Die Pos 18 Mei 2018

Page 1

Gregan vir sewe jaar tronk toe gestuur

2

Peterson-verdagte wil vra vir borgtog

3

Marlene Humphries sterf

4

®

18 Mei 2018

R8.00

Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof Vier rowers het die egpaar vermoedelik in hul slaapkamer oorval nadat hulle die voordeur met ’n koevoet oopgebreek het. Andries van der Heyde

Brrrrr in die Bosveld Die winter is hier — ook in die Bosveld. Sthiamo Monawa, Hendrik le Roux en Cayla Gazet du Chattelier, al drie Grd R-leerders aan Bosveldspruitjies Kleuterskool in Bela-Bela, is reg vir die skielike vlaag koue. Lees ook op bladsy 9 hoe Die Pos se lesers die koue besweer. Foto: Andries van der Heyde

Twee verdagtes is op Dinsdag 8 Mei in Winterveld, Soshanguve, in hegtenis geneem nadat Hennie en Marie Coertze by hul huis op die Alma-pad buite Bela-Bela vasgebind en beroof is. Die Coertze-egpaar is dr. Roelof Coertze, mediese praktisyn van Bela-Bela, se bejaarde ouers. Vier rowers het die egpaar vermoedelik kort ná 01:00 in hul slaapkamer oorval nadat hulle die voordeur met ’n koevoet oopgebreek het. Die egpaar, wat in hul sewentigs is, is vasgebind terwyl die rowers die huis geplunder het. Verskeie waardevolle items, asook die egpaar se twee voertuie, is gesteel. ’n Woordvoerder van die Heritage Protection Group (HPG) het in ’n verklaring gesê die polisie het, in

samewerking met lede van HPG, dieselfde dag ’n verdagte in Winterveld met die gesteelde bakkie aangekeer. Nog ’n verdagte, ’n vrou, wat glo die egpaar se gesteelde kragopwekker in haar besit gehad het, is ook in hegtenis geneem, het lt.kol. Abel Phetla, speurtakhoof, aan Die Pos gesê. Die ander verdagtes word volgens hom nog gesoek. * Die verdagtes, Albert Ndlovu en Mildred Makondo, het op Donderdag 10 Mei in die Bela-Belalanddroshof verskyn. Hulle word aangekla van huisroof met verswarende omstandighede, asook vir die besit van gesteelde goedere. Ndlovu is volgens die polisie ’n Mosambieker. Die saak is na Donderdag 17 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

8


Bladsy 2

DIE POS/THE POST 18 Mei 2018

NUUS/NEWS

www.diepos.co.za

Prokureur vir sewe Tronklewe is ‘baie erg’ jaar tronk toe gestuur Manthatha het Gregan (56) op Woensdag 9 Mei sewe jaar tronkstraf opgelê vir die R7 miljoen wat hy van Absa gesteel het. Absa het in Maart 2010 per abuis ’n betaling van R7 miljoen na Gregan se trustrekening verdubbel. Lynne Ferguson van Absa se regsafdeling, het vroeër tydens die hofsaak getuig dat die duplisering eers maande later aan die lig gekom het en dat hulle ná gesprekke met Gregan besef het dat die geld weg is. Die prokureursgetrouheidsfonds het Absa intussen met R10 miljoen (die gesteelde bedrag plus rente) vergoed. Gregan is ook tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir R455 000 wat hy in 2007 by ds. Wynand Rademeyer gesteel het in ’n eiendomstransaksie op die dorp. Hy is ’n verdere drie jaar opgelê op ’n diefstalklag waarin hy nooit R55 079, wat deur ’n Sydney Gregan. werkgewer in sy rekening inbetaal is ná ’n loongeskil, aan sy kliënt oorbetaal het nie. Ronél van Jaarsveld Dié twee klaers het geen vergoeding vir hul skade ontvang nie. Die landdros het beslis Sydney Gregan, ’n voormalige prokureur dat die vonnisse gelyklopend uitgedien van Modimolle, is word. sedert verlede week Gregan het aanagter tralies nadat hy vanklik skuld ontken Sydney Gregan, sewe jaar tronkstraf op die klagte, maar voormalige opgelê is op drie het verlede Novemaanklagte van ber skuld beken op prokureur van diefstal, waarvan een die drie diefstalaanModimolle, is tot R7 miljoen beloop. klagte. sewe jaar tronkstraf Hy is aanvanklik Gregan se aansoek om verlof tot appèl is ook aangekla op gevonnis op klagte geweier. Adv. Dries twee aanklagte van van diefstal. van Rensburg, bedrog en oortreding senior staatsaanvan die prokureursklaer, het gesê Gregan se regspan het ook wet, maar is vrygespreek omdat die staat, aansoek gedoen om borgtog hangende ’n volgens landdros Manthatha, nie genoegpetisie tot appèl. Dit is ook deur landdros same bewyse daarvoor aan die hof voorgelê Pieter Manthatha van die hand gewys. het nie.

’n Argieffoto van Jaco Bogaards van Modimolle op die dag van sy vrylating uit die tronk in 2014. Bogaards is ingewag deur vriende en geliefdes en sê die wete dat mense vir hom gewag het, is een van die dinge wat hom staande gehou het in dié donker tyd. Foto: Herman Steyn

Ronél van Jaarsveld Die tronk is nie maklik nie. Eensaamheid, vrees vir jou medegevangenes en die konstante geraas om jou is ’n nimmereindigende metgesel. Só vertel Jaco Bogaards van Modimolle in ’n onderhoud met Die Pos nadat sy voormalige regsverteenwoordiger, Sydney Gregan, verlede week tot sewe jaar tronkstraf gevonnis is. Nee, dit gaan nie vir hom ’n maklike tyd in die tronk wees nie, het Bogaards gesê. “Dit is iets wat ek niemand toewens nie. Die lewe in die tronk bring ’n mens in kontak met die lelike in die lewe en verg ’n hengse aanpassing.” Bogaards is in April 2013 tot drie jaar tronkstraf gevonnis omdat hy skuiling aan twee ontsnapte Boeremaglede op sy plaas buite Modimolle gebied het. Hy het 18 maande van die vonnis uitgedien en is daarna op parool vrygelaat. Die Pos het Bogaards gevra oor die lewe in die tronk en wat hom daardeur gedra het. “Ek dink die familie kry dikwels die

swaarste en moet selfs nog groter aanpassings maak. Dikwels is dit die broodwinner wat toegesluit word en moet die gesin ’n ander plan maak om geldelik te oorleef. Empatie en praktiese steun vir hulle is baie belangrik. “Gedurende die eerste ses maande word geen kontakbesoek toegelaat nie. ’n Mens sit in ’n ry en moet deur glas met jou familie praat. Dit is baie onpersoonlik en almal luister wat jy sê. In dié tydperk het ’n gevangene min voorregte. “Die eerste week of twee was vir my die ergste. Die selle is dikwels oorvol met meer as ’n honderd mense. Jy het nie noodwendig ’n bed om op te slaap nie en het geen privaatheid as jy stort of badkamer toe gaan nie. Higiëne is ook nie dieselfde as waaraan ’n mens gewoond is nie en dikwels is jou eetgerei nie eens skoon nie. “’n Mens word konstant geestelik en fisiek só getart dat jy naderhand nie meer weet watter kant toe nie. Jy slaap met een oog oop. Mense se humeure vlam maklik op omdat hulle gefrustreerd is en baie van hulle is geharde misdadigers,” het hy gesê. Hy vertel dat hy dankbaar was toe hy van die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria na die Odi-gevangenis in Mabopane geskuif is omdat daar ’n binnehof met gras en kwikstertjies was. “Ek kon vir die eerste keer die son en blou lug sien. Voorheen was daar nie eens ’n venster om by uit te kyk nie,” het hy gesê. Hy vertel dat hy dit gemis het om te kon oefen. “Daar was ’n gang van 18 m x 4 m. Ons het op-en-af gestap tot ons 5 km ver gestap het net sodat ons kon oefen.” Om te kan lees was ook iets waarna hy gehunker het. “Mense verromantiseer die tronk. Dit is nié soos in die Vyfster-televisiereeks nie,” het hy gesê. “My geloof het my deur die moeilike tyd gedra en ook die wete dat my gesin vir my wag. Ek kan nie dink hoe ’n mens dit sal oorleef as jy nie so iets het om aan vas te hou nie. “Ek het vandag groot waardering vir die klein dingetjies in die lewe wat ’n mens as vanselfsprekend aanvaar.”


NUUS/NEWS

www.diepos.co.za

Verdagte in moordsaak kry dalk borgtog A

Andries van der Heyde Dit lyk asof een van die mans wat verdink word van die moord op Cecil (83) en Pattie (73) Peterson, ’n bejaarde egpaar van Bela-Bela wat in September 2017 op hul plaas TNT Trading aangeval is, ’n kans het om wéér om borgtog aansoek te doen. Dié moontlikheid is verlede week in die Bela-Bela-landdroshof geopper toe Piet Mathebula, Mpho Nico Nkonyana en Tshepo Tebula, die verdagtes in die saak wat voorheen borgtog geweier is, op Vrydag 11 Mei verskyn het. Die polisie voer aan hulle het Nkonyana met ’n gesteelde selfoon, wat aan een van die Petersons se werkers behoort het, betrap. Nuwe inligting in die saak het tydens dié verskyning aan die lig gekom wat die rede is waarom Nkonyana weer om borgtog kan aansoek doen, het kapt.

Pattie en Cecil Peterson wat verlede jaar wreed op hul plaas buite Bela-Bela vermoor is.

Renier Schutte, ondersoekbeampte, aan Die Pos gesê. Die nuwe inligting is egter nie aangehoor nie. Die Petersons is in September 2017 op hul plaas buite Bela-Bela aangeval. Pattie is in die maag en Cecil in die gesig geskiet. Sy is op die toneel oorlede en Cecil is ses weke later in ’n Pretoriase hospitaal oorlede. Drie verdagtes is kort ná die aanval in Kanana, Hammanskraal, in hegtenis geneem en verskyn op aanklagte van moord, aanranding, roof met verswarende omstandighede en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Die polisie vermoed dat vier verdagtes by die aanval betrokke was, maar die vierde verdagte is steeds nie aangekeer nie. Die hof het die saak uitgestel na Maandag 21 Mei vir die borgtogaansoek en verdere ondersoek. Die verdagtes is steeds almal in aanhouding.

Twee vas oor onwettige simkaarte

B

Ronél van Jaarsveld Die op-en-wakker-optrede van ’n polisiesersant het twee mans, wat glo onwettige simkaarte, in Modimolle uitgedeel het agter tralies laat beland. Volgens die polisie het sers. Amanda Rossouw op Maandag 14 Mei terwyl sy en AO Ross Rossouw besig was met ondersoekwerk in die dorp, opgelet dat ’n man Vodacom-simkaarte uitdeel. Sy het gehoor dat hy aan ’n vrou sê dat die kaarte voorafgeregistreerde simkaarte is en dat dit nie nodig is dat die Rica-proses daarmee gevolg word nie. Die man is na die stasie geneem vir ondervraging en 67 voorafgeregistreerde simkaarte is in sy besit gevind, het AO James Findlay, woordvoerder van die Modimollepolisie, aan Die Pos gesê. “Terwyl die man by die stasie was, het ’n ander man navraag oor hom by die stasie kom doen. AO Rossouw het nog 669 van die simkaarte in die tweede persoon se besit gevind. Albei is in hegtenis geneem vir die oortreding van Wet 70 van 2002 op die Reëling van Onderskepping van Kommunikasies en Verstrekking van Kommunikasie-verwante inligting (Rica),”

Twee mans is op Maandag 14 Mei aangekeer nadat hulle glo hierdie onwettige simkaarte in Modimolle uitgedeel het.

het hy gesê. Volgens die polisie het dit tydens hul ondersoek aan die lig gekom dat die twee mans glo vir ’n maatskappy in Midrand werk. Die maatskappy verdien vermoedelik kommissie vir elke simkaart wat geaktiveer word. Simkaarte word glo in verskeie dorpe uitgedeel. Die mans is onderskeidelik 26 en 36 jaar oud en van Polokwane afkomstig. “Hierdie is ’n groot deurbraak vir die polisie omdat voorafgeregistreerde simkaarte deur misdadigers gebruik word omdat dit nie na hulle nagespeur kan word nie,” het hy gesê. Onwettige simkaarte is ’n groot kopseer vir die polisie omdat dit algemeen beskikbaar is. Om ’n simkaart vir Rica te registreer, moet die koper sy of haar identiteitsdokument en bewys van woonadres lewer. Die polisie kan dié inligting van die selfoonverskaffer aanvra indien hulle dit benodig. Lt.kol Moatshe Ngoepe, provinsiale woordvoerder van die polisie, het by navraag gesê daar kan moontlik nog mense in hegtenis geneem word omdat hulle vermoed dit is die werk van ’n sindikaat. Die simkaarte word na bewering met vals adresse en identiteitsdokumente uitgereik. Die twee mans, wat nog nie geïdentifiseer is nie, sal binnekort in die hof verskyn.

DIE POS/THE POST

18 Mei 2018

Bladsy 3


Bladsy 4

DIE POS/THE POST 18 Mei 2018

NUUS/NEWS

Geliefde ma en ouma van BelaBela oorlede ná kort siekbed

Marlene Humphries. Keina Swart Marlene Humphries (73), ’n jarelange inwoner van Bela-Bela, is vandeesweek oorlede nadat sy sewe maande gelede met longkanker gediagnoseer is. Sy en haar man, Willem (75), het vanjaar

hul 53ste huweliksherdenking gevier. Die egpaar het albei op die dorp grootgeword en skoolgegaan, waarna hulle later saam Humphries Boerdery opgebou het. Drie van die egpaar se vier seuns is steeds by dié bekende varkboerdery op Buyskop buite die dorp betrokke. Die skoondogters is dit almal eens dat Marlene nie net ’n skoonma vir hulle was nie, maar ook ’n waardevolle vriendin met wie hulle alles kon deel. Marlene was baie lief vir die wildtuin en kamp en haar kinders was haar trots. “Sy was ’n wonderlike ouma vir haar kleinkinders en was ’n bok vir sports wat sommer saam met hulle met ’n branderplank in die see sou baljaar.” Sy is in Oktober verlede jaar met kanker gediagnoseer, waarna haar gesondheid vinnig agteruitgegaan het. Sy was in en uit die hospitaal maar het die laaste twee weke tuis in Bela-Bela deurgebring. Haar roudiens is op Saterdag 19 Mei om 10:00 vanuit die NG Moedergemeente in Bela-Bela. Marlene word oorleef deur haar man, Willem, en vier seuns en skoondogters: Stephen en Marina van Pretoria, en Kobus en Jackie, Lourens en Tracy en Willie en Christine — almal van Bela-Bela. Sy was ook die trotse ouma van nege kleinkinders.

www.diepos.co.za

Plaaswerkers in Tuinplaas beroof; vrou verkrag

a Andries van der Heyde Vier plaaswerkers van die wildsplaas Dieputten op die R516 na Marble Hall is vroeg Vrydagoggend 11 Mei deur vier verdagtes in hul sinkhuise aangeval. Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het by navraag gesê die eerste slagoffer se voordeur van sy sinkhuis is deur die rowers oopgebreek, waarna hulle hom beveel het om die ander werkers wakker te maak. Ngoepe het gesê terwyl die verdagtes die werkers aangehou het, is een van die werkers met skerp voorwerpe aangeval en erg beseer. Twee van die rowers het ’n vrou om die beurt verkrag, het hy gesê. Die rowers het R1 000, klere, skoene, beddegoed en selfone gebuit voordat hulle te voet op die vlug geslaan het. Die noodroep is ongeveer 04:25 aan

Vier rowers het verlede week plaaswerkers in die Tuinplaasomgewing aangeval en beroof en ’n vrou verkrag. Op die foto is een van die hemde wat die verdagtes gesteel het waarvoor inwoners in die omgewing moet uitkyk.

buurtwagte versprei, maar die verdagtes was reeds weg. Maritz Grobler van die Settlers-buurtwag het gesê die plaas is ongeveer 15-20 km vanaf Tuinplaas verby die Nutfield silo’s en naby die Morolong-kafee geleë. Leon Lourens, bestuurder van Sempalawildtelers wat vanaf die plaas sake doen, het by navraag gesê die een werker is in die arm en in die rug gesteek en is hospitaal toe geneem vir behandeling. Volgens hom het die verdagtes hemde wat uniek is tot die plaas saam met hulle gevat. Die spesiaalontwerpte logo van Sempala is op die linkerkant van die hemp, het hy gesê. Mense in die omgewing word gevra om op die uitkyk te wees daarvoor. Ngoepe het gesê die polisie ondersoek ’n saak van huisroof en verkragting, maar tot dusver is niemand in verband met die misdade in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.


NUUS/NEWS

www.diepos.co.za

ONS HOOR... Nou hoe nou gemaak? Ek sukkel al weke lank by die lisensiekantore in Modimolle omdat hul toerusting stukkend is. Niemand kan my antwoorde gee nie. Dit is baie frustrerend, sê ’n inwoner. ********** Vandeesweek se buitjie reën was die somer se laaste groet, waarsku ’n inwoner. ********** Besef skole en instansies hoeveel geld daar van ouers vereis word? Almal hou fondsinsamelings en oral word ’n mens vriendelik verplig om te gee, maar R20 hier, R50 daar vir drie kinders etlike kere ’n maand raak regtig baie! ********** Gratis foksterriër-kruising hondjies is beskikbaar in Modimolle. Hulle is ses weke oud. Vir meer inligting bel vir Zelda by tel. 084 324 1028 of vir Renier by tel. 082 320 4832. ********** Baie dankie aan die mense wat vir my geld geskenk het nadat my winkel afgebrand het. Ek weet nie wie julle is nie, maar ek waardeer julle omgee baie, sê Jacqueline Scheffer van BelaBela. ********** Dit klink asof die mammas in Mookgophong sommer ’n lekker Moedersdag gehad het en baie bederf is. Mooi so manne! ********** Die spreekwoord lui as jy nie sterk is nie, moet jy slim wees, maar in ons dorp is dit eintlik as jy nie slim is nie, moet jy sterk wees of hoe? — inwoner van Mookgophong. ********** Ek wil nou nie die kar voor die perde span nie, maar daar is beslis liefde in die lug in Mookgophong. ********** Die skielike winterreëntjie het die vroue in Mookgophong nogal onkant gevang en party moes sommer ’n jassie saam met die plakkies aantrek. ********** Die Bela-Bela-polisie waarsku inwoners dat verskeie sake al aangemeld is van mense se selfone en beursies wat in supermarkte uit hul handsakke gesteel is. Die verdagtes nader die mense en lei hul aandag af terwyl ’n ander verdagte hul besittings uit die handsak steel. Baie van hierdie sake word egter nie aangemeld nie. ********** Die Bela-Bela-polisie waarsku dat sosiale media- en internetmisdrywe aan die toeneem is. Mense moet onder geen omstandighede hul PINnommers bekendmaak of deel nie. Wees ook versigtig met aanlynaankope aangesien dit deesdae gebeur dat verdagtes vra dat mense die geld vir die sogenaamde produk moet oorbetaal, maar dan verdwyn nadat die transaksie voltooi is. ********** Adrien, geluk met die mooi BMW! Ek is skoon jaloers, van S. Jansen. ********** ’n Bossie sleutels is voor Die Pos se kantoor in Bela-Bela opgetel. Daar is twee klein sleutels wat slotte oopsluit en drie sleutels wat deure oopsluit aan die sleutelring.

