1 minute read

EVAN SOROUR: VERDAGTE IN FICKSBURGBOER SE SKIETDOOD DÁN IN HOF

ARTIKEL DEUR: MAROELA MEDIA

Rudi Gericke (38), die man wat van die moord op Ficksburg-boer Evan Sorour (28) aangekla word, sal weer Donderdag in die landdroshof op dié dorp verskyn waar hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen. Phaladi Shuping, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat, het bevestig dat Gericke Dinsdag in dié hof in die Vrystaat verskyn het waar die saak na vandeesweek uitgestel is. Maroela Media het vroeër berig dat Sorour op 8 Januarie vyf keer geskiet is en op pad hospitaal toe aan sy beserings beswyk het. Sorour se pa, Reuter, is erg aangerand Gericke is tydens die voorval in die heup gewond en was vir geruime tyd in die hospitaal voor hy in die hof kon verskyn Hy staan ook op ʼn afsonderlike klag van aanranding tereg Dit is verlede jaar teen hom aanhangig gemaak nadat hy en ʼn vriend glo besoekers by die plaaslike gholfklub aangerand het. Dié saak is ook Dinsdag aangehoor en is ook tot Donderdag uitgestel

Advertisement

ARTIKEL DEUR: MAROELA MEDIA

Oudpres. Jacob Zuma se korrupsiesaak is Maandag vir die soveelste keer uitgestel Dít nadat hy aangedui het dat hy nóg ’n aansoek teen adv. Billy Downer SC gaan indien in ’n poging om Downer van die saak te laat verwyder. Zuma het vanoggend vlugtig in die hooggeregshof in Pietermaritzburg verskyn waar sy regspan die hof oor die beoogde aansoek ingelig het. Die saak is daarna tot Augustus uitgestel. Regter Nkosinathi Chili hoor die saak nou aan nadat regter Piet Koen hom einde Januarie daaraan onttrek het. Zuma probeer sedert Oktober 2021 om Downer as die aanklaer in die wapentransaksiekorrupsiesaak teen hom te laat verwyder en het hom selfs tot die Konstitusionele Hof gewend, maar die land se hoogste hof het die aansoek in Desember van die hand gewys. Zuma beskuldig Downer van vooroordeel Ook Koen het voor sy onttrekking aan die saak bevind dat daar geen meriete in Zuma se klagte is nie Afgesien van Downer, kla Zuma ook die News24verslaggewer Karyn Maughan privaat aan vir die oortreding van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Hy het met die private vervolging van die twee begin omdat hy meen dat Downer vertroulike inligting oor sy mediese toestand aan Maughan uitgelek het. Zuma staan tereg op verskeie aanklagte van korrupsie, bedrog en rampokkery oor die aankoop van onder meer vegvliegtuie, patrolliebote en ander weermagtoerusting toe hy in die laat 1990’s adjunkpresident was. Hy word daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld van die Franse wapenvervaardigingsreus Thales hiervoor ontvang het. Thales staan ook tereg op aanklagte van korrupsie en geldwassery. Die saak sloer egter al twee dekades en albei partye ontken skuld