1 minute read

NUWE REGTERPRESIDENT –‘IDEAAL VIR POS WEENS STERK AGTERGROND’

ARTIKEL DEUR: MAROELA MEDIA

Die DA het die aanstelling van regter Mahube Betty Molemela as regterpresident van die appèlhof in Bloemfontein verwelkom. Molemela se aanstelling is Vrydag aangekondig en sy sal van 1 Junie af haar nuwe pos beklee Volgens adv Glynnis Breytenbach, voormalige staatsaanklaer en DA-LP, maak Molemela se sterk agtergrond haar die ideale kandidaat vir die pos “Sy is die tweede vrou om die appèlhof te lei,” sê Breytenbach Molemela is al 15 jaar op die regbank. Sy is die eerste vrou om die posisie van regterpresident van die Vrystaatse afdeling van die hooggeregshof te beklee Sy het vir drie jaar as regterpresident in die Vrystaat gedien voordat sy in 2018 as regter van die appèlhof aangewys is Molemela het vroeër ook as regter in die arbeid- en arbeidsappèlhof, as waarnemende regter van die mededingingsappèlhof en as waarnemende regter van die Konstitusionele Hof gedien Molemela beskik oor ’n verskeidenheid akademiese kwalifikasies, waarvan haar hoofgrade in die regte aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) behaal is “Die DA wens Molemela geluk met haar aanstelling en wens haar alle sterkte toe in haar nuwe pos,” sê Breytenbach. Soos vroeër berig het Ramaphosa sy waardering teenoor Molemela vir haar diens op die regbank tot dusver uitgespreek en haar ook sterkte in die nuwe rol toegewens. “Regter Molemela se aanstelling gee stukrag aan die voortdurende transformasie van sleutelinstellings van ons demokrasie, insluitend die regbank,” het hy gesê “Sy is ʼn uitstaande regsgeleerde wat ʼn kardinale rol sal speel in die versekering van geregtigheid vir alle Suid-Afrikaners ”

Advertisement