ONS HELP... ’n Inwoner van Modimolle vra dringend hulp of donasies om haar broer te versorg terwyl hy wag vir ’n operasie vir sy gebreekte heup. Hy is 67 jaar oud en het nie ’n mediese fonds nie. Kontak haar by tel. 063 224 8069.

DIE POS/THE POST

18 Mei 2018

Bladsy 5

Bouery in Modimolle vorder fluks A

Bouwerk is fluks aan die gang vir die tweede fase van die Modi Mall in Modimolle. Sowat 5 024 m² se vloerruimte word by die sentrum gevoeg en Shoprite en Shoprite Liquor sal vanaf die Sparrow-sentrum in die hoofstraat na die Modi Mall verskuif. Ronél van Jaarsveld Die grootskaalse bou-en-brekery by die Modi Mall het inwoners aan die gis oor wat dié uitbreiding behels. Volgens Sonja Beukes, die sentrum se bemarker, is die aanbouings deel van die sentrum se tweede fase wat in Oktober sal open. Shoprite en Shoprite Liquor, wat tans in die Sparrow-sentrum in die hoofstraat is, sal na die Modi Mall verskuif.

“Die huidige grootte van die Modi Mall is tans 18 004 m² met Checkers en Checkers Liquor as die ankerwinkels. Die tweede fase gaan ongeveer 5 024 m² beslaan wat deur Shoprite en Shoprite Liquor beslaan sal word. Daar gaan ook plek wees vir nege bykomende winkels,” het Beukes gesê. Shoprite sal aan dieselfde kant TaalPOS van die sentrum as Clicks geleë wees. RONDTE Sy het bygevoeg impliseer ’n dat die bestaande kring (byvoorbeeld ’n rondte gholf). ’n RONDE is ’n beurt of wedstryd of deel van ’n fees. ’n Gerug doen die RONDE.

sentrum boorgatwater gebruik en dié water ook vir die aanbouings gebruik word. Die Pos het die agente wat die Sparrowsentrum, waar die Spur, Wimpy en ’n Van Heerden-apteek steeds huur, sonder sukses probeer kontak om te hoor wat vir dié sentrum beoog word.


Bladsy 6

DIE POS/THE POST 18 Mei 2018

NUUS/NEWS

www.diepos.co.za

School learner found dead near mall A memorial wall, where learners from Academia Private School in Bela-Bela could write a message for Prayer Chandakafambira after his recent passing, was put up at the school. Prayer attended the school since 2015. On the photo are some of the messages that were written for him.

Prayer Chandakafambira (17), a Grd 11 learner from Academia Private School in Bela-Bela was found dead near the Bela Mall last week. The police are investigating the circumstances surrounding his death. Andries van der Heyde The family of Prayer Chandakafambira (17), a Grd 11 learner from Academia Private School in Bela-Bela, are traumatized after he was found dead close to the traffic light intersection near the Bela Mall on Thursday 10 May. Prayer, originally from Zimbabwe, was living with his family in town. His family reported him missing on Thursday, according to Lt.Col. Abel Phetla, detective commander at the Bela-Bela police. He was found dead near the mall on the same day. Prayer was found at the scene wearing a “Warrie ondersteuner” shirt, according to WO Dana Smith, investigating officer. It

was assumed that he was a learner at Hoërskool Warmbad, but Paul Liddle, principal of the school, said that Prayer never attended the school. Prayer had received the shirt from a family friend who had assisted in coaching hockey at Hoërskool Warmbad, according to a source at the school. According to Smith the police are investigating a case of culpable homicide, but the circumstances surrounding the young man’s death and how he was found lying in the road, is still unclear at this stage. Chrisna van der Walt, principal at Academia Private School, said that Prayer lived up to his name. “He was an example to others and a star learner.” She said that Prayer attended the school since 2015. According to one of his educators, Blondie Weyers, Prayer recently became distracted and claimed that he suffered from headaches since his return from Zimbabwe

during the recent school holiday. “He was very much loved and the other learners saw him as a big brother. His sudden death is a mystery,” said Weyers. The learners decided to create a memorial wall for Prayer at the school by writing him messages and displaying them at the school outside the main building. A memorial service for him will be held at the school within the next two weeks. Learners are also receiving therapy after learning of Prayer’s passing, Van der Walt said. Prayer’s family did not want to comment at this stage and asked for the police investigation to take its course. They did express their thanks to everyone who supported them in this difficult time and said that Prayer’s funeral service is expected to take place on Thursday, whereafter he will be buried in Zimbabwe. * Two other culpable homicides had also taken place on Wednesday 9 May near the

Shell Garage in Potgieter Street and on Saturday 12 May outside of Bela-Bela on the R101 to Modimolle. According to police the driver of a truck with a trailer tried to turn into the business and shopping complex across from Shell on Wednesday. The trailer somehow “hooked” a pedestrian and he was ran over by the truck. The pedestrian was rushed to hospital, but succumbed to his injuries, according to the police. The police are still investigating the matter. The identity of the victim is still unknown, since no family member has come forward, Phetla said. A man, allegedly a Zimbabwean, was run over on the R101 close to the Swift Diesel Fuel Depot on Saturday. Phetla said it is alleged that a vehicle ran the man over, failed to stop and had disappeared. The man died at the scene. The identity of the victim is also still unknown at this stage, according to Phetla.

Dr Johann Grobbelaar Oogspesialis / Eye specialist Nylstroom besoeke elke 2e week by Dr M Veldman se kamers Afsprake: 012-3438333 / 5 Adres: Thabo Mbeki Rylaan 39


www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST

18 Mei 2018

Bladsy 7


Bladsy 8

DIE POS/THE POST 18 Mei 2018

Nuwe waterpyplyn spoedig vervang

NUUS/NEWS

Lisensieprobleme het inwoners vies Ronél van Jaarsveld

A

Die Frikie Geyserdam, wat water aan Mookgophong voorsien, was op Woensdag 9 Mei 98% vol. Foto: Dian Bosman Marietjie Steenkamp Inwoners van Mookgophong was in Mei reeds twee keer sonder water nadat waterpype op meer as een plek op ’n rotsagtige gebied gebars het. Dit het herstelwerk bemoeilik, maar Hercules Louw, raadslid van Wyk 5, het egter goeie nuus gehad oor die situasie. Volgens Louw is Southern Ambition Consulting Engineers die onderneming wat tans die laaste deel van die watervoorsieningslyn se asbespype met PVC-pype vervang. Die Pos het reeds in Februarie vanjaar berig dat die munisipaliteit besig is om die ou asbespype, wat baie probleme veroorsaak, met nuwe PVC-pype te vervang. Die projek moet teen einde

Mei afgehandel wees. Volgens Louw is daar tydens ’n onlangse vergadering met die groep ook onderneem dat hulle eersdaags sal begin om die teerstrate en sypaadjies, wat in die vervangingsproses omgedolwe is, te herstel. Die dele wat herstel sal word, is die gedeeltes in 2de Laan en al die inspeksiepunte op die lyn wat onafgerond is langs Golfpark, Spif en by die hoofreservoir van die dorp. Hy het voorts gesê die bouwerk aan die nuwe pyplyn wat by die dorp se hoofwaterbron, die Frikkie Geyserdam, gebou word, vorder goed en sal eersdaags geïnstalleer word. Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophongmunisipaliteit, het op Woensdag 9 Mei foto’s van die dam wat toe 98% vol was, op haar Facebook-blad geplaas. “Groot dank aan al ons inwoners wat die projekte se frustrasie met soveel geduld hanteer. Ons hoop dat al die probleme spoedig opgelos sal wees,” het Louw gesê.

www.diepos.co.za

Die lisensiekantoor in Modimolle kan, tot groot frustrasie van inwoners, al vir etlike weke lank nie rybewyse, leerlingrybewyse of professionele bestuurspermitte uitreik nie. Die masjiene waarmee die oogtoetse gedoen word, is volgens Patrick Shika, munisipale woordvoerder, buite werking. Dit behoort egter aan die padverkeersbestuurskorporasie wat ’n tegnikus moet uitstuur om dit te herstel, het hy aan Die Pos gesê. Dit het egter nog nie gebeur nie ten spyte daarvan dat die munisipaliteit en die burgemeester, Marlene van Staden, dit glo al herhaaldelik aangemeld het. Van Staden het aan Die Pos verduidelik dat die stelsel, wat in Duitsland ontwikkel is, die oogtoetse uitvoer, asook vingerafdrukke en ’n foto neem. “’n Mens kan nie voortgaan na die volgende stap voordat die oogtoetse voltooi is nie. Hulle kan dus nie oogtoetse van ’n oogarts af aanvaar nie,” het sy verduidelik. Inwoners van Mookgophong moet ook van Modimolle se lisensiekantoor gebruik maak nadat die lisensiekantoor op dié dorp op Dinsdag 24 April in puin gelê is tydens ’n brand. Die Pos het verskeie klagtes van inwoners hieroor ontvang. “My seun wou kort voor sy leerlingrybewys verval het ’n afspraak maak vir sy rybewys, maar kon nie gehelp word nie. Die personeel het vir my gesê dat hy weer van voor af ’n afspraak sal moet maak en getoets word, en ons weer sal moet betaal,” het ’n ontstelde inwoner aan Die Pos gesê. Shika het gesê dat ’n tegnikus op Vrydag 4 Mei na die masjiene kom kyk het en sou terugkeer. Hulle wag egter nog steeds — sonder enige antwoorde van die padverkeersbestuurskorporasie af. * Die Pos kon ná herhaalde oproepe nie daarin slaag om iemand van die padverkeersbestuurskorporasie in die hande te kry om kommentaar te lewer nie.

ADVERTISE/ADVERTEER

Kringloop deur Bets Smith (Lapa Uitgewers): Reine Duvenage word geteister. Die sluipjagter speel met haar, maak haar bang en geniet haar vrees. Sy soek hulp, maar ander lag vir haar. Sy word wreed aangeval en niemand lag nou meer nie, veral nie toe dit blyk dat die wreedaard moontlik steeds aktief is nie. Reine probeer weer onder ’n vals naam, maar haar poging om anoniem te bly, word bemoeilik toe ’n ander aantal mans uit haar verlede onverwags in die dorp opdaag waar sy skool hou. Toe die tekens van die sluiper se nabyheid weer al hoe duideliker word, moet Pieter Taljaard, die speurder, alles doen om dié keer nie ’n fout te maak nie, want almal weet dat Reine nie ’n tweede keer sal kan ontsnap nie.

As dit proe soos liefde deur Didi Potgieter (Lapa Uitgewers): Lisa Steyn keer ná ses jaar terug SuidAfrika toe. Toe sy Tafelberg weer sien, is die herinnering aan die pyn wat sy destyds ervaar het, baie fel — nie net liggaamlik ná haar ongeluk nie, maar ook emosioneel. Haar wonde en hart het intussen genees. Londen het immers alles gebied wat sy nooit gehad het nie. Sy het mense ontmoet wat nader as familie geword het. Sy is die skepper van ’n baie gewilde blog en het twee boeke uitgegee. Haar huis in Italië wag op haar sodra haar sake op die De Villierse se wynplaas afgehandel is. Lisa se aansoek as versorger vir Carel en Johann de Villiers se pa, wat ’n beroerte gehad het, is suksesvol. Sonder dat sy dit beplan het, verander dit die koers van haar lewe.

Die spioen deur Paulo Coelho (Protea Boekhuis): Toe Mata Hari in Parys aangekom het, was sy platsak. Kort daarna is sy besing as die elegantste vrou in die stad. As danseres het sy gehore geskok en verruk, as vertroueling en courtisane het sy die rykste en magtigste mans van haar era betower. Maar paranoia as gevolg van die oorlog het Frankryk verteer, en Mata Hari se leefstyl het haar onder verdenking geplaas. In 1917 is sy in hegtenis geneem in haar hotelkamer aan die ChampsÉlysées en van spioenasie aangekla. Die spioen is die onvergeetlike verhaal van ’n vrou wat dit gewaag het om die konvensies van haar tyd uit te daag en die prys daarvoor betaal het, soos vertel in Mata Hari se stem in haar finale brief.

Die Dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G. du Plessis (Tafelberg): Toe die eertydse Kalahariboer Daan van der Walt ’n vertigo-aanval kry op besoek aan sy vervreemde seun in China, laai dié hom af by ’n monnikeklooster. Onder leiding van meester Yang moet Daan tai chi leer doen in ’n poging om sy balans te herstel. Maar daar is ook iets anders wat aan Daan vreet, iets wat hy van sy hart móét afkry voor hy die Weg na die hiernamaals kan vind. Dalk is dit tyd dat hy aan Magrieta, sy oorlede vrou, skryf en sê dat hy haar liefgehad het.

Baie geluk aan Celine van Achterbergh van Modimolle wat al vier boeke op ons Boekeblad gewen het: Somer deur Jaco Fouché, Pienk is nie vir sissies nie deur Christien Neser, #PresiesAnders 2: Cupcakes en kupido’s deur Cecilia Steyn, asook Liewe Heksie en die helikopter deur Verna Vels.

Een gelukkige leser van Die Pos kan vandeesweek al vier boeke op ons Boekeblad wen: Kringloop deur Bets Smith, As dit proe soos liefde deur Didi Potgieter, Die spioen deur Paulo Coelho, Die Dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G. du Plessis. Al wat lesers moet doen om in aanmerking te kom vir die prys, is om voor 15:00 op Vrydag, 18 Mei ’n SMS te stuur na tel. 083 654 5820 met hul naam, van en die dorp waar hul bly. Mense wat reeds vanjaar boeke gewen het, moet asseblief nie weer inskryf voor 2019 nie.


BRIEWE /LETTERS

www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST

Haal diep asem en steek hande uit Suid-Afrikaners het (met goeie rede) onder ons vorige president, Jacob Zuma, ’n kritiese, vuisvoos, siniese nasie geword. Dit is vir talle mense ’n marteling om koerant te lees en om aan die publiek se mening op sosiale media blootgestel te word. Van die nasietrots en eensgesindheid wat Suid-Afrikaners tydens ons euforiese aanbiedings van die 1995-rugbywêreldbeker en die 2010-sokkerwêreldbeker ervaar het, het weinig oorgebly. Daarvoor het Zuma, die Guptas, die land se hemelhoë misdaadsyfer, staatskaping, grondgrype en plaasmoorde gesorg. Pres. Cyril Ramaphosa het die byna onbegonne taak om ’n hele land uit ’n diep depressie te lig. En soms vind ’n mens dat sommiges só diep in die put is, dat net mooi niks hulle daar gaan uitlok nie. Ramaphosa doen iets wat sy voorganger nóóit gedoen het nie: Hy luister na Suid-Afrikaners. Hy antwoord sinvol op vrae en hy bemoedig. Ja, daar is baie waarvoor SuidAfrikaners bekommerd behoort te wees, maar daar is darem ook baie waaroor ons dankbaar kan wees. Om net ’n paar te noem: ’n President wat sê ministers wat geld verkwis of steel, sal aanspreeklik gehou word daarvoor; dat staatskaping nie geduld sal word nie; dat anargie en geweld nie in die hele gronddebakel geduld sal word nie. Hy steek ook in die openbaar die hand uit na ander politieke partye in die land en nooi hulle vir samesprekings. Miskien het dit tyd geword dat gewone landsburgers so ’n bietjie diep asemhaal en sáám in die put klim om die kalf te help uitgrawe. Ja, baie van ons skole is in ’n beroerde situasie, maar kyk net hoe spring lesers van Die Pos uit om te help om vir Susan Strijdomskool in Modimolle te help om broodnodige kunsartikels in te samel. Ja, ons paaie is in ’n toestand, maar kyk hoe help inwoners en sakelui van Mookgophong om die stukkende paaie self te herstel. Ja, die waternood is hoog, maar sien tog raak dat daar sakelui in Modimolle is wat help om boorgate te boor. Lees in Die Pos hoeveel mense deesdae hulp aanbied om hul dorpe te verfraai, komberse vir behoeftiges in te samel, kos vir die armes te skenk of boeke aan ’n biblioteek en leesklubs te skenk. Probeer tog maar dié week om elke stukkie kritiek met ’n goeie daad op te volg. Die gevolge sal verstommend wees.

KONTAK DIE POS BELA-BELA (Hoofkantoor): (014) 736 2723 FAKS: (014) 736 3428. ADV: 082 558 7184 MODIMOLLE: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAKS: (014) 717 2191 MOOKGOPHONG: 082 295 4067 VAALWATER: 076 478 1346 ADVERTENSIES: diepos@icon.co.za dieposmaria@gmail.com lesleydiepos@gmail.com diepospetrogreeff@gmail.com NUUS: dieposnuus@icon.co.za WEBTUISTE: www.diepos.co.za

18 Mei 2018

Bladsy 9

Pos-koerant Limpopo 15 Mei

Die lekkerste ding van die winter? Sop. Stewels. Lepel-lê. Só sê Die Pos se personeel. Wat is nog lekker in die winter? Like • Comment • Share

Raak betrokke by debat oor grond Jacques Smalle, provinsiale DA-leier, Lotriet verteenwoordig. skryf: Die komitee sal ook in Limpopo wees vir Die publiek het tyd tot Vrydag 15 Junie om die openbare verhore van 27 tot 30 Junie en voorleggings oor die dit is belangrik dat wysiging van artikel die gemeenskap die 25 van die Grondwet verhore sal bywoon. by die parlement in Die program is as te dien. volg: Woensdag 7 dieposnuus@icon.co.za Voorleggings kan Junie in Groblersdal, gestuur word aan Elias MotsoalediPat Jayiya, komiteemunisipaliteit; afdeling, Posbus 15, Kaapstad of dit kan Donderdag 28 Junie in Mokopane, per e-pos gestuur word aan Mokgalakwena-munisipaliteit; Vrydag 29 pjayiya@parliament.gov.za(.) Junie in Giyani, Groter Giyani-munisipaliteit Die beoogde wysigings raak alle en op Saterdag 30 Junie in Thoyandou, individue, ongeag of hulle grondeienaars is Thulamela-munisipaliteit. of nie. Dit is krities dat die gemeenskap Dit is uiters belangrik dat almal vir die menings lug oor die voorgestelde Grondwet opstaan deur die verhore by te grondwetwysigings om die regering in woon. Die algemene gevoel is ook dat die staat te stel om eiendom te onteien sonder organisasies en politieke partye wat ten vergoeding. gunste van die wysiging is, hul lede in Alle vorme van eiendom sal in die groot getalle gaan mobiliseer. gedrang kom, nie net grond nie en dit is Dit is nie nou tyd om in ’n gemaksone te ons plig om eiendomsregte te beskerm. verkeer nie. Ons moet aktief betrokke raak Die openbare deelname vir die beoogde om ons Grondwet en eiendomsregte te wysiging van die Grondwet word baie beskerm. ernstig opgeneem en alle voorleggings sal Die publiek kan my enige tyd kontak by deur die hersieningskomitee bespreek tel. 083 392 3334 of word. Die DA word deur adv. Glynnis jacquessmalle@gmail.com vir verdere inligBreytenbach, James Selfe en dr. Annelie ting of hulp om ’n voorlegging saam te stel.

