3 minute read

KERKSTRAATBOM: 40 JAAR LATER TALM DIE REUK VAN BLOED STEEDS

Alles verander oombliklik

ARTIKEL DEUR: MAROELA MEDIA

Advertisement

Die reuk van verbrande mensvleis Motorwrakke, gesmelte teer en rook Hy onthou dit vandag steeds Veertig jaar later talm die reuk van bloed steeds in Johan Böning se geheue Dié afgetrede polisiekolonel was op 20 Mei 1983 in Kerkstraat in Pretoria toe ʼn motorbom voor die Poynton-gebou, waar die lugmaghoofkwartier destyds geleë was, ontplof het Die meeste ouer Suid-Afrikaners onthou waarskynlik wat vandag bekend staan as die Kerkstraatbom Vir diegene wat daar was, is dit veel meer as net ʼn vae herinnering Die ploftoestel het 40 kg plofstof bevat en die ontploffing het 19 lewens geëis en 217 mense beseer Böning was in daardie stadium ʼn jong man by die polisiekollege in Pretoria en is een van tientalle polisiebeamptes wat inderhaas na die toneel ontbied is Die grutonele wat daar gewag het, is vir ewig in sy geheue ingeprent “Verminkte liggame het oral langs die pad gelê Stukke mensvleis het aan die boomtakke gekleef,” vertel Böning vier dekades later

“Duisende glasskerwe was oor die toneel gesaai; sommige was nog bloedbevlek. Van die jong bome se bas is oopgekerf soos glasstukke daarteen geskiet het.”

Die bom het omstreeks 16:20 ontplof Hans Richardt, ʼn kassier by die destydse Volkskas in Bosmanstraat, het in daardie stadium oorkant die straat van die Poyntongebou gestaan Hy was op pad na ʼn supermark om seep en sjampoe te koop “Ek het langs ʼn glashok by die bloemiste gestaan toe die bom oorkant die straat afgegaan het Die hok het in duisende stukkies glas gedisintegreer en glasskerwe het deur die lug gevlieg Daarna het die skokgolwe van die ontploffing gevolg,” vertel Richardt. “Ek onthou die rooi vuurbal en die bol rook wat in die lug opgetrek het Dit het gevoel asof alles in ʼn breukdeel van ʼn oomblik voor my afgespeel het, asof tyd gaan stilstaan het ” Dit is die liggame van slagoffers langs die pad wat steeds by hom spook. Papnat gesweet, in ʼn oopgeknoopte wit hemp en met sy das oor sy skouer, het Richardt teruggestap werk toe Die alledaagsheid van seep en sjampoe koop in ʼn oogwink vergete

Foto Krediet: (Foto 1: Boerelegioen /Twitter) (Foto 2: Verskaf) (Foto 3: Law Abiding citizen/Twitter) (Foto 3: Boerelegioen/Twitter)

Uit ʼn polisiëringsoogpunt het sake beslis professioneel verloop, sê Böning. ʼn Menigte beamptes was binne minute op die toneel en dit is afgesper en beveilig “Goeie en spoedige speur- en forensiese werk was aan die orde van die dag ”

Richardt sê liggaamlik het die ontploffing hom ook getref Hy was sowat 40 m ver van die plek waar die toestel ontplof het “Ek het soos ʼn soldaat aan bomskok gely ”

Blywende trauma

Richardt sê die letsels wat die Kerkstraatterreuraanval gelaat het, het daartoe bygedra dat hy ʼn drankprobleem ontwikkel het Hy is 13 jaar later na ʼn rehabilitasiesentrum om hulp te kry. Hy was sowat 23 jaar lank in die polisie en het as kaptein uitgetree –en in sy polisieloopbaan sou nog grutonele eindelik op hom wag

“Om ʼn polisieman in die apartheidsjare te wees, was soos om in die oorlog te wees; waar antagonisme en paranoia geseëvier het.”

Nes die trauma wat hy tydens sy diensplig (van 1981 tot 1982) en sy tyd in die polisiediens opgedoen het, het hy ná die Kerkstraat-bomontploffing ook nie vir sielkundige berading gegaan nie “Daar was nooit ontlonting van my emosies en trauma nie en daarom het ek eerder na die bottel gegryp, in die hoop dat dit my sou help vergeet Cowboys don’t cry was in daardie tyd die algemene uitdrukking “Oorlogsveterane sê sommige manne se ‘kop het agtergebly in Angola, net hul lyf het teruggekom’ My kop is nog in Kerkstraat ʼn Mens ry nooit in trurat op die snelweg nie, maar ek kan nie anders as om 40 jaar gelede se slagting steeds te onthou nie ” Jare later het Richardt wel sielkundige berading ontvang om hom te help om die trauma te “bestuur” “Ek is seker geseënd om geweld te beleef en dit te oorleef en vandag te kan hanteer ”

‘Bloedvergieting onnodig’

Böning sê die Kerkstraat-ontploffing en die slagoffers mag nooit vergeet word nie “Dit is nodig om die gebeure te herdenk omdat dit deel vorm van die land se geskiedenis “As ons dit nie gaan onthou nie, aanvaar ons die gebeure stilswyend; ons kan sulke wreedaardige misdaad bloot nie net aanvaar nie “Die ANC het gepoog om die nasie ‘te bevry’, maar die waarheid is dat ons vandag steeds nie vry is nie Suid-Afrika is nie die euforiese land wat hulle gedink het dit sou wees nie Die bloedvergieting was toe nie die moeite werd nie ”

A young boy enters a barber shop and the barber whispers to his customer, "This is the dumbest kid in the world. Watch while I prove it to you." The barber puts a dollar bill in one hand and two quarters in the other, then calls the boy over and asks, "Which do you want, son?" The boy takes the quarters and leaves. "What did I tell you?" said the barber. "That kid never learns!" Later, when the customer leaves, he sees the same young boy coming out of the ice cream parlour. "Hey, son! May I ask you a question? Why did you take the quarters instead of the dollar bill?" The boy licked his cone and replied: "Because the day I take the dollar the game is over!"

Pet Pic of the week