1 minute read

Ons ALMAL mag die Heilige Gees ontvang…

Metode:

Advertisement

So sê die Here Here: “Wanneer dit alles gebeur het, sal Ek my Gees laat kom op al die mense ... In daardie tyd sal Ek my Gees laat kom selfs op dié wat nie in aansien is nie.” (Joël 2:28-29) Dis weer Pinkstertyd, die tydperk wanneer ons baie dink en praat oor die uitstorting van die Heilige Gees, wanneer ons opnuut verwonderd raak oor ons eie Geesvervulling en weer diep bewus raak van die werking van die Gees in ons lewens In hierdie teks in Joël 2 is daar twee dinge wat my hart warm laat voel Die Here praat hier in Joël van ’n spesifieke tyd, ’n spesifieke oomblik wanneer Hy sy Gees op mense sal laat kom – en ek besef daar was vir ons almal ’n spesifieke oomblik toe die Gees van God by ons kom intrek het, ons kom vul het, “op” ons gekom het Dit was daai oomblik toe jy Jesus in jou lewe aanvaar het, toe jy die boodskap van verlossing gehoor en geglo het: “Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang.” (Joh 7:38-39) Miskien voel jy dat jy nog nie só ’n oomblik beleef het nie Wel, daai oomblik kan nóú wees “Ek sê vir julle: Vra en vir julle sal gegee word. Soek en julle sal kry Klop en vir julle sal oopgemaak word ... Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra ” (Luk 11:9, 13)

So sê die Here Here: Vra, soek, klop in geloof – Hy sal die Heilige Gees gee. Die tweede groot ding wat die Here in Joël 2 sê is dat Hy sy Gees op álle mense, selfs die wat nie in aansien is nie, sal laat kom! Dis ek en jy ook Ons is nie té jonk, té oud, té sondig, té swak, té dom, té vêr afgedwaal, té diep in die duisternis om die Heilige Gees te ontvang nie Moenie dit weerstaan nie “Laat die Gees julle vervul ” (Ef 5:18) So sê die Here Here: Ek sal my Gees laat kom op al die mense!