POSSAK / POSTBAG

Kruger Delia Kruger Fliek kyk met ’n kombers en springmielies. 15 Mei • Like •

Anne Joubert Lekker warm skaapkerrie en mielierys. 15 Mei • Like • 1

Petro Greyling Maritz Hiberneer. O wag, dis nie sosiaal aanvaarbaar nie? Lekkerste winterding? Lentedag! 15 Mei • Like • 2

Sylvia Fourie Warmsjokolade, groentesop en my ma se tuisgebakte brood vars uit die oond. 15 Mei • Like •

Elize du Toit Mal oor die winter, haat die warm somers. Jy kan lekker kookkos eet sonder om te sweet. 15 Mei • Like • 1

Mense word mislei oor grondhervorming Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, skryf: Die regering beskik oor genoeg grond vir herverdeling en is oneerlik met die mense van Suid-Afrika as hy sê onteiening sonder vergoeding is nodig om die proses van grondhervorming moontlik te maak. Die mense van Suid-Afrika moet kennis neem van die ministers se uitsprake oor onteiening sonder vergoeding. Sy regverdig die onwettige besitneming van grond wat lynreg staan teenoor pres. Cyril Ramaphosa wat sê dit sal nie toegelaat word nie. Die minister se bewering dat grondpryse opgeblase is, is verkeerd. Dit dien terselfdertyd as bewys dat swart mense nie werklik in grond belangstel nie, maar wel in die geld wat deur die proses ontsluit is. Die regering het in die parlement erken dat in 93% van gevalle waar grondeise toegestaan is, die begunstigdes verkies het om eerder geld te neem en nie die grond nie. Waar die regering byvoorbeeld R5 miljoen vir ’n plaas betaal, moet hy ’n verdere R5 miljoen aan die eiser gee wat nie die grond wil hê nie. Dit beteken dat R10 miljoen van belastingbetalersgeld eintlik vir die grond betaal word wat net R5 miljoen werd is. Dit

VRAAG

van die week

is opgeblase, maar is gewis nie die verkoper se skuld nie. Die regering mislei die mense van SuidAfrika verder deur te sê onteiening sonder vergoeding sal grondhervorming bespoedig. Die waarheid is dat die regering erken hy besit tans 4 000 plase. Waarom word hierdie plase nie eerste aan die mense gegee nie? Met die eerste restitusieproses wat in 1998 gesluit het, is 80 000 eise ingedien. Dit is nou 20 jaar later en van hierdie eise is steeds nie afgehandel nie. Daarbenewens het die regering erken hy besit 17 miljoen hektaar grond in SuidAfrika. Waarom gee die regering nie hierdie grond, buiten die 4 000 plase in sy besit, vir die mense wat grond wil hê nie? Die regering het ook erken dat 90% van vorige herverdelingsprogramme misluk het. Hierdie plase, wat reeds in die regering se besit is, kan ook gebruik word. Teen hierdie agtergrond is dit duidelik die ANC-regering misbruik die gevoelens van die mense om sy eie onbevoegdheid te verdoesel. Hy mislei die mense deur te sê onteiening sonder vergoeding sal die proses om grond te verdeel, bespoedig.

SAL JY GRAAG VIR PRES. CYRIL RAMAPHOSA PERSOONLIK WIL ONTMOET? Om te antwoord besoek www.diepos.co.za

VERLEDE WEEK SE VRAAG:

Dink jy steeds die Waterberg is ’n gawe plek om in af te tree? Ja = 80%, Nee = 20% Besoek ook Die Pos op Facebook en Twitter

TaalPOS ’n Lewende mens het ’n LIGGAAM. Dooies het ’n lyk of oorskot. Praat ook eerder van ’n INSTANSIE, VERENIGING of ORGANISASIE as van ’n liggaam.

Lesers sê hul sê... Altesame 70% van Die Pos se lesers het in ’n meningspeiling aangedui dat hulle tevrede is met hul selfoondiensverskaffer se diens en fooie.

Ettiene Strydom Die lekkerste winterding is dat dit winter is. 15 Mei • Like • 1

Lize Schlebusch Niks. Ek haat die winter. My vingers is al klaar seer van Bloemfontein se koue. 15 Mei • Like • 1

Zelda Thysse Dessels Kaggelvuur en rooiwyn. 15 Mei • Like •

Lorrain Loots Dunn koue lug, ’n warm kombers en Wimbledon! 15 Mei • Like •

Like Die Pos op Facebook https:// www.facebook.com/Die.Pos.Koerant

REDAKSIONELE BELEID Om ons lesers... volledig, betroubaar, objektief en geloofwaardig in te lig oor die nuusgebeure in ons gemeenskap. Ons verbind ons... tot geen politieke party of ideologie nie. Ons streef na... die waarheid, objektiwiteit en die belange van die gemeenskap in ons beriggewing. Ons beywer ons vir... persvryheid, menseregte en die ekonomiese en maatskaplike opheffing van die dorpe waarin ons koerant versprei word.

Jou eie koerant


Bladsy 10

DIE POS/THE POST 18 Mei 2018

BRIEWE /LETTERS

Wanneer is genoeg nou eintlik genoeg? Dr. Roelof Coertze, Bela-Bela, skryf: Die woord kanker stuur koue rillings teen enige regdenkende en verstandige mens se rug af — veral as dit aan jou eie bas vat — jyself, ’n geliefde, ’n kind, vriend of selfs ’n vreemdeling wat jy hoor of sien huil van pyn, met angs in sy oë vir die dood wat dalk wag. Daar word miljarde rande se navorsing gedoen om kanker te behandel, voorkom en genees. Daar is kankerverenigings, spesialiste en menigtes wat help om die lyding te verlig en hoop te bring. Ons is almal betrokke en dra geldelik by om hierdie “monster” te keer. As iemand kanker het en skree van die pyn, doen ons alles moontlik om daardie pyn onmiddellik weg te neem. Ons noem dit genade, want kanker is ’n genadelose, vernietigende siekte wat die lewens van nie net die persoon nie, maar ook die familie en geliefdes verwoes. Dieselfde genadelose, vernietigende en gruwelike “kanker” wat onder ons almal woed, ongeag wie of wat jy is, ongeag kleur of status, vreet in ons lewens en siele. Dit kom voor in die vorm van aanvalle, moorde en roof van onskuldige mense veral ons verswaktes, boere en bejaardes. Hierdie “kanker” maak ons gevangenes in ons eie huise en beroof ons van die reg om vry te leef. Dit woed ongestoord voort, son-der navorsing, sonder miljarde rande se regeringshulp en dikwels wonder ons of dit dalk goedgekeur word. As my ma, wat nie eens self kan opstaan nie, ’n mate van demensie het en nie haar

hande tot by haar eie mond kan oplig nie, skreeu van die pyn: “Jy maak my seer, asseblief, ek kry verskriklik seer, asseblief!”, dan trek die “kanker” net die elektriese draad al stywer en dwing haar hande en voete agter haar rug vas. Hy los haar so en loop met ’n televisie en skootrekenaar weg — genadeloos, wreed en met geen agting vir lewe of medemens nie. Kanker verwoes en vernietig. As hierdie “kanker” wel opgespoor word, kry hy nie bestraling of chemoterapie nie. Nee, hy het regte. Hy kry gratis verblyf, kos en water wat met ons belastinggeld betaal word. As hy nie van hierdie land is nie, word hy nog gratis

POSSAK / POSTBAG dieposnuus@icon.co.za terugvervoer na sy land. In ander lande het hierdie “kanker” ’n ander naam. Hulle noem dit terrorisme. As dieselfde dade oorsee gebeur, reageer die regerings baie sterk met skuldiges wat gejag word tot in hul eie lande, en as hul opgespoor word, word hulle uitgeroei en met alle mag en krag oortuig: In óns land is jy nie welkom nie. Ons hoor egter tans in Suid-Afrika van die vernietiging, maar nie van die behandeling nie. “Hoe lank nog? Hoe lánk nog? Hoeveel van ons nog? Hoe lank sal ons stilsit en hoop dit gebeur nie met my of my familie nie? Hoe lank nog verdra? Wanneer is genoeg

Plaasaanvalle se statistieke bekend Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, skryf: Die VF Plus verwelkom die besluit van die minister van polisie, Bheki Cele, en die polisiekommissaris, genl. Khehla Sithole, om ná 11 jaar se swye oor plaasaanvalle en -moorde weer statistieke hieroor bekend te maak. Die laaste keer dat statistieke hieroor uitgereik is, was in 2007. Die VF Plus het nogtans deurgaans in parlementêre vrae statistieke oor die aangeleentheid aangevra en dit is nou uiteindelik weer beantwoord. Die vraag het gehandel oor die aantal aanvalle en moorde in elke provinsie sedert 2012. Uit die antwoord blyk dit dat aanvalle in die laaste boekjaar (2017/2018) toegeneem het (561 aanvalle) nadat daar in die vorige drie jaar ’n afname was. Uit die syfers blyk dit dat daar in die ses boekjare sedert 2012 altesame 3 059 aanvalle was (gemiddeld 509,8 per jaar) waarin 338 mense dood is (gemiddeld 56,3 per jaar). Wat die provinsies betref was die meeste aanvalle in die tydperk in Noordwes met 722 aanvalle en dan Gauteng met 644 aanvalle.

Die meeste moorde in hierdie tydperk was egter in Gauteng met 69 moorde en Noordwes en KwaZulu-Natal met 61 moorde elk. Indien die syfers vergelyk word met ander beskikbare bronne, lyk dit redelik betroubaar. Dit is jammer dat daar onder die bestuur van oudpres. Jacob Zuma ’n sluier hieroor getrek is.Sonder die nodige statistieke oor misdaad tas ’n mens in die donker rond en kan daar beswaarlik sinvolle optrede en voorkomende maatreëls getref word. Die VF Plus sal intussen voortgaan met sy deurlopende aksieplan om die internasionale gemeenskap oor vergrype en veral die wreedheid van die moorde in Suid-Afrika in te lig deur aktief te skakel met onder meer die Europese parlement en regerings, die Verenigde Nasies (VN) en deur die VF Plus se lidmaatskap van die Organisasie van Onverteenwoordigde Nasies en Volkere (Unpo). In dié verband sal statistieke wat die regering self bekendmaak oor ’n aangeleentheid soos plaasaanvalle en –moorde veel meer gewig dra as dié van ander instansies.

nou genoeg? Hoeveel kos en verblyf moet ons die “kanker” gee? Hoe lank wil ons nog onbetrokke bly en die probleem net vir iemand anders laat? Daar is reeds groepe wat ons pyn sien en voel. Groepe wat wel voel die geskree van pyn moet gehoor word. Hierdie groepe is die buurtwag in jou omgewing wat op eie koste en stoom betrokke is om hierdie “kanker” van jou deur weg te hou. Die ander groter organi-sasie is AfriForum, wat gereed en bereid is om die “kanker” te beveg. Almal moet dringend erns maak om aan te sluit en betrokke raak. Ons moet saamstaan, ’n eenheid vorm om hierdie “kanker” se strot af te trap. Moenie wag totdat jy of jou geliefdes met hierdie gruwelike siekte te doen kry nie. Hou dop wat om jou gebeur, kyk uit vir verdagte persone, voertuie of gebeure en meld dit by die regte mense en instansies aan. Indien jy hierdie oproep hoor en erns wil maak, skakel in by AfriForum deur jou dorp se naam te SMS na 45350 en hul sal jou kontak of stuur ’n e-pos na afriforumwarmbad@gmail.com(.) Janus Boshoff is Bela-Bela se AfriForum-kontakpersoon. Bel hom by tel. 072 492 7087. Baie, baie dankie aan almal wat my ouers met soveel deernis en liefde ondersteun het in hul pyn. Alle eer aan die Here wat hulle beskerm het. * Hennie en Marie Coertze, dr. Roelof Coertze se bejaarde ouers, is verlede week by hul huis op die Alma-pad buite Bela-Bela vasgebind en beroof. Lees berig op bl. 1.

Doen iets om dorp te verbeter Gawie Richter, Modimolle, skryf: Modimolle moet die volgende seisoen met beperkte watervoorraad ingaan, ondanks enkele reënbuie. In afwagting op koue nagte is plantegroei langs die strate steeds lowergroen. Dan sien ons egter hoe morsjorse met opset ons dorp met vullis besoedel en besmet. Dit is asof skade met opset en haat aangerig word. Toe Ernest Collins 152 jaar gelede ’n deel van sy plaas langs die Nylrivier aan kerke geskenk het vir ’n dorpie, was dit nie die bedoeling dat die dorp só bemors moet word nie. Kom ons stel die voorbeeld en doen elke dag iets om ons dorp se aansien te verbeter. (Brief verkort. — Red.)

ADVERTEER IN DIE POS

www.diepos.co.za

Gee wetstoepassers eer wat hul toekom Gawie Richter, Bosveldsig, Modimolle skryf: Wanneer ons verneem van moord en die verminking van weerlose gesinne en skuldiges word aangekeer, sien ons gereeld die hand van die Heritage Protection Group (HPG) wat saam met die polisie skuldiges aangekeer het. Om sekerheidsredes wil ek nie enige name uitlig nie, maar ek wil noem dat een van die HPG-lede ’n moordsaak ná 22 jaar opgelos het. Hierdie lede van die polisie en HPG verdien die hoogste lof vir uitmuntende diens. Hulle voltydse positiewe optrede is prysenswaardig, dit wek vertroue en dra by tot ons veiligheid. Dit is hierdie mans en vroue wat opofferings maak en hul eie lewens op die spel plaas om ons te beskerm. Hulle lewer ’n onbaatsugtige diens en verdien eervolle vermelding. Kom ons lig die hoed en salueer hierdie helde.

Die Pos/The Post subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don't live up to the Code, within 20 days of the date of publication of the material, please contact the Press Ombud at 011 484 3612 or website: www.presscouncil.org.za

DAGBOEK / DIARY Slegs skole, kerke, sportklubs, liefdadigheidsorganisasies of instansies wat ’n deel van die opbrengs van hul funksies aan liefdadigheidsorganisasies in Die Pos se lesersgebied skenk, mag gratis in Die Pos se dagboekkolom adverteer. SATERDAG 19 MEI: • Die Vlakte Orgideeverenigingskou vind om 09:00 tot 16:00 by winkel 202 in die Modi Mall plaas. Toegang is R5 en die publiek help om die wenplant te kies. Vir navrae bel vir Delia Bogaards by tel. 081 477 7374. 25-27 MEI: • Die 1968-matriekleerders van Hoërskool Silverton kom van 25-27 Mei vir hul 50ste reünie by KleinKariba-vakansieoord bymekaar. Vir meer inligting, bel vir Elsa du Bruyn (néé Pretorius) by tel. 082 542 3829. WOENSDAG 30 MEI: • Die Nylstroom-tuinbouvereniging kom om 09:30 by Shangri La Country Lodge bymekaar. Die dag se praatjie handel oor bonsais en hoe om ’n bonsaiboompie te kweek. Almal is welkom. Vir meer inligting bel vir Venita Terblanché by tel. 082 872 8822. VRYDAG 1 JUNIE: • Die Lewensvreug Dienssentrum in Mookgophong bied om 09:30 ’n musiekvertoning aan in die saal van die Huis vir Bejaardes in 8ste Straat. Die bekende Eugene van Heerden tree saam met ’n gaskunstenaar op. Die program “Van Toeka tot Nou” beloof om ’n uitstekende produksie te wees. Almal is welkom. Toegang is gratis, hoewel ’n kollekte opgeneem sal word om die koste te dek. Almal is welkom om ná die optrede verversings te geniet. DINSDAG 5 JUNIE: • Die Warmbad-fotografieklub se maandelikse klubbyeenkoms vind om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan plaas. Almal is welkom. Vir meer inligting bel vir Lucille Swart by tel. 076 349 2554 of Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.


www.diepos.co.za

NUUS/NEWS

DIE POS/THE POST

18 Mei 2018

Bladsy 11


Bladsy 12

DIE POS/THE POST 18 Mei 2018

Polisie en gemeenskap hou optog teen misdaad Marietjie Steenkamp Die polisie van die Modimollekring, in samewerking met ander rolspelers in die Mookgophong-gemeenskap, beplan om op Vrydag 1 Junie ’n karnaval by die Mookgophongstadium te hou. Dit is die provinsiale polisie en brig. Anneline Steyn, Modimolle-kringbevelvoerder, se inisiatief. Volgens AO George Ledwaba van die polisie in Mookgophong, sal al die polisiestasies in die gebied deelneem en moet elke stasie sy eie vlot bou vir die parade deur die dorp. Die polisiestasies wat sal deelneem, is Modimolle, Mookgophong, Rankinspass, Vaalwater, Roedtan en Tuinplaas. Die skole in die dorp sal ook betrokke wees met die opmars. Trompoppies, ’n polisieorkes en leerders sal vanaf die polisiestasie in Mookgophong na die stadion stap waar die LUR van polisie in Limpopo of die kommissaris van die polisie in Limpopo die karnavalgangers sal toespreek. Dit is nog nie bekend wie die spreker sal wees nie, maar Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophongmunisipaliteit, sal die gaste en toeskouers verwelkom.

Die optog sal om 08:00 by die polisiestasie in Mookgophong begin en sal ’n roete deur die dorp — in Thabo Mbekilaan, oor die brug na sektor een — volg. Die weermag, Working on Fire, plaaslike kunstenaars, perderuiters en motorfietse sal deel uitmaak van dié optog. BB Matlaila Primary School en Dikubu Primary School van Mookgophong sal ook deelneem. Die doel van die optog en karnaval is uitsluitlik om inwoners meer bewus te maak van die voortdurende geveg teen misdaad in die Waterbergomgewing. Ledwaba en die GPF het inwoners versoek om die geleentheid te ondersteun en aktief betrokke te raak by die bekamping van misdaad in die Waterberg. * Ledwaba het ook aan Die Pos gesê hulle is in hul skik met die inhegtenisname van drie verdagtes wat op die plaas Lekkerbreek in die Palalaomgewing met verskeie gesteelde goedere in hul besit betrap is en wat ook verbind word met ander huisbrake in die omgewing. In ’n ander geval is die 25jarige Johannes Mathabela vir 15 jaar tronk toe gestuur weens ’n moord wat in 2017 by die Buti’s-kuierplek in Phomolong gepleeg is. Die vonnis is in die streekshof in Mokopane opgelê.

