********** Christmas — that magic blanket that wraps itself about us, that something so intangible that it is like a fragrance. It may weave a spell of nostalgia. Christmas may be a day of feasting, or of prayer, but always it will be a day of remembrance — a day in which we think of everything we have ever loved. — Augusta E. Rundel ********** Christmas is the season for kindling the fire of hospitality in the hall, the genial flame of

charity in the heart. — Washington Irving ********** Don’t expect too much of Christmas Day. You can’t crowd into it any arrears of unselfishness and kindliness that may have accrued during the past twelve months. — Oren Arnold ********** The merry family gatherings, the old, the very young; the strangely lovely way they harmonise in carols sung. For Christmas is tradition time. Traditions that recall the precious memories down the years, the sameness of them all. — Helen Lowrie Marshall ********** He who has no Christmas in his heart will never find Christmas under a tree. — Sunshine Magazine ********** The joy of brightening other lives, bearing each others’ burdens, easing other’s loads and supplanting empty hearts and lives with generous gifts becomes for us the magic of Christmas. — W.C. Jones **********


DIE POS/THE POST

www.diepos.co.za

22 Desember, 2017

Bladsy 19

Groot opwinding met Kerstyd om die draai X Christie Steyn Christie Steyn Kersfees laat ’n mens toe om mooi en kosbare herinneringe te maak en laat ’n mens ook al die mooi herinneringe onthou. Die Pos het by inwoners van die Vaalwater-omgewing gaan inloer om te hoor wat hulle mooi herinneringe van Kersfees is. “Ons vier vanjaar ons eerste Kersfees saam met ons dogtertjie,” het Cornelia Erasmus, ’n onderwyser by Laerskool Alma, opgewonde vertel. Erasmus is oorspronklik van die Oos-Kaap, maar het liefde in Limpopo gevind. “Die eerste ding wat by my opkom as ek aan Kersfees dink, is familie en die feesmaal van kos. My ouma en haar dogters wat elkeen hand bysit om die kos voor te berei en my oupa wat gesellig saam met al die skoonseuns buite onder die groot koelteboom verkeer. Al 11 kleinkinders het kliphard gespeel met die hoop dat die aand vinniger sou aanbreek sodat Kersvader eindelik ons geskenke kon uitdeel.” “Dit was altyd lekker om as kind geskenke te kry, maar as ek nou terugdink is dit die familiesamekoms wat my as kind die gelukkigste gemaak het. “Geskenke het so duur geword en met die ekonomie wat so sleg is, is ver ry iets van die verlede. Ons besef nou hoe sentraal God in Kersfees is. Met kinders van ons eie, maak geskenke nie meer saak nie. Ons maak nuwe herinneringe en koester dié van die verlede. Die grootste geskenk wat God ons gee, is die gawe om te kan gee. Dit moet elke dag van die jaar ’n geseënde Kersfees wees. Ons moet elke dag vir mekaar die geskenk van liefde gee.” Die Pos het ook by burgemeester, Marlene van Staden, gaan inloer om uit te vind wat sy onthou van haar kinderdae en hoe sy en haar gesin nou die Kerstyd vier. “Ek onthou Kersfees as groot familiekuiers. Kinders met taai monde van al die waatlemoen, nat lywe in helder swemklere, braaivleisvure met wors, hoender en tjoppies. Groot bakke met slaai wat rondstaan op draadtafels met rooi en groen tafeldoeke. Groen grasperke, opslaan kampstoele onder koeltebome en gillende kinders wat rondhardloop.” “Ons het gelag, gekuier en my oupa, Jan Heystek, het altyd grappies vertel,” het Van Staden gesê. Van Staden vertel ook dat dit vir haar heerlik was om wakker te word met stemme en mense om die kombuistafel besig om vroegoggend koffie te drink en beskuit te eet. “Kersfees bly steeds ’n familiegeleentheid en hoewel ons tans beurte maak om by my ouers of my skoonouers te kuier, wens ek dat almal sommer op een plek kon saamtrek,” het Van Staden gesê. “Ek sien vanjaar weer uit na luilekker lê onder koeltebome, staaltjies uitruil oor die jaar se gebeure, warm weer en koel swembadwater. Ons beplan heerlike vleis op die braaivleisvure, koue slaaie, vars vrugte en soet nageregte,” het sy gedeel. “Kerstyd is ’n tyd om die Here te bedank vir al die goeie goed wat deur die jaar gebeur het. Dit gee ’n mens die geleentheid om rustig te raak en mekaar weer te waardeer en te geniet.” Die Pos het ook by Maxine Southerland van die Groenfontein-hoewes buite Vaalwater ’n draai gemaak. Southerland het vertel dat sy as kind nie in ’n ryk familie grootgeword het nie, maar dat haar tannie baie ryk was en elke jaar aan die begin van Desember ’n boks vol geskenke vir hulle gestuur het. “Ek en my suster het elke oggend vroeg opgespring om te gaan seker maak of die boks nog daar was. Dan het my ma so ’n week voor Kersfees ’n boom reggekry en die geskenke uitgepak,” het Southerland vertel. “Ons het altyd as kinders die liefde beleef.” “Nadat ek getrou en kinders gekry het, het alles om ons kinders gedraai,” het sy gesê. Sy het drie seuns en een dogter en nou is die bordjies verhang — Maxine se kinders bederf haar nou tydens die Kerstyd. “Hulle kom kook vir my, bring geskenke en ons kuier lekker saam. Ek word nou heerlik bederf en sien baie uit na Kersfees”

A Cornelia Erasmus van Alma saam met haar man, Joop, en hulle dogtertjie, Adel. Dié egpaar vier vanjaar hul eerste Kersfees saam met Adel.

B

Maxine Southerland van Vaalwater se kinders gaan haar hierdie Kersfees behoorlik bederf.

C

Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, en haar seun, Luan.


Bladsy 20

www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST 22 Desember, 2017

Die Pos se lesers het gróót omgeeharte Die Pos-kinderfonds is ’n gemeenskapsprojek wat nie sonder die hulp en bydraes van sakelui en individue by kinderwelsynsprojekte in die koerant se lesersgebied betrokke kan wees nie. Die grootste deel van die fonds se geldkoffers word aangevul deur sakeondernemings wat hul weeklikse wins op die verkope van Die Pos-koerant aan die kinderfonds skenk. Op Bela-Bela is dié ondernemings Pick n Pay, Maxi’s Restaurant, Sonskyn Motors, Vyfster Diensstasie, Shoprite, Intaba Indle-landgoed, Swift Diesel en Bosveld Diesel. Op Modimolle is dit Oppie Hoe-kie, Spar, Big L Meule, Pick n Pay, Hunky Dory, Modi Pets, Painted Words, Shoprite, Polfyntjie, Ster Radio, Cate-aBake, Nylstroom Vleismark, Bosveld Biltong Deli, Hunter Slaghuis, Wildevy Biltong Deli, Hoeksteen Aqua, Steers Total, Cup-a-Joy, Nantes Padstal en VKB Express. Op Mookgophong is dit Koedoe Motors, Springbok

Slaghuis, Big L Staal (Naboom) en Total Naboomspruit. Die Pos se anonieme mesmaker wat al vir etlike jare al wat ’n leser is se kombuisskêre en messe gratis skerpmaak en dan net ’n donasie vir die kinderfonds vra, sorg ook dat die fonds weekliks groei. ’n Mens kan ook nie genoeg dankie sê vir al die individue wat met die bydrae van hul sente en rande ’n groot verskil in kinders se lewens maak nie. Dankie ook aan Lorraine Haarhoff van Bela-Bela wat pragtige handgemaakte artikels ten bate van die kinderfonds geskenk het. Die Pos bestuur ook self ’n herwinniningsprojek by die hoofkantoor op Bela-Bela ten bate van die kinderfonds. Lesers van die omgewing kan gerus al hul ou papiere en boeke na dié kantoor in Minnaarstraat (oorkant die landdroskantoor) bring. ’n Herwinningsmaatskappy koop die papier per kilogram en dié geld word dan weer in die kinderfonds se koffer geplaas.

A

Willie Nel (regs), Die Pos se uitlegkunstenaar, oorhandig R5 000 van Die Pos-kinderfonds aan Carissa Tolken van Huis Talje, ’n tehuis vir verstandelik gestremde kinders.

C

B Die Abraham Kriel-kinderhuis op Midimolle se hoof, Gerda van der Merwe, ontvang ’n skenking van Die Pos-kinderfonds van Izobel van der Walt, Die Pos se ontvangsdame op Modimolle.

