COP 27 We Still have a Chance Afrikaans

Page 1

GreenFutures

Daar is ‘n laaste hoop

COP27 Stories Translated into Afrikaans by Anthony de Carlile


Copyright LEGAL NOTICE: All rights reserved. No part of this book may be reproduced, or stored in a retrieval system, or transmitted in any form, or by any means without prior permission from the editors or The University of Exeter and other copyright holders. www.exeter.ac.uk/greenfutures

ISBN: 978-1-3999-3844-0 Front cover image credit: ESO/M. Kornmesser NOT FOR REPRODUCTION

2


We Still Have a Chance was born in translation, of art and science, of planetary health and activism, and of course of the stories themselves. Storytelling is part of all languages and languages have their own stories to tell about people and places. That is why We Still Have a Chance also has translation at its heart: experience and understanding of climate change is felt differently in different languages. To explore how other languages tell the stories, a team of undergraduate student interns recruited from Exeter’s Department of Languages, Cultures and Visual Studies have translated into languages studied for their degrees or in which they were already bi- or trilingual, from Afrikaans to Welsh. We’re sharing their translations here, to open We Still Have a Chance to new readership in other languages, to celebrate our students’ work, and to provide an example of how translation can give hope that we do indeed still have a chance.

Translations into: Afrikaans, by Anthony de Carlile French and Italian, by Emily Cooper and Anthony de Carlile Polish, by Zuzanna Bialas Spanish, by Emily Cooper and Paula Berriel Welsh, by Rhian Hutchings

1


Daar is ‘n laaste hoop . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 3 Die Eeu van Rede . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 4 Adham . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 8 Die visserman . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 17 Aish Baladi . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 23

2


Daar is ‘n laaste hoop ’n Eiesoortige versameling kortverhale om alle mense bymekaar te bring om ‘n volhoubare, gesonder en sosiaal-gelyke wêreld te verbeel en te ontwikkel. ‘n Projek geskep deur kundiges in klimaatwetenskap, gesondheidswerkers, jeugklimaataktiviste, skrywers, vertalers en kunstenaars, in Egipte en Exeter, Engeland vir die bekendstelling van COP27 Klimaatveranderingskonferensie in Sharm El-Sheikh, Egipte in November 2022.

3


Die Eeu van Rede

Karim El Hayawan

4


A

s kinders ken ons nog nie die wêreld soos dit deur volwassenes gesien word nie. Kinders het regtig hul eie maniere om dit te enkodeer en te dekodeer. Hulle gee verskillende name aan wat hulle vind en versier dit met ‘n ander dimensie. Dit is dus eers later, wanneer hulle groot is en verplig is om hul begrip en hul gedrag by dié van volwassenes aan te pas, dan besef hulle dat die wolke nie ‘n reus se asem is nie en die sterre nie speldeprikke in die swart fluweel van die lug nie. Hashem het dinge anders gesien. Hashem was ‘n uiters realistiese kind, nogal verskriklik. Vanaf die dag dat hy tussen twee reise op aarde gebore is, was hy sonder illusie en het hy die lewe in sy ware vorm gesien. ‘Jy het vir my gesê mossies sal nie in kraaie verander nie, nee Mama?’ het Hashem gesê, my sewejarige kind. Nee, my liefling kind; mossies is mossies en kraaie is kraaie. ‘ ‘Is die lewe so daarin dat ander voëls hul kleure prysgee en net swart en wit word?’ ‘Nee, liewe Hashem. Kraaie is swart maar ander voëls sal hul kleure behou tot die einde van hul lewe.’ “Is jy seker daaroor, Mamma?”

5


‘Ja, Hashem.’ Ek was seker daaroor. Ek het toe nie geweet wat ‘n sewejarige sou weet nie. Hy wou glo wat ek vir hom leer. Ek was sy ma. Maar hy skud sy kop in onenigheid. Die doek van vertroostende illusie was geskeur en Hashem kon nie anders as om deur sy traan te sien nie. Hy het gesê: ‘Nee, Mamma.’ Dit is nou moeilik om die helderheid van daardie kleure te onthou. Nou is hulle net ‘n verre herinnering van ons albei. Noudat die kraaie seëvier.