NUUS/NEWS

www.diepos.co.za

Polisie ondersoek klag van brandstigting by Waterfront A

Andries van der Heyde Die Bela-Bela-polisie ondersoek die moontlikheid dat haweloses verantwoordelik was vir die verwoestende brand by die BelaBela Waterfront op Maandagaand 7 Mei. Vier winkels het ongeveer 22:00 vlamgevat nadat ’n brand vermoedelik by die ou troeteldierwinkel in dié kompleks ontstaan het. Dié winkel was ten tyde van die brand vakant. Die ander winkels wat afgebrand het, is die tatoeëersalon, Broken Art Tattoo Studio, ’n stoorplek wat Jenny Momberg, ’n inwoner, gebruik het, en ’n veiligheidsmaatskappy, Crosscut Security. Die brandweer van Bela-Bela en Modimolle was binne ’n halfuur nadat die brand ontstaan het op die

Die polisie is steeds besig met hul ondersoek ná die brand by die Bela-Bela Waterfront waarin vier winkels in puin gelaat is. Op die foto is die skade die oggend ná die brand. Foto: Herman Steyn toneel. Die polisie, buurtwagte en gemeenskapslede het ook bystand verleen. ’n Man het tydens die brand sy hand met ’n stuk glas wat weens die brand gebars het, gesny, maar verder was daar geen beserings of ongevalle nie, het paramedici vroeër aan Die Pos gesê. Fred van Heerden, hoof van Century 21 en mede-eienaar van die Waterfront, het aan Die Pos gesê daar was geen kragtoevoer in die troeteldierwinkel nie en daarom kon die brand nie deur ’n kortsluiting ontstaan het nie. Volgens NJ van Heerden, Fred se seun en mede-eienaar van die Waterfront, is die versekering op die geboue wat afgebrand het omtrent ’n jaar gelede gekanselleer. Brandstigting is nie aanvanklik vermoed nie, maar lt.kol. Abel Phetla, speurtakhoof, het by navraag

aan Die Pos gesê ’n brandstigtingklag is sedertdien by die polisie geopen. Phetla het gesê volgens die Van Heerdens is hawelose mense by ’n paar geleenthede in die omgewing van die geboue wat afgebrand het, gewaar. Nervad Mtombeni, ’n bestuurder by Century 21, het aan Die Pos gesê ’n hawelose man het die oggend voor die brand ’n woordewisseling met ’n lid van die veiligheidsmaatskappy gehad toe die man na die agterkant van die Waterfront, waar die geboue afgebrand het, wou gaan. Mtombeni het gesê hy het vermoed die man is onder die invloed van alkohol. Die hawelose man het glo ná die woordewisseling in die rigting van die nywerheidsgebied verdwyn. “Ons weet steeds nie wie verantwoordelik was vir die brand nie, maar die polisie se forensiese afdeling is besig met hul ondersoek. Ons vrees dat iemand moedswillig die geboue aan die brand gesteek het. Indien dit die geval is, wil ons weet wie dit gedoen het,” het Mtombeni gesê. Phetla het gesê die ondersoek duur voort. NJ het vroeër gesê die brand het ongeveer R3 miljoen se skade veroorsaak en opruimingswerk sal eersdaags in alle erns begin. Volgens hom is daar beoog om dié deel van die Waterfront in ’n vyfverdiepingboetiekhotel te ontwikkel. “Dié idee word steeds oorweeg,” het hy gesê.


NUUS/NEWS

www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST

18 Mei 2018

Bladsy 13

Eienaar van Platrivier Afslaers oorlede Andries van der Heyde Danie “Pine” Pienaar (81) van Bela-Bela is op Donderdag 3 Mei in die Phodi-kliniek (voorheen die St. Vincent’s-hospitaal) weens hart- en nierversaking oorlede. Hy was voor sy afsterwe eienaar en beslote korporasielid van die bekende Platrivier Afslaers op die R101 buite BelaBela. Volgens sy dogter, Marinda Willemse, het sy gesondheid die afgelope drie jaar weens nierprobleme verswak. Pienaar is in 1936 in Johannesburg in die Queen Victoria-hospitaal gebore, waarna hy in Maraisburg, Germiston en Alberton grootgeword het. Hy het sy skoolloopbaan in Lambton en Alberton voltooi. Willemse het gesê haar pa het ná skool by

Danie “Pine” Pienaar (81), bekende gesig by Platrivier Afslaers, is in die Phodi-kliniek in Bela-Bela oorlede.

A

Bela-Bela by-election to take place on Tuesday 17 July The Independent Electoral Commission (IEC) in the Waterberg has alerted The Post about an incorrect date published in the Friday 11 May edition. We erroneously published the date for the by-election scheduled for Bela-Bela’s Ward 9 as 20 July. The correct date for the by-election is Tuesday 17 July. Waterberg IEC supervisor, Malome Nkoana, said the electoral commission had

lined up Friday 18 May to Sunday 20 May for a pre-poll targeted communication and registration drive. The weekend of Saturday 26 May and Sunday 27 May the IEC has earmarked as a registration campaign. The much-anticipated by-election is earmarked to fill the ward vacated by the DA’s Kobus van der Merwe. Political parties across the spectrum are raring to go for the ward.

B

Die sypaadjie tussen Thabo Mbeki- en Strydomstraat in Modimolle spog met ’n splinternuwe bedding. Dit is deel van ’n groep inwoners van Modimolle se “Aksie Opknap” om die dorp op te ruim en mooi te maak. Dié bedding met sy droogtebestande plante is deur Magdalena Stanford aangelê. Voor is Alberta van Jaarsveld, raadslid Sarna Groenewald en Marita van der Merwe. Agter hulle is Landi Smit, Magdalena Stanford, Henna Nothnagel, Erna Human, Fiona Abrie, Marlene van Staden, burgemeester, Dawn Swanepoel en Johann Abrie.

die Suid-Afrikaanse spoorweë as kosteberekeningklerk begin werk, waarna hy hoof siviele ingenieur by die spoorwegdepartement in Johannesburg geword het. Hy het onder meer die spoorlyne van Johannesburg na Klerksdorp en na die OR Tambo-lughawe (destyds die Jan Smuts-lughawe) dopgehou. Hy het in 1970 na Bela-Bela verhuis en by NTK in Modimolle as bestuurder van verskeie takke soos Nutfield en Lehau, opgetree. Hy het later by die Warmbad-tak as

verkoopsklerk aangesluit, waarna hy in 1997 afgetree het en Platirivier Afslaers gekoop het. Hy en sy vrou, Dora, het in 1957 getrou en drie kinders gehad. Hulle was 61 jaar getroud. Die gesin sal hom onthou as ’n diere- en planteliefhebber. Hy was baie geliefd onder die mense wat hom goed geken het, het Willemse gesê. Sy begrafnis het op Woensdag 9 Mei vanuit die Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum in Bela-Bela plaasgevind. Hy laat sy vrou, Dora, en drie kinders, Danie, Herman en Marinda Willemse agter. Hy was ook die trotse oupa van nege kleinkinders en een agterkleinkind. Willemse het gesê die afslaers is steeds oop vir sake.


Bladsy 14

VROUE/WOMEN

DIE POS/THE POST 18 Mei 2018

www.diepos.co.za

Promosie

Promosie

Homeopatie gee hoop

A B Inwoners en sakeondernemings in Bela-Bela het hande bymekaar gesit en ’n heerlike Moedersdagbederf op Sondag 13 Mei vir die inwoners van die Warmbad Rusoord gereël. Op die foto is Margurite Els, Toy Venter, albei inwoners van Rusoord, Rhönel Pienaar, wat die bederf gereël het, Marisha Ferreira, bestuurder by Van Heerden-apteek, en Chani Harding, ook van Van Heerden-apteek.

Dr. Cynita Conradie is ’n homeopatiese dokter in Modimolle wat verskeie gesondheidsprobleme kan behandel. Dit is hartseer hoeveel mense jare lank aan ’n toestand ly wat hul lewenskwaliteit negatief beïnvloed, onwetend dat ’n homeopatiese dokter hulle kan help. Volgens dr. Cynita Conradie, homeopatiese dokter in Modimolle, sukkel baie ouer mans met prostaatprobleme en vroue met blaasknypers wat nie goed sluit nie. Dit kan volgens haar deur homeopatiese dokters behandel word. Verteringsprobleme soos sooibrand, hardlywigheid en galstene, allergieë soos ekseem, asma en jeukende uitslag reageer uitstekend op homeopatiese behandeling. Elke mens is uniek. Die spesifieke probleem word met die persoon se spesifieke leefstyl, emosies, geskiedenis, genetika en dies meer verbind. Slegs met ’n volledige ondersoek, sal die oorsaak van ’n gesondheidsprobleem vasgestel kan word, sê sy. Conradie is ’n geregistreerde homeopatiese dokter en haar dienste word deur die meeste mediese fondse gedek. Vir inligting of afsprake besoek haar in Kroepstraat 72 of skakel tel. 082 403 7801 gedurende werksure.

BOOMHUIS TE HUUR

• Troues • Verjaarsdae • Konferensies

KAN 60 MENSE AKKOMODEER Perseel op wildsplaas 12km buite Nylstroom

Kontak eienaar

083 229 2593


BOERDERY/FARMING

www.diepos.co.za

Afsnydatum vir publiek se insette oor grondonteiening word verleng X Andries van Heyde Andries van derder Heyde Grondonteiening het steeds die land aan die praat, maar dit is nog nie te laat om insette daaroor te lewer nie. Die ANC-regering het in Maart, nadat die EFF die mosie ingedien het om artikel 25 van die Grondwet te hersien om grond sonder vergoeding te onteien, ingestem dat ’n parlementêre hersieningskomitee dié wet hersien en bepaal of dit verander moet word of nie. Grondeienaars sal waarskynlik eers teen Augustus weet of artikel 25 verander of nie. Belangegroepe en individue is sedertdien wyd versoek om voorleggings met hul insette in te dien. Die parlement het in ’n onlangse verklaring gesê die afsnytyd vir voorleggings is op Donderdag 31 Mei. Pat Jayiya, wat nou saam met die hersieningskomitee werk, het egter aan Die Pos gesê dié tydperk is na Vrydag 15 Junie verleng nadat verdere vergaderings in die parlement

plaasgevind het. Hyman Cohen, voorsitter van die Waterberg Distrikslandbouunie (WDLU), het by navraag gesê dit is ’n goeie idee vir diegene wat nog nie hul mening oor grondonteiening gelug het nie, om dit nou te doen voordat die tydperk verstryk. “Talle mense het reeds vertoë oor die saak gerig. Ons beplan om binnekort ’n inligtingsdag saam met die bestuur van die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika (TLU SA) te hou waar meer inligting verskaf sal word,” het Cohen gesê. “Ons is tans in die duister oor wat gaan gebeur, maar mense moet asseblief aan die proses deelneem en die inligtingsdag bywoon.” Meer inligting oor dié dag sal later bekendgemaak word, het hy gesê. Skriftelike aansoeke vir mondelingse voorleggings kan aan Jayiya gestuur word deur dit te pos na Posbus 15, Kaapstad, 8000 of via e-pos na pjayiya@parliament.gov.za(.) Vir navrae bel vir Jayiya by tel. (012) 403 3661.

Die boere in die Mookgophong-omgewing het op Donderdag 26 April afskeid geneem van Susan Kruger (in die middel met die blomme), wat vir die afgelope 23 jaar by NTK in die dorp gewerk het. Hulle het haar verras met ’n bos blomme en ’n koevertjie met ’n bydrae wat die boere gemaak het. Ockert Scherman, voorsitter van die Elders-boerevereniging, het aan Die Pos gesê dat Kruger altyd bereid was om ekstra moeite te doen om die boere by te staan. Hy het ook gesê dat sy gemis sal word, maar dat sy ’n gelukkige ruskans gegun word.

DIE POS/THE POST

18 Mei 2018

Bladsy 15

Lede van die Bosveld jagters- en wildbewaringsvereniging (BJV) het op Woensdag 9 Mei ’n opleidingsdag vir plaaswerkers in Modimolle aangebied. Die dag is gereël deur die Wildbedryf SuidAfrika (WRSA) en werkers is touwys gemaak in jagetiek, noodhulp en instandhouding van jagplase. Willem van Deventer, ondervoorsitter van die BJV, het gesê die dag was ’n bewys dat samewerking tussen die WRSA en die BJV moontlik is aangesien albei organisasies grootliks afhanklik is van mekaar om die wildbedryf en ekonomie te bevorder. Op die foto is die BJV-instrukteurs Pat Loots, Van Deventer, Brian Hyland, Tinus Erasmus en Barend Lombaard.

A

Hierdie boomslang is op Vrydag 11 Mei by Andries van der Heyde, Die Pos se verslaggewer in Bela-Bela, se voordeur in Ludorfstraat in die dorp aangetref. Die slang het die hele woonkompleks op hol gehad. Charles Smit, ’n slangekenner wat die reptiel verwyder en weer vrygelaat het, het gesê dit gebeur deesdae al hoe meer dat slange in woonbuurte opgemerk word, aangesien hulle op soek is na slaapplek vir die winter. Inwoners word aangeraai om hul erwe skoon te hou. Indien iemand ’n slang by hul wonings opmerk, word hulle aangeraai om met ’n professionele slangvanger in verbinding te tree.

B

C


Alle kitskopies verskyn GRATIS op die Internet by www.diepos.co.za

SMALLS KITSKOPIES

Gemiddeld 25 000 lesers per week! On average 25 000 readers per week!

A Dynamic and affordable way to advertise your service or product

18 MEI 2018 1. Allerlei/General 2. Besighede te koop Business for sale 3. Besigheidspersele te huur Business premises to let

SPERTYD: SPERT YD: Dinsdae 13:00 / DEADLINE: Tuesdays 13:00 4. Besigheidsgeleentheid Property wanted Business Opportunities 8. Eiendom te huur 5. Boerdery/Farming Property to let 6. Bouwerk/Building 9. Eiendom te koop 7. Eiendom gevra Property for sale

10. Finansies/Finance 11. Gesoek/Wanted 12. Groente/Vrugte Fruit/Vegetables 13. Herstel/Repairs

14. Kitskopies/Quickies 15. Lewende hawe/Live stock 16. Meubels/Furniture 17. Musiek/Music 18. Opleiding/Training

19. Plante/Blomme Plants/Flowers 20. Pluimveë/Voëls *Poultry/Birds 21. Rekenaars/Computers

22. Te Huur/For Hire 23. Te Koop/For Sale 24. Te Ruil/To Swop 25. Toebehore/Appliances 26. Troeteldiere/Pets

Professionele

BOOMSLOPINGS Ten volle verseker

Vir alle Huishoudelike Onderhoud & Konstruksie Geisers, dreine en nuwe installasies

IN DIE HELE WATERBERGOMGEWING

Gratis Kwotasies plumbsure@hotmail.co.za

Leon Reiners 083 272 1741

Retractable Security Barriers

Vir: • TRELLIE DEURE • ROLLER SHUTTER DOORS • DIEFWERING

(ISO 2000)

SABS GOEDGEKEUR DIREK VANAF DIE FABRIEK. BESTE PRYSE! Kontak Renier Tredoux: 082 200 7904. Fax: 086 517 5569 www.sequre.co.za E-pos: tredouxr@lantic.net

Skakel Johan Marais: 082 978 5774

1

Allerlei General

KOMBERSE en serpe gesoek – nuut of gebruik. Vir welsynsprojek wat afskop vanaf Junie vir hawelose en behoeftige mense (geen kontantbydraes). Gemerkte skenkings (merk as “Elize”) kan afgegee word by NG Moedergemeente, Warmbad in Mentzlaan. Bel vir Willie 082 654 8564 of Makkie 076 047 2665 (WBD t/c) GRATIS Christelike Dvd’s, sms net u naam en adres na 076 878 0468. (t/c) WIL u graag u videos oorsit op ‘n DVD of u ou plate op ‘n CD sit? Kontak Bettie by 082 495 1901. (WB) CHRISTELIKE DVD’s gratis. Bybelstudies ook beskikbaar. Sms 072 359 9964. JUWELE. Ek koop enige ou goud en silwer juwele, al is dit gebreek. Skakel Corné van Rensburg by 082 492 9525 vir kwotasie. (t/c)(WB)

HOENDER Slagpale IN WARMBAD OMGEWING Ons slag, sny en verpak volgens u behoeftes.

Vir die beste diens in Limpopo Kontak: Malcolm 082 789 6924 of Astrid 082 783 7539

If you snooze, you lose! START ADVERTISING

JOU naaste Amway is nou beskikbaar vir alle huishoudelike, kosmetiese, watersuiwerings produkte. Kontak 073 673 2127 / 076 147 7428. SEQURE: Trellie deure, “roller shutter doors”, diefwering. SABS goedgekeur direk vanaf die fabriek. Beste pryse! Renier Tredoux 082 200 7904 www.sequre.co.za e-pos tredouxr@lantic.net

2

Besighede te koop Business for sale

VOORSLAG EIENDOMME. Meenthuiskompleks te koop in Lephalale/Ellisras R6 000 000. Langtermyn verhuringskontrakte met uitstekende maandelikse inkomste. Kontak Leon : 082 894 8264 leon@voorslageien domme.co.za

5

Boerdery Farming

ALL FARMERS & GAME BREEDERS if you have any carcasses that you need to dispose of for white lions and cheetahs at Thandeka Lodge and Spa, please feel free to contact us and talk to Lodge 010 591 8168, Bertus 082 706 8860 Thankdeka Lodge 079 344 1890. (WB) LEES Die Pos gereeld en bly op hoogte van nuus.