Anneline du Preez (links), finansiële beampte van Die Pos en The Beat, oorhandig ’n Kersskenking van Die Poskinderfonds aan Suréne Viljoen, Huis Tekna se operasionele bestuurder.

The first Christmas stamp was released in Canada in 1898. ********** It wasn’t until about 200 years after Christ’s death that Christians even thought about celebrating his birth. ********** Karen du Toit en Liza Swanepoel, maatskaplike werkers by die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) op Bela-Bela, ontvang R5 000 van Die Pos-kinderfonds van Bea Emslie, mede-eienaar van die koerant. Dié skenking sal aangewend word vir die CMR se jaarlikse Kerspartytjie vir hulpbehoewende kinders wat deur dié instansie versorg word.

D


DIE POS/THE POST

www.diepos.co.za

Die nood is groot by dié instansies wat omgee Die Life Esidimeni-verhore wat onlangs in Johannesburg plaasgevind het waartydens getuienis gelewer is oor die verskuiwing van verstandelik gestremde pasiënte na nieregeringsorganisasie (NRO’s) wat nie toegerus was om dié pasiënte te behandel nie, is met die aanbreek van Kersfees nog vars in SuidAfrikaners se geheue. Dit is steeds onbekend hoeveel pasiënte uit Life Esidimeni verskuif is, maar 115 is dood en ander het “vermis” geraak. Die hele Esidimeni-debakel is volgens kenners ’n goeie voorbeeld van die gebrek aan ondersteuning en empatie deur die regering aan instansies wat versorging bied aan die mees hulpelose mense in die samelewing. Welsyninstansies in Die Pos se lesersgebied het ook vanjaar swaar gekry omdat regeringsubsidies net summier gesny word of nie betyds uitbetaal nie. Dit blyk dat welsyninstansies baie laag op die regering se prioriteitslys is. Privaat skenkers en borge se bydraes aan dié instansies het weens die swak ekonomie ook dramaties afgeneem en daar is verskeie instansies in die Waterberg wat in 2017 nie eens oor genoeg geld beskik het om kos, diensterekeninge en personeel te betaal nie. Die Pos-kinderfonds se inkomste het ook die afgelope jaar afgeneem, maar waar die nood hoog was en welsyninstansies aan die fonds se deur geklop het, was daar meestal geld in die koffer om die gate te help toestop. Daar is gedurende 2017 skenkings gemaak aan die Abraham Krielkinderhuis op Modimolle en op Bela-Bela aan die Kutlwelo Bohloko PreSchool, die Christelike Maatskaplike Raad (CMR), Huis Talje vir verstandelik gestremde kinders, Huis Tekna (wat ’n veilige tuiste bied aan kinders wat uit hul ouerhuise verwyder is) en Siza Ngo Thando PreSchool. Vir navrae oor Die Pos-kinderfonds, rig navrae na dieposbea@icon.co.za(.)

ONS HOOR... The Christmas tree became popular in England in 1841 when Queen Victoria’s husband, Prince Albert, brought a Christmas tree over from Germany and put it in Windsor Castle. The royal couple were illustrated in a newspaper standing around the Christmas tree with their children, and the tradition of decorating a tree became fashionable. ********** Each year between 34-36 million Christmas trees are produced to cope with the holiday demand. ********** An old wives’ tale says that bread baked on Christmas Eve will never go mouldy. ********** Christmas pudding was first made as a kind of soup with raisins and wine in it. ********** Father Christmas has two addresses, Edinburgh and the North Pole. Letters addressed to “Toyland” or “Snowland” go to Edinburgh, but letters addressed to “The North Pole” have to be sent there because there really is such a place! **********

22 Desember, 2017

Bladsy 21

Plekke om te besoek as jy met Jan Tuisbly se karretjie ry X Christie Steyn Christie Steyn Met die swak ekonomie is daar heelwat gesinne wat hierdie vakansie tuisbly en kopkrap oor wat om te doen. Die Waterberg-omgewing is pragtig en daar vind soms dinge om ons plaas waarvan ons nie eens bewus is nie. Hier is ’n paar dinge om tyens die Kerstyd in die Vaalwater-omgewing te doen. Die restaurant Hunters Hide het ’n heerlike Kersdagbuffet teen R150 per persoon en vir Oujaar ’n stoepkuier en skoffel met snoephappies en vonkelwyn. Vir meer inligting skakel tel. 072 279 9255.

Die Waterberg-hotel is ongelukkig op Kersdag gesluit, maar hulle hou die Oujaarskuier op Saterdag, 30 Desember. Geniet ’n 80’s temapartytjie met worsbroodjies en verversings teen spesiale pryse. Pryse kan ook gewen word. Vir meer inligting skakel tel. 082 426 0844. Eventiera bied ’n Kersfeesmiddagete aan wat uit ’n voorgereg, hoofgereg en nagereg bestaan teen R175 vir volwassenes en R100 vir kinders. Hulle park is elke dag oop vir besoeke teen R85 vir volwassenes en R65 vir kinders. Besoekers kan ook litte losmaak by Eventiera se Oujaarspartytjie op

A lovely thing about Christmas is that it’s compulsory, like a thunderstorm, and we all go through it together. — Garrison Keillor ********** Have an ideal Christmas; an occasion that is celebrated as a reflection of your values, desires, affections, traditions. ********** A Christmas shopper’s complaint is one of long-standing. **********

Saterdag, 30 Desember, vanaf 17:00. Hulle bied spesiale pryse vir verversings, Bosveld-braaipakkette en vermaak vir die kinders aan. Vir meer inligting skakel die kantoor by tel. (014) 161 0672. Rivieroord hou ook op Saterdag, 30 Desember, ’n Oujaarsdans en –kuier met musiek, vure, pap en sous. Gaste moet hul eie vleis saamneem. Skakel tel. 082 566 7772 vir meer inligting. Lekhalo Zipline is ongeveer 30 km vanaf Vaalwater op die Dorset-pad en het ’n restaurant geopen. Geniet die Bosveld met ’n heerlike zipline-avontuur en iets om te drink en te eet. Skakel tel. 082 484 8622 vir meer inligting.


Bladsy 22

www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST 22 Desember, 2017

Só leef ons gesond Bea Emslie, bestuurshoof: Ek het hoofsaaklik gefokus op stap en gepoog om etlike kilometers af te lê omdat ek en my man in 2018 aan die Baviaans Camino (75 km oor vier dae) in die Oos-Kaap wil deelneem. Ek het reeds ’n paar “off road” tekkies aangeskaf. Dié tekkies is heelwat ligter as ’n gewone tekkie en indien ’n mens deur water stap (daar is baie bergpoele in die Baviaans) word dit baie vinnig droog. Op die foto is die “4x4”tekkies waarmee ek stap.

Die Pos het aan die begin van 2017 besluit om vanjaar ons jaar van gesond leef te verklaar.

Sommige personeellede het dit reggekry om gesonder te leef en ander, wel, volgende jaar is nog ’n jaar! Ons het vir ons personeel gevra wat is die een gesonde gewoonte waarmee hulle vanjaar volgehou het.

Petro Greeff, advertensiewerwer: Water! Die slim mense is reg wanneer hulle sê dat die liggaam water nodig het. Deur net twee of drie koppies tee of koffie per dag met water te vervang, en twee glase water saans te drink, kan ek ’n verskil in my gewig, sowel as my vel, sien. Dit kos niks, is geen moeite en jou hele liggaam funksioneer net meer doeltreffend.

Carina Bester, proefleser: Ek het vanjaar besef om kreatief te wees, is die beste manier om te ontspan en van werkstres ontslae te raak. Ek het ’n paar pottebakkersklasse bygewoon en dit was ’n heerlike manier om te ontspan. Hier is een van my bakke voordat dit geverf en gebak is.

Dion van Eck, uitlegkunstenaar: Stap is baie goed vir ’n mens se gesondheid. Ek het vanjaar ’n stapper geword, want elke staptog is deel van ’n mens se reis na goeie hartgesondheid. Navorsing toon om vinnig te stap, kan jou risiko van hoë bloeddruk, hoë cholesterol en diabetes laat daal.

Willie Nel, uitlegkunstenaar: Ná die uitdaging wat aan elkeen van ons gestel is om gesonder te leef, het ek besluit om vir elke gesinslid ’n fiets aan te skaf. Aan die begin het dit maar stadig gegaan, maar kort daarna het ons die ryery halfpad onder die knie gekry. Ek, my vrou en kinders ry gereeld die dorp plat en ek moet erken — dit is eintlik nie so erg soos ek gedink het nie. Dit is eintlik baie lekker!