6


Karim El Hayawan


Adham

Corinna Wagner

8


A

dham stap om sy kamer met sy arms akimbo, sy hande geklem in sy abaya. Hy kyk hoe sy vrou met die hand van hul dogter by die stoep na hul huis inkom, die waterkruike was op hul koppe gebalanseer. Agter hulle waai stof, die son begin sak op die westelike oewer van die Nyl waar die mense van die antieke beskawing nog daar stilstaan, hulle kyk, hulle luister. Selfs in die skemer kan Adham voel hoe hitte sy menswees afdruk. Hulle sê dat modderbaksteen veronderstel is om ‘n verkoelende effek op ons te hê, maar vandag lyk dit of selfs die mure van die huis sweet van gevoelens van angs en afwagting. Op dertig jaar van sy lewe bly Adham ‘n lang en breë skouer man, hy is verhard deur die katoengewasse saam met sy ouers te bewerk. Sy broer, die oudste van hulle, Ashraf, het ‘n jaar terug na die weermag vertrek. Adham het in daardie tydperk belowe om tuis te bly, maar sy besluit het verander. Hy het weke lank slapeloosheid, en hy het besluit vandag is die dag om iets te doen, hy sal die moed bymekaarskraap om sy ouers in te lig dat hy sy tuisdorp en hul plaas na ‘n stedelike sentrum verlaat. Dit is waar dat hulle dalk verstaan hoekom hy Fatima, en hul vyfjarige Amina moet ontwortel – om verder te gaan om ‘n reis noord te onderneem. Hy vroetel met die borduurwerk op die abaya se afwerking terwyl Fatima die kamer binnegaan waar hulle praat. “Ek kon hoor hoe jy die kamer van die ander kant van die tir’a af stap.” kwink sy.

9


“Waar is Amina?” “Sy help saam met jou ma die tafel dek vir aandete.” Fatima se stem is soos ‘n sagte briesie seelug, dit kalmeer hom, al is dit net kort. By die geel lig van die lantern wat hy pas aangesteek het, is haar vorm ‘n lugspieëling van vee klere. “Alles gaan stabiel bly, enshallah, Adham - vertrou op jou hart se wense.” Sy vrou draai weg om haar hooftooisel te verwyder, sy laat haar hare sak en borsel dit uit. Om te vertrou is nie Adham se kwessie nie. Die stad roep hom in, en hy is gedwing om dit te antwoord, met vertroue in sy lot. Die toenemende droogte van watervoorrade in en om sy dorpie het baie van die omliggende landerye naby vernietiging gemaak, en nou is daar die regering se beleid om hul besproeiingsrantsoene weer te verminder, vir die vyfde keer in vyf jaar. Die nuus uit Kaïro wat hulle bereik het, was net altyd ernstig, die oorlog in die Oekraïne het skielik polities ontplof, die onvoorspelbaarheid van moessons teenoor waterdroogte en in Ethiopië is die argumente rondom die dam aktuele sake. Hy kan homself amper nie uitdruk nie: “Wat kan boere doen om te oorleef?” Fatima gaan voort om haar hare te borsel, sy weerhou om na hom te kyk. “Miskien het God jou op hierdie planeet geplaas om jou te laat uitvind.”

10


Adham kyk buite die huis. Die son het amper ondergegaan, dit het verdwyn, daar is kleure van rooi kole op die horison, en die mure begin inwaarts na hom toe nader. Fatima gly elegant na die gang. Wanneer sy by hom verbygaan, vang hy haar gardenia-reuk op as sy aan sy elmboog raak. Steeds fladder sy hart van twyfel. “Luister, Adham, die aandete sal koud word!” ‘Sy ma se stem weergalm deur hul huis asof dit ‘n tempel van die mense van die antieke beskawing is, dit dra die gesag van die farao’s saam. As ‘n volwasse man, en hy is steeds geskud deur haar vermaning. Hy maak sy abaya glad en gaan na die etenstafel toe, hy sluit oë met sy pa. “Sit nou!” sy ma gee opdrag met ‘n insnyding terwyl Amina soos ‘n valk om die tafel omsingel wat ‘n bosmuis jag. “Jy moet dit ook doen Adham,” Sy sal voel dat hy deur besorgdheid verteer is. Terwyl sy dogter haar wentelbaan om hulle vertraag en moeiteloos in ‘n sitplek gaan sit, pluk Adham die stoel langs haar, hy gryp dan die olla en bied haar ‘n bietjie water aan. “Die oes s’n sal nie hierdie seisoen groot wees nie.” Sy pa skeur ‘n porsie brood en doop dit in die kishk. “Die katoen is van water ontneem.” “Dit is die geblaasde regering en hul mandate; hoe is ons veronderstel om die grond sonder water te besproei?” sy ma knip terug. “Jy eet nie aandete nie Adham,” “Ek is net nie lus vir kos nie, mamma. Ons sweet van hitte.” “Jy sal krag moet herbou vir môre; ons moet die sterwende plante uittrek en nuwe vore trek.” Sy pa begin eet. 11