Agapé

Elektries & Spares Hillhorst str. 16, Bela-Bela 24 UUR DIENS

Elekt. Instandhouding Nuwe Installasies Bou en installering van outo-matiese hekke Interkoms Skakel Piet Smit

(014) 736 4758 083 349 2982 / 083 664 8978

TLB TE HUUR

ALLE PLAAS- EN WILDBOERE, as julle enige karkasse het wat julle van ontslae wil raak. Ons het wit leeus en jagluiperds by Thandeka Lodge and Spa wat gevoer moet word. Asseblief kontak Lodge 010 591 8168, Bertus 082 706 8860 Thankdeka Lodge 079 344 1890. (WB) TJ FENCING: oprigting en instandhouding van alle wilden veewerende omheinings. Maak van brandstroke. “Berge is ons kos”. Johan 082 641 7792 of 073 785 4462. (NSR) DISWERK in die nabye omgewing asook Sugergraygras teen R500 per ton. kontak 079 492 4113. (NSR)

6

Bouwerk Building

ALLE bouwerk, aanbouings, teëlwerk, verfwerk, loodgieterswerk, plafonne, staalwerk, grasdakke, houtdekke, plaveisel, afdakke, instandhoudingswerk. NHBRC geregistreer. Kontak Jimmy 082 894 5774. (22/6)(WB) KIJIMA CONSTRUCTION: Vir pleister- en bouwerk asook teël van vloere en mure asook plaveisel. Kontak Ephraim 072 238 2068 (WB) PMB KONSTRUKSIE vir enige bou-, teël en of loodgieterwerk. Noem dit en ons doen dit. Geen werk te klein of te groot. Skakel Pieter 082 328 2135 / 076 147 7428. (15/6) ALLE bouwerk, nuwe huise, aanbouings, verbeteringe, NHBRC geregistreer. Skakel Deon 082 328 2450. (22/6) A.H. BELEGGINGS: NHBRC geregistreer. Alle bou & herstelwerk. Plafonne, loodgieter, verfwerk, elektrisiteit, teëlwerk. Kontak Francois 082 495 3299 (NSR) WATERBERG BUILDERS and Thatchers, doen algemene bou en pleister werk, oprig en instandhouding van grasdakke en lapas, teël en-verfwerk. Kontak Kobus by 076 339 4003. (NSR)(22/6)

7

Eiendom gevra Property wanted

EIENDOMME gesoek om te verkoop of te verhuur- In Bosveldsig, Koro Creek en Nylstroom dorp. Indien u wil verkoop of verhuur, skakel: Marius: 072 553 4692 of Corlia: 071 346 9929. Apple Property Modimolle. (NSR)(18/5)

8

Eiendom te huur Property to let

RONWIL VAKANSIE OORD – 2 slaapkamer woonstel R2 900 / maand, krag uitgesluit. 2 Slaapkamer, dubbelverdieping huis R3 200 / maand, krag uitgesluit. Skakel 014 740 0085 / 082 818 9596. (11/5) (WB) BELA BELA, netjiese/luukse 4 slaapkamer huis te huur. 2 Badkamers, groot kombuis en leefareas. Lugversorging, elektriese heining en besproeiing. Naby skole en privaat hospital. R6 900 pm plus gelyke deposito. Beskikbaar 15 Junie 2018. Kontak - 082 789 7310 / 082 909 1499. KROMDRAAI, 2 slaapkamer woonstel op kleinhoewe. Gemeubileerd. Afgetrede egpaar. Eie krag. R1 500 pm. Deposito betaalbaar. 20 Km grondpad. Skakel 082 780 0943. (18/5) WARMBAD netjies, ruim 3 slaapkamer dupleks (BadenBaden), 2½ badkamers, diefwering, omhein, toesluit motorhuis. Kragkaart. R4 500.00 pm (water ingesluit). Deposito R4 500.00. Vanaf: 1 Junie 2018. Skakel Simoné Theunissen : 014 736 4233. BELA-BELA Tuintuiste, een slaapkamer huis te huur in sekuriteitsoord. Netjies en veilig vir persone bo 50. Skakel Lidia 014 736 3939 / 084 515 6814. (18/5) BELA-BELA netjiese, ruim twee slaapkamer woonstel te huur. 2,5 Km vanaf dorp. Aircon, motorhuis, kaartkrag, R3 500 p.m. plus gelyke deposito. Skakel 083 313 1593. (25/5) BELA-BELA groot omheinde gerieflike 3 slaapkamer huis met dubbelgeriewe met volledige 1 slaapkamer woonstel. Huur R6 500 deposito R6 500 water en krag uitgesluit. Streng keuring en kredietnavrae word gedoen. 083 455 2745. 1 SLAAPKAMER woonstel te huur met toesluit motorhuis in Reitz straat. Bela-Bela. R3 200 p.m. Onmiddellik beskikbaar. Kontak Chrisna 082 900 6374. (1/6) RUIM 1 slaapkamer woonstel. Dadelik beskikbaar. Deposito R2 500 en huur R2 500. Warmbad. Skakel 083 765 0878. WOONSTEL te huur in Warmbad, 2 slaapkamers. Skakel 083 726 1707 / 083 860 6060. 3 SLAAPKAMER woonstel, 10km buite Modimolle op Kranskop teerpad, water en krag ingesluit, deposito betaalbaar, R3 600. Skakel 082 940 3814. (NSR)(18/5)

RE/MAX BUSHVELD Bela-Bela: 1) Meenthuis in kompleks - 2 slaapkamers, 1.5 badkamer, oopplan kombuis met modern kombuiskaste, sitkamer, stoep met in geboude braai, afdak, kaartjiekrag, munisipale water, riool en vullis rekening. Geen diere R5 070pm. 2) Meenthuis in kompleks - 2 slaapkamers, 1.5 badkamer, oopplan kombuis met moderne kombuiskaste, sitkamer, stoep met ingeboude braai, afdak, kaartjiekrag, munisipale water, riool en vullis rekening. Geen diere R5 580pm. 3) Huis - gemeubuleerde 2 slaapkamer eenheid op gasteplaas met vol badkamer, oopplan kombuis sitkamer, aparte krag rekening en skoonmaakdiens word aan huurder gegee. Geen diere R4 500pm. 4) Huis - ruim met 3 slaapkamers, 2 badkamers, kombuis met baie kaste, aparte opwasarea, sitkamer, eetkamer, studeerkamer, stoep, swembad, stoorkamer vir gereedskap, wendyhuis, toesluit motorhuis en toesluit afdak. Diere vriendelik R8 960pm. 5) Huis - ruim 4 slaapkamers, 3 badkamers, sitkamer, kombuis, swembad. Afdak vir 2 voertuie, kaartjiekrag, munisipale water, riool en vullis rekening. Diere vriendelik R7 200pm. Indien u weet van iemand wat wil huur of verhuur kontak ons gerus. Hester 014 736 6495 / 072 046 8651 /hester@remax bushveld.co.za rentals@ remaxbushveld.co.za. RE/MAX BUSHVELD Nylstroom: 1) Baie netjiese en gerieflike 2 slaapkamerhuis in Bosveldsig. Dadelik beskikbaar. 2 Badkamers, ruim oopplan sit / eetkamer en kombuis. Netjiese tuin. Dubbel motorhuis. R5 250pm. 2) 3 Slaapkamer huis in ouer deel van dorp. Oopplan sit / eetkamer en kombuis. Toesluit motorhuis. Veilig omhein met pallisade. 2 Wendyhuise, lekker kuierstoep agter. R4 800pm. 3) Groot 4 slaapkamer met 4 badkamer huis naby hoërskool. Sitkamer / eetkamer, kombuis en agterstoep. Toesluit motorhuis. Groot erf met boorgat. R7 700pm. 4) 3 Slaapkamer huis met 2 badkamers. Naby Eenheid Laerskool. Kombuisie, eetkamer, sitkamer. Veilig met mure om. Onderdak parkering vir voertuig met toesluit roldeur. R4 400pm. Deposito en kontrakfooi ‘n vereiste met alle kontrakte. Kontak my gerus vir besigtiging. Magda 014 717 3125 / 082 625 6195 / magda@ remaxbushveld.co.za WOONSTEL te huur in Warmbad, 2 slaapkamers. Skakel 083 726 1707 / 083 860 6060. (1/6) BELA-BELA 2 slaapkamer in veilige kompleks, Bospoort. Geskik vir 2 mense sonder kinders R4 000 pm. Kontak Koos 014 736 2283. (1/6)

Warmbad Dienssentrum ONS VERHUUR! Saal: R100 per uur Plus Water & krag. Deposito: R1 200 vooruitbetaalbaar

KONTAK: 079 244 2600 072 613 4269

BESPREKINGS TENMINSTE 1 WEEK VOORUIT.

SKAKEL:

081 267 9366

27. Tuin & Huis/Garden & Home 28. TV & Video 29. Vakansie/Holiday 30. Verlore & Gevind/Lost & Found 31. Vervoer/Transport

GEE IN BY / HAND IN AT: NABOOMSPRUIT: WARMBAD (Die POS Hoofkantoor/Head Office): Minnaarstr. 7, 014 736 3903 /2723 NYLSTROOM: Die POS, Kerkstraat 105 (014) 717-1774 OF POS DIT/OR POST IT: Posbus/P.O. Box 16, Warmbad 0480

PRYS/ PRICE: R40 (20 woorde/words) NO SMALLS WILL BE TAKEN BY PHONE! GEEN KITSKOPIES WORD TELEFONIES AANVAAR NIE!

STRENG KONTANT / STRICTLY CASH 32. Vleis/Meat 33. Voer/Feed 34. Voertuie/Vehicles 35. Vroue/Women 36. Wapens ens./Weapons etc. 37. Werk gevra/Positions wanted

38. Wild/Game 39. Woonwaens & sleepwaens/ Caravans & trailers 40. Akkommodasie 41. Opsitkers 42.Kennisgewings/Legals

BERGSIG VERKOPE 50 Thabo Mbeki Dr, Nylstroom

Stempels, spons produkte, meubels seepprodukte, besems en moppe, beddens en matrasse.

BOOMSLOPINGS

Tihema

Vir professionele en bekostigbare boomslopings. Probeer ons gerus. Kontak Jan Diederiks

Tel/Faks: 014 717 3096 Elize: 084 560 7908

082 898 6461

Epos: elizevanderwalt@gmail.com NETJIESE 2 slaapkamer woonstel in goeie omgewing. Loopafstand van sakesentrum. Koopkrag, water, riool en tuindienste ingesluit. Geen honde en katte. Verkieslik 40 jr en ouer. Geskik vir 4 persone. Dadelik beskikbaar. Huur R4 200 plus gelyke deposito. Doen aansoek by Mica 014 736 5201. (25/5) PLAASHUIS 10 km buite Modimolle, naby teerpad, uitstekende sekuriteit, sterk boorgat, huurder betaal Eskom en sleutel deposito, 6 maand kontrak - herhaalbaar, navrae by 014 717 2571 of 082 471 0971. (NSR)(18/5) BOSVELDSIG sekuriteit aftree- oord. Nylstroom. Eenhede te koop of te huur. Ouderdomsbeperking 50 jaar. Kontak Nelie vir beskikbaarheid 014 717 3654. (18/ 5)(NSR)(rek661) KAMERS te huur is Presidentstraat 32 Modimolle. Kontak Gerda 074 838 1044. (NSR)(25/5) 1 SLAAPKAMER woonstel, 2,5 km vanaf R101 op de Nyl Zen Oog pad. R2 100pm met water en ligte ingesluit. Beskikbaar onmiddellik. Tenus Kruger 083 280 5190 of 014 161 0724. info@sha kila.co.za. Nylstroom. GROOT 3 slaapkamer, 2 badkamer, kantoor, TVkamer, kroeg, sit/poolkamer/ eetkamer met groot kombuis, 500m van hoërskool, R6 000 pm met kaartkrag. Onderhandelbaar. 082 498 8797 Attie. (NSR)(25/5) GARDEN bachelor ’s flat with carpool, Bela-Bela, R2 800pm, one person only, electricity included, Margaret 078 331 5590. Available 1 June. (NSR)(18/5) MODIMOLLE moderne 2 slaapkamer, 2 badkamer, oopplan kombuis, sit en eetkamer, toe lapa, kaartkrag en eie water rekening, R4 500pm. Dadelik beskikbaar. Kontak 062 821 6390. (NSR)(18/5) MODIMOLLE 2 slaapkamer woonstel, geen deposito, slegs R3 000pm vooruitbetaalbaar, kaartjiekrag. Kontak 083 418 1073. (NSR)(18/5)

9

Eiendom te koop Property for sale

1) BACHELOR woonstel sentraal geleë R180 000. 2) 2 Slaapkamer woonstel R540 000. Koos 014 736 2283. (1/6) PAM GOLDING Vaalwater. Huise te huur vanaf R4 000/ maand. Huise te koop vanaf @ R550 000 plus. Huise in Eco Estate vanaf R550 000 plus. Leë erwe @ R165 000 plus. 21 Ha leë plotte @ R550 000. 100 Ha @ R2 mil. Tel no : 014 755 3546 / 072 134 9466. (1/6)

Ma

PIETER WAGNER EIENDOMME. Sedert 1970. Ons kennis en ervaring is tot u beskikking. Waardasies, verbande, lenings, versekering, verhuring. Pieter Wagner Snr 083 601 2830. Gerda 082 563 4725. Adelene 082 948 4689. Mark 083 560 5025. Lucille 076 349 2554. Albert 083 411 4741. Chris Hani straat 52, Bela-Bela, 014 736 2118, 083 601 2830, www.pwe.co.za (t/c) CENTURY 21 Bela-Bela – die leiers in eiendomsverkope & verhurings in Bela-Bela! Kontak gerus, ons kantoor of enige van ons ervare agente vir puik diens en resultate! 014 736 2020 /082 888 2020 / www.century21.co.za. Corne van Rensburg 082 492 9525, Magda Venter 083 297 2160, Rita Senekal 082 986 6089, Trudie Howard 072 534 7465, Gerhard van Rensburg 079 881 6554, At van der Heever 082 972 2843, Busi Mawai 076 967 5458, Magda van den Berg 083 235 3608, Anel Buys 083 314 9569. CENTURY 21 Bela-Bela. Netjiese ruim 5 slaapkamer, 2 badkamer huis te koop in Bela -Bela. Oopplan sitkamer, eetkamer en kombuis. Pragtige tuin en ruim dubbel motorhuis. R900 000. Agent: Trudie Howard 072 534 7465 / 082 888 2020. CENTURY 21 Bela-Bela. Pragtige 3 slaapkamer, 2 badkamer familiehuis in ‘n bekende sekuriteitsoord in Bela-Bela te koop. Mooi kombuis met oopplan leefareas. 2 Motorhuise en ‘n pragtige tuin. R1 600 000. Agent: Magda Venter 083 297 2160 / 082 888 2020. CENTURY 21 Bela-Bela. Baie goeie belegging te koop in Bela-Bela. Die eiendom bestaan uit 5 aparte eenhede. Perfek vir ‘n kantore. Loopafstand van die dorp af. R1 302 000. Agent: Magda van den Berg 083 235 3608 /082 888 2020 CENTURY 21 Bela-Bela. Pragtige huis te koop in ‘n veilige sekuriteitsoord in BelaBela. Ruim 2 slaapkamer, 2 badkamer met oopplan leefareas. 2 Motorhuise en ‘n pragtige groen tuin. R810 000. Agent: Corne v Rensburg 082 492 9525 / 082 888 2020. APPLE Property Modimolle: Nuut in mark! 3 Slaapkamer, 2 badkamer, ruim kombuis, TV kamer, sitkamer en studeerkamer. Dubbel motorhuis, erf is 1 326 vkm. Goed geleë in Springbokstraat. R950 000. Corlia 072 553 4692. (NSR)(18/5) APPLE Property Modimolle: 3 Slaapkamer huis met woonstel, boorgat, huur inkomste tans R6 000pm. Schoemanstraat. Corlia 072 553 4692.

tte

WARMBAD BLINDERS

Maria Oberholzer

• Vertical • Venetiansen Rolblinders.

Sel: 082 558 7184 Tel: 014 736-2723 Faks: (014) 736-3428

BAMBOES EN HOUT(014) 736-3817 a/u 082 359 5090

ADVERTENSIES OP BELA-BELA

FENCING FENCING / / OMHEINING OMHEININGS Electric & Game Fences / Elektriese & Wildsheining

079 899 7455 info@foxsa.co.za Waterberg Quickdry h/a

STEVEN’S

MATTE

MATSKOONMAAKDIENSTE Sk oonmaak v an: Skoonmaak van: • Ma tte • T eëls Matte Teëls • Bek leedsels Bekleedsels

HELE POS-LESERS GEBIED

Derrick 082 539 7168

SM POMPE & BESPROEIING 99 THABO MBEKI DRIVE, MODIMOLLE

Tel: 014 161 0650 Bela Bela 014 161 0432 smpompe@gmail.com Ons is verskaffers van Sentrifigale pompe groot of klein swembadpompe en filters drukpompe; Monopompe Solar pompe; filters Poly pype: Suigpype elektriese skakels; suigpype Besproeiing; Druppers; Upvc pyp Riool pype en benodigdhede Baie hoëdruk koppels; Butweld koppels; Upvc Pype en koppels Watersuiwering Tuinslange en toebehore

Nog te veel om op te noem

KOM KYK GERUS


KLEIN ADV. / SMALLS

www.diepos.co.za CENTURY 21 Bela-Bela. 21 Ha kleinhoewe te koop naby Bela-Bela. Netjiese 4 slaapkamer en 3 badkamer huis omring met ‘n pragtige tropiese tuin en seisoenale rivier. 5 Motorhuise, luukse lapa met braai en swembad. Netjiese staf kwartiere met water en elektrisiteit. Boorgat lewer sowat 15 000 liter water per uur plus ‘n water opgaartenk. Wildwerend omhein met elektriese toegangs hekke. R2 900 000. Agent: Gerhard v Rensburg 079 881 6554 / 082 888 2020. CENTURY 21 Bela-Bela. 21 Ha kleinhoewe te koop naby Bela-Bela. Netjiese 4 slaapkamer en 2 badkamer en kombuis met oopplan leefareas. Pragtige tuin met omheining en elektriese hek. 2 Stoorkamers met 3 motorhuise. R1 470 000 Agent: At van der Heever 082 972 2843 / 082 888 2020. CENTURY 21 Bela-Bela. This is a block of 6 flats situated in a nice area close to Bela-Bela. These 6 flats consist of 1x3 bedrooms, 2x3 bedrooms and 2x1 bedrooms with lock up garages. Good for investments with a total income of R20 000 p.m. R2 000 000. Agent: Busi Mawai 076 967 5458 / 082 888 2020. RE/MAX BUSHVELD Nylstroom: 1) 3 Slaapkamer huis, 2 badkamers, groot erf, ouer deel R550 000. 2) Nuwe deel: 2 slaapkamer huis, 2 badkamers, 3 afdakke, goeie area, naby Koro Creek R775 000. Marius 072 180 5335. RE/MAX BUSHVELD Nylstroom: 1) On the golf course family home. Large open plan living areas, patio with builtin braai, open space kitchen, pantry and scullery. 4 Automated garages, 4 bedrooms, 3 en-suite bathrooms, guest toilet. Borehole & irrigation, solar panel & geyser, alarm security. Susan 083 387 7631. WILTINNET EIENDOMME. 014 717 1142/ 083 296 8286 / 082 499 4561 Nylstroom/Warmbad/Vaalwater. 1.) CJN 428 - 90 ha natuurplaasstroom, 4 slaapkamer huis, 60% plat en 40% berg – R3 200 000. 2.) BN 826 – Natuur plaas. ± 440 ha - Baie water-stroom fontein- 3 huise, wildwerend R6 440 000. 3.) CJN 368 - 227 ha Alma- 3 slaapkamer plaashuis, met afdak, 2de huis, wildwering. 3 toegeruste boorgate. Berg en plat – mooi uitsigte, R3 980 000. 4.) CJN 242 - ±46 ha, wildwerend omhein, 2 slaapkamer, grasdakhuis, chalet, perdestalle, 1 toegeruste boorgat. Baie mooi natuurplasie – R3 290 000. 5.) BN 810 - 323 ha eksotiese wild teël plaas, baie goeie huis – R9 980 000. 6.) BN 839 – huis binne in eko estate – geen heffings – R698 000. 7.) BN 781 – 80ha, goeie besproeiing, skaapweiding plaas, R5 500 000. 8.) CJN 450 - 168 Naweek-natuur. 4 Slaapkamer huis, boorgat en seisoenale fontein, R3 800 000. 9.) CJN 228- 170ha, seisoenale stroom, geen huis, R2 190 000. 10.) CJN 437 - 21 ha bosveld plasie, hoof huis met 3 chalets, netjiese afwerkings, R1 700 000. 11.) CJN 449 – 100 ha – netjiese wildsplaas naby dorp, 3 teelkampe, 6 boorgate, netjiese huis, R6.5 miljoen. 12.) CJN 337 – Nylstroom, 21 ha met 2 slaapkamer huis, rondawel en 2 chalets, wildwerend, verskeie wild, plat en berg. R2 150 000. (NSR) LEES Die Pos gereeld en bly op hoogte van nuus.

