4 minute read

TRAILBLAZERS 1: Ons ontmoet bo-baas roetebouer Keith Wilson van die Vrystaat

FIETSRY IN BLOEMFONTEIN

DIE MENSE WAT LANDSWYD ROETES BOU VIR ONS FIETSRYERS MOET BESLIS MEER ERKENNING ONTVANG. FULL SUS MTB HET GAAN INLOER BY ELKE PROVINSIE SE VOORSTE BOUERS EN UITGEVIND WAAROM HULLE IN DIE STOF EN MODDER SPEEL. EERSTE AAN DIE WOORD IS KEITH WILSON, ’N BEKENDE ROETEBOUER VAN BLOEMFONTEIN.

Advertisement

WOORDE: FRANS LE ROUX EN KEITH WILSON IMAGES BY REBLEX PHOTOGRAPHY

“RY EERS ‘N VERSKEIDENHEID ROETES EN WEDRENNE EN KRY ’N GEVOEL VIR WAT DIE BERGFIETSRYER WIL HÊ EN GENIET.”

Hoe het jy betrokke geraak by roetes bou (trail building)? Hoe lank bou jy al? Ek het oorspronklik in Colesberg gewoon. ’n Paar van ons het roetes om die dorp begin bou waarop ons kon oefen. Ek was daarna deel van die span wat in 2014 die Y2Karoo-bergfietsskofwedren begin het en ek is verantwoordelik vir die roetes. Ek het sedertdien elke jaar nuwe roetes bygebou om die wedren opwindend te hou. Ek is ook deel van “Mountain Top Adventures” wat roetes bou vir verskeie wedrenne wat ons reël. Vertel ons meer van jou nuutste roetes - wat maak hulle so spesiaal? Hoeveel opsies is daar en waar presies is dit geleë? Ek het onlangs roetes gebou by Lochs Hoek Farm For All -net buite Bloemfontein. Die roetes bied ’n wye verskeidenheid aan die bergfietsryer. Daar is genoeg klimme, “singletrack” en tegniese terrein in ’n pragtige omgewing. Daar is verskillende roetes vir verskillende vaardigheidsvlakke. Dit strek oor privaat grond wat dit ’n veilige omgewing maak. Jy kan jou rit begin of eindig met iets lekker by die deli en koffiewinkel. Daar is ook aktiwiteite vir die res van die gesin terwyl jy ry. Dit is 10km wes van Bloemfontein op die N8 geleë. Is jy self baie lief vir bergfietsry? Bergfietsry is ’n groot passie van my. Ek geniet veral tegniese terrein wat my vaardighede uitdaag. Ek geniet dit om op verskillende plekke se “trails” te ry. Ek het al aan ’n verskeidenheid wedrenne soos die Cape Epic, Wines2Whales en Berg & Bush deelgeneem. Wat is jou gunsteling plek in die Vrystaat én die land om fiets te ry en hoekom? Die roetes in die Vrystaat wat ek die meeste geniet is die roetes om Ficksburg asook Bothaville. Buite die Vrystaat is my gunsteling roetes 3 Silos en Floradale naby Oos-Londen. Dit is almal vloeiende roetes wat ’n glimlag op enige bergfietsryer se gesig sal sit. Hoe groot is jou span waarmee jy bou en hoe lank vat dit gewoonlik om ‘n roete te voltooi? My span bestaan uit myself en drie manne. Op die oomblik bou ons met die hand en dit hang van die terrein af hoe lank dit neem. Lochs Hoek het vier maande geneem om te bou, want ons het van nuuts af roetes gebou teen die berg.

“BLOEMFONTEIN IS BAIE PLAT EN ’N MENS MOET OORSPRONKLIK WEES AS DIT BY ROETE UITLÊ KOM.”

Wat is van Bloemfontein se grootste grond/bou-uitdagings as dit by nuwe roetes kom? Bloemfontein is baie plat en ’n mens moet oorspronklik wees as dit by roete uitlê kom. Jy moet die meeste maak van die terrein wat tot jou beskikking is. Die rante is baie klipperig en dit vat harde, fisiese werk om dit rybaar te kry. Het die inperking en Corona julle roete-bou beïnvloed? Ja definitief. Dit word nie as noodsaaklik beskou nie en ons kon glad nie bou nie. ’n Tekort aan toeriste en wedrenne het dit ook beïnvloed. Waar in Bloemfontein sal jy graag nog ‘n roete wil bou en hoekom? Daar het ’n paar mense my genader om roetes op hulle grond te bou. So hou hierdie spasie dop! Hoe sterk is die skole-fietsry in Bloemfontein en waar kan dit verbeter word? Skole-fietsry in die Vrystaat is besig om te groei. Verskeie persone werk hard daaraan om die sport te ontwikkel. Ek was onlangs betrokke by die bou van ’n baan by Grey College. Daar is ook reeds ’n hele paar ander skole wat fietsry as ’n formele sport erken. Dit sal die sport verder bevorder as nog meer skole betrokke kan raak, hulle eie bane bou en veral die dogters aanmoedig om ook deel te neem. As jy enige advies vir mense kan gee wat roetes wil bou, wat sal dit wees? Ry eers ’n verskeidenheid roetes en wedrenne en kry ’n gevoel vir wat die bergfietsryer wil hê en geniet. Begin eers klein en luister na raad en kritiek van ervare fietsryers. Om die natuur te bewaar en erosie te voorkom is dit belangrik on sekere natuurreëls te volg.

LOCHS HOEK FARM for All is situated just off the N1 on the N8 Kimberley Road (12km from Makro on your left-hand side), approximately 15km outside of Bloemfontein, Free State allowing you to experience the best of country lifestyle a stone throw from Bloemfontein. For more info log onto https://www.lochshoek.co.za/

This article is from: