2 minute read

MARK PILGRIM OORLEDE

ARTIKEL DEUR: MAROELA MEDIA

Die bekende radiopersoonlikheid Mark Pilgrim is Sondagoggend omstreeks 10:45 oorlede. Lloyd Madurai, besturende direkteur van HOT 102.7FM, die stasie waar Mark gewerk het, het die nuus Sondag op Facebook bevestig en hom as “ʼn held en broer en geliefde radiopersoonlikheid” beskryf. “Hy het moedig tot die einde sy stryd teen kanker gevoer.” Mark is vreedsaam by sy huis oorlede met sy verloofde Adrienne Watkins aan sy sy. “Die familie sê vir almal dankie dat hulle deel was van hierdie reis. Dat julle vir hom lief was en hom gevier het en hom altyd ondersteun het. Mark sal gemis word,” voeg Madurai by. Pilgrim het behandeling vir fase 4-longkanker ondergaan wat in Februarie verlede jaar by hom gediagnoseer is. Hy het vroeg in Februarie op Facebook geskryf dat hy die afgelope ruk baie slaap aangesien sy lyf uitgeput is ná chemobehandeling en immunoterapie. Hy het einde Januarie ook ʼn foto van homself gedeel wat wys hoe maer hy geword het. Die bekende radioman is einde verlede jaar ná 64 dae in die hospitaal ontslaan Fase 3-testikulêre kanker is 33 jaar gelede by Pilgrim gediagnoseer, maar hy was ten volle in remissie. Pilgrim is in 2021 platgetrek deur Covid-19, en het sy knaende hoes aan dié virus of ʼn keelinfeksie toegeskryf. ʼn Pulmonoloog het hom eindelik verwys, waarna skanderings onthul het dat hy longkankerhet. Die kanker het ook reeds na sy limfnodes en bekkenbeen versprei. Pilgrim en sy lewensmaat, Adrienne, het op Oujaarsaand verloof geraak nadat hy haar die jawoord gevra het. Hy het gereeld foto’s op sosiale media van Watkins en sy dogters, TaylaJean (12) en Alyssa (9) gedeel, en vertel hoe hulle hom in dié tyd ondersteun het. Vroeg in Februarie het gerugte op sosiale media versprei dat Pilgrim oorlede is, maar Madurai het in daardie stadium bevestig dat daar geen waarheid in die gerugte steek nie. Die verwarring was glo die gevolg van ʼn Pilgrimfamilie van die VSA wat op sosiale media ʼn inskrywing gemaak het oor die dood van hul geliefde.

Advertisement

ʼn Verkeersbeampte wat op sosiale media gekap is toe ʼn foto van haar met ʼn baba op haar rug gedeel is, word nou geloof nadat die werklike omstandighede onthul is. Die foto is ongeveer ʼn maand gelede op sosiale media gedeel en gebruikers het hul mond uitgespoel oor die verkeersbeampte Wouter de Vos, ʼn raadslid in die Kaapstadmunisipaliteit, sê talle kommentare was baie onbeskof en haatdraend.

“Mense het dinge gesê soos, ‘lekker om jou kind werk toe te vat, nè …” Omdat sy ʼn Kaapstad-verkeersbeampte is, het De Vos onderneem om ondersoek in te stel. “Hier is die feite. Die baba se ma is beseer in ʼn motorongeluk en was in die voertuig vasgekeer Hierdie wonderlike beampte, Andisiswe Gxabuza, het besluit om self na die kosbare babatjie om te sien onder moeilike en traumatiese omstandighede, terwyl sy met haar pligte voortgegaan het,” sê De Vos Hy sê dit is presies die tipe toewyding wat wonderlike beamptes sal toon. “Dit is die toonbeeld van ons Kaapstad as ʼn stad wat omgee.” Kaapstad se portefeuljekomitee oor veiligheid en sekuriteit het vandeesweek seker gemaak dat Gxabuza die erkenning en respek vir dié optrede ontvang. “Beampte Gxabuza, ek salueer en respekteer jou! Ek vra dat mense hierdie storie sal deel om seker te maak dat die feite versprei word en om seker te maak dat ʼn held die erkenning en respek kry wat sy verdien.”

ANDISISWE GXABUZA:

VAN AANLYN-BOELIE SLAGOFFER TOT HELDIN

Pet Pic of the week