WILTINNET EIENDOMME. 014 717 1142/083 296 8286 / 082 499 4561. Vaalwater/ Alma/ Marnitz 1.) CJN 468 – 235 ha beesplaas. Bees fasiliteite, boorgate, gronddamme, kampe, R4 290 000. 2.) CJN 430 – 206 ha – Bees en besproeiings plaas, baie water, 60 ha besproeiingsreg, R9 690 000. 3.) CJN 412 – 170 ha, 4 chalets met lodgeonklaar. Eet area, swembad en kombuis. R5 180 000. 4.) CJN 379 – 129 ha beesplaas, Vaalwater, ou plaashuis, 2 boorgate nie toegerus. R2 150 000. 5.) CJN 433 -– 1516 ha wild-teelplaas. Geleë in die Waterberg Biosfeer. R20 500 000. 6.) 276 ha Marnitz – wildsplaas met lopende besigheid, baie potensiaal, ideaal vir beroepsjag, bewese inkomste van oorspoel kliente, R4 490 000. 7.) BN 830 Vaalwater- 115 ha – wildnaweek-aftree, 4 slaapkamer, 3 badkamer, seisoenale stroom, rolstoel vriendelik. R3 790 000. Goeie koop. 8.) CJN 473 – 78 ha, 2 huise, boorgate, natuur plase, R2 150 000. (NSR) WILTINNET EIENDOMME. 014 717 1142/083 296 8286 / 082 499 4561. Te koop: Nylstroom / Crecy / Radium / Roedtan. 1.) CJN 365- 170 ha, Roedtan, 30 ha onder swaaibalk, 70 ha droë lande, 4 slaapkamer huis, 55 000 liter boorgate - getoets. R4 200 000. 2.) CJN 421 – 21 ha, gerieflike huis, swembad, baie mooi uitsig, boorgat. R2 690 000. 3.) Besighede/ huise te koop, Modimolle, Wiltinnet Eiendomme, 017 717 1142/ 082 499 4561. MSN 44 – 2 slaapkamer, 2 badkamer, sit-eetkamer en kombuis, mooi uitsig – R2 590 000. MSN 45 - 3 Slaapkamer, 1 badkamer huis in goeie deel van Nylstroom – R870 000. MSN 47 – 3 Slaapkamer, 2 badkamers , groot afdakke en woonstel, erf 150m² - R1 250 000. MSN 48 – Bosveldsig – 2 slaapkamer, 2 badkamer – R980 000. Sondela Natuur Reservaat – 3 slaapkamer, 2 badkamer, 274m²- grasdak huis, R2 900 000. Sit-eetkamer, kombuis, Boma en lapa. (NSR) NYLSTROOM/MODIMOLLE 21 ha plot te koop. Omheinde grond (gedeeltelik met wildheining), 3 slaapkamerhuis, dam, 3 boorgate, perskeboorde, graslande. Kontak eienaar 079 314 7210. (NSR)(REK 128) RUIM 2 slaapkamer woonstel in Nylstroom, veilige onderdak parkering vir 2 voertuie. Kontak eienaar by 060 571 6927 of 014 743 0148. R450 000. (NSR)(18/5) STUDENTEWOONSTEL: Potchefstroom student woonstel te koop. Teenaan NWU Potchefstroom. 2 Slaapkamers, vol badkamer, oopplan kombuis en sitkamer, graniet oppervlaktes en Kiaathoutkaste, Wi-Fi, 2 parkeerareas. Fotos beskikbaar. Groot 71vkm. Prys R1 350 000. Kontak 082 789 7882. Nylstroom. (NSR)(25/5) NETJIESE 3 slaapkamer huis op Modimolle, 2 ½ badkamers, oopplan kombuis, sit en eetkamer, groot stoep. Plus 2 slaapkamer woonstel, groot kombuis, TV kamer en badkamer. Huis en woonstel is modern en nuut oorgedoen met 2 aparte kaartjiekrag meters, boorgat, groot erf, palisade, heining em skuifhek voor. Winskoop: R1 080 000. Kontak eienaar by 082 650 3983 of 083 564 6472. (NSR)(25/5)

PRAGTIGE 4 slaapkamer huis te koop in goeie area, 3 badkamers, eetkamer, TV kamer, studeerkamer en ekstra leefarea, 2 groot motorhuise, swembad, lapa en ingeboude braai, besproeiing, 5 000 liter water tank met drukpomp. Vol bediende kamer. Skakel eienaar 076 115 3464. (NSR)

11

Gesoek Wanted

JUWELE. Ek koop enige ou goud en silwer juwele, al is dit gebreek. Skakel Corné van Rensburg by 082 492 9525 vir kwotasie. (t/c)(WB)

13

Herstel Repairs

RICKY’S STAALWERKE & NUTSMAN. Daklekke, sinkdakke, skadunet afdakke, diefwering, veiligheidshekke, elektriese hek motors en nutsman werk. Ek sal enige geskrewe kwotasie klop! Kontak 072 658 0738 / 082 697 7045. (1/6)(NSR) DIESELPOMPE. “Injektors”. Tuinplaas Diesel. In Nylstroom. Kontak Nico 082 936 3757. Dirk van den Berg laan 24. (1/6)(NSR) THATCH roof repairs. Rethatching, leaking, wooden decking, bomas, lapas, carpentry, and painting. Call Much on 082 099 0631 (NSR)

15

Lewende Hawe Live Stock

EK koop en verkoop skape, beeste, bokke vir kontant. Raief 083 492 1170. (15/6)(WB) ONS koop enige lewende hawe en pluimvee vir kontant. Ons koop ook enige skroot, yster, ens. Kontak 082 328 2135 / 076 147 7428. (15/6)

16

Meubels Furniture

OORTOLLIGE meublement – ons koop dit vir kontant. Bergsig Meubels, 50 Thabo Mbeki , Nylstroom. 014717 3096 /084 500 0852. ONS maak u motorhuise se oortollige items skoon, koop meubels aan en verkoop gehalte meubels en talle gereedskap. Kontak 079 216 8317. (1/6)(NSR)

MEUBEL restorasie van kaste, tafels, riempie stoele en banke, bal en klou meubels, ander houtwerk navrae is welkom, Skakel of WhatsApp Frikkie Botha op 073 687 9511. Na ure navrae ook welkom. (NSR)(18/5)

18

Opleiding Training

WISKUNDE ekstra klasse, W van Wyk sel 062 009 0024. (NSR)(18/5)

22

Te Huur For Hire

TRAILER te huur teen baie billike prys. Sterk en gepas vir meeste doele, 2.6 x 1.6 x 1.1m. Volle versekering. Kontak 079 841 3890 of 072 922 7630. (18/5) BOSVELD TRAILER RENT vir goedere, meubels, beeste, dubbel en enkelaste. Volle versekering. 083 652 9617. (18/5) STOORRUIMTE te huur by Waterberg Self Stoor, Nylstroom 100 m van Pick n Pay. Toegeboude staalstruktuur met sekuriteit. Verskillende groottes beskikbaar vanaf R500pm. Geskik vir meubels, woonwaens, dokumente, fabriek- en winkelvoorraad, ens. Skakel gerus vir Wim 082 454 7764.(NSR)(18/5) SLEEPWAENS te huur: 2m x 4m beessleepwa, 1,6m x 3,5m enkel as. Dubbel as 1,8m x 5m. Motor sleepwa. Nylstroom. Kontak 082 878 4952. (29/6)(NSR) SELFSTOOR eenhede, baie netjies, te huur in Nylstroom, industriëlegebied. Geskik vir meubels, voertuie en karavane. Kontak ons gerus. Henk van der Merwe 082 599 6957 Hennie van der Merwe 082 888 0792. (18/5)(REK215)

23

Te Koop For sale

SEILE te koop gebruikte versterkte PVC. Bela-Bela, Limpopo. Kontak 074 150 9964. (25/5)(WB) ANTIQUE coal/woodburning stove; 6 plate, black and white enamel. R5 500. Phone Maria on 064 524 4690. TOYOTA 2.4 petrol engine, complete, running condition and ready to fit, R6 500, John 073 694 5075. (NSR)(18/5)

EIENDOMME TE KOOP - MODIMOLLE

NUUTGEBOUDE WOONHUIS Modern met 3 slaapkamers en 2 badkamers Dubbel motorhuis asook waskamer. Groot onthaal area sluit in, ingeboude braai, skuifdeur na buite. Veilig omhein. Loop afstand vanaf Laerskool Nylstroom

Kontak Francois 082 495 3299

WILTINNET EIENDOMME/PROPERTIES Vir al u Eiendom behoeftes!

SWEMBADPOMPE 1) 55 KW R800. 2) 75 KW R1 000. 3) 1.1 KW R1 500. 4) 1.5 KW R2 500. Al vier pompe nuut oorgedoen. 5) 2 x 5.5 kw petrol kragopwekkers in baie goeie toestand R3 500 elk. 6) 200cc Sam quad bike. Goeie lopende toestand R7 000. 7) Twee kistipe vriekaste, baie netjiese toestand R1 000 elk. Kontak 083 455 9743. MITSUBISHI hand petrol slasher. T200. Raobi 355mm cut off grinder 1700 watt. Albei in goeie werkende toestand. Kontak Leon 082 896 0393. COLCAB vertoonyskas . Ronde glas deure wat opswaai. 3 laaie wat uittrek. 1.8m lank. Baie goeie toestand. Prys: R15 000. Kontak: 014 717 3654 / 082 3777 385. (NSR)

26

Troeteldiere Pets

LANGBEEN Foxterier hondjies, 4 reuntjies en 3 tefies, 7 weke oud, goeie waghonde, R500 elk. Kontak Willem 072 152 5951. Nylstroom. (NSR)(18/5) SNOESIGE jakkies vir brakkies in alle groottes beskikbaar vir jou hondekinders. Heerlike warm hondebedjies ook te koop by Finestwear in Tamsenstr 21 Nylstroom. 082 805 7904. (NSR)(8/6)

DIE POS/THE POST

27

Tuin & Huis Garden & Home

INSTANT LAWN. Kikuju gras beskikbaar, aflewering en plant van gras kan gereël word. Magda 083 260 3065 Warmbad / Gerhard 083 2510 610. PROFESSIONELE matskoonmaakdienste. Baie kort droogword tydperk. Doen nou ook noukeurige reiniging van teëls. Doen diens in: Warmbad, Nylstroom, Naboomspruit en omgewing. 082 539 7168. (NSR)(22/6) NIENA Se Blinders: Vir ‘n gratis kwotasie in die gerief van u eie huis kontak Niena by 060 767 0961 of Maya by 060 752 8231. (NSR)(15/6) LEES Die Pos gereeld en bly op hoogte van nuus.

28

TV & Video

VIR al u DSTV, antenna en klankstelsel probleme! Multi Choice geakkrediteerde installeerders. Ons installeer, verkoop en herstel in die hele lesersgebied. Skakel Christo 014 717 1551/014 717 1211/ 082 494 3132. (8/6)(NSR)

31

Vervoer Transport

18 Mei 2018

VERHUISINGS professioneel gedoen met toe vragmotor en opgeleide personeel. Eienaar bestuur. Gratis vragversekering. Na en van Gauteng, Noordwes, Vrystaat en Mpumalanga. Leon 083 454 8427. bemoved removals@gmail.com. SPESIALISEER in meubelvervoer. 18 Jaar ondervinding. ‘Budget’/Mini trekke met toe trok of bakkie waentjie. Plaaslik vanaf R1 200. Pretoria vanaf R2 500. Kontak Koos 082 640 4817. BERGSIG VERVOER doen meubel trekke, besigheid trekke, lokaal asook landswyd. Beste pryse! Kontak Elize by 084 560 7908 of 014 717 3096. (NSR) VERVOER enige iets, 12 – 24 ton vragmotor met hoë massa kante en baie seile. Eienaar bestuur self. Elbie 073 363 4418/ Riaan 073 913 7362/ Tinus 073 629 0102. JH TRANSPORT. Skakel ons vir die beste tariewe op alle vervoer landswyd. Verhuisings, tuinvullis asook jou gunsteling tuinklippe en nog vele meer. Ons doen ook tuindienste te Naboomspruit area. Kontak Reinette 084 321 0305 of Johan 079 629 1423. KLEIN advertensies word NIE telefonies aanvaar NIE. Gee dit asseblief betyds in.

Bladsy 17

32

Vleis Meat

HEERLIKE Upington vleis. Beste pryse. Lam, skaap en ½ of heel vark. Skakel Lynn by 082 453 1404 vir pryse. (t/ c) (WB) MODIMOLLE: verkoop slagvarke R39.50 p/kg opgesny en verpak. Slag ongeveer 40kg uit, kan halwe vark ook bestel. Kontak Niel 060 650 8441 of Youlene 060 974 3060. (NSR)(18/5) WILDEVY Padstal: Maalvleis /boerewors R60pkg, varktjops R40pkg, Fillets R130pkg, Salami R125pkg, plaashoenders R45pkg, curry brawn R80pkg, patties R60pkg, kaaswors R85pkg, vleisverwerking R25pkg. Kontak 079 370 1866. (NSR)(8/6)

33

Voer Feed

SKOON vierkantige grasbale te koop R25/baal in Warmbad. Aflewering kan gereël word. Skakel Gerhard 083 2510 610 / Magda 083 260 3065. KUILVOER R600 per ton, Nylstroom. Kontak 072 640 0037 of 072 172 4546. (NSR) KLEIN advertensies is vooruit-betaalbaar. Die SLUITINGSTYD is Dinsdagmiddag om eenuur.

VAKA TURES AKATURES

WATERBERG DISTRICT MUNICIPALITY CIVIL ENGINEERING GRADUATE EMPLOYMENT OPPORTUNITIES BACKGROUND Aganang Consulting Engineers acting as a Service provider of Waterberg District Municipality herewith invites S4 Civil Engineering candidates, or equivalent primarily those seeking experiential learning in order to satisfy graduation requirements as part of their academic obligations. Preference will be given to those candidates residing within Waterberg District Municipality area. SCOPE OF DEVELOPMENT • Road Inventory Data Collection • Road Condition Assessments • Traffic Data Collection • Bridge and Major culverts Assessments • Quality Assurance and Control • Analysis of Visual Condition Data • Selection, Adaptation and Training related to Network Decision Support Systems • Geographic Information System • Tools to develop strategic and annual maintenance plans • Management of Roads Asset Management System (RAMS) CONDITIONS OF CONTRACT • 1 year contract with a 3 month probation period with a possibility of renewal for up to 3 years • Stipend will vary (R7 500.00 – R12 000.00) according to qualification and experience • 4 interns

GESOEK HUISE,PLASE EN PLOTTE VIR ERNSTIGE KOPERS 014 717 1142 / 082 4955 688 info@wiltinnet.co.za

www.wiltinnet.co.za

www.gamefarmsinafrica.co.za

TE KOOP BELA-BELA ADINIUM PLANTE Party mense droom!

Ander Adverteer!

Kwekery met ongeveer 1500 plante met kweekhuis. VOLLEDIG

082 457 7731

All enquiries must be directed to: Ms Madeline du Plessis (Aganang Consulting Engineers) – 011 943 3790 Ms Dineo Molepo (Aganang Consulting Engineers) – 011 943 3790 Applications accompanied by a comprehensive CV and certified copies of results and qualifications are to be submitted by e-mail to Ms Madeline du Plessis madeline.dp@aganangsa.co.za and Ms Dineo Molepo - dineo.m@aganangsa.co.za Attention: Ms Madeline du Plessis (HR Officer) RE: RRAMS Civil Engineering Application Employment Opportunity Closing Date: 25 May 2018 12:00pm.


Bladsy 18

34

Voertuie Vehicles

CANOPY for Mitsubishi 2800D, 2000 Model. Good condition: silver and dark green colours. R6 000 Phone Maria: 064 624 4690. 650 APRILIA motorfiets te koop, 51 741km. Skakel 076 808 6980. (NSR)(18/5)

35

KLEIN ADV. / SMALLS

DIE POS/THE POST 18 Mei 2018

Vroue Women

JOU Avroy Shlain produkte vir mans en dames is te koop by 071 249 9621. Moedersdag asook Vadersdag is nou beskikbaar. (15/6) PARFUUM te koop – Makkie’s Fragrances. Goeie gehalte. Wye reeks om van te kies, Kontak 076 047 2665. (t/c) (WB)

NYLSTROOM OMGEWING Kontak Ampie Abrie vir enige

"DISWERK" in die omgewing.

079 492 4113

37

Werk gevra Positions wanted

JOHANNAH Mashilo looking for job as office administration. Call 071 827 3433. (25/5) MARIA soek enige werk in Nylstroom, kontak 072 385 7404. (NSR)(18/5) MITA soek enige werk in Nylstroom, kontak haar op 063 668 1194. (NSR)(18/5) PETRUS kan algemene bouwerk doen asook plaveiselwerk, skakel 082 503 3385. (NSR)(18/5) FRANS soek werk as ‘n drywer, hy het sy kode 14 en 10 lisensie, kontak 071 812 9640. (NSR)(18/5) JONAS soek werk as ‘n drywer, hy het sy kode 10 en PDP lisensie, kontak 073 359 9176. (NSR)(18/5)

42

Kennisgewings Legals

NOTICE THAT EXECUTOR’S LIQUIDATION AND DISTRIBUTION ACCOUNT LYING FOR INSPECTION In the Estate of the late CORNELIS ALWYN JOHANNES BORNMAN, number: 2638/2017, Identity number: 450424 5089 088, married in community of property with GERTRUIDA ANNA BORNMAN (ID no: 470827 0094 083) who was

ordinarily resident at Plot 75 Roodepoort, Bela Bela and who died at Bela Bela on 28 January 2017. The First and Final Liquidation and Distribution Account in the above Estate will lie for inspection at the office of the Master of the High Court Gauteng Division at Pretoria and a copy thereof at the office(s) of the Magistrate(s) for the district(s) of Bela Bela for a period of 21 (twenty one) days from the date of publication hereof. Dated at Benoni on this 16th of April 2018. J W A VAN WYK DU PLESSIS DE HEUS & VAN WYK 1ST Floor Marilest Building 72 Woburn Avenue Benoni Tel no: 011 748 4000 REF.: MR. VAN WYK.AR932 NOTICE OF SALE IN EXECUTION: IMMOVABLE PROPERTY In the Magistrate’s Court for the district of Mokopane held at Mookgophong. In the matter of EUPHORIA HOME OWNERS ASSOCIATION Plaintiff NKIWE SOLOMON RANAMANE ID 680202 7381 089 Defendant The immovable property will be sold at 10H00 on 30 May 2018 at the premises of the Sheriff’s Office no 133 – 6th Street, Naboomspruit, 0560 by the Sheriff for the Court Mookgophong to the highest bidder for cash, namely: Erf 224, Euphoria Golf Estate, Mookgophong, Local Municipality, Registration Devision KR Limpopo Province, held

under title deed T88553/2012 1. The sale is a sale in execution pursuant to a Judgement obtained in the above Honourable Court; 2. The Rules of the auction are available at the office of the sheriff Mookgophong; 3. Registration as a buyer is per-requisite to specific conditions inter alia; 4. The office of the Sheriff will conduct the Sale with the auctioneers being the Sheriff Mookgophong; 5. The Property will be sold for cash only to the highest bidder or sold subject to confirmation as per the Consumer Protection Act upon instruction from the execution creditor. KS BALOYI & ASSOCIATES 257 Issie Smuts Street, Constantia Park, Pretoria Tel: 012 993 1524 Fax: 012 993 1525 Ref: CN0220 BELA-BELA LAND-USE SCHEME, 2008 APPLICATION FOR SPECIAL CONSENT IN TERMS OF CLAUSE 21 OF BELA BELA LAND USE SCHEME 2008 READ TOGETHER WITH SECTION 74 OF THE BELA BELA SPATIAL PLANNING AND LAND USE MANAGEMENT BY-LAW 2017. Notice is hereby given that, in terms of Clause 21 of the BelaBela Land-use Scheme 2008, I/we, the undersigned, intend applying to the Bela-Bela Municipality for Special Consent to establish a Creche on Erf/Portion 37, zoned Residential 1, situated at 43 Reitz Street, Bela-Bela. Plans and/or particulars

VAKA TURES AKATURES VOORWINKEL ASSISTENT / KASSIERE NYLSTROOM/ WARMBAD Salaris onderhandelbaar ‘n Gevestigde Apteekgroep het ‘n pos beskikbaar vir voorwinkel assistent / kassiere. Die geskikte kandidaat sal beskik oor vorige ondervinding in Apteek of ‘n verkope omgewing. Minimum kwalifikasie sluit in matriek. Goeie kommunikasie vaardighede en mense verhoudinge word vereis. Epos: hroffice@vhadmin.co.za Fax: 086 619 0849

Sonstraal Skool vir Buitengewone Onderwys benodig ’n

ER VARE B AKSTER MET ERV BAKSTER AARDIGHEDE BESTUURSVAARDIGHEDE AARDIGHEDE.. BESTUURSV Belangstellendes kan vir Hantie van Aardt skakel by: 014 717 4331 (8:00 tot 1300) na-ure op Sel 083 612 0975 CV kan ge-epos word na: sonstraal7@telkomsa.net Aansoeke sluit: 25 Mei 2018.