Keina Swart, redakteur: Ek het vanjaar geen van my nuwejaarsvoornemens nagekom nie. Dit het vir die grootste deel van die jaar vir my gevoel asof ek lankal wou afklim van die wipwaentjie, maar hy ry só vinnig dat ek maar net bly klou het. Die enigste “gesonde” ding wat ek gedoen het, was seker maar om my daaglikse koffie-inname te verminder, maar koffie is steeds my groot swakpunt.

Izobel van der Walt, ontvangs: Ek glo aan ’n gesonde leefwyse en oefening. My oefenplan sluit ’n een uur sessie, vyf dae per week, by die gimnasium in. Ek drink ook baie water en skakel onnodige suiker uit my dieet. Vandat ek dit begin doen het, kan ek ’n groot verandering in my vel, liggaam en energievlakke sien, en ek het ook nie ongesonde vet wat opbou nie.

Lesley Barnard, uitlegkunstenaar: Ons het vanjaar gesonder kos probeer eet en ons suikerinname verminder. En dan het ek en my vrou ook gereeld vir Baba en Woef vir ’n stappie geneem.


DIE POS/THE POST

www.diepos.co.za

22 Desember, 2017

Bladsy 23

Só leef ons gesond Maria Oberholzer, advertensiewerwer: Ek het begin om vanjaar ’n gesonde ontbyt van hawermoutpap te eet. Ek gooi enigiets gesonds by die hawermout soos heuning, bessies, neute of vars vrugte. Dit is heerlik en hou daardie hol kolletjie op die maag lank vol.

Kotie Wagner, ontvangs: Ek het meestal hoenderborsies sonder vel gekoop pleks van ander vleis met vet en ook suiker uitgeskakel. Ek het ook probeer om vanjaar meer rou groente te eet.

Anneline du Preez, finansies: Wanneer my gesin lus is vir iets soets, probeer ek om iets gesonds te maak. Ek het byvoorbeeld ’n heerlike aarbeiyskastertresep wat met vetvrye aarbeijogurt gemaak word.

Maria Makwela, ontvangs: Ek stap gereeld en ver en teen ’n flink pas. Ek dink stap is die beste oefening wat ’n mens kan kry en boonop is dit gratis.

Andries van der Heyde, verslaggewer: Ek het in Julie ’n poging aangewend om op te hou rook en ek spog reeds met ’n paar maande se sukses. Om ’n jarelange gewoonte af te leer terwyl die wêreld moeiliker raak, is glad nie maklik nie. Ek het ook my oefengewigte by die huis uitgehaal en begin om oefeninge te doen wat my longkapasiteit kan bevorder. Aangesien ons verslaggewers baie agter ’n rekenaar sit, het ek ook rug- en maagspieroefeninge begin doen om die daaglikse stres te verlig.

Ronel van Jaarsveld, verslaggewer: Ek het probeer om meer gereeld agt ure se slaap in te kry, meer water te drink, te gaan stap en stysel vir groente te ruil. Ek was egter nie suksesvol in my pogings nie.

Christie Vermaak, verslaggewer: Ek weet nie of ek vanjaar gesonder geleef het nie, maar ek het wel besef ’n mens moet meer tyd maak vir familie en mense waarvoor jy lief is. Gesonde verhoudings, lekker kos en ’n glas wyn saam met jou gesin, is koekies vir die siel.


Bladsy 24

DIE POS/THE POST 22 Desember, 2017

BOEKEBLAD

Die Boendoesbaai-ding

Johanna

deur Rudi Venter (Human & Rousseau):

deur Cas Wepener (Protea Boekhuis):

Wanneer Eddie Jacobs twee mans hoor praat oor ’n rooftog jare gelede tydens die Boendoesbaai Derby perde-uithourit, is hy vasberade om die geheim te ontrafel. Kon so iets skokkends ooit in hulle kusdorpie gebeur? Wat sou van die geld geword het? En waarom lyk dit asof Lampies van Tonder op dieselfde tyd verdwyn het? Maryna Cloete, pal met haar neus in ander se sake, meng natuurlik dadelik in met sy planne. Hulle pad kruis ook met dié Von Dempter-neefs, Hein en Roelof, wat in die woonwapark kamp vir die vakansie. Hein is ’n branderplankryer en Roelof ’n varswaterhengelaar wat niks in die Boendoesrivier gevang kry nie, want iets verjaag die visse. Hierdie is ’n lekker spannende wie-het-dit-gedoen-storie vir tienerlesers.

Johanna is ’n roman oor die dood van ’n vrou, Johanna, en haar impak op die mense rondom haar se lewens. Johanna is homoseksueel in ’n tyd waar dit in George, waar sy grootword en die meeste van haar lewe woon, nie sosiaalaanvaarbaar is nie. Die verhaal word geskryf vanuit verskillende perspektiewe: dié van haar geliefde Muriel, haar pittige huishulp Nonna, haar effens verbitterde suster Elizé, haar dominee en haar susterskind, Willie, met wie sy ’n liefde vir letterkunde gedeel het. Johanna is ’n aangrypende roman oor die impak van ’n lewe binne ’n sekere milieu en kultuur. Dit getuig van goeie vakmanskap en ’n fyn aanvoeling vir menseverhoudinge, omgewing en atmosfeer. Baie geluk aan Liezel Potgieter van Bela-Bela wat al agt boeke op ons Boekeblad gewen het. Hoezit, Antie? Vrikkie hier deur Deon Visser, Die Boendoesbaaiding deur Rudi Venter, Johanna deur Cas Wepener, Die Goddelike komedie deur Cas Vos, Slot van die dag: Gedagtes deur Karel Schoeman, Afskeid van Europa deur Karel Schoeman, Ware mense deur Bart de Graaff, asook Dagstukkies vir besige vroue saamgestel deur Christelle WebbJoubert. Die Pos se gewilde boekekompetisie hervat weer in 2018.

www.diepos.co.za

Hoezit, Antie? Vrikkie hier

Die Goddelike komedie

deur Deon Visser (Human & Rousseau):

deur Cas Vos (Naledi):

Vrikkie Visser is ’n fiktiewe karakter wat die nasie se harte gesteel het met sy briewe aan sy “Antie”, in Volksblad en op Facebook. Hy het duidelik ’n snaar geraak en gou ’n groot aanhang verwerf. Vrikkie vertel van sy wedervaringe met sy oom Vissie, sy vriend Bra Pietie (draakstekery met Brad Pitt) en sy antie Velti, en praat oor alles van dieet tot rugby en landsake. Vrikkie, al kan hy nie spel nie, se briewe is vol menslikheid en ’n reuseskoot humor. Dit is storievertel op sy beste. Lesers sal lê van die lag omdat hulle die prentjies so voor hulle kan sien afspeel.

In hierdie bundel bied Vos ’n merkwaardige vertaling van dele uit die Divina Commedia van Dante Alighieri, stellig ’n hoogtepunt in die religieuse literatuur van die mensheid. Dit is ook die eerste Afrikaanse vertaling van Dante in digvorm. Dit doen Vos nie in blindelingse navolging nie, maar in skeppende aansluiting by Dante, in die vorm van tersines met ’n unieke skakelrym. ’n Uitdagende eienskap van hierdie werk is Vos se verbinding in sy eie poësie in die bundel van die relevansie van afstand en die relevansie van nabyheid. In voortsetting van sy vorige werk ontsluit hierdie oorspronklike gesprek van digter met digter ’n klassieke teks in Afrikaans.

Afskeid van Europa deur Karel Schoeman (Protea Boekhuis): In Afskeid van Europa, wat as Schoeman se laaste reisbeskrywing bedoel is, is aantekeninge oor twee kort besoeke aan ’n aantal Europese stede saamgevat. Dit behels ’n afskeid van Amsterdam en Berlyn, ’n eerste kennismaking met Dresden, ’n nadere kennismaking met Salzburg, en ’n meer uitgebreide verkenning van Wene. Afgesien van die element van afskeid, is dit Schoeman se belesenheid en sy vermoë om hede en verlede te skakel wat opval en hierdie boek ’n ryk leeservaring maak.

