1 minute read

Klitsgras

Ek het geen te kort aan drama in my eie lewe nie, maar jy kry nou mos daai meisies wat drama tot 'n hele nuwe vlak toe vat Alles is beter en groter en jy is convinced dis Chuck Norris se sussie want alles wat jy doen het sy natuurlik beter gedoen Totdat sy dit actually moet begin doen dan brand die huisie vinniger af as wat Zuma geld aan nog 'n Nkandla kan bestee. En dan is dit mos nou jou skuld want dis te klein of dat te min Maar dis nie die storie wat agterna die rondte in die dorp doen nie Sy's die victim, geslag soos'n gesteelde bees en die stukke daar gelos om deur die aasvoëls stuk vir stuk opgepik te word Mandela is nie 'n match vir haar long walk for freedom nie Kry tog asseblief net vir Ellen of Oprah op die lyn oor alles wat sy moes deurmaak...

#stoppiebuswantjysitdiepotmis

Advertisement

Klitsie het nuus vir jou Mense gaan luister en saam gesels maar nadat die laaste dop gesluk is, gaan jy nog steeds die een wees wat weer van vooraf jou idee van hoe wonderlik jy is moet verkoop

Kom ons hoop daar is nog 'n sucker wat jou 'n kans gaan gee

Tot volgende week