ACCOUNTING CLERK IN NYLSTROOM Waterberg Building Supplies seeks the service of an Accounting Clerk with the following requirements: • Must have Matric • Accounting background. • Experience/ Qualification in Finance • Pastel or sage evolution is a requirement. • Previous work experience in construction will be beneficial • Must be Fluent in both English and Afrikaans Closing date: 7 June 2018 Please forward CV to michiel@nylstene.co.za or fax to 014 717 3720

Nasionale Arbeidsregdiensverskaffer op soek na VER TEENW OORDIGER VERTEENW TEENWOORDIGER in Lephalale. Persoon moet in daardie gebied of in Thabazimbi of Modimolle woonagtig wees. Die hou van dissiplinere ondersoeke en verskynings in die CCMA word verlang. Rig CV aan: willem@armalaboria.co.za

Private Bag X421, 0430 Settlers Tel : (014) 7300 111 Fax : (014) 7300 071 / (086) 655 8554 Email : admin@lordmilner.co.za

LIMPOPO EDUCATION DEPARTMENT: EDUCATOR POST (CS1) 1. PERIOD: TEMPORARY 2. Post Description • Foundation Phase Grade 1 • Afrikaans FAL • Mathematics • Life Skills • English Home Language • Computer Literacy (Knowledge Network qualification) 3. Documentation needed: • LDPE 1 – (Available at school) • C.V • Testimonial (Not older than six months) ACADEMIC AND PROFESSIONAL QUALIFICATIONS: (Certified copies) • Professional Certificate (REQV 13) – Foundation Phase qualification • Grade 12 – Matric certificate • SACE Certificate • Copy of ID ADDITIONAL ACTIVITIES Involvement in cultural and sport activities is a requirement. Must be willing to do hostel duty if required by principal. 4. CLOSING DATE FOR APPLICATIONS: 31 May 2018 Send applications to: J. Griesel Email: admin@lordmilner.co.za or deliver by hand at Lord Milner School Only shortlisted candidates will be contacted. LORD MILNER SCHOOL VISION: A nurturing learning centre of excellence, shaping innovative future leaders. “HOME AWAY FROM HOME”

www.diepos.co.za

relating to the application may be inspected during office hours at 43 Reitz Street, BelaBela or at the offices of the Manager: Planning and Development, Bela-Bela Municipality, Chris Hani Drive, Bela-Bela. Any person having any objections to the granting of this application must lodge such objection together with the grounds thereof in writing, with both the Manager: Planning and Development, Bela-Bela Munisipality and the undersigned not later than 14 th June 2018. Applicant’s Details: Full Name: CHRISTINE KANE Address: 43 Reitz street, Bela-Bela, 0480 Tel: Work 072 716 9627 (25/5)

Promosie

Arina tree op ten bate van siek Claudette

A

BELA-BELA LANDGRONDGEBRUIKSKEMA, 2008 AANSOEK VIR SPESIALE TOESTEMMING IN TERME VAN KLOUSULE 21 VAN DIE BELA BELA GRONDGEBRUIKSKEMA 2008 SAAM GELEES MET SEKSIE 74 VAN DIE BELA BELA SPATIAL BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKBESTUUR BY-WET 2017. Hiermee word kennis gegee dat, in terme van Klousule 21 van die Bela-Bela Grondgebruikskema, 2008, ek/ons, die ondergetekende/s, van voorneme is om aansoek te doen vir spesiale toestemming by die Bela-Bela Munisipaliteit vir Spesiale toestemming vir die bedryf van ‘n Kleuterskool op erf 37 gesoneer as Residensieel 1 te Reitzstraat 43, Bela-Bela, 0480. Planne en/of besonderhede wat betrekking het op die aansoek kan gedurende kantoorure ondersoek word by Reitzstraat 43, Bela-Bela of by die kantoor van die Bestuurder: Beplanning en Ontwikkeling, BelaBela Munisipaliteit, Chris Hani Rylaan, Bela-Bela. Enige persoon wat besware het teen die aansoek moet so ‘n beswaar tesame met ‘n geskrewe rede vir so ‘n beswaar indien by die Bestuurder: Beplanning en Ontwikkeling, Bela-Bela Munisipaliteit en die onderge-tekende, nie later as 14 Junie 2018 Besonderhede van Applikant Volle Naam: CHRISTINE KANE Adres: Reitzstraat 43, Bela-Bela, 0480 Tel: Werk 072 716 9627 (25/5)

Die bekende sanger Arina de Witt tree op Saterdag 16 Junie by Castle de Wildt buite Modimolle op ten bate van Claudette Findlay wat in April met akute limfoblastiese leukemie gediagnoseer is terwyl sy by ’n gesin in San Francisco, Amerika, au pair-werk gedoen het. Sy is Annemarie en James Findlay van die dorp se dogter en is ’n oudleerder van Hoërskool Nylstroom. Die 22-jarige Claudette het sedert haar diagnose intensiewe chemoterapie by die UCSF Benioff-kinderhospitaal in San Francisco ontvang. Claudette is op Sondag 15 April uit die intensiewesorgeenheid ontslaan. Sy ontvang steeds suurstof en daaglikse dialise om haar niere te ondersteun. Claudette en Annemarie, wat by haar was, het onlangs na SuidAfrika teruggekeer. Annemarie het aan Die Pos gesê dat Claudette eers in die PretoriaOos-hospitaal opgeneem sal word sodra hulle land. Annemarie was die afgelope Mnr H.N. Botha aantal GEE HIERMEE KENNIS jare ’n vrywilliger Na herhaalde kennisgewings en by die aanmanings word die meubels en plaaslike ander goedere wat gestoor is sedert Kansatak om November 2016 op die perseel te ander Plot 20 Woodlands Naboomspruit inwoners 0560 Verkoop word om stoorkostes met dié

KENNISGEWINGS

te verhaal. NO - 083 271 7019

Arina de Witt sal musiekliefhebbers eersdaags in Modimolle bekoor met haar “Nana Mouskouri”-stem ten bate van Claudette Findlay se fondsinsameling vir kankerbehandeling.

siekte te ondersteun, min wetende dat sy self ondersteuning sal nodig hê. Volgens Alberta van Jaarsveld, ’n familievriendin, is Claudette baie siek en swak en sal sy minstens vir die komende twee jaar mediese behandeling nodig hê. “Haar Amerikaanse mediese fonds dek ongelukkig net drie maande se behandeling en haar mediese fonds in Suid-Afrika sal eers in 2019 dekking bied,” het Van Jaarsveld gesê. ’n Trustfonds is intussen op die been gebring om die koste te help betaal. Mense wat wil help, kan hul bydrae in die volgende prokureurstrustrekening betaal: Anne-Marie Kotzee Prokureurstrust, Eerste Nasionale Bank, rekeningnommer 5317 104 2633, Modimolle, takkode 260247. Die verwysing wat gebruik kan word, is 4438 en die inbetaler se naam. Kaartjies vir die Arina de Wittkonsert kos R100 per persoon en is in Modimolle beskikbaar by Cuppa Joy-koffiewinkel in die Modi Mall, by PostNet, Kokanje-aftreeoord, Bosveldsig, Bosveld Biltong & Deli, Hunky Dory en by Die Pos se Modimolle-kantoor. Kaartjies kan ook by Essential Marketing in die Bosveld Mall in Bela-Bela, asook by Built It in Mookgophong gekoop word. Die konsert begin om 14:30 vir 15:00. Vir meer inligting kontak gerus vir Chris Dyzel by tel. 079 888 5442.

NOTICE OF WATER USE LICENSE APPLICATION PROCESS Notice is being given, in terms of regulation 17 of G.N. R. 267 of 24 March 2017 of the National Water Act (NWA) (No 36 of 1998), for the application of Water Use License for taking water from a water resource (abstraction of groundwater from 2 boreholes on site); for submission to the Department of Water and Sanitation. It is envisaged that the following water use will be undertaken on site: Section 21(a) – Taking water from a water resource The Water Use License Application will be accompanied by a Technical Report which will detail the proposed water use and propose suitable monitoring programmes and mitigation measures where applicable. Legal Framework: Water Use License is required in terms of the National Water Act (No 36 of 1998). PUBLIC COMMENT ENCOURAGED For more information and a Background Information Document, please contact the Public Participation office: Osidele Olujimi Agbolahan/ Khuthadzo Manyatsha Kalahari Safety Health & Environmental Consultants (Pty) Ltd 09 Ivy Street, Acardia. Tel: 081 5777 616 Fax: 086 6011 682 Email: kmanyatsha@gmail.com/khuthadzom@webmail.co.za This assessment is being conducted on behalf of Waltkon Meat Group


NUUS/NEWS

www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST

18 Mei 2018

Bladsy 19

Promosie

BEDANKINGS Danie Petrus Pienaar 1936/09/29 – 2018/05/03 Nylstene in Modimolle het boorgate in die Jasper-omgewing van Phagameng, waar inwoners groot waternood ervaar, geboor. Hulle het twee sterk gate toegerus en aan die ModimolleMookgophong-munisipaliteit oorhandig. Die gate sal, onder leiding van Thabang Selemela, afdelingshoof van waterdienste, aangesluit word. Voor staan Selemela, Nico en Jaap Stolp van Nylstene en die wyksraadslid Daniel Pele by van die inwoners van dié omgewing.

A

Ons geliefde eggenoot, pa en oupa is vanaf ons weggeneem op Donderdag 3 Mei 2018. Dankie vir elke boodskap, besoek en al die ondersteuning wat ons ontvang het gedurende hierdie moeilike tyd. Dora, Kinders & Kleinkinders

DIENSGIDS SERVICE GUIDE klein of

GROOT ALLE ADVERTENSIES WERK!

NYLSTROOM SKROOTHANDELAARS

Koos de Wet

WARMBAD VERWE

15 Le Grant Nelson Mandela drive Kretzschmar Laan 13, BELA-BELA MODIMOLLE Tel/Faks 014 717 1253

Meubel Vervoer

Tel/F aks: 014 736 3503 el/Faks:

Tel: 014 717 5186 / 076 598 9265

CASH FOR SCRAP • Tweedehandse staal • Welding Benodighede • Omheiningsmateriaal • Grinding lemme • Conveyer belt • Industriële gas

INDUSTRIËLE GEBIED, NYLSTROOM

Professionele diens landwyd met toe 12 ton meubel-trok E Ook “Budget” -trekke b iena est ar met 7 ton meubeltrok seluur f Versekering beskikbaar

Kontak 082 640 4817

PROFESSIONELE WAARDASIES DU PREEZ NEL

Waardeerders * Taksateurs * Valuers * Appraisers Contact: 083 399 0346 (014) 736 6175

MOEDELOOS?

Posbus 1182, Kokanje, 0515 Tel: (014) 715 2338 / Faks: (014) 715 2338 Sel: 083 268 3711 dupreezn@telkomsa.net

NOODHULP DIENSTE Herstelwerk van: Yskaste, Stowe Wasmasjiene Tuimeldroërs Mikrogolfoonde Lugversorgers Elektrieseware Speedqueen- wasmasjien & Whirlpool-wasmasjien Bela-Bela Kantoor 014 736 2575 Dauw 083 940 6304 Nelie 082 379 3318 e-pos: dauwbotes@gmail.com

CONTROL SPUITDIENSTE PUMA PEST WATERBERG DISTRIK

WILDHEININGS

Vir ’n puik boorgat óf skoonmaak óf dieper boor Skakel

Gerrit Botha

082 652 7460 Faks: 086 718 2434 084 208 3624

Kom By!

SKOONSNY EN SPUIT VAN WILDHEININGS

ADVERTEER

Plaagbeheer/Pesbeheer: Behandel fondasies teen termiete met waarborg Sertifikaat. Bosbeheer: Uitroei van alle indringer plante/bome Beheer: van peste en plae

SKAKEL VIR GRATIS KWOTASIE PIETER 082 761 0748

FOR A NEW EXPERIENCE SURF WITH US! www.diepos.co.za


Bladsy 20

DIE POS/THE POST 18 Mei 2018

www.diepos.co.za


SKOLENUUS/SCHOOL NEWS

www.diepos.co.za

Rikus Labuschagne en Danie Clifford van Hoërskool Warmbad is onderskeidelik vir die o.18B en o.16B- Limpopo seunshokkiespan gekies. Hulle gaan tydens die Junievakansie by Kearsny College in Durban deelneem.

A

D

Dié groep laerskoolmeisies van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het op 20 en 21 April ’n netbalkliniek in Pretoria bygewoon. Voor is Elshenette Bezuidenhout, Luzé Paul, Jani Stapelberg, Liané de Wil-zem, Mieke Oelofse en Marizé Schroeder. In die middel is Lizé Stapelberg, Irma Jooste, Gené Prinsloo, Mekayla Vermaak, Melienke Vermaak, Shicayn Wolmarans en Mia Prinsloo en agter is Simoné de Beer, Anzel Coetser, Elni Jooste, Domenique Janse van Vuuren, Glaudette Schoonraad, Izabel le Roux, Tanya Theron en Aneri du Plessis. Foto: Herman Steyn

DIE POS/THE POST

18 Mei 2018

Bladsy 21

B Vier leerders van Laerskool Nylstroom het na die semifinale ronde van die ATKVredenaars deurgedring nadat hulle op Vrydag 4 Mei by Hoërskool Hans Strijdom deelgeneem het. Hulle is Altus du Plessis (gr. 6), Lorinda Broodryk (gr. 6), Stefan van Heerden (gr. 4) en Erlu Fourie (gr. 4). Die semifinale ronde vind op Vrydag 25 Mei plaas.

C

Klein Vyf Kleuterskool in Vaalwater het op Sondag 22 April aan die Kleuterzone nasionale kampioenskap by Southdowns College Ouditorium in Doornkloof, Irene, deelgeneem. Klein Vyf het met die beker vir oorspronklike kostuums vir die item Shosholoza weggestap. Hulle het ook met hul tweede item op die lied Ons is lief vir jou Suid-Afrika, weggestap met die beker vir die vriendelikste groep vir die item. Saam met die kleuters op die foto is Betty Seratho, Adele Hensley (hoof), Chanté Botha en Sinah Mashuga.


Bladsy 22

DIE POS/THE POST 18 Mei 2018

www.diepos.co.za


SKOLENUUS/SCHOOL NEWS

www.diepos.co.za

C The Kingsley Spelling Bee was held on Saturday 21 April at Laerskool Warmbad where learners from Jinnah Park Primary School (gr. 4-7) progressed to the next event in September in Polokwane. In front are Buang Mashaba, Kedidimetse Matsepe, Lebogang Madisha, Boitshepo Molekwa and Victoria Mahlaula. At the back are Koketso Nzuhza, Rethabile Swartz, Karabo Ledwaba, Lebogang Moloto, Katlego Maluleka and Thuto Sekhu. Behind them are Amanda Janse van Vuuren, principal, and Francois de Lange, educator. Mareme Makutu was absent.

B

Shannon Carlton, a Grd 11 learner at Waterberg Academy at Vaalwater, was chosen for the 2018 Junior Protea NASP Archery team and participated on 27-28 April in Springs at the African All Star Championships. His scores placed him fifth in the South African team and 11th in Africa. The team did extremely well and came in first in the Bull’s Eye, the 3D, as well as the combined category. With him on the photo is Heidi Carlton, the provincial coordinator for archery in Limpopo.

A

Johan Vreugdenburg, ’n oudleerder aan Hoërskool Warmbad, het op Woensdag 9 Mei sy diploma in sportwetenskap aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus behaal. Hy is tans betrokke by sportafrigting by Hoërskool Warmbad.

DIE POS/THE POST

18 Mei 2018

Bladsy 23

D Hierdie leerders van Hoërskool Hans Strijdom het deurgedring na die finale ronde van die nasionale sprekervaardigheid, lees en skryfkompetisie wat op Saterdag 15 September in die Paarl plaasvind. Voor is Lize Steenkamp, Micke Hofmeyr, Claudia van der Merwe en Claudette Nolte. Agter is Shana Stassen, Charisse O’Callaghan, Antoinette Viljoen, Heima Pretorius en Kyla Fourie. Skye Bester was afwesig met die neem van die foto.


Bladsy 24

DIE POS/THE POST 18 Mei 2018

SKOLENUUS/SCHOOL NEWS

www.diepos.co.za

Leerders van die Waterberg Karate Academy, wat by die Japan Shotokan karate-assosiasie (JSKA) geaffilieer is, se jong karatekas het op Dinsdag 24 April tydens ’n graderingseremonie na hul volgende gordels gevorder.

B

Die karatekas wat na die volgende senior gordel gevorder het, is Charneé von Stade en Llewellyn Nel. Agter is Wickus Coetzee, Erika Kotze en Michael Carr. Janfrik Bothma en Madeleen du Plessis was afwesig met die neem van die foto.

C

Die karatekas wat na die volgende junior gordels gegradeer het, is Ruan Nell, Shamika Gouws en Mieke Verwey. In die middel is Lizerie Jooste, Ryno Verwey, Shaun-Rico Farinha, Vino le Roux en DW du Plessis. Agter is Ethan Gouws, Hernu Nortjé, Janco Basson, Tiaan Gouws, Wanro Basson en Juan Muller. Christiaan Bothma, Louan Wienekus, Luca Boshoff, Hendrik le Roux en Maritz Grobler was afwesig met die neem van die foto.

A

Mia Strydom en Mckayla Vermaak van die Warmbad-gimnastiekklub het op Vrydag 4 Mei aan die Brits Bosveldvriendskaplike kompetisie in vlak 2 deelgeneem. Altesame agt klubs het op dié dag meegeding. Mia het ’n silwer medalje in die ouderdomsgroep 6-7 jaar verower en Mckayla ’n goue medalje in die ouderdomsgroep 8-9 jaar. Sy was algeheel tweede. Hulle neem op Saterdag 19 Mei aan die distrikkompetisie in Thabazimbi deel.


www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST

18 Mei 2018

Bladsy 25


Bladsy 26

DIE POS/THE POST 18 Mei 2018

SKOLENUUS/SCHOOL NEWS

A

www.diepos.co.za Die Waterbergskool vir CVO in Modimolle se seuns wat die rugbyoefenkamp tydens die Aprilvakansie by Kleine Bela bygewoon het, is A.J. Oelofse en Ruan Vollgraaff. In die middel is Henru Botha, Christiaan Prinsloo, Ruan Campher, Wietse Botes en Henco Meyer. Agter is ReĂŻtz Carshagen, Cecil Botha, Retief Jacobs, Giancarlo del Frate, Jano le Roux en Colin Boshoff. Foto: Herman Steyn

B

Verskeie laerskoolseuns van die Waterbergskool vir CVO het aan die Sewesrugby wat op Saterdag 14 April in Lichtenburg gehou is, deelgeneem. Voor is Ruan de Wilzem, Ruan Herselman en Renier Fourie. Agter is Ruan Campher, Henco Meyer, Henru Botha, Wietse Botes en Strachan Schmidt. Foto: Herman Steyn

C

Hierdie hoĂŤrskoolleerders van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het aan die landwye BCVO-atletiekbyeenkoms, wat op 23 en 24 Maart in Sasolburg gehou is, deelgeneem en plekke behaal. Voor is S.G. Prinsloo, Nico Janse van Rensburg en Colin Boshoff. In die middel is Mariska Kruger, Anna-Mart Jansen en Lizandri van Rooyen. Agter is Jano le Roux, Giancarlo del Frate, Hardus Fourie, Retief Jacobs en Cecil Botha. Juany Janse van Vuuren was afwesig met die neem van die foto. Foto: Herman Steyn

D

Die laerskoolatlete van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle wat aan die landwye BCVO-atletiekbyeenkoms in Sasolburg deelgeneem en plekke behaal het, is Caeleb van der Walt, A.B. de Villiers en in die middel Renier Fourie, Melienke Vermaak en Eldoria du Plessis. Agter staan Ruan Campher, Henco Meyer, Stefan Roets en Ruan Vollgraaff. Keano van der Walt was afwesig met die neem van die foto. Foto: Herman Steyn

E

Lucy Calcott, a Grd 12 learner from Waterberg Academy in Vaalwater, was the winner of a poetry evening held on Thursday 10 May in the school hall. The entire high school participated. On the photo are Mark Godfrey, principal, and Janice McBride, organizer, handing Lucy the winning trophy.


SKOLENUUS/SCHOOL NEWS

www.diepos.co.za

Kuns help leerders by Susan Strijdomskool

B

A

Cecile Viviers is ’n vriendelike gesig tussen die “kwaai ou manne” wat uit toiletpapierrolle geskep is deur leerders van Susan Strijdomskool. Die kunsklasse help nie net om fyn-motoriese vaardighede te verbeter nie, maar ook konsentrasie, glo hul onderwyser, Fredrich Nezar. X Ronél Jaarsveld Ronél van van Jaarsveld Toiletrolle verander in ooms met fronsende gesigte en foelie in ’n skrikwekkende, glimmende draak. Aan kreatiwiteit is daar geen tekort by Susan Strijdomskool vir spesiale onderrig in Modimolle nie, maar aan materiaal om dié kunsdrome te verwesenlik wel. Daar is volgens die skool nie geld beskikbaar om die nodige voorraad aan te koop nie. Fredrich Nezar, kunsonderwyser, blaai deur die kleurvolle kunssillabus wat die meer as 400 kinders wat by hom klas kry, moet deurwerk. Hulle het reeds helderkleurige Picasso-styl gesigte uit karton gemaak en klippe (wat Nezar hygend vanuit die berge aankarwei het) in katgeverfde deurstoppe verander. Enigiets denkbaar word ingespan om in kuns te verander — dikwels ook dinge wat in die meeste huishoudings in die asblik beland. Om dié rede word die kunsonderwyser soms op die asgate aangetref waar hy soek na leë blikkies, proppies, stukke draad en wat nog om die kinders se kreatiwiteit aan te wakker. Van die onderwysers dra ook aan wat hulle kan. “Kuns is belangrik vir dié kinders, want baie het leerprobleme of is gestremd. Dit verbeter hul konsentrasie, fyn motoriese vaardighede en hand-oog-koördinasie. Dit het verder ’n invloed op hul vermoëns in die wiskunde- en taalklasse,” het hy gesê. Die klok lui en ’n nuwe groep kinders kom die klas baldadig binne. Hulle wys nog van die projekte wat hulle aangepak het. Ou plate is gesmelt en in ’n bakvorm gebuig, plastiekbottels is in blomme en skoenlappers omgetower en ou eierbokse pronk nou as rooi rose teen die klasmuur. Een van die seuns se skets van ’n draak is ’n behendig lewe gegee deur ’n stuk foelie te frommel. “Ons het baie planne, maar het ongelukkig nie die voorraad nie. Omdat hier so baie kinders is, het ons baie nodig voordat ’n hele klas ’n projek kan aanpak,” het Nezar gesê. Die skool se wenslysie lyk so: leë toilet- of handdoekpapierrolle, ou tydskrifte (veral Huisgenote), stukkende speelgoed (karretjies, Barbie-poppe se ledemate, aksiefigure), leë blikkies, kartonbokse, melkbottels en -proppe, ou plate (selfs die omslag word gebruik), eierbokse, roomysstokkies, oorskiet draad en selfs daardie sponsies in pilhouertjies word gebruik as verfkwaste. Die items kan by die skool afgegee word of by Die Pos se kantoor in Modimolle.

Besoek gerus Die Pos se webtuiste:

www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST

Die Waterberg Skool vir CVO se nuwe beheerliggaam bestaan uit Willie van Rooyen (voorsitter), Jandré Botha (hoof) en Dries Fourie (ondervoorsitter). Agter is Irma Day (bemarking), ds. Lourens Prinsloo (akademie en personeel), Santie Botha (kultuur), Peet van Rooyen (terrein en onderhoud), Anzel Roets (sekreta-resse), Jan Human (finansies en kleuterskool), Joan Lindeque (adjunkhoof) en Mariette Volgraaff (sport). Retha Oosthuizen (projekte) en ds. Christiaan Jooste (ouerskakeling) was afwesig.

18 Mei 2018

Bladsy 27


Bladsy 28

DIE POS/THE POST 18 Mei 2018

SKOLENUUS/SCHOOL NEWS

www.diepos.co.za

Redenaars is gemaak om spore te los x Marietjie Steenkamp Marietjie Steenkamp Die streeksuitdunronde van Limpopo-suid se ATKV-redenaarskompetisie het vir die tweede agtereenvolgende jaar by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong plaasgevind. Die kompetisie, wat oor twee dae gestrek het, is op 3 en 4 Mei by die skool gehou. Johanette Pretorius, onderwyser by die Hansies, was die afgelope twee jaar die organiseerder. Die kompetisie is vir laer- en hoërskole, asook vir huistaalsprekers en eerste addisionele taal-sprekers. Die redenaars neem ook voorbereid en onvoorbereid deel. Altesame 239 sprekers het deelgeneem waarvan 80 deurgedring het na die halfeindronde wat op Vrydag 25 Mei ook by Hans Strijdom plaasvind. Tydens die semifinaleronde op 25 Mei sal die 80 redenaars van die noordelike Limpopo-streek saam met die 80 van die suidelike streek deelneem om die Limpopospan saam te stel. Net twee sprekers in elke ouderdomsgroep en elke kategorie sal aangewys word om Limpopo by die nasionale kompetisie op Vrydag 17 Augustus by Buffelspoort te verteenwoordig. Namibië het ook ’n span wat saam met die nege provinsies aan die finale ronde sal

A

meeding. “Die drie beste sprekers in elke kategorie word dan as wenners aangewys,” het Pretorius gesê. Pretorius is ook ’n ATKVbeoordelaar vir debat en redenaars en beoordeel reeds sedert 2001. Daar was vanjaar 18 beoordelaars waarvan tien van Gauteng en agt uit omliggende dorpe in Limpopo was. Lizelle van Staden van Boksburg, was die belyningsbeoordelaar wat ook seker gemaak het dat al die ander beoordelaars die reëls van die kompetisie toegepas het en dat daar uit dieselfde oogpunt

Die groep beoordelaars van die ATKVredenaars se streeksuitdunronde wat op 3 en 4 Mei by Hoërskool Hans Strijdom gehou is.

beoordeel is. Van Staden was ook vir geruime tyd die ATKV se organiseerder vir die debat- en redenaarskompetisies. Volgens Pretorius was die sprekers baie goed voorbereide en het uitstekend gepraat. “Die beoordelaars het met groot lof gepraat van die standaard van die toesprake en hoe dit aangebied is,” het sy gesê. Die ATKV gee temas vir elke ouderdomsgroep en elke spreker moet dan sy of haar eie onderwerp formuleer. Die uitslae word sewe dae ná die kompetisie op hul webwerf bekendgemaak.

B

Jonathan Esser, ’n leerder aan Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong, het van 11-14 April saam met sy pa, Jonty, aan die nasionale kampioenskap vir wedvlugvlieg deelgeneem. Die spanne bestaan uit ’n vlieënier en navigator en neem aan die drie afdelings van die kompetisie, wat oor drie dae plaasvind, deel. Jonathan het as vlieënier en navigator opgetree. Geen elektroniese toestelle mag tydens die kompetisie gebruik word nie. Jonathan en sy pa het algeheel vyfde in Suid-Afrika geëindig. Hulle is gekies om aan die internasionale kampioenskap in Slowakye deel te neem.

C

Willie Conradie, ’n gr. 8-leerder aan Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong, het die gewilde Eco Training EcoQuest-kursus by die Makuleke-kamp in die Kruger Wildtuin voltooi. Hy het tydens die kursus meer oor die natuur geleer, asook om bome, plante, voëls en spore korrek uit te ken.


www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST

18 Mei 2018

Bladsy 29


Bladsy 30

DIE POS/THE POST 18 Mei 2018

A

Hoërskool Nylstroom se eerste hokkiespan het op Woensdag 2 Mei 4-1 teen Hoërskool Ben Viljoen vasgeval. Hier hardloop Petunia Sepato met die bal tydens die wedstryd. Foto: Herman Steyn

SKOLENUUS/SCHOOL NEWS

B

www.diepos.co.za

Hanno van Biljon, ’n talentvolle o.16speler van Hoërskool Nylstroom, is op Saterdag 5 Mei as speler van die wedstryd gekroon tydens die wedstryd teen Hoërskool Frans du Toit van Phalaborwa. Die o.16’s het egter 25-20 verloor. Hanno het volgens toeskouers soos ’n Frik du Preez van ouds gedrop, place en score. Foto: Herman Steyn.

C

Jeandré Strydom, ’n rugbyspeler van Laerskool Nylstroom, is op Donderdag 26 April tydens die proewe by Laerskool Bosveld in Lephalale gekies vir die o.13streekrugbyspan.

D

Ipeleng Thloala, een van Laerskool Nylstroom se blitse op die netbalbaan, is op Woensdag 2 Mei in Polokwane gekies vir die Limpopo o.13-netbalspan.

E

Die kleurpretloop, ander aktiwiteite en oefeninge het op Vrydag 4 Mei vir groot opwinding by Laerskool Vaalwater se Valiefees gesorg. Hier is die Valies beslis nie vaal nie en geniet hulle hul gate uit met al die aktiwiteite, wedstrydpret en heerlike eetgoed. Om aktief te wees is belangrik vir kinders se welsyn het Leonard Vorster, skoolhoof, aan Die Pos gesê.

Karabo Mashaba van Eenheid Primary School in Modimolle is gekies vir die Limpopo o.12netbalspan wat in Junie aan die SuidAfrikaanse kampioenskap in Boksburg gaan deelneem.

F


SPORT

www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST

18 Mei 2018

Bladsy 31

A

B

Die Bosveld-voetslaanklub van Mookgophong en Modimolle het op Saterdag 28 April ’n heerlike uitstappie na die Nylsvleinatuurreservaat buite Mookgophong onderneem. Op die foto is Anna-Marie de Wet, Sophia Potgieter, klein Marlene Potgieter, Christa van der Berg en Jackie Kemp van die klub in Modimolle.

Die Nylstroom-lyndansers het op Saterdag 14 April ’n Bash en Country-dans ten bate van die Ons Hoop ouetehuis se blikkieskosprojek gehou. Die blikkieskosprojek vind jaarliks by die departement van korrektiewe dienste se lapa plaas. Altesame 43 lyndansers van onder meer Mookgophong, Modimolle en Bela-Bela het gesorg vir lyndans uit die boonste rakke. Die Nylstroom-dansers sien uit na ’n heerlike middag van kuier en dans by Ons Hoop waartydens die blikkieskos oorhandig sal word.

Lede van die Nylstroomrolbalklub het die naweek van 5 en 6 Mei aan die Kampioen van kampioeneenkelstoernooi in Polokwane deelgeneem. Twee van hul spelers het stof in die ander spelers se oë geskop. Tollie Venter was die wenner. Langs hom staan Carien Chadwick, kompetisiesekretaris, en Ernest du Plessis wat tweede was. Al die klubkampioene van Limpopo neem aan dié kompetisie deel.

C

D Rolbal is ’n uiters gewilde sport in Die Pos se lesersgebied. Die gewilde Kranskop Sesse-rolbaltoernooi het in Maart by die Nylstroomrolbalklub plaasgevind. Die wenners was Howard Holtzhausen, Hettie Rossouw, Ernest du Plessis en Marliza en Tollie Venter van die tuisklub. Norman Bibbey was afwesig met die neem van die foto.


Ervaar brul van enjins X Ronél Jaarsveld Ronél van van Jaarsveld

As die stofwolke wat tydrenmotors opskop jou hart vinniger laat klop, maak seker jy mis nie die volgende fase van vanjaar se nasionale Rallystar-motorsportkampioenskap nie. Dié motorsportkampioenskap vind op 25 en 26 Mei by die Carousel Casino plaas. AC en JJ Potgieter, twee jong manne wat betrokke is by hul ouers se boerderye in die Modimolle- en Bela-Bela-omgewing, is van die voorstes onder die jaers. Die voorlopers is tans gesamentlik AC en Matthew Vacy-Lyle, met Guy Botterill, Richard Leeke, Jono Van Wyk, Tjaart Conradie en JJ op hul hakke. Die goeie nuus vir motorsportliefhebbers is dat dié byeenkoms poog om die gewildheid van die ou Rallystar Motorsport Academy met sy spesiaalontwerpte bane naby Bapsfontein te laat herleef. Rallystar het na nuwe gronde by die Carousel Casino langs die N1 tussen Pretoria en Bela-Bela geskuif. Toeskouers hoef nie self aan tydrenne deel te neem om by die uitkykpunte uit te kom nie aangesien dit teerpad tot by al die parkeerareas wat binne loopafstand van die sewe spesiale verhoë is vanwaar die jaers

A

JJ Potgieter neem op Vrydag 25 Mei deel aan die nasionale Rallystarmotorsportkampioenskap by die Carousel Casino. Foto: Dries Beetge dopgehou kan word. Volgens Rallystar is die roete só ontwerp dat toeskouers die jaers sewe keer sal sien en nog drie keer as hulle uitry na die

satellietverhoë wat 32 km en 40 km verder geleë is. Die wedren begin op Vrydag om 14:05 wanneer die eerste van die 8,5 km-lange

Netbalspanne spook sake uit tydens fees x Lorrain Loots Lorrain Loots Die Valiefees op Vrydag 4 Mei in Vaalwater het gesorg vir ’n Vrydag propvol sport. Raakrugby- en netbalwedstryde, ’n kleurpretloop, ’n aërobiese-oefensessie en die rugby tussen die Vaalwater-rugbyklub en die Nylstroom-rugbyklub het tydens die fees by Laerskool Vaalwater plaasgevind. Die Nylstroom-rugbyklub het skoonskip gemaak en die span van Vaalwater met 52-5 geklop. Die netbaloefening in die dorp het posgevat toe Naomi Smith en haar man, Olé, mense sedert September verlede jaar begin aanmoedig het om netbal op die beskikbare bane by die laerskool te speel. Naomi, ’n veearts wat veral met wild werk, is baie lief vir netbal. Olé was baie lief vir rugby, maar kan nie self speel nie weens ’n ou rugbybesering. “Ons het gedink dit sal goeie oefening wees en dit ís,” het Olé, ’n helikoptervlieënier, aan Die Pos gesê. “Die mans wat vir die eerste keer aanmeld, is gewoonlik pootuit!” Aanvanklik was dit meestal lede van die Harvester Church op die dorp wat deelgeneem het, maar as iemand gevra het of hulle ook kan saamspeel, was die antwoord dadelik ja, het Naomi gesê. Volgens haar is daar al vier spanne en hulle oefen op Maandae en Woensdae. Almal is

B

Die Speedy-netbalspan was vanjaar se Valiefeesnetbalkampioene. Voor is Rita Duvenhage en Jan Mafifi. Agter is Naomi Smit, Olé Smit, Andrea Derckson, Lea Jane Pottas en Tanya Kotze. welkom, het Naomi gesê. “Ons sien uit na elke oefening en dit is baie lekker.” Die Speedy-netbalspan het die Y-knots, albei spanne van die dorp, tydens die fees met 17-10 gewen. Die Speedy’s het tydens die laaste ronde teen ’n span

van Mookgophong gespeel en met 8-7 gewen. Leonard Vorster, skoolhoof van Laerskool Vaalwater, het gesê die doel van die Valiefees is om vir kinders te wys hoe lekker dit is om sportaktiwiteite te beoefen en meer in die buitelug te wees.

Rallystar-fases afskop. Die deelnemers sal daarna die 32 km-lange Dirk Daling-fase aanpak waarna hulle terugkeer na Rallystar om in twee teerpadtydrenne by die Carousel deel te neem. Die eerste van dié tydrenne begin Vrydag om 18:00 en die laaste een begin om 19:00 by Rallystar. Die aksie skop weer op Saterdag om 08:00 af met ’n grondpadfase van 8,5 km by Rallystar waarna die deelnemers ’n volgende twee 40 km-fases op die plaas Turfpan langs die Settlers-pad gaan voltooi. Rallystar beloof dat toeskouers beloon sal word met indrukwekkende bestuursvernuf op ’n roete wat spesiaal aangelê is vir S1600-motors. Die lang roetes gaan bestuurders se uiterste konsentrasie verg deur die tegniese fases. “Die tydren is ontwerp om die bestuurders harde bene te laat kou — baie soos die uithoutydrenne wat ons jare gelede gehad het. Die kort, uitdagende tydrenfases by die Rallystar-motorsportterrein sal naelbytaksie verseker wanneer die bestuurders mekaar die stryd aansê,” het Leon Botha, hoofuitvoerende beampte van Rallystar Motoring, gesê. Vir meer inligting oor parkering en besprekings, skakel tel. 073 087 4745 of stuur ’n e-pos aan janey@rallystar.co.za(.)

TaalPOS In die verlede het iets OP ’n dorp soos Bela-Bela maar IN ’n stad soos Polokwane of Pretoria gebeur. Deesdae is dit aanvaarbaar om IN vir dorpe én stede te gebruik.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.