Ware mense deur Bart de Graaff (Protea Boekhuis): Goliat Yzerbek is die eienaar van Brandewijnsfontein — ’n groot stuk grond wat aan die Rietrivier grens. Tot ’n groep sendelinge dit afneem. Al sy pogings om die grond terug te kry, misluk. In 1864 steek ’n aantal Baster-families die Oranjerivier oor, onder leiding van Dirk Vilander — ’n kaptein met visie wat ’n nuwe toekoms vir sy volk soek. Maar teenspoed van alle kante is hul voorland. In Suid-Afrika en Namibië leef daar vandag duisende afstammelinge van die Khoi-Khoin — die “ware mense” van suidelike Afrika. De Graaff, ’n Nederlandse historikus en joernalis het in 2015 en 2016 verskeie besoeke aan SuidAfrika gebring. Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin op te spoor en aan die woord te stel. Ware mense is die uitvloeisel daarvan.

Slot van die dag: Gedagtes deur Karel Schoeman (Protea Boekhuis): Slot van die dag: Gedagtes is die skrywers se mymeringe oor ouderdom en die einde van die lewe, saam met verspreide herinnerings van ’n algemene aard, om ’n ryk geskakeerde beeld te verskaf van ’n skrywerslewe van byna tagtig jaar. Die reeks outobiografiese boeke wat met ’n Duitser aan die Kaap, Merksteen en Die laaste Afrikaanse boek begin het, word hiermee afgesluit. Dit is ’n baie persoonlike boek oor ouderdom, die skryfproses en selfbeskikking met kommentaar op oud word en wees, met inbegrip van praktiese wenke en heelwat inligting oor die moontlike en waarskynlike einde van die lewe. Die element van afskeid en gelatenheid is deurlopend. Die verwysings en aanhalings is treffend en spreek van iemand wat sy leeswêreld ook sy leefwêreld maak. Ten slotte verduidelik die skrywer sy bevrydende besluit oor selfdood.

Dagstukkies vir besige vroue saamgestel deur Christelle Webb-Joubert (Lux Verbi): Daar word deesdae baie van ’n vrou verwag. Hierdie dagstukkieboek is vir elke vrou wat maar al te goed weet dit is nie altyd so maklik nie. In Dagstukkies vir besige vroue deel bekende vroue boodskappe van hoop. Hulle wil die leser herinner dat hulle nie alleen is nie, dat hulle nie skaam hoef te voel wanneer die lewe hul oorweldig nie en dat hulle altyd maar kan vashou aan dié wete: Jou hemelse Vader ken jou, Hy weet wat jy nodig het en Hy sal jou nooit in die steek laat nie.

Besoek Die Pos se webtuiste: www.diepos.co.za


DIE POS/THE POST

www.diepos.co.za

22 Desember, 2017

Bladsy 25

Dek die perfekte Kerstafel vir jou geliefdes Kersfees is ’n tyd vir familie, omgee en beslis kreunende kostafels. Daar is oneindige maniere waarop Kerstafels versier kan word om die feesmaal nog feesteliker te laat lyk. Foto’s: Pinterest

B

A

Loer gerus op die internet vir stap-virstap-aanwysings en vou Kersboomservette.

C

Gebruik shwe-shwemateriaal om die tafels met ’n Afrika-tema te dek. Hierdie materiaal is in al die kleure van die reënboog beskikbaar en sal beslis sorg vir ’n uniekgedekte tafel.

D E Sit vir elkeen aan die tafel ’n boksie met tuisgebakte koekies op die bord as ’n ekstra bederf. Dennebolle is ’n eenvoudige manier om die natuur tafel toe te nooi. Met die boomstomponderborde en ander versierings uit die tuin, kan ’n mens ’n aardse Kerstafel dek wat nie te formeel is nie. Jennifer Bofinger, media spokeswoman for the animal rights group People for the Ethical Treatment of Animals, said despite the shabby treatment of deer in general, her organisation has not received any complaints about how Santa Claus treats his reindeer. — Los Angeles Times **********

Een of twee van hierdie boompies saam met ander versierings is ’n oulike manier om klein Kersboompies op die tafel te hê. Dit kan met liggies wat met batterye werk versier word, wat veral mooi sal lyk wanneer daar in die aand om die tafel gekuier word. Die beste van alles is die boompies gaan nie ná die Kersseisoen stof in ’n kas vergaar nie, maar kan in die tuin of in potte uitgeplant word.


Bladsy 26

www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST 22 Desember, 2017

Kinders weet waaroor Kersfees gaan X Andries der Heyde Andries van van der Heyde Die Kersvader-wenslysies is vanjaar maar kort vir die gr.1 tot 3-leerders van Laerskool Warmbad aangesien die meerste van hulle in hul briewe aan Kersvader gesê het dat die feesseisoen vir hulle oor meer as net geskenke gaan. Die gr. 3-leerders het Kersvader veral goed laat verstaan dat Kersfees oor Jesus se verjaardag gaan, om tyd saam met hul families deur te bring en dat vrede in hulle en ander se huise en onder mekaar moet heers. Die meeste het ook gevra dat Kersvader vanjaar eerder op die behoeftige mense fokus en vir hulle kos gee aangesien leerders onthou het dat hulle tafels met elke soort kos gedek sal word. Van hulle het tog erken dat dit darem baie lekker sal wees om geskenke te ontvang. Gelukkig vir hulle het Kersvader hom nie veel aan Swart Vrydag-aanbiedinge gesteur nie en vooraf voorraad gekry. Die gesogste geskenke waarvoor die leerders in hul briewe gevra het, was speelgoed en klere van die kinderfliek Frozen. Daar is veral ook baie wat vir selfone, tablette, fietse en afstandbeheertoestelle soos renvoertuie of helikopters vra. Die jonger meisies het poppe, teddiebere, Barbie-poppe, My little Pony-speelgoed, pophuise, verfgoed, kleurvolle plakkers, CD’s en oulike klere by hul wenslys gevoeg. Die seuns het Kersvader se arm probeer draai vir skopfietse, rolskaatse, regte motorfietse, horlosies, speelgewere en robotmanne. PlayStations, skootrekenaars, televisies en kameras het ook die lysies gehaal. Katte en hase was vanjaar gunstelinge op die dierewenslys. Ander het gevra vir luukshede. Om presies te wees: ’n Miljoen rand, ’n swembad en ’n vakansie by die see. Die leerders het in hul briewe aan Kersvader belowe dat hulle vanjaar hard gewerk het en selfs eerlik geskryf dat hulle soms stout was, maar baie jammer is daaroor. Hopelik sal hul eerlikheid beloon word met iets spesiaals onder die boom.

Isabel Beneke, ’n gr. 3-leerder aan Laerskool Warmbad, het gesê dat dit baie lekker is om geskenke te ontvang, maar dat hy moet onthou dat Kersfees oor Jesus Christus se geboorte gaan.

Anrike Schaafsma van Laerskool Warmbad is ’n groot aanhanger van die Disney fliek, Frozen, en het Kersvader mooi gevra vir soortgelyke speelgoed wat die Frozen-karakters in haar lewe kan werklik maak.

CJ Luüs het Kersvader mooi laat verstaan dat hy hard gewerk het. Hopelik sal dit Kersvader oorreed om die goed op CJ se Kersfeeswenslys vir hom te bring.

Jong Dienie Rooskrantz het Kersvader in haar brief herinner waar sy woon om te keer dat Kersvader nie verdwaal wanneer hy Pienaarsrivier op Oukersaand besoek nie.

Abby du Preez het aan Kersvader geskryf indien sy haar geskenk Kersfees kry, gaan sy dit vir God gee, want Hy is altyd by haar.


Alle kitskopies verskyn GRATIS op die Internet by diepos.linmedia.co.za

SMALLS KITSKOPIES

A Dynamic and affordable way to advertise your service or product

22 DESEMBER 2017 1. Allerlei/General 2. Besighede te koop Business for sale 3. Besigheidspersele te huur Business premises to let

Vir alle Huishoudelike Onderhoud & Konstruksie Geisers, dreine en nuwe installasies Gratis Kwotasies plumbsure@hotmail.co.za

Leon Reiners 083 272 1741

SPERTYD: SPERT YD: Dinsdae 13:00 / DEADLINE: Tuesdays 13:00

4. Besigheidsgeleentheid Property wanted Business Opportunities 8. Eiendom te huur 5. Boerdery/Farming Property to let 6. Bouwerk/Building 9. Eiendom te koop 7. Eiendom gevra Property for sale

Geseënde feesgety vir al ons kliënte • New Desktops • New Notebooks • Computer Repairs • Hardware • Software • Cartridges & Toners • Networking

Geseënde Kersfees en dankie vir u lojale ondersteuning Kontak: Malcolm 082 789 6924 of Astrid 082 783 7539

EK KOOP EN VERKOOP • SKAPE • BEESTE • BOKKE VIR KONTANT Raief 083 492 1170

Maria Oberholzer ADVERTENSIES OP BELA-BELA

Sel: 082 558 7184 Tel: 014 736-2723 Faks: (014) 736-3428

SM POMPE & BESPROEIING 99 THABO MBEKI DRIVE, MODIMOLLE

Tel: 014 161 0650 Bela Bela 014 161 0432 smpompe@gmail.com

Geseënde Feesgety en voorspoed vir 2018

Druklug boorwerk Pompe & besproeiing Pomp Installasies Toets van boorgate Spilpunte Instandhouding van pompe Herstelwerk aan pompe Elektriese werk

KOM KYK GERUS

Geseënde Kersfees en voorspoed vir 2018

Skakel Johan Marais: 082 978 5774

111b Thabo Mbeki Dr, Modimolle

CHRISTELIKE DVD’s gratis. Bybelstudies ook beskikbaar. Sms 072 359 9964.