“Jou gemoed het niks daarmee te doen nie, Adham,” skel ma. “Wat is jou probleem”. Adham het besin oor die magdom maniere waarop hy aan sy ouers kan verduidelik hoekom ek die plaas moet verlaat vir ‘n stedelike sentrum, en nou struikel hy in die mees direkte manier wat vir hom beskikbaar is om dit aan hulle te kommunikeer. “Ons gaan die dorpie verlaat om in Kaïro te woon na hierdie oes.” Die kamer raak stil. Sy pa leun terug in sy stoel. Gooi sy brood oor die tafel. “wat sal ons dan doen?” “Ek sal by die universiteit aanmeld en ...” Sy ma sny hom af. “En wat van die plaas? En wie gaan jou pa help met die kweek van die katoen? Hy is nie so jonk soos hy eens was nie.” “Moenie dit my las op die seun maak nie, ya haga - laat hy ons verlaat en deur die betonoerwoud van ‘n stad vasgevang word.” “Dis nie hoe dit baba is nie – ek moet help om my gesin se toekoms en my dogter s’n te waarborg. Die regering sal aanhou om die landbou van besproeiing elke jaar te laat misluk totdat die hele vallei opgedroog is.” “Hou op om jouself met die regering te bekommer!” skree sy ma vir hom. “Yama, wat kan hulle doen? Die probleme is groot en ook buite Masr, nie net hier nie. Ethiopië sny voorraad terug. Die hele wêreld se water is in ‘n haglike situasie, mamma.” 12


Amina wat nie uit die gesprek gelaat wil word nie, skree: “Baba, kyk ek kan minder drink,” en sy neem ‘n demonstratief klein maar harde sluk water. Pa kyk nie op na haar uit sy bak kishk nie. Adham gaan voort, “die watertekorte sal mislukking wees wat vererger. Die woestyn groei.” “Dit is nie die eerste keer dat daar watertekorte in die vallei is nie, dat die staat besproeiing beperk het vir die ‘groter beswil van die land’, en Egipte het ten spyte daarvan nog altyd geseëvier. Ons dorpie oorleef nog. Die fellaheen-mense het dit altyd hanteer en hulle is saam.” “Maar as ons nie nou veranderinge aanbring nie, sal die plaas woestyn wees teen die tyd dat Amina s’n my ouderdom word.” Adham se ma skud haar kop. “Dus, jy dink om die dorpie te verlaat, gaan jou gesin se welvaart verseker. Hoe, sodat jy ‘n lekker woonstel in Kaïro kan hê en die lewe van die zawat-eiendomseienaars kan lei?” “Die plaas is waar ek tuis voel, mamma.” “Hoekom gaan jy dan hier weg? Jou voorvaders het tot hul dood in sy modder gewerk, in sy stof gebloei, is begrawe onder sy kruin. Wat is jou nalatenskap as nie hier nie, indien nie by ons nie?” “Adham, my seun, ons was nog altyd boere.” “En wat is ‘n plaas sonder enige watertoevoer?” Adham wys daarop. “So, jy sal water saambring van die hoofstad af?” lag sy ma.

13


“Nee, maar ek sal Ekologie en Omgewingswetenskap studeer en die regering probeer help om ‘n oplossing vir ons en die fellaheen ook te vind.” “Die laaste ding wat ons nodig het, is meer akademici en politici wat onder mekaar stry oor God se werk.” Sy pa sê: “Jy hoef nie universiteit toe te gaan om vir die plase te sorg nie.” “Baba, jy en mamma is reeds ekoloë, want ekologie gaan oor liefde en om na die plase om te sien. En ek het dit by jou geleer.” Ma bly blos. “En jy is oortuig deur hierdie besluit, Fatima?” “Ja, ek glo in dit waarin Adham glo. Dit is iets wat ons saam moet doen. As God wil, sal hy help om die vallei te red.” Adham voel stewig geposisioneer in sy mening deur sy vrou se vertroue in sy planne. “Ek ken ander wat in Kaïro is, dié by die Universiteit, wat ernstig probeer om oplossings te vind. En terwyl ek hier bly, kyk ek hoe ons lewens wegsink na die hel van ‘n verdwynende rivier. Dit kan nie wees wat ons voorvaders vir ons sou wou hê nie.” “Jou voorvaders sou nie hul familie of hul plase alleen gelos het nie, my seun,” antwoord pa vir Adham. “Maar ek laat vaar nie ons plaas nie, baba. Ek gaan leer hoe om die krisis wat dit in die gesig staar reg te stel.” “En wat sal jy doen as jy van die universiteit gegradueer het?” vra Vader.

14


“Ek sal regerings adviseer. Ek wil ’n verskil maak.” “ergh, jy sal nie hierheen terugkom nie … Ashraf het nog nooit na ons teruggekeer nie?” fluister ma. Adham weet om nie haar standpunte uit te daag nie. Daar is nog geen amptelike woord oor sy broer se toekoms nie, dit was amper onmoontlik dat hy so ‘n skielike en hewige storm weg van hier oorleef het. “Die weer is nooit oral in die wêreld maklik om te voorspel nie, mamma. Nie net hier nie. Daarom moet ons oplossings vind, ons is in ‘n klimaatskrisis. Die regerings moet ‘n manier vind om nou saam te werk. Ek wil deel wees om dinge te verander voor dit te laat is.” Sy ma staar na hom. Hy kan trane in haar oë sien kom. “Mama. Dit is ek wat moed en liefde vir die land toon.” Fatima steek sy hand uit, hou sy hand vas en glimlag vir hom. Die spanning in die vertrek verlig ietwat. Die geluide van die nag weergalm teen die mure en verder, die krieke dreun wat soos ‘n koor klink. “Dan wees God met jou, my seun.” Sê Pa, leun na ma en soen haar voorkop. Amina sien haar ouma se gehuil en staan op uit haar stoel, sy klim op haar skoot. Sy vee haar trane af. “Ek verstaan ook, mag God met jou wees, my seun, wat jy ook al besluit”.

* * * Daardie nag droom Adham dat hy deur die dak van die huis sweef, dat hy bo die dorstige palms, langs die delta en bo die glinsterende Middellandse See kan vlieg. Hy sien hoe die oer-Nu lewe opwek,

15


‘n wêreld genees wat desperaat is vir skoon water en voeding van die land. Hy is bewus daarvan dat wetenskaplikes eksperimenteer met seegras wat oseane kan skoonmaak, wat lewe terugbring na ekosisteme. Terwyl hy met sy arms uitgestrek dryf is hy hoog in die atmosfeer waar oplossings sekerlik te vinde is. Dan, in die wolke, sien hy sy pa se gesig, uitgeput, en sy ma se trane. Miskien is dit beter as hy op die plaas bly werk om hul lewensbestaan en hul eie huis te red. Terwyl die sonstrale oor die see glinster, word hy aan sy broer herinner, en dan weet hy wat hy moet doen om die aarde reg te maak en te beskerm. Daar was altyd hoop vir ‘n groener woestyn, diep in sy hart.

* SEKEM (Antieke Egiptiese woord vir ‘vitaliteit van die son’), is ‘n projek wat organiese boerdery in die woestyn uitbrei. Dit is in 1977 deur dr. Ibrahim Abouleish ten einde kulturele vernuwing in Egipte (Egypt) teweeg te bring on a sustainable basis. Spesifiek, dit vind plaas noordoos van Kaïro, die organisasie sluit nou biodinamiese landbougrond, handelsmaatskappye vir produkte en verwerkte produkte insluitend organiese katoenprodukte (organic cotton) en verskeie ander in. www.sekem.com.

