4 minute read

n Antwoord op die vraag van swambeheer

SYNGENTA

Die verhouding tussen voedselsekerheid in die toekoms en al die netelige kwessies rondom chemiese plaagdoders is kompleks. Syngenta vertrou egter hul nuwe aktiewe bestanddeel kan ‘n uitblinker te wees.

DIE DRUK OP chemiese plaagdoders is besig om toe te neem. Afgesien van omgewingsveiligheid en regulatoriese vereistes, is die tyd en koste verbonde aan die ontwikkeling van nuwe chemiese mideel ‘n reuse uitdaging. Volgens onlangse navorsing kos dit sowat $286 miljoen (ongeveer R4 230 miljard) om ‘n nuwe chemiese plaagdoder te ontwikkel, nagenoeg 55% meer as ‘n dekade gelede. Met die toename in die wêreldbevolking word voedselproduksie al hoe belangriker. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het reeds in 2018 gereken dat landbougrond wat nuut ontwikkel word in slegs sowat 20% van die verhoogde vraag na voedsel sal voorsien. Dit beteken gevolglik dat die meeste van die bykomende voedsel wat teen 2050 nodig gaan wees, op bestaande landbougrond geproduseer sal moet word. Dit kan slegs bereik word deur die ontwikkeling en gebruik van beter kultivars en plaagbeheer saam met doeltreffender plantvoeding en bestuurspraktyke. Volgens Croplife International gaan tussen 26% en 40% van die wêreld se potensiële gewasproduksie verlore as gevolg van onkruide, peste en siektes. Hierdie verliese kan moontlik verdubbel indien plaagdoders nie gebruik word nie. Intussen neem gevalle van weerstand vinnig toe, terwyl die bekendstelling van nuwe produkte oor die laaste paar jaar dramaties afgeneem het. In die 1990s is sowat 120 nuwe produkte bekendgestel. In die eerste 10 jaar van die nuwe eeu het dit afgeneem na net meer as 100 en van 2010 af tot 2018 was daar slegs 40 nuwe bekendstellings (McDougall, 2018). Hierdie sameloop van omstandighede laat die landboubedryf met minder opsies om die toenemende hoeveelheid peste en plae te kan beheer en dit ry pogings om meer voedsel te produseer in die wiele. Boonop word Suid-Afrikaanse boere al hoe meer geknel deur die knyptang van stygende insetkoste en lae produkpryse. Maar daar is goeie nuus. Syngenta het na sowat nege jaar se navorsing en ontwikkeling ‘n nuwe uitblinker bekend gestel. AdepidynTM is ‘n nuwe klas karboksamied met ‘n SDHI- (suksinaatdehidrogenase-inhibeerder) meganisme van werking en behoort tot die FRAC-groep 7 swamdoders. Adepidyn word vinnig deur die waslaag van blare opgeneem waar dit ‘n reservoir vorm. Van daar word die aktiewe bestanddeel stadig in die blaarweefsel en xileem versprei. Hoewel die xileem-sistemiese eienskappe van Adepidyn relatief stadig is, is die molekule besonder aktief en bied gevolglik effektiewe langerwerkende beheer. Die eerste registrasie van ‘n produk wat Adepidyn bevat, Miravis® Duo, is aan die einde van 2019 goedgekeur en meer moontlikhede sal in die toekoms die lig sien. Die doeltreffendheid van Miravis Duo is reeds sedert 2013 in Suid-Afrika getoets. Positiewe resultate in ongeveer 60 statistiese en demonstrasieproewe het daartoe gelei dat die produk op aartappels geregistreer is vir die langwerkende beheer van vroeë roes. Afgesien van Adepidyn, bevat Miravis Duo ook difenokonasool. Hierdie kombinasie lewer nie net uitstekende beheer van vroeë roes nie, maar dra ook tot weerstandsbestuur by. Miravis Duo is binne een uur reënvas sodat ‘n ontydige bui reën of die nodigheid om te besproei, nie met doeltreffende plaagbeheer sal inmeng nie. Produsente moet die produk as deel van ‘n voorkomende spuitprogram gebruik om vroeë roes op aartappels te beheer en te alle tye die etiket-aanbevelings volg. Syngenta het volle vertroue in die wesenlike verskil wat Adepidyn in die Suid-Afrikaanse aartappelbedryf gaan maak en die positiewe uitwerking wat dit in die toekoms op ander gewasse gaan hê. Hierdie deurbraak is tekenend van Syngenta se slim-boer-filosofie in aksie, gemik daarop om waarde en gemoedsrus aan produsente te gee, produktiwiteit te verhoog en met voedselsekerheid te help.

Bronne http://news.agropages.com/News/NewsDetail---34017.htm https://www.who.int/news-room/fact-sheets/detail/pesticide-residues-in-food https://croplife.org/wp-content/uploads/2018/11/Phillips-McDougall-Evolution-of-the-Crop-Protection-Industry-since-1960-FINAL.pdf https://croplife.org/case-study/crop-protection-industry-supports-faoon-ipm/ Tipiese vroeë-roesletsel op aartappelblare (K Beyers, Syngenta)

LEES DIE ETIKET VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE MIRAVIS® Duo bevat Adepidyn™ (pydiflumetofen) en difenokonasool (Reg. nr. L10750, Wet 36 van 1947) SKADELIK. MIRAVIS® Duo is die geregistreerde handelsmerk van ’n Syngenta Groep Maatskappy. Syngenta Suid-Afrika (Edms) Beperk, Privaatsak X60, Halfway House, 1685. Tel. 011 541 4000. www.syngenta.co.za © Syngenta Ag, 2000. Kopiereg van die dokument is voorbehou. Alle ongemagtigde vermeerdering word verbied. MIRAVIS® bevat Adepidyn™ (pydiflumetofen) (Reg. nr. L10761, Wet 36 van 1947) SKADELIK. MIRAVIS® is die geregistreerde handelsmerk van ’n Syngenta Groep Maatskappy. Syngenta Suid-Afrika (Edms) Beperk, Privaatsak X60, Halfway House, 1685. Tel. 011 541 4000. www.syngenta.co.za © Syngenta Ag, 2000. Kopiereg van die dokument is voorbehou. Alle ongemagtigde vermeerdering word verbied.