Ons slag, sny en verpak volgens u behoeftes.

IN DIE HELE WATERBERGOMGEWING

014 717 1746 082 971 8034

WIL u graag u videos oorsit op ‘n DVD of u ou plate op ‘n CD sit? Kontak Bettie by 082 495 1901. (WB)

JUWELE. Ek koop enige ou goud en silwer juwele, al is dit gebreek. Skakel Corné van Rensburg by 082 492 9525 vir kwotasie. (t/c)(WB) K R O K O D I LV O E R gesoek. Kontak my vir enige diere wat pote in die lug lê. Nie langer as 1 dag dood nie. Ons tel op. Nylstroom. Barend 074 939 1030. (19/1)(WB)

ALL FARMERS & GAME BREEDERS if you have any carcasses that you need to dispose of for white lions and cheetahs at Thandeka Lodge and Spa, please feel free to contact us and talk to Lodge 010 591 8168, Lodge Emergency 079 344 1890, Sam 060 931 6574, Bertus 082 706 8860. (21/12/18) (WB) ALLE PLAAS- EN WILDBOERE, as julle enige karkasse het wat julle van ontslae wil raak. Ons het wit leeus en jagluiperds by Thandeka Lodge and Spa wat gevoer moet word. Asseblief kontak Lodge 010 591 8168, Lodge nood 079 344 1890, Sam 060 931 6574 Bertus 082 706 8860. (21/12/18) (WB)

6

Bouwerk Building

SEQURE: Retractable security barriers vir: trellie deure, roller shutter doors, diefwering. SABS goedgekeur direk vanaf die fabriek. Beste pryse! Renier Tredoux 082 200 7904 Faks: 086 524 5070. www.sequre.co.za epos tredouxr@lantic.net (NSR)

ALLE bouwerk, aanbouings, teëlwerk, verfwerk, loodgieterswerk, plafonne, staalwerk, grasdakke, houtdekke, plaveisel, afdakke, instandhoudingswerk. NHBRC geregistreer. Kontak Jimmy 082 894 5774. (22/12)(WB)

SKOOLKLERE beskikbaar by Finestwear vir Laerskool Nylstroom, Eenheid, Dagbreek, CVO, Cape to Cairo Lerato Creche asook Hoërskool Nylstroom. Doen ook herstel aan klere. Oop op Saterdae 8vm-1nm. Tamsenstr 21 Nylstroom. Estie van Der Walt 082 805 7904. (NSR)

RICKY’S STAALWERKE & NUTSMAN. Daklekke, sinkdakke, skadunet afdakke, diefwering, veiligheidshekke, elektriese hek motors en nutsman werk. Ek sal enige geskrewe kwotasie klop! Kontak 072 658 0738 / 082 697 7045. (22/12)(NSR)

5

Boerdery Farming

7

Eiendom gevra Property wanted

BOORGAT aanwysings. Toets my kennis en ondervinding. Gebied Pretoria en verder Noord (Ou Noord Transvaal). Tarief R7.00 per km eenrigting (vervoer) 1ste boorgat R1 000, daarna R700 per punt. Dirk 083 635 4852.

BESPROEIINGSPLASE gesoek. Waterberg Noord. Pam Golding Plaasverkope. Susanna Eckard 072 134 9466 / 014 755 3546. (22/12)

JH KONSTRUKSIE BK. Toets van boorgate met toegeruste toetswa. Lid van BWA. Herstel en installering van alle tipes waterpompe. Ingenieurs-ontwerpte tenkstaanders en hoë kwaliteit water- en septic tenks, teen die beste pryse. Water-krippe, voerbakke en selfvoerders ook beskikbaar. (groot voorraad). Vir professionele diens en ‘n gratis kwotasie, kontak Kosie Geyser by 082 492 6469 of Kobus Geyser by 084 580 6499. Ons lewer reeds meer as 20 jaar kwaliteit diens.(22/12) (WB)

Eiendom te huur Property to let

8

RONWIL VAKANSIE OORD – 2 slaapkamer woonstel R2 900 / maand, krag uitgesluit. 2 Slaapkamer, dubbelverdieping huis R3 200 / maand, krag uitgesluit. Skakel 014 740 0085 / 082 818 9596. (22/12) (WB) RUIM 2 slaapkamer woonstel, kaartkrag. Verkieslik senior burgers. Baie veilig, onderdak parkering. BelaBela. Skakel 082 389 3719.

Ricky’s Staalwerke & Nutsman • Daklekke • Sinkdakke • Skadunetafdakke • Diefwering • Veiligheidshekke • Elektriese hekmotors • Nutsman werk Geseënde Kersfees aan u almal en voorspoed vir 2018 BAIE DANKIE VIR U ONDERSTEUNING

072 658 0738 / 082 697 7045

22. Te Huur/For Hire 23. Te Koop/For Sale 24. Te Ruil/To Swop 25. Toebehore/Appliances 26. Troeteldiere/Pets

BOOMSLOPINGS Ten volle verseker

Computer Media Service

Allerlei General

19. Plante/Blomme Plants/Flowers 20. Pluimveë/Voëls *Poultry/Birds 21. Rekenaars/Computers

Professionele

Since 1992

GRATIS Christelike Dvd’s, sms net u naam en adres na 076 878 0468. (-t/c)

IN WARMB AD ARMBAD OMGEWING

14. Kitskopies/Quickies 15. Lewende hawe/Live stock 16. Meubels/Furniture 17. Musiek/Music 18. Opleiding/Training

CMS

1

HOENDER Slagpale

10. Finansies/Finance 11. Gesoek/Wanted 12. Groente/Vrugte Fruit/Vegetables 13. Herstel/Repairs

•SPUITVERF VAN DAKKE •ALGEMENE BOUWERK •ALGEMENE VERFWERK •AANBOUINGS

JM VERHURING 014 736 4241/072 566 0570. 1 Slaapkamer woonstel, R2 400 plus gelyke deposito. Môredou woonstelle. Eie water en krag. Beskikbaar 1 November 2017. Bela-Bela. NABOOMSPRUIT: 2 slaapkamer woonstel te huur, R3 200. 1 Slaapkamer woonstel, R1 500. Koopkrag plus deposito. Skakel 076 421 0432. (12/1) WARMBAD: Netjiese, privaat woonstel met parkering vir 2 motors. Krag en water ingesluit. Beskikbaar. Huur R3 800. Deposito R3 800 Kontak: 082 077 6651. (054) (t/c) BELA-BELA groot omheinde gerieflike 3 slaapkamer huis met dubbel geriewe met volledige 1 slaapkamer woonstel. Huur R6 500 deposito R6 500 water en krag uitgesluit. Streng keuring en kredietnavrae word gedoen. 083 455 2745. (22/12) BELA-BELA house, security village, 3 bedroom, 2 bathroom, 2 car garage, garden services R7 150 pm plus electricity and water. Deposit required. Call Rory 082 968 8509. (26/1)

9

Eiendom te koop Property for sale

PIETER WAGNER EIENDOMME. Sedert 1970. Ons kennis en ervaring is tot u beskikking. Waardasies, verbande, lenings, versekering, verhuring. Pieter Wagner Snr 083 601 2830. Gerda 082 563 4725. Adelene 082 948 4689. Anet 081 708 6756. Mark 083 560 5025. Lucille 076 349 2554. Albert 083 411 4741. Chris Hani straat 52, Bela-Bela, 014 736 2118, 083 601 2830, www.pwe.co.za (t/c) NABOOMSPRUIT Limpopo wildsplaas met lodge te koop as lopende saak. 8 Km buite Naboomspruit. 340 Ha, R10 miljoen. Kontak Michael 082 416 7107. HUIS te koop - Nylstroom. Pragtige ruim 3 slaapkamer huis, geleë in goeie buurt naby hoërskool. Prys R850 000. Kontak eienaar 064 750 9441. (22/12)(NSR) BOSVELDSIG sekuriteit aftree- oord. Nylstroom. Eenhede te koop of te huur. Ouderdomsbeperking 50 jaar. Kontak Nelie vir beskikbaarheid 014 717 3654 (NSR)

N Y L S T R O O M / MODIMOLLE 21 ha plot te koop. Omheinde grond (gedeeltelik met wildheining), 3 slaapkamerhuis, dam, 3 boorgate, perskeboorde, graslande. Kontak eienaar 079 314 7210. (NSR) BELA-BELA (Warmbad ) Wildsplase aangrensend 3 dele. Deel 1: 8ha @ R780 000. Deel 2: 8ha @ R780 000. Deel 1 en 2: Tesame 16ha is R1 500 000. 12 Ha @ R2 300 000. 2 Huise. Huis 1: 4 Slaapkamer. Huis 2: 5 Slaapkamer 4 badkamer – gastehuis. 1 Huis is bestaande gastehuis met lopende inkomste. Prima ligging op R516 op “Golden Mile” 5km vannaf Mabalingwe. Mooi bosveld met zebras, blesbokke en rooibokke. Skakel 082 416 7107. (23/3/18)

10

Finansies Finance

CASH LOANS, backed by registered, accreddited provider within 24 hours. T&C’s apply. Contact Paul Swanepoel 073 011 4322.

11

Gesoek Wanted

JUWELE. Ek koop enige ou goud en silwer juwele, al is dit gebreek. Skakel Corné van Rensburg by 082 492 9525 vir kwotasie. (t/c)(WB) HET jy oortollige voëls, papegaaie, hoenders, makoue, ganse of eende. Ook varke, bokke of skape. Skakel Pieter 082 328 2135 / 078 360 1695 of Magriet 082 655 9502 (WB)

15

Lewende Hawe Live Stock

ONS koop bokke, varke, beeste, skape, ens. Skakel Ouboet 078 101 2556 / 082 537 3083. (22/12)

16

Meubels Furniture

OORTOLLIGE meublement – ons koop dit vir kontant. Bergsig Meubels, 50 Thabo Mbeki, Nylstroom. 014-717 3096 / 084 500 0852. MEUBEL RESTORASIE van kaste, tafels, riempie stoele en banke, bal en klou meubels, ander houtwerk navrae is welkom, Skakel of WhatsApp Frikkie Botha op 073 687 9511. Na ure navrae ook welkom. (NSR)(22/12)

BERGSIG VERKOPE

Geseënde Kersfees en voorspoed vir 2018

klein of GROOT ALLE ADVERTENSIES WERK!

32. Vleis/Meat 33. Voer/Feed 34. Voertuie/Vehicles 35. Vroue/Women 36. Wapens ens./Weapons etc. 37. Werk gevra/Positions wanted

STEVEN’S

Geseënde Kersfees en voorspoed vir 2018 Gesluit 22 Des tot 8 Jan

084 560 7908 014 717 3096

22

Te Huur For Hire

BOSVELD TRAILER RENT vir goedere, meubels, beeste, dubbel en enkelaste. Volle versekering. 083 652 9617. (22/12) STOORRUIMTE te huur by Waterberg Self Stoor, Nylstroom 100 m van Pick n Pay. Toegeboude staalstruktuur met sekuriteit. Verskillende groottes beskikbaar vanaf R500pm. Geskik vir meubels, woonwaens, dokumente, fabriek- en winkelvoorraad, ens. Skakel gerus vir Wim 082 454 7764. (NSR)(22/12)

23

Te Koop For sale

SEILE te koop gebruikte versterkte PVC. Bela-Bela, Limpopo. Kontak 074 150 9964. (12/1/18)(WB) SINKE te koop: Tipe: IBR 0.5mm Z275 Galv. Lengte/ mm: 4850. Prys: R322/sink. Hoeveel: 108. Tipe: IBR 0.5mm Z275 Galv. Lengte/ mm: 4550. Prys: R302/sink. Hoeveel: 108. Tipe: IBR 0.5mm Z275 Galv. Lengte/ mm: 5600. Prys: R372/sink. Hoeveel: 60. Kontak Henco op 082 840 0319. (NSR)(12/ 1/2018)

28

TV & Video

VIR al u DSTV, antenna en klankstelsel probleme! Multi Choice geakkrediteerde installeerders. Ons installeer, verkoop en herstel in die hele lesersgebied. Skakel Christo 014 717 1551/014 717 1211/ 082 494 3132. (22/12)(NSR)

31

Vervoer Transport

VERVOER enige iets wat pas op 4 ton trok en of 2 ton sleepwa landwyd. Van lewende hawe tot meubels. Kontak 076 120 4967. (26/ 1)(WB)

Sk oonmaak v an: Skoonmaak van: • Ma tte • T eëls Matte Teëls • Bek leedsels Bekleedsels

082 539 7168

Geseënde Kersfees en voorspoed vir 2018 Kontak Jan Diederiks

082 898 6461

VERVOER enige iets, 12 – 24 ton vragmotor met hoë massa kante en baie seile. Eienaar bestuur self. Elbie 073 363 4418/ Riaan 073 913 7362/ Tinus 073 629 0102. (22/12)(NSR) SKAKEL ons vir kwotasies op alle trekke. Ons laai tot jou tuinklippe. Ons beskik oor 1 ton bakkie en 3 ton trokkie met 6m sleepwa. Kontak 076 557 9587. (22/12)(NSR)

32

Vleis Meat

HEERLIKE Upington vleis. Beste pryse. Lam R100/kg, skaap Gr C R76/kg en Gr B R87/kg, ½ of heel vark R57/ kg. Skakel Lynn by 082 453 1404. (t/c) (WB) LEES Die Pos gereeld en bly op hoogte van nuus.

33

Voer Feed

GROOT, ronde, gesonde grasbale te koop - 1.2 / 1.2. Skakel Wian 082 49 23261.

34

Voertuie Vehicles

EK KOOP byna alle 2de handse voertuie, bakkies, Ventures, kombi’s plus 3 ton trokke vir kontant. Ek is bereid om voertuie self op te tel. Skakel Unis by 082 959 9120 of 072 203 1614. (22/12)(WB)

35

Vroue Women

SPESIALISEER in meubelvervoer. 18 Jaar ondervinding. ‘Budget’/Mini

KLEIN advertensies word NIE telefonies aanvaar NIE. Gee dit asseblief betyds in.

(014) 736 4758 083 349 2982 / 083 664 8978

Tihema

Vir professionele en bekostigbare boomslopings. Probeer ons gerus.

ONS vervoer enigiets tot en met 16 ton. Veevoer, graan, stene, vrugte, groente, jou skoonma, meubels, implemente, ensovoorts. Skakel Hannes vir gewaarborgde kwaliteit diens op 079 087 9339. (NSR) (22/ 12)

PARFUUM te koop – Makkie’s Fragrances. Goeie gehalte. Wye reeks om van te kies, 50ml bottels nou ook beskikbaar. Kontak 076 047 2665. (t/c) (WB)

Skakel Piet Smit

BOOMSLOPINGS

trekke met toe trok of bakkie waentjie. Plaaslik vanaf R1 200. Pretoria vanaf R2 500. Kontak Koos 082 640 4817. (22/12)(NSR)

VERHUISINGS professioneel gedoen met toe vragmotor en opgeleide personeel. Eienaar bestuur. Gratis vragversekering. Na en van Gauteng, Noordwes, Vrystaat en Mpumalanga. Leon 083 454 8427. bemovedremovals@gmail.com. (NSR)

Elekt. Instandhouding Nuwe Installasies Bou en installering van outo-matiese hekke Interkoms

38. Wild/Game 39. Woonwaens & sleepwaens/ Caravans & trailers 40. Akkommodasie 41. Opsitkers 42.Kennisgewings/Legals

MATTE

Geseënde Kersfees

Hillhorst str. 16, Bela-Bela 24 UUR DIENS

Geseënde Kersfees en Voorspoed vir 2018

STRENG KONTANT / STRICTLY CASH

MATSKOONMAAKDIENSTE

Elektries & Spares

TE HUUR

PRYS/ PRICE: R40 (20 woorde/words) NO SMALLS WILL BE TAKEN BY PHONE! GEEN KITSKOPIES WORD TELEFONIES AANVAAR NIE!