16


Die visserman

Aldward Castillo

17


M

ahmoud het op die corniche gesit om die sonsondergang te kyk. Terwyl die branders ingestorm het, het Noha en Khaled in die sand gespeel. Die amberagtige aardbol van die son het tot by die horison gesink wat die see in kabbelende goud verander het en Alexandrië se kusgeboue laat gloei het. Hy het klaar gehengel, die visse wat gevang is, is mark toe geneem, daar was niks verder om hom voor sy aandete te beset nie, behalwe om aan die einde van die dag hier op hierdie lieflike plek te sit, hy het ‘n oomblik geneem om te rook. Mahmoud was egter nie sy gewone gelukkige self nie. Die hartseer in sy siel was soos ‘n gif. Hulle het gesê dat hy nog altyd ’n hardwerkende man was en dat deel van hom nie verander het nie. Soos sy pa voor hom, het hy daagliks uitgegaan in die Middellandse See, hy het sy visnet in die glinsterende waters gegooi terwyl hy ‘n gebed vir homself prewel. Altyd vroeg op, altyd eerste by die see uit vir die beste visse, die vetste, lekkerste, sappigste visse, dié wat te vinde was op die magiese kruin van dagbreek. Hy het sy gesin onderhou, en sedert die dood van sy vrou, mag sy in vrede rus, het hy alleen vir hul kinders gesorg. Hulle was sy trots en sy beloning, een van hulle het op universiteit gestudeer en die jonger twee was nog op skool. Hulle floreer almal, almal leef goed. Sy oudste dogter, Esraa, het op universiteit in wetenskap gespesialiseer en sy het altyd probeer om hom meer op te voed. Sy sou hom vertel van wanbalanse in die ekosisteem en die vrystelling van potensieel dodelike kweekhuisgasse. Sy sou hom bombardeer met feite oor plastiekafval. Dit was alles ‘n neerdrukkende onderwerp, dit het gegaan oor ellende en vernietiging. Hy kon 18


dit nie inneem nie. ‘Jy fokus op die wetenskap en ek sal die visse vang,’ sou hy sê, en hy het die musiek verhoog en rondgeskud na Umm Kalthum se swewende stem en hulle almal laat lag. Hy was ‘n liefdevolle pa en dit het ook nie verander nie. Maar, nou, toe die son gedompel het, was daar ‘n bitter smaak in sy mond. ‘Jy het daardie moeilike oomblik oorleef, sien ek,’ het sy vriend en buurman Ahmed vir hom gesê toe hulle Saterdagmiddag Tawla by die sypaadjie-kafee gespeel het. En Mahmoud het sy kop geknik en toe probeer hy glimlag, hy kon nie praat nie, hy wens hy het nie die aandag op sy verhoogde verdienste gevestig deur kruisementtee en -koek vir almal te koop nie. Ahmed het verwys na die trae tydperk toe Mahmoud soos gewoonlik in sy boot uitgegaan het, maar met byna niks teruggekeer het huis toe nie. Wanneer hy sy visnet ingetrek het en soms die gewig daarvan gevoel het terwyl hy dit liggies getrek het en hy was ‘n oomblik hoopvol. Hy sou dit dan vol visse kry wat gevrek het en dan moes hy hulle terug in die see gooi. Dag na dag het dit weer gebeur. Dit was asof hy vervloek is. Die sukses om vis te vang was ‘n fraksie van wat dit voorheen was. Hy het drie kinders gehad om groot te maak en niemand anders om vir ondersteuning te vra nie. Hy het geld by sy vriende geleen, maar vrees het hom beetgepak. Die besluit was nie ‘n keuse nie. Dit was hoe dit gelyk het. Miskien was dit hoe verkeerde optrede altyd vir die oortreder gelyk het. Hy het nie direk vir homself gesê: ‘Ek sal nie hierdie dooie visse teruggooi nie en dan sal ek dit by die groothandelaars verkoop terwyl ek maak asof hulle nog lewend gevang is’. Eendag het hy

19


gevind dat hy so iets gedoen het en die vis het ‘n goeie prys behaal sonder dat iemand van beter geweet het. En so het dit so aangegaan. Hy het heeltyd gedink dat hulle sou ontdek, maar die groothandelaar het die vis op vragmotors gelaai en hulle is iewers na die binneland uitgevoer. En as, by ‘n tafel in Damanhour of ‘n kafee in Tanta, een of ander kliënt wat aandete eet, siek sou word, hoekom sou dit Mahmoud se skuld wees? Hy was vroeër ‘n goeie man en nou was hy nie meer nie. Dit was wat verander het. En hy het dit op sy gewete gevoel. Dit was moeilik om sy ellende van die kinders te bedek. Esraa was gelukkig oorspoel met haar eie belange. Sy het by ‘n omgewingsgroep aangesluit. Sy het ‘n groot t-hemp gedra met ‘Guardian of the Sea’ in vetdruk aan die voorkant en sy het saam met ‘n groep aktiviste uitgegaan. Hy het nie aktief geluister na watter aktiwiteite sy deelgeneem het nie, maar dit was heilsaam, het haar besig gehou en haar minder moedeloos gemaak. Sy was besig met haar eie lewe en nie so bedag op haar pa nie. Maar daar was geen skuilplek vir Noha, elf jaar oud en ‘n skerpsinnige kind nie. ‘Wat is dit pappa? Hoekom is jy so hartseer?’ het sy gesê. Sy het hom aan haar ma herinner toe sy met so fel intensiteit na hom gekyk het. ‘Niks,’ het hy altyd geantwoord en hy het vir haar probeer wys dat hy glimlag.

20


Mahmoud kyk af na haar nou onder op die strand, saamgedrom langs Khaled terwyl hy iets in sy oor fluister. Mahmoud se kop het begin tol toe hy dink aan wat hy doen, maar hy kon nie met ‘n ander oplossing vorendag kom nie. In ‘n toestand van uitputting het hy opgestaan. ‘Kom kinders. Kom ons gaan huis toe,” het hy gesê. ‘n Paar dae later, toe hy by die corniche kom om sy kinders te sien, is hy met gejuig begroet. Mense het in groepe met vlamgekookte vis op borde in hul skoot gesit en ‘n strandbraai gehad. Hy het Ahmed tussen die skare en een of twee van die ander Talwa-spelers gesien. Die kinders se vriende was ook daar. Noha hardloop na hom toe en vat sy hand. “Dis vir jou pappa,” het sy gesê. Hulle het almal saamgekom om visse te koop. ‘My visse?’ ‘Om jou weer gelukkig te maak.’ En vir ‘n sekonde, of miskien was dit net ‘n tiende van ‘n sekonde, was hy amper weer gelukkig omdat sy kinders hierdie pragtige partytjie gereël het om hom weer gelukkig te maak. Hulle was goeie kinders en hy was lief vir hulle. Hy het in die sand gestaan, omring deur die gelag van jongmense en kinders, daar was ‘n souterige sisgeluid van vis wat op die vure gebraai het en hy het dit vir daardie halfsekonde reggekry om die feit dat hy van die giftige vis geweet het, op ‘n afstand te hou. En toe val dit in, soos die branders. ‘Nee,’ skree hy. ‘Julle moet almal dit stop’.

21


Nadat Mahmoud erken het wat hy al die tyd gedoen het. Nadat hy om vergifnis gesmeek het. Nadat die kinders daar opgehou het om siek te wees. Na dit alles het hy met sy kop in sy hande by die kombuistafel gesit, uiteindelik het hy begin luister na wat sy oudste dogter uitspreek. “Mense vernietig die visse met hierdie giftige rommel wat hulle in ons ongelooflike Middellandse See gooi,” het sy vir hom gesê. Hy het geweet sy was reg. Hy het probeer om nie daaraan te dink nie, om sy oë vir die probleem toe te maak. Nou het hy voor die probleem self gestaan en hy het wanhoop gevoel. ‘Wat kan gedoen word?’ het hy gevra. ‘Maak die see skoon. Hou op rommelstrooi. Voorkom eenmalige plastiek. Lig mense in’. ‘Wat kan ek doen?’ ‘Sê vir die ander vissermanne wat jy weet. Laat hulle na jou luister’. Nou, elke Saterdagmiddag, in plaas daarvan om Tawla te speel by die kafee soos voorheen, lei Mahmoud ‘n groep wit t-hemp vissermanne, hulle versamel rommel van die strande. En hy neem jong bewakers van die see uit in sy bote, die duikers en die versamelaars van die plastiek. Hulle gooi hul visnette en hul liggame in die glinsterende waters en prewel ‘n gebed vir hulself.

22


Aish Baladi

Karim El Hayawan

23


O

p die kruin van die berg, al die pad boontoe, sou toeriste en hul gidse die son oor die Sinai sien opkom het en nou sou hulle hul pad afstap deur die bergroete. Oor ‘n halfuur of wat sou hulle hier wees, by Mustafa se klein bergrestaurant of een van die ander eetplekke wat lukraak langs die baan geleë is, wag hulle met ontbyt. Hy het die vuur aangesteek, die groot ketel opgesit om die water te kook, toe versier hy die tafel met die heuning en die Nutella en pak die skoon bekers gereed om dit met warm tee of koffie te vul. Hy trek sy wollerige hoed stywer om sy ore af en hy staan en warm sy hande oor die vuur. Binnekort sou die hitte van die dag vererger en ondraaglik word, maar vir nou het die lug steeds sy nagkoue behou. Hy was van voor dagbreek hier. Hy maak sy oë toe en bedank. Hy het vir sy vrou gebid wat soos gewoonlik saam met hom gebid het voordat hy die dorp verlaat het en wat hom gesoen het toe sy vertrek het. Hy het vir sy dogter, Zahra, sy blommetjie gebid. Want sy nederige blyplek in die dorpie aan die voet van die berg. Vir die brood wat hy op warm klippe wou bak, die aish baladi, die goed van die lewe. Vir hierdie berg, hierdie heilige plek en vir die nabyheid van God. Sy dankbaarheid het deur hom gevloei soos sonlig deur blare. Maar toe, soos altyd, begin negatiewe gedagtes by hom inkom. Hy het gedink oor hoe baie hy daarvan sou hou om ‘n toeris te wees en die wêreld op sy eie te reis, verskillende lande te sien, hom te verwonder oor die son wat op ander plekke opkom. Hy sal graag in ‘n vliegtuig wil vlieg en dit alles van bo af kyk. Hy wil bo die berg wees, weg van die berg, nie daarop nie. Maar hy was vas, gaan nêrens anders as die berg op nie, dag na dag, sy rug gebuig van die 24


vrag wat hy moes dra. Hy wil graag geld opsy sit sodat wanneer Zahra grootword en trou, hy haar kan help om haar eie huis te hê, maar daar was skaars genoeg om oor die weg te kom en dit was onwaarskynlik dat dinge met hom sou gebeur. ‘n Man kan net van brood lewe. Hulle sê in armoede is mens na aan die natuur, maar dit is meestal omdat hulle nie die mure, die skoene, die hoede, die sonskerm kan bekostig nie. Hulle dra die swaarste van die veranderende klimaat sonder beskerming daarteen. Hierdie droë dor land waar niks meer gegroei het nie, waar daar nie meer gras vir weiding was nie, was ingebed in Mustafa se vel, sy geploegde lyf, sy gebarste hakke het die storie vertel. Hy het verlang na iets beters vir sy dogter. Hy het dors daarvoor. Hy het sy oë oopgemaak en geknip om hulle skoon te maak, maar ‘n wasigheid het binne gebly. Die lug het nie sy gewone helderheid gehad nie en die lug was pers, die kleur van ‘n kneusplek. Hy skud sy kop om sy nuttelose fantasieë uit die weg te ruim en gaan haal die deeg wat gegroei het. Hy het dit op sy meelbestrooide bord gesit en die lug daaruit geslaan. Hy het sy frustrasie daaraan gewerk, met sy kneukels geknie, plat en bondel, rek en stamp die veerkragtige mengsel totdat dit die konsekwentheid was wat hy nodig gehad het. Teen die middag was die son so warm soos sy sterwende vuur en hy het nie meer brood gehad nie. Dit was tyd om op te pak. Hy loer met die roete af om te sien of daar nog iemand is wat stap, onwaarskynlike agterlopers wat ‘n drankie kan koop.

25


Die eerste druppel reën sak soos ‘n dolk in sy wang. Hy stap terug, verbaas. Hy het opgekyk en terwyl hy dit gedoen het, het donker wolke ingestorm wat dik geword en bymekaar gekom het en die lug bedek het. Mater. Reën. Hy kon dit nie glo nie. En toe was die water op hom, tuimel uit die swaar lug, stort neer in ‘n vloed soos hy nie kon onthou nie. Binne sekondes was hy deurdrenk in water, sy hare het aan sy kop gekleef, sy klere het aan sy skraal lyf vasgeplak en hy het gehardloop en vir die ander mans geskree om by hom aan te sluit. Die paadjie het ‘n vinnig vloeiende stroom geword, sy sandale het geklap en in die nat klippie gegly, maar hy het nie geval nie. Die ander manne wat op die berg gewerk het, wat vir mekaar soos sy broers was, hulle het ook aangehardloop gekom, seker voete maar onbeskermd in hul afkoms. Maar toe hulle by die voet van die berg aankom, was die pad reeds ‘n rivier in vloed, ‘n see sonder sout en die dorpie het ontoeganklik geword. Die angsbevange manne het na die kruin geklim, hoog genoeg om bo die stygende waters te wees, en skuil in die naaste kafee op die berghang. Die man wat dit bestuur was oud en gaaf. Hy het vir hulle komberse gegee en vir hulle tee gemaak terwyl hulle gewag het. Hulle het nie oor hul kinders en hul vrouens gepraat nie, maar stil saam gesit, in die angs van nie weet nie, skaars in staat om mekaar se oë te ontmoet. Dit het twee uur geneem vir die lug om klaar leeg te maak en ‘n nag en ‘n dag vir die golwe om genoeg te bedaar dat hulle na hul dorpie kon terugkeer.

26


Maar toe hulle by die voet van die berg aankom, was die pad reeds ‘n rivier in vloed, ‘n see sonder sout en die dorpie het ontoeganklik geword. Die angsbevange manne het na die kruin geklim, hoog genoeg om bo die stygende waters te wees, en skuil in die naaste kafee op die berghang. Die man wat dit bestuur was oud en gaaf. Hy het vir hulle komberse gegee en vir hulle tee gemaak terwyl hulle gewag het. Hulle het nie oor hul kinders en hul vrouens gepraat nie, maar stil saam gesit, in die angs van nie weet nie, skaars in staat om mekaar se oë te ontmoet. Dit het twee uur geneem vir die lug om klaar leeg te maak en ‘n nag en ‘n dag vir die golwe om genoeg te bedaar dat hulle na hul dorpie kon terugkeer. Mustafa het op die dik laag modder gekniel waar sy huis gestaan het en hy het gehuil by die gesig. Die ander mans het dieselfde gedoen, met hul hande in die grond geskraap, dit deur hul trane op hul gesig gesmeer. Al die geboue is heeltemal verwoes en daar was niemand in die dorpie lewend nie. Die liggame is reeds deur die stortreën weggespoel en ná die oorstroming in die grondverskuiwing begrawe. Hulle het saam gestaan en gebede gedoen vir die vergifnis van die afgestorwenes en dat hulle vrede en geluk in die komende wêreld mag vind, toe het hulle uiteengegaan, elkeen tot hul private hartseer.

27


Mustafa het na die berg Sinai teruggekeer. Hy het tot heel bo geklim en daar met die wind geslaap vir ‘n kombers en die sterre vir geselskap. Die volgende dag het hy ondertoe gekom met ‘n klein graaf wat hy by die restaurant gehou het en in die grond begin grawe. Hy het heeldag gegrawe en dan teruggekeer berg toe om alleen te slaap. Dag na dag het hy dieselfde gedoen en die ander manne het saam met hom gegaan, gegrawe asof hulle lewe daarvan afhang, die aarde opgelig en omgedraai en die verandering van die aarde aanskou. Wat stof was, het aarde geword. Die manne het saamgekuier om saad vir die grond te koop. Een goeie oggend het Mustafa ‘n pienk flits gesien. Hy leun af om ‘n blommetjie te sien groei waar die lig vandaan kom. Die land was nou vrugbaar en gereed vir saai. Hy hurk. “Ek sal vir jou ‘n huis bou Zahra,” het hy hardop gesê. Hy het klippe bymekaargemaak en dit om die blom geplaas om dit te beskerm. Daardie dag het die plant gegroei.

28


GreenFutures


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.