Stempels, Meubels 2nd en nuut, Beddens & Matrasse, Skoonmaakmiddels, Besems & Borselware

Agapé

TLB KONTAK: 079 244 2600 072 613 4269

27. Tuin & Huis/Garden & Home 28. TV & Video 29. Vakansie/Holiday 30. Verlore & Gevind/Lost & Found 31. Vervoer/Transport

NABOOMSPRUIT: Jurina Eiendomme (014) 743 3802 WARMBAD (Die POS Hoofkantoor/Head Office): Minnaarstr. 7, 014 736 3903 /2723 NYLSTROOM: Die POS, Kerkstraat 105 (014) 717-1774 OF POS DIT/OR POST IT: Posbus/P.O. Box 16, Warmbad 0480

ADVERTENSIES OP MODIMOLLE

Gemiddeld 25 000 lesers per week! On average 25 000 readers per week!

GEE IN BY / HAND IN AT:

STEEK JOU NEK UIT Adverteer! Ma

Petro Greeff Tel: (014) 717-1774/6 Sel: 082 421 4429 Faks: (014) 717-2191 e-pos:

diepospetrogreeff@gmail.com

tte

WARMBAD BLINDERS

BAMBOES EN HOUT• Vertical • Venetiansen Rolblinders. (014) 736-3817 a/u 082 359 5090


Bladsy 28

diepos.linmedia.co.za / www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST 22 Desember, 2017

Holy Humor:

QUERIES (advertisements) Queries about the standards and principles of advertising may be sent to: The Secretary, Advertising Standards Authority of South Africa, P.O. Box 41555, Craighall, 2000. The telephone number is: (011) 781 2006.

EIENDOMME

The minister was preoccupied with thoughts of how he was going to ask the congregation to come up with more money than they were expecting for repairs to the church building. Therefore, he was annoyed to find that the regular organist was sick and a substitute had been brought in at the last minute. The substitute wanted to know what to play. “Here’s a copy of the service,” he said impatiently. “But, you’ll have to think of something to play after I make the announcement about the finances.” During the service, the minister paused and said: “Brothers and Sisters, we are in great difficulty; the roof repairs cost twice as much as we expected and we need $4,000 more. Any of you who can pledge $100 or more, please stand up.” At that moment, the substitute organist played “The Star Spangled Banner.” And that is how the substitute became the regular organist! ******** People want the front of the bus, the back of the church, and the centre of attention.

Maklike Kerskoekresep Kerstyd is baktyd, en wat is nou lekkerder as ’n Kerskoek? Hierdie resep, wat op die internet die ronde doen, is seker die maklikste (of dan eerder lekkerste) resep ooit. Bestanddele: • 1 koppie water • 1 teelepel koeksoda • 1 koppie suiker • 1 teelepel sout • 1 koppie bruinsuiker • suurlemoensap • 4 groot eiers • neute • 1 bottel brandewyn • 2 koppies droëvrugte Metode: 1. Proe die brandewyn om die gehalte te toets. 2. Neem ’n groot mengbak en proe die brandewyn. 3. Maak seker dis die beste gehalte, skink een koppie vol en drink dit. Herhaal. 4. Skakel die menger aan. Klits een koppie botter in ’n bak.

5. Voeg ’n teelepel suiker by. Klits weer. 6. Maak seker die brandewyn is sjteeds goed. 7. Drink nog ’n koppie vir die wis en onwis. 8. Skakel die menger af. 9. Breek twee eiers, gooi dit en die droëvrugte by. Tel die vrugte van die vloer af op. 10. Meng die skakelaar aan. 11. As die droëvrugte vassjit, sjkroewedraaier dit losj. 12. Proe die brandewyn vir gifterigheid. Sif nou twee koppies sout of so iets. Wie gee om? 13. Proe die brandewyn. Sif die suurlemoensap, dreineer die neute en gooi ’n tafel by. Dan een lepel sjuiker, of sjo ietsj. Wat jy ook al kan kry. 14. Smjeer die oond. Draai die koekpan 360° en moenie val nie. 15. Menger die afskakel. 16. Gooi die bak deurrie venster en drunkie laasjte brandewyn op. 17. Gekersde Seënfees!

DIENSGIDS SERVICE GUIDE AC VERKOELING HERSTEL YSKASTE, LUGVERKOELING & WASMASJIENE INSTALLEER EN DIENS NUWE LUGVERKOELING

Geseënde Kersfees en dankie vir u lojale ondersteuning Joe Slovo str 114, Nylstroom Riaan v Jaarsveld

Tel: 082 891 9888

NOODHULP DIENSTE

Herstelwerk van:

Yskaste, Stowe Wasmasjiene Tuimeldroërs Mikrogolfoonde Lugversorgers Elektrieseware Speedqueen- wasmasjien & Whirlpool-wasmasjien Bela-Bela Kantoor 014 736 2575 Dauw 083 940 6304 Nelie 082 379 3318 e-pos: dauwbotes@gmail.com

CHIROPRACTOR CHIROPRAKTISYN

NOU WEER WEEKLIKS BESKIKBAAR

DR G VAN R OO YEN ROO OOYEN 082 828 8685

Kroepstraat 72, Nylstroom

Contact: 083 399 0346 (014) 736 6175

KLIP VULSEL TUINGROND SAND & STENE Oktaanstraat 1612, Industriële gebied. Nylstroom (014) 717-3606

Koos de Wet Meubel Vervoer

014 717 5186 / 076 598 9265

Tweedehandse staal Grinding lemme Omheiningsmateriaal Industriele gas Conveyer belt Welding Benodighede

Baie dankie aan ons kliënte vir u lojale ondersteuning. Geseënde Christusfees

(ISO 2000)

INDUSTRIËLE GEBIED, NYLSTROOM

Kontak Renier Tredoux: 082 200 7904. Fax: 086 517 5569 www.sequre.co.za. E-pos: tredouxr@lantic.net

082 652 7460 Faks: 086 718 2434 084 208 3624

VERVOER

BeMOVED VERHUISINGS Leon 083 454 8427

EIENAAR BESTUUR SELF

• Toe vragmotors • Telefoniese kwotasies Baie dankie vir u getroue ondersteuning gedurende die afgelope jaar. Net die beste vir u elkeen vir 2018.

bemoved@hotmail.co.za

CONTROL SPUITDIENSTE PUMA PEST WATERBERG DISTRIK

CASH FOR SCRAP

Geseënde Christusfees en voorspoed vir 2018

Gerrit Botha

Geseënde feesgety vir al ons kliënte

NYLSTROOM SKROOTHANDELAARS

Retractable Security Barriers

Skakel

Josef Botes

IS JOU NEK TE SEER OM HIERDIE ADVERTENSIE TE LEES?

Vir: • TRELLIE DEURE • ROLLER SHUTTER DOORS • DIEFWERING SABS goedgekeur Direk vanaf die fabriek. Beste Pryse!

Vir ’n puik boorgat óf skoonmaak óf dieper boor

Dankie vir u lojale ondersteuning in 2017. Bou hierdie feestyd die mooiste herinneringe saam met vriende, bEiena est ar familie en kennisse. Stap 2018 seluur f binne met ’n positiewe uitkyk.

Kontak 082 640 4817 Geseënde Feesgety en Voorspoed vir 2018

Vir professionele diens en goeie gehalte produkte skakel ons gerus.

KOOS PRETORIUS 079 355 2870

Wolmaransstr 7, Modimolle waterbergverkoeling@gmail.com

Kantoor 071 691 5681

WATERBERG VERKOELING Ons diens/herstel en installeer die volgende: • • • • •

Yskaste Lugversorgers Koelkamers Hergas oor Enige elektriese g e r k toestelle wer d

Ons die lan

Moenie dat Termiete jou huis ook opvreet nie! Geseënde Kersfees aan al ons kliënte en mag 2018 vir u baie voorspoed inhou. Pest Control geakkrediteer by Pest Control Raad. Reg: C20050904 PUM

SKAKEL VIR GRATIS KWOTASIE

Joeks 083 673 0808. Pieter 082 761 0748 Ons doen ook enige ander PLAAGBEHEER EN BOSBEHEER.


DIE POS/THE POST

www.diepos.co.za

Jong Modimolle-leerders deel hul wense vir Kersfees A

Zualize Booyse, ’n gr. 3-leerder van Laerskool Nylstroom, droom van ’n spierwit perd vir Kersfees.

B Kara van der Merwe wat in gr. 2 in Laerskool Nylstroom is, wil baie graag ’n kat hê.

C

Louis Erasmus het genoeg daarvan gehad dat Kersvader op sulke ongeleë tye geskenke aflaai en skryf dat hy hom graag sal wil ontmoet en blad skud.

D

E

X Ronél Jaarsveld Ronel van van Jaarsveld Om ’n hele jaar lank soet te wees en uit die kwaad te bly, sit nie in elke kind se broek nie. As ’n mens so na die Kersbriefies kyk wat laerskoolkinders aan Kersvader geskryf het, is Modimolle bevoorreg met besondere soet kinders — of so beweer die jongelinge wie se briewe ons gelees het! Die Pos het ’n skelm kykie in Kersvader se possak gehad en kon kyk wat van die leerders van Laerskool Nylstroom se hartsbegeertes vir Kersfees is. Terwyl die grootmense hul gedagtes besig hou met kommer oor die land se ekonomie en politiek, hul geldsake en menseverhoudings, leef die kinders nog in ’n beskermde droomwêreld waar ’n vreemdeling op die dak hul nog na die koekies en melk laat gryp eerder as die pepersproei. Troeteldiere is vanjaar hoog bo-aan die lys en veral meisies droom van perde — ’n wit perd met ’n wit saal, net soos in die kinderstories. Klein katjies is ook op die lys, asook ’n langer leeftyd vir ’n geliefde gesinshond. Die seuns droom drome van All Black-rugbytruie (verlede jaar was dit Springboktruie!), fietse en gewere. Kersvader sal, soos vorige jare, sy hande vol hê om almal gelukkig te hou.

Peet Bothma in gr. 3 by Laerskool Nylstroom, wil graag ’n All Black-rugbytrui in sy Kerskous hê.

Anri Briel, in gr. 3 by Laerskool Nylstroom, is bekommerd oor Kersvader se gesondheid en hoe dit sy vermoë om geskenke betyds af te laai sal beïnvloed.

22 Desember, 2017

Bladsy 29


Bladsy 30

www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST 22 Desember, 2017

Skolenuus Wat maak die kinders daar? Die Bosveld kan sommer baie trots wees op die kinders wat hier gebore en getoë word. Kyk maar net hoe presteer ons skoolkinders.

ONS HOOR... Die 54ste Bosveldinterhoër word op Saterdag, 25 Februarie, by Hoërskool Frikkie Meyer op Thabazimbi aangebied. Frikkie Meyer is die wenners op die atletiekveld met Piet Potgieter tweede, Ellisras derde, Ben Viljoen vierde, Hoërskool Nylstroom vyfde, Hans Strijdom sesde en Warmbad sewende. Op die foto is die Warries se Thapelo Mhlanga wat eerste in die o.19seuns 800 m en 1 500 m geëindig het.

Hoërskool Nylstroom is vanjaar die skitterendste skool wat matriekuitslae betref. Elizza Frey behaal agt onderskeidings en Rickus Pretorius sewe. Rickus is verder die derde beste leerder in die Waterberg-distrik met ’n gemiddeld van 92% en Elizza is die beste in die provinsie in lewenswetenskap (94%), Engels eerste addisionele taal (95%), lewensoriëntering (97%), fisiese wetenskap (98%), asook rekenaartoepassingstegnologie (99%). Sy is die nommer een presteerder in die Waterberg met ’n gemiddeld van 95%.

“It’s not easy to become an angel! First, you die...Then you go to heaven, then there’s still the flight training to go through. And then you got to agree to wear those angel clothes.” — Matthew, 9 ********** “I only know the names of two angels: Hark and Harold.” — Gregory, 5 ********** “Everybody’s got it all wrong. Angels don’t wear halo’s anymore. I forget why, but scientists know all about it now.” — Olive, 9 ********** “Angels work for God and watch over kids when God has to go do something else.” — Mitchell, 7 ********** “My guardian angel helps me with math, but he’s not much good for science.” — Henry, 8 ********** “Angels don’t eat, but they drink milk from holy cows.” — Scooter , 6 ********** “Angels talk all the way while they’re flying you up to heaven. The basic message is where you went wrong before you got dead.” — Daniel, 7 ********** “When an angel gets mad, he takes a deep breath and counts to ten, and when he lets out his breath, somewhere there’s a tornado.” — Regan, 5


DIE POS/THE POST

www.diepos.co.za

22 Desember, 2017

Bladsy 31

Skolenuus B

Laerskool Nylstroom vier vanjaar hul 50ste verjaardag. Só het die skool se eerste klein skoolgeboutjie 50 jaar gelede gelyk. Dié geboutjie was waar die Strijdomstandbeeld vandag in Thabo Mbekistraat staan en is aanvanklik as skool vir hoër- én laerskoolleerders gebruik.

Groot verjaardae, sportdae en gewetenlose boewe by skole • Hoërskool Warmbad vier vanjaar 70 goeie, geseënde jare. Die skool, wat in 1947 tot stand gekom het as Roxana Junior Hoër is in 1953 tot volwaardige hoërskool verklaar. Die Warries vier in Julie sommer ’n weeklange fees om dié gebeurtenis te herdenk. • Die jaarlikse Bokkieweek, wat in die wintervakansie by Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong aangebied word, is soos altyd, ’n reusesukses. Volgens Rudolf de Vos, een van die hooforganiseerders van die week, woon ongeveer 9 000 mense die openingsaand by. • Hoërskool Warmbad vier in Julie die skool se 70ste verjaardag met ’n groot fees en verskillende aktiwiteite. • Laerskool Eugène N. Marais op Mookgophong vier in

Augustus hul 107de verjaardag. Naboomspruit Laerskool — soos die skool aanvanklik bekendgestaan het — is op 3 Augustus 1910 deur ’n ene meester Kromhout met ’n klompie kinders in ’n sinkvertrek begin. • Verskeie laerskole in Die Pos se lesersgebied word vanjaar die teiken van boewe wat die skool se hele rekenaarsentrum leeg dra. Van die skole loop selfs drie keer deur nadat hulle versekeringseise uitbetaal en hulle verlore voorraad aanvul. Laerskool Warmbad se rekenaarsentrum word in Oktober vir die derde keer leeggedra. Laerskool Eugène Marais op Mookgophong ly ook in Oktober derduisende rande se skade toe diewe die skool se rekenaarsentrum leegdra.

ONS HOOR... “Angels have a lot to do and they keep very busy. If you lose a tooth, an angel comes in through your window and leaves money under your pillow. Then when it gets cold, angels go north for the winter. — Sara (6) ********** “Angels live in cloud houses made by God and his son, who’s a very good carpenter.” — Jared (8) ********** “All angels are girls because

they gotta wear dresses and boys didn’t go for it.” — Antonia (9) ********** “Some of the angels are in charge of helping heal sick animals and pets. And if they don’t make the animals get better, they help the kid get over it.” — Vicki (8) ********** “What I don’t get about angels is why, when someone is in love, they shoot arrows at them.” — Sarah (7)

A

Bosveldspruitjies Kleuterskool op Bela-Bela vier in September hul 40ste verjaardag. Op die foto is Loua Boshoff, huidige voorsitter van die skool se beheerliggaam, en Christa Snyman, skoolhoof, tydens die onthulling van die skool se nuwe gedenkplaat. Die ou gedenkplaat het oor die jare verlore geraak.


Sport Die Waterberge is ideaal vir sportbeoefening — die weer is gunstig en geleenthede volop — of jy nou hou van fietsry, stap, swem of vlieg.

A

Die agtste Taildragger Fly Inn, wat in Julie op Modimolle gehou word, lok weer honderde vliegentoesiaste van regoor die land. Ten spyte van erge wind woon sowat 100 vliegtuie van regoor die land die lugskou by.

Wian Süllwald, oudinwoner van Bela-Bela, word in Maart in die Vrystaat as nuwe nasionale driekampkampioen gekroon. Süllwald verteenwoordig Suid-Afrika vanjaar by verskeie wedlope tuis en oorsee.

D

B Estelle Paul van Bela-Bela skitter in die vroue-afdeling van die Comradesmarathon in KwaZulu-Natal. Sy voltooi die wedloop in 09:03:40. Johan Koch van Modimolle hou die Waterberg-manne se naam hoog in ’n tyd van 07:25:38.

C

Die Kranskop Cycle Challenge is een van die hoogtepunte onder ywerige fietsryers en lok weer ryers van oral oor. Ryers van die 109 km gee hier die laaste bietjie krag voordat hulle oor die eindstreep jaag. Foto: Herman Steyn Meer as 1 100 atlete daag op Saterdagoggend, 12 Augustus, by Forever Resorts Warmbaths op vir die sewende Standard Bank 5150driekampbyeenkoms. Die atlete moet 1,5 km by die oord se ski-dam swem, 40 km fietsry en 10 km